Ek wil nie meer een wees nie!
I don't want to be one anymore!
Sorry Pal,
You can only ever be one (1 )!... unless you develop a split personality, then you might think of yourself as being two ( 2 ). But I wouldn't count on it.
Both of you Go in safety.
Stem saam maar het geen keuse nie. Ek is so spyt dat my voorvaders uit europa weg is. Ons is nie meer hier welkom nie en word nie elders aanvaar nie 😩
ek dog nou net oom Cyril het die forum gejoin.............
Om wat te doen? Miskien kontrakte toe te ken om kampplekke te ontsmet?
Stem saam maar het geen keuse nie. Ek is so spyt dat my voorvaders uit europa weg is. Ons is nie meer hier welkom nie en word nie elders aanvaar nie 😩
Frans dan het jy dalk nie gekamp soos hier in SA nie.
Neewat Frans. Alle lande het maar hulle probleme. Ons is geneigd om sulke dinge ietwat subjektief te sien. As jy werklik objektief na alles kyk, het ons steeds 'n baie beter lewe hier as meeste Europeërs. In Duitsland bv word elke aspek van jou lewe deur wette beheer en afgedwing. Jy kan bv beboet word of nog erger as jou kind vanaf drie jarige ouderdom sonder rede 'n dag nie in die skool is nie. In Engeland is my skoonseun beboet omdat hy op 'n snelweg na die verkeersman se oordeel, te lank in die verbygaanbaan gebly het, op 'n dubbelpad met 'n middelmannetjie! In Europa sou ons waarsnkynlik meer verdien het maar baie minder daarmee kon bekostiog as hier. Dalk nie eers 'n eie voertuig gehad het nie. Ons lewensstandaard hier is ver bo wat dit in Europe sou wees as ons dieselfde werk sou doen.
Ek ondervind net vriendelikheid van my mede Suid-Afrikaners ten spyte van wat sommige politici sê en ek voel geensins onwelkom hier nie. Verlede week sê 'n swart vrou ek moet maar voor haar betaal want ek het min in my mandjie en sy noem my Oupa! Ek wou eers beswaar maak oor die Oupa, toe besef ek dis pure vriendelikheid en respek. Ons het 'n suurlemoenboom voor in ons tuin en telkens kom mense vra vir 'n paar suurlemoene, wat ek graag gee. Gesindheid kom immers van twee kante af. In Europa sou ek hulle daarvoor laat betaal het. Ek dink ons moet net van die verlede vergeet want ons gaan dit nooit weer terugkry nie, en net vir die positiewe van die huidige situasie soek- daar is baie!
Ek laaik dit hier, dis net dat daar menslike skeppinge is wat ek nie laaik nie.
Maar moenie dat ons nou weer die topic van "hulle" en "ons" aanvat nie. Ewolusie neem maar tyd en is nie oral gelyk besig om te gebeur nie.
Suid-Afrika word volgens wereldwye steekproewe as die gevaarlikste in Afrika en op drie na die gevaarlikste in die wereld te wees. dit is volgens my die objektiewe siening. Mense wat van buite na binne kyk en nie die padda in die pot wat besig is om te kook en steeds dink alles is dood dollies nie.
Die glas is half vol of half leeg, volgens elkeen se persoonlike siening. Ons is nie Oos-Duitsland nie en elkeen van ons het dus die reg op te vlug as hulle so voel. Ons het ook die reg om hier te bly, die storms te trotseer en steeds ons land te geniet. Ek het vertroue dat die toekoms steeds goed lyk.
Ek hou van Fred se uitkyk hierbo.
Ek is heel tevrede met my lewe hier in Suid-Afrika, steur my nie veel aan al die negatiwiteite nie want ek kan dit nie verander nie en deur daarop te fokus sal my 'n ongelukkige mens maak. Ek probeer fokus op al die positiewes (en daar is baie) want dit maak my 'n gelukkige mens.
Ek sal ook hier wees om die storms te trotseer, Fred. In my geval egter net omdat ek nie 'n ander keuse het nie.
Neewat Frans. Alle lande het maar hulle probleme. Ons is geneigd om sulke dinge ietwat subjektief te sien. As jy werklik objektief na alles kyk, het ons steeds 'n baie beter lewe hier as meeste Europeërs. In Duitsland bv word elke aspek van jou lewe deur wette beheer en afgedwing. Jy kan bv beboet word of nog erger as jou kind vanaf drie jarige ouderdom sonder rede 'n dag nie in die skool is nie. In Engeland is my skoonseun beboet omdat hy op 'n snelweg na die verkeersman se oordeel, te lank in die verbygaanbaan gebly het, op 'n dubbelpad met 'n middelmannetjie! In Europa sou ons waarsnkynlik meer verdien het maar baie minder daarmee kon bekostiog as hier. Dalk nie eers 'n eie voertuig gehad het nie. Ons lewensstandaard hier is ver bo wat dit in Europe sou wees as ons dieselfde werk sou doen.
Ek ondervind net vriendelikheid van my mede Suid-Afrikaners ten spyte van wat sommige politici sê en ek voel geensins onwelkom hier nie. Verlede week sê 'n swart vrou ek moet maar voor haar betaal want ek het min in my mandjie en sy noem my Oupa! Ek wou eers beswaar maak oor die Oupa, toe besef ek dis pure vriendelikheid en respek. Ons het 'n suurlemoenboom voor in ons tuin en telkens kom mense vra vir 'n paar suurlemoene, wat ek graag gee. Gesindheid kom immers van twee kante af. In Europa sou ek hulle daarvoor laat betaal het. Ek dink ons moet net van die verlede vergeet want ons gaan dit nooit weer terugkry nie, en net vir die positiewe van die huidige situasie soek- daar is baie!
Ditto
Nie 'n ander keuse nie is ook 'n goeie rede om te bly. As jy egter gelukkig wil bly, moet jou gesindheid aanpas.
'n Familielid het so 'n paar jaar gelede gemeen hy het die Boodskap gekry dat sy gesin Nieu-Zeeland toe moet verhuis. Hy het sy twee kinders aan die universiteit onttrek, sy vrou moes haar professionele praktyk laat vaar en hy sy goeie tegniese pos by 'n groot korporasie. Sy vrou se kar en sy nuwe Jeep en natuurlik hulle huis is verkoop. In die nuwe land het hulle klippe gekou. Hy en die seun moet maar soos hulle sê, 'piecejobs' doen, onder andere verfwerk as hulle dit kon kry. Hy het nou darem weer 'n redelike salariswerk en sy vrou kon uiteindelik goedkeuring kry om weer haar beroep te beoefen. Hulle is steeds heelwat swakker daaraan toe as wat hulle hier was en nie meer so oortuig dat hulle die Boodskap reg gehoor het nie, maar dis net nie die moeite werd om terug te probeer kom nie- hulle kan dit eerstens nie bekostig nie.
As jy eers deur die draad is, vind jy dalk die gras aan hierdie kant van die draag is werklik groener as aan die ander kant.
Is moeilik. My dogter en skoonseun is ook in Nieu Zeeland, baie gelukkig daar. Jy is seker reg mens moet jou gesindheid verander, maar dit beteken nie jou oe moet toe wees nie. Ek dink dit werk beide kante toe. Om negatief te wees, gaan so min dinge verander as om alles gelate te aanvaar.
Dankie Fred.
Ons moet positief bly en dink.
N kennis van my was in Switserland in die hof gedaag en beboet omdat hy n takbok dood gery het.
SA het lekker kamplekke en baie nice mense, ons woon dalk net ver van mekaar.
Greetings all,
I must agree with all that Fred Has written, Fred I compliment you on your positive outlook.
We should remember that there is NOTHING we can do about the past.
But a whole lot we can work on as individuals to influence the future.
Go in safety.... Look forward to the future.
Ek hou van Fred se uitkyk hierbo.
Ek is heel tevrede met my lewe hier in Suid-Afrika, steur my nie veel aan al die negatiwiteite nie want ek kan dit nie verander nie en deur daarop te fokus sal my 'n ongelukkige mens maak. Ek probeer fokus op al die positiewes (en daar is baie) want dit maak my 'n gelukkige mens.
Bly op my eie pad en op ander sin nie.
Party dae, kan van die stories hier my grys voor my tyd maak. Maar vandag is ek bly om die te lees. Dankie julle. Ek hoop almal bly veilig en wens julle alle voorspoed vir die jaar wat voor ons lê.
Vriendelike Groete
Die Kwaai Tannie.
As jy grys word, daai jou hare.......lol
Lekker hier in ZA
en as jy iets mis, korrel ek net beter die volgende keer.
..
Waar kan mens van hierdie koop?
Eintlik is ek ‘n ou lid op hierdie forum met vorige plasings onder Adele geplaas. Lekker om weer te kan kommentaar te kan lewer.
Ek gee nou die siening van die anderkant van die “draad”.
Ek het in SA amper 50 jaar gewoon, voorheen van Nambië en nou in Engeland vir 3 jaar. My man is 6 jaar gelede oorlede aan kanker en om alleen in die huis te bly was nie meer ‘n opsie nie. My man het gevoel ek gaan beter daaraan toe wees om hier te bly naby my dogter en haar familie Ek kan my nie indink om alleen in SA in ‘n outehuis te bly nie sonder enige familie
Hier werk baie dinge anders as in SA maar alles verloop nogal georden ‘n mens kan kritiseer maar die Britte het nogal dinge uitgewerk Die aanpassing was groot maar is nou gelukkig daar is dinge wat ek mis maar ‘n mens moet maar opweeg wat belangrik is.
groete uit ‘n yskoue sneeu bedekte Engeland
Welkom terug Gisela. Hoe ouer 'n mens word, hoe moeiliker is dit om penne op te trek en êrens anders te gaan inslaan. Toe ons jonger was, was dit al traumaties, nou wil ek nie eers daaraan dink nie. Vir jou is Engeland beslis nou tuis en ek sou ook nie nou wou terug trek nie. 'n Mens vind nooit waar jy vandaan kom, dieselfde of selfs herkenbaar nie. Ek het nou die dag op Google Streetview na my ou dorp gekyk vanvandaan ons meer as veertig jaar gelede getrek het kort na ons troue, en absoluut niks lyk meer vir my aantreklik, selfs bekend nie. Geniet jou sneeu- soms raak dit so warm hier dat ek dink sulke koue kan dalk net aangenaam wees- maar weereens natuurlik die groen gras anderkant die draad.
My aanmerkings oor negatiewe dinge in Europese lande was nie bedoel om hulle af te kraak nie, netmaar om die teenstelling met ons land te illustreer wat dit vir ons minder aangenaam kan maak om by aan te pas. Ons kinders wat in Europa was, is nou al meer as tien jaar terug hier en heel gelukkig- aan die Natalse Noordkus, amper op die strand.
Gisela sterkte daar anderkant ja ek sal hier bly want ons het n mooi land is ek blind wat aangaan nee maar ek staan vas in my geloof
My ex vrou het ook eendag vir my gesê ek het haar gemis, nee dit wat net n waarskuwing skoot. Ek mis niks.