English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 435
Total Replies: 251 833
Total Views: 83 199 688
topics: 105
replies: 1 671
views: 262 547

Hoe gemaak as jy 'n enkelvrou is wat die pad wil vat en toer?

replies: 26
views: 663
06 Jan 2020 @ 16:56:57 pm
owlsnest
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 03 Dec 2017
Experience: 60 years

Hallo Almal

Ek is 'n weduwee en poegaai gewerk. Op 62 dink ek dit is tyd om bietjie aan my drome te werk.  As 'n oud en ervare kamper is dit my wens om weer Namibia, Kgalagadi, Kalahari, Karoo, Tuinroete, Weskus en baie ander wonderlike plekke te besoek.  Ek gaan dit op 'n permanente basis doen en sal maand tot maand op plekke oorbly.  My probleem is my veiligheid as ek alleen op die pad is.  Is daar iemand wat oplossings het?  Of is daar dalk 'n kans dat ons 'n rubriek kan stig waar mense soos ek 'n kampmaat (en dis al) kan ontmoet en dalk dit saam doen?  

As ek my plek wat in die mark is verkoop kry ( Selfsorg eenhede) verkoop ek alles.  In vandag se politieke klimaat wil ek nie weer eiendom besit nie.  My seun het sy moeder verseker daar sal vir my 'n plekkie wees as ek dit nodig het LOL. 

Julle insette sal waardeer word.  I want to live not just exist and survive!

Groetnis

Sanet

Life is so incredibly short do what you want to do, explore, travel live every second of every day, learn something new every day, find wisdom and insight and do not regret anything!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 17:07:48 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sanet.

Welkom op die forum.

Ek sou as ek jy was by of saam met n permanente kamp paarjie aan gehak het.

Ek het sopas oor Desember so paartjie ontmoet wat dit nou vir n jaar doen. Hulle het ook als soos vir als verkoop en bly 3 x mde op n plek.

Vir jou veiligheid so ek so saam die een dan daai een trek. 

Tot jy die plekke en pad ken. Daar is baie plekke wat veilig is en selfs op die pad.

Jy moet net die mans 60+ los hulle is nog jonk en mooi........lol.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 18:02:29 pm
owlsnest
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 03 Dec 2017
Experience: 60 years

Sanet.

Welkom op die forum.

Ek sou as ek jy was by of saam met n permanente kamp paarjie aan gehak het.

Ek het sopas oor Desember so paartjie ontmoet wat dit nou vir n jaar doen. Hulle het ook als soos vir als verkoop en bly 3 x mde op n plek.

Vir jou veiligheid so ek so saam die een dan daai een trek. 

Tot jy die plekke en pad ken. Daar is baie plekke wat veilig is en selfs op die pad.

Jy moet net die mans 60+ los hulle is nog jonk en mooi........lol.

 

 

Dankie Chuck ek is self oor 60 en ek weet ons is almal pragtig en sprankelend.  Ons het kennis wat geen jonge vandag het nie.  

Groetnis

Sanet

Life is so incredibly short do what you want to do, explore, travel live every second of every day, learn something new every day, find wisdom and insight and do not regret anything!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 20:30:53 pm
bokkie
Silver Member
66% Profile Strength
Posts: 42
Joined: 15 Dec 2012

Halo Sanet inbox my dan praat ons ........delindajulie@gmail.com

Groete julie

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jan 2020 @ 20:34:43 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 399
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

I think you should start your camping at a resort that is popular with the Swaltjies. from there you could make many contacts and get a lot of guidance from people on the move that have experience in this area. Taking in a travel partner that you have not known for many years could be a dodgy starting point.

Whatever you do, I wish you the very best.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 07:41:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Welkom hier Sanet.

Daar is 'n paar lede hier op die forum wat die permanente kamp ding doen.  Ek sou voorstel jy haak by hulle aan.  Ander manier is om oorde te besoek waarvan die sekuriteit heel goed is.

Soos wat Badger noem skakel in by die swaeltjies. Hulle kamp gewoonlik by die warm brone in die noorde van ons land gedurende die winter.  Daar gaan jy baie vriende ontmoet.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 08:37:35 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 381
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Welkom Sanet. Ek het ook al baie oor dieselde ding gedink. Wil ook graag as ek aftree op 63 permanent op vakansie wees, nuwe plekke besoek en mense ontmoet. Al die advies reeds gegee op die draad is baie belangrik. Ek wil net byvoeg wat ek dink ook net so belangrik is.  

Soos reeds genoem is dit beter om saam met n groep te reis want ons almal weet ons paaie is nie baie veilig nie. Maar, ons weet ook dit gaan nie altyd moontlik wees om saam met n groep te reis nie. Dit is waar ek voel dat voorsorg is beter as nasorg.  Die dag wat ek aftree sal ek eerste na die volgende kyk en dan na n groep saam wie ek kan reis.

Ek dink die belangrikste ding, al reis jy alleen of saam met n groep, is jou voertuig.  Ek weet daar is baie lede op die forum wat sal se hulle xx jaar oud hilux  / ranger was nog altyd en sal nog vir baie jare baie betroubaar wees. Maar, as dit finansieel moontlik is,  dink ek jy staan n beter kans in n nuwe betroubare voertuig met n waarborg en wat dinge insluit soos "roadside assistance" met handelaars in amper al die afgelee dorpe (ingesluit ons buurlande).

As n nuwe voertuig nie n opsie is nie, maak net seker jou bestaande voertuig kan wel bv. die Kgadigali en sy paaie aanvat of Namibia en sy grondpaaie (sinkplaat paaie) aanvat. Dit is ook noodsaaklik om n extra spaarwiel saam te vat as jy Namibia en kgaligadi gaan besoek.

Maak seker jou bestaande voertuig word baie deeglik nagegaan voor elke trip.  Maar ook na n lang stowerige trip in bv. Namibia en die Kgalagadi. 

Sterkte, geniet en veilig reis.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 09:02:50 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3417
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Sanet, Ek dink dit is wel moontlik om die projek alleen aan te pak.  'n Reismaat wat jy nie ken nie, kan dalk net jou toer verongeluk.  Dit is nie die staan wat risiko inhou nie, mits jy jou kampe reg kies.  Wat wel bietjie risiko inhou, is die reis van een staanplek na 'n ander.  Ek dink ook nie dis 'n groot risiko nie- wanneer laas het ons gehoor van mense wat in die dag ry en aangeval word?  Om in 'n ongeluk betrokke te raak, is 'n baie groter risiko en min van ons het slapelose nagte daaroor.  'n Oplossing sal dalk wees om by die kamp waar jy 'n tyd lank staan, mits jy een kies waar daar ander langstaners is, iemand te kry om met hulle voertuig saammet jou te ry tot by die volgende kamp, mits dit nie te ver is nie.  Ek jy sal tog seker nie elke keer van een kant van die land na die ander trek nie.

Jou projek klink interessant- hou ons asseblief ingelig daaroor en sterkte!

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 09:25:59 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Sanet, ek dink weer jou roete moet wees om soos hierbo aanbeveel, by die Swaeltjies aan te sluit.  Daar gaan jy verskeie mense in jou ouderdomsgroep ontmoet en vriendskappe gaan mettertyd op 'n natuurlike wyse gesmee word.  Op hierdie wyse mag jy dan dalk deur verskillende mense vrienskaplik genooi word om 'n rit iewers heen saam met hulle aan te pak.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 17:05:01 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Welcome to the Forum.

We still tour out of our borders for about a month a year or longer.

For over landing, you need a different set-up to long term camping.

I use a Camper for over landing and an Off-Road Caravan, towed by the Camper, for long term stays within the RSA.

Unless you are going to stay on the main routes, you will need something Off- Road, with a low range gear-box, especially to tour Namibia, Kgalagadi & Kalahari.

Should you need further information about this and security, you can contact me,

edgew60atgmaildotcom

but I would need to dig to find it.

Safe Travels...

On The Road Again
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 17:46:28 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Hi Sanet, ons is Swaeltjies wat vir 'n klompie maande (6 - 7 maande) op 'n slag daar in die noorde kamp. As jy eers daar is, ontmoet jy wonderlike mense. Die Swaeltjies kom gewoonlik in twee groepe aan , middel April kom die eerste groep wat tot in Julie daar is. Begin Augustus kom die ander aan en is dit 'n ander klomp mense wat om jou kamp. Eiland Spa, anderkant Letsitele in Limpopo, bied vanaf Mei tot einde Augustus, skool vakansies uitgesluit, elke Maandag 'n bring en braai aan waar hulle die pap en sous, die vure en die vermaak verskaf. Maar om daar te kom bly vir enige mens wat met 'n voertuig ry, 'n nagmerrie. Nie dat die voertuig noodwendig moeilikheid sal gee nie, maar met 'n groot voertuig sal 'n vrou nie sommer 'n pap band kan ruil nie. Die gewig van daardie wiel is oppad na 30kg. 'n Ander probleem is onluste wat binne minute kan toeslaan. Ons het verlede jaar op die R81 pad na Eiland toe gery sonder enige probleme. 'n Uur later moes vriende omdraai na die R71. Ek stem met almal saam wat sê jy moet vriende kry om mee saam te ry. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jan 2020 @ 22:23:20 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Sanet, ek dink weer jou roete moet wees om soos hierbo aanbeveel, by die Swaeltjies aan te sluit.  Daar gaan jy verskeie mense in jou ouderdomsgroep ontmoet en vriendskappe gaan mettertyd op 'n natuurlike wyse gesmee word.  Op hierdie wyse mag jy dan dalk deur verskillende mense vrienskaplik genooi word om 'n rit iewers heen saam met hulle aan te pak.

Goeie raad. Baie kan skeefloop op n kamp en alleen kamp vir n senior person sal ek nie aanbeveel

Kamp ook in kamp wat nie te ver afgelee is en maak seker daar is ander kampers naby jou.

Baie belangrik moet iemand altyd gereed gekontak word om in the klok sodat hulle weet jy is ok. Die voetuig moet ten alle tye goed gediens word en altyd n first aid kit met water en blikkies kos ingepak he. Dan glo ek jy is reg om te kamp.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 07:51:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hi Sanet, ons is Swaeltjies wat vir 'n klompie maande (6 - 7 maande) op 'n slag daar in die noorde kamp. As jy eers daar is, ontmoet jy wonderlike mense. Die Swaeltjies kom gewoonlik in twee groepe aan , middel April kom die eerste groep wat tot in Julie daar is. Begin Augustus kom die ander aan en is dit 'n ander klomp mense wat om jou kamp. Eiland Spa, anderkant Letsitele in Limpopo, bied vanaf Mei tot einde Augustus, skool vakansies uitgesluit, elke Maandag 'n bring en braai aan waar hulle die pap en sous, die vure en die vermaak verskaf. Maar om daar te kom bly vir enige mens wat met 'n voertuig ry, 'n nagmerrie. Nie dat die voertuig noodwendig moeilikheid sal gee nie, maar met 'n groot voertuig sal 'n vrou nie sommer 'n pap band kan ruil nie. Die gewig van daardie wiel is oppad na 30kg. 'n Ander probleem is onluste wat binne minute kan toeslaan. Ons het verlede jaar op die R81 pad na Eiland toe gery sonder enige probleme. 'n Uur later moes vriende omdraai na die R71. Ek stem met almal saam wat sê jy moet vriende kry om mee saam te ry. 

Waarde volle raad van Oom Willem af.

Vrou alleen sal dit beste wees om saam met mense te ry en te toer.

Hi Oom Willem lanklaas gehoor van jou. Hoop dit gaan goed.  Waar kamp oom hulle tans???

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 11:31:19 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Waarde volle raad van Oom Willem af.

Vrou alleen sal dit beste wees om saam met mense te ry en te toer.

Hi Oom Willem lanklaas gehoor van jou. Hoop dit gaan goed.  Waar kamp oom hulle tans???

Hi Leon, dis lekker om weer met jou te gesels. Ons is nou by die huis, net om die goedjies weer agter mekaar te kry en die karavaan te laat diens, asook die Ranger (hartseer storie dié). As dit die Here se wil is, ry ons Februarie Hartenbos toe en 2 weke later na die Eiland. 

Wanneer kom jy weer Eiland toe ?.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 16:04:01 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Willem, ek is nou baie nuuskierig.  Mag ons die Ranger se hartseer storie hoor ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jan 2020 @ 17:07:31 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Willem, ek is nou baie nuuskierig.  Mag ons die Ranger se hartseer storie hoor ?

Sanet, jammer om die draad net vir hierdie storie te kaap.

Lennie, ek het teruggekom vanaf Eiland middel Oktober verlede jaar. Geen fout met die Ranger nie, maar 'n maand later vat ek hom in ons wiele te balanseer en sporing te stel. Die outjie agter die toonbank hanteer hom toe verder. Toe ek wil wegry en ek sit hom in D wil hy nie loop nie. Gee bietjie meer diesel en hy klap in die ratkas asof die ratte nie behoorlik gekoppel het nie. Daarna as ek by 'n opdraend kom en ek stop voel dit asof die brieke vas is. Versnel jy, kom dit los en die ratkas is alles reg. Ek maak toe die grootste fout om die Ranger te vat na die handelaar, Human Auto Bloemfontein, vir 'n diens en "kyk asb na die ratkas". Toe begin die drama. Ek kry hom terug en die volgende oggend lê 'n oliekol omtrent 200mm in deursnee onder die voertuig, en die ratkas is presies dieselfde. Bel hulle, en "meneer bring maar terug dat ons kan kyk". Toe is geduld op. Hulle kom haal hom ek die handelaar bel terug om te sê "meneer die drywer sê daar is niks met die ratkas verkeerd nie". 'n Dag later "meneer die tegniese man sê daar is fout met die ratkas". Wat van die olielek ?. "Ek weet nie meneer maar die main oil seal lek en die side shaft se seëls en o ja, hulle sê die ratkas moet vervang word". Ek het hom vandag ingegee by "outo spesialiste" en wag nou op die uitslag. Die man het vanoggend gekyk waar is die olie lek en blykbaar is dit tussen die tranfer box en die ratkas. Die Ranger slaap nou daar vannag ek die man sal môre met hom ry om te sien wat doen hy. Wat vir my snaaks is, is dat ek daardie dongle ingeprop het nadat ek hom van die handelaar terug gekry het en Torque Pro geloop het om te sien watse foute word uitgegooi. Wat gerapporteer is bv. Park Aid, ABS ens het ek ge-reset en die ratkas het reg gevoel daarna. Dit is die swakste diens wat ek ooit van 'n handelaar gekry het en op my vraag aan hulle hoekom moet die ratkas vervang word, antwoord hulle my nie. Maar Lennie, ek dink nog steeds dit is 'n goeie voertuig en sal hom nie ruil nie.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
1
28 Jan 2020 @ 15:22:18 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1829
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

"Go for it"

Daar is jaarliks 'n klomp enkellopers wat jaarliks by die Eiland en Hartenbos kamp. Hulle is deel van die kampfamilie. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 08:05:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hi Leon, dis lekker om weer met jou te gesels. Ons is nou by die huis, net om die goedjies weer agter mekaar te kry en die karavaan te laat diens, asook die Ranger (hartseer storie dié). As dit die Here se wil is, ry ons Februarie Hartenbos toe en 2 weke later na die Eiland. 

Wanneer kom jy weer Eiland toe ?.

Baie bly om te hoor dit gaan goed tenspyte van die probleme.  Mens moet maar op die handelaar se gatte sit elke dag want kliente diens in SA het sy gat gesien.

Ek sal weer by die Eiland 'n draai maak.  Beplan die jaar om bietjie Moz toe te gaan.

Wil juis daai advertensie wat hier op die forum geloop het oor die kamp plekke in Ponta d Oro en Ponta malongane soek sodat ek besprekings kan maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 14:34:15 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Baie bly om te hoor dit gaan goed tenspyte van die probleme.  Mens moet maar op die handelaar se gatte sit elke dag want kliente diens in SA het sy gat gesien.

Ek sal weer by die Eiland 'n draai maak.  Beplan die jaar om bietjie Moz toe te gaan.

Wil juis daai advertensie wat hier op die forum geloop het oor die kamp plekke in Ponta d Oro en Ponta malongane soek sodat ek besprekings kan maak.

Hallo Leon, As dit die Here se wil is, ry ons Saterdag Hartenbos toe vir Februarie maand. Dan middel Maart weer Eiland toe. Ek moet sê, soms dink ek ons gaan te lank weg van die huis, maar Kleintjie geniet haar rolbal en daar s 'n klomp van hulle. Die ratkas is nog nie uit gesorteer nie, tenminste het 'n ander plek al die olie lekke, wat hierdie handelaar veroorsaak het, reggemaak. Baie geleer in hierdie tyd wat OBD2 kodes en foute aanbetref. Ek het al baie lank 'n ELM327 dongle wat ek gebruik het om te kyk watter foute die ECU wys. Alles pragtig skoon totdat ek oplees dat hy net engine OBD2 lys as daar foute is. Die ratkas, abs en lugsakke word glad nie geregistreer op hierdie dongle nie. Ek het nou 'n ander een bestel en kan nie wag dat hy moet kom nie. Leon, ek hoop ons sien jou weer by Eiland dan gesels ons lekker oor ons Fordjies. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2020 @ 18:02:23 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Sanet. As jy gaan toer vat vir jou n anthropotita saam. Kan soms vol draadwerk wees en voel dis oorbodig maar die regte keuse kan die wereld se verskil maak.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 07:55:02 am
owlsnest
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 03 Dec 2017
Experience: 60 years

Sanet. As jy gaan toer vat vir jou n anthropotita saam. Kan soms vol draadwerk wees en voel dis oorbodig maar die regte keuse kan die wereld se verskil maak.

 

Geen idee wat dit is nie

Life is so incredibly short do what you want to do, explore, travel live every second of every day, learn something new every day, find wisdom and insight and do not regret anything!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jan 2020 @ 08:52:52 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

🤣 More Sanet. 

Grap met jou mens. n Anthropotita is iets wat selde die toilet bak toe maak as hy klaar is, skoene le altyd rond, maak karre reg en vrek handing met Los werkies wat die Eva geslag nie behoort te doen.

Anthropotita - Manlike spesie

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 09:40:52 am
owlsnest
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 03 Dec 2017
Experience: 60 years

🤣 More Sanet. 

Grap met jou mens. n Anthropotita is iets wat selde die toilet bak toe maak as hy klaar is, skoene le altyd rond, maak karre reg en vrek handing met Los werkies wat die Eva geslag nie behoort te doen.

Anthropotita - Manlike spesie

Goeie werk Hahaha!!  Ek sal daai een onthou!  Ek het 'n lewensmaat maar hy is'n huishen dus pak ek die pad alleen aan en het ook 'n paar vriendinne wat soms sal saamreis wat dieselfde reis gogga onderlede het.

Life is so incredibly short do what you want to do, explore, travel live every second of every day, learn something new every day, find wisdom and insight and do not regret anything!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 09:55:14 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Goeie werk Hahaha!!  Ek sal daai een onthou!  Ek het 'n lewensmaat maar hy is'n huishen dus pak ek die pad alleen aan en het ook 'n paar vriendinne wat soms sal saamreis wat dieselfde reis gogga onderlede het.

Oh my soul ! Hier kom n ding 😱

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 10:12:44 am
owlsnest
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 03 Dec 2017
Experience: 60 years

Nee wat Bakoor ek is nie opsoek na romanse nie, net lafenis vir my siel!

Life is so incredibly short do what you want to do, explore, travel live every second of every day, learn something new every day, find wisdom and insight and do not regret anything!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 10:31:53 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink ook nie daar gaan tyd wees Vir so iets. Te veel sports wat wag

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 13:10:32 pm
owlsnest
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 03 Dec 2017
Experience: 60 years

Net so!!!

Life is so incredibly short do what you want to do, explore, travel live every second of every day, learn something new every day, find wisdom and insight and do not regret anything!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za