Naandsê
Kan iemand dalk vir my sê watse 12v pompie werk goed in ‘n karavaan? Ek het ‘n Palma met die badkamer en ‘n ingeboude watertenk. My pomp het egter opgepak so geen water in die badkamer wasbak nie. Sal graag ‘n lekker sterk pomp wil insit wat lekker druk opbou. Enige voorstelle?
Dankie
Jaco
Sit n Sureflow pomp in, sterk druk.
Ek het n whale 🐳 pomp in die classique gehad, na die vyfde kamp toe pak hy.
Het toe die Sureflow kom in sit, nou stort ek lekker.
Het n tankbuddy op en tank bly vol.
Doen nog steeds die NAT maak, toe, smeer seep spoel af.
Google vir die Shurflow 2095. Dit kom ook saam met 'n filter.
Wonder of hy toe reg gekom het.
Hoor niks.....
Ek het 2 jaar gelede hierdie pomp op Amazon gekoop. Gisteraand my geiser leeg gepomp voor ons gaan kamp. Sover is ek heel tevrede. Leer is 2.4m hoog en die tuinslang is 20m lank. Net 1 punt hy moet gebruik word via 'n relay en nie direk op die krane nie.
Ek het 'n nie terugvloei klep ingesit en ek hoef nooit te sukkel dat hy lug suig nie.
Dankie aan al die raad. Ek sal virseker kyk na ‘n Sureflo pomp. Kamp op die oomblik lekker so dit is ‘n nuwejaar projek.
Dankie vir die laatweet.
Lekker kamp.