Hi almal. Ek is nog nuut in die wereld van karavaan sleep. Ek het n gooseneck towbar op die kar en het nou uitgevind dat daar 'n adapter is wat maak dat ek wel die yellowblade saam met die gooseneck towbar kan gebruik. Die vraag is: Die karavaan wat ek slaap is 'n Sprite Splash met 'n GVM van 1330. Sal die yellowblade voldoende wees of moet ek eerder 'n straightliner "redblade" kry?
Gaan lees by "soek" yellow blade gooseneck in.
Daar is baie vrae en antwoorde, dalk word jy daar gehelp.
vandag se karre met "sway control" is beter as enige Stabilizer
Net my 2c werd
Alhoewel specs wys 1100kg, het ek al gehoor dat mense met swaarder waens soos Pentas gelukkig is met hom....weet nie of dit getoets is nie. Ek persoonlik sal by die specs hou en dan liewer Straightliner aanbeveel
Klip in die bos.
Waarom word sulke "sleep stabiliseerders" nie as standaard toerusting saam met 'n nuwe karavaan voorsien nie?
Ek het ook nog geen tydskrif sleep toets vergelykings gesien wat sulke bykomstighede gedurende sleep toetse gebruik nie.
Die videos wat ek gesien het wat sleep kombinasies vergelyk, insluitende glybaan toetse, doen dit ook sonder om sulke bykomstighede te koppel. Waarom nie indien die goed so wonderlik is nie?
Die enigste sodanige apparaat waarvan die funksionering vir my sin maak is die Trapesium, wat nie oorsee toegelaat word nie, maar wat wel die karavaan se neus rigting voortdurend korrigeer om swaai teen te werk.
Dit laat my wonder of daar nie met karavaan slepers se koppe gesmokkel word nie, net soos brandstof besparings toerusting in die verlede met motor eienaars se koppe gesmokkel het.
Ek vra maar net, want as die goed so wonderlik was sou dit mos verpligtend gewees het.
My ervaring was dat die destydse Jurgens "stabiliseerders" die inloop rem se werking belemmer het. Daarsonder het die karavaan ten minste remme gehad.
Ek wonder maar net, want ek sien geen swaar sleepwaens wat kommersieel gebruik word met sulke gedoentes agter aan bakkies nie, en boere en diegene wat meer as 'n ton laai en lang afstande daarmee teen die spoedgrens sleep behoort mos te weet wat werk en wat is 'n foefie. Selfs die ouens wat plastiek water tenks aflewer op twee yslike lang sleepwaens agter mekaar agter 'n bakkie gebruik nie die goed nie, en die profiel van daardie tenks is sekerlik nie meer sleur dinamies as die van 'n karavaan nie.
Dit laat mens wonder.
Ek stem saam met Kanneman
Net nog ‘n gedagte om te oorweeg.
Het jy al ooit so ‘n stuk toerusting by ‘n bootsleepwa gesien? Nee, want die inherent sleepstabiliteit van ‘n sleepwa is afhanklik van die plasing van die as op die onderstel en die gewigsverspreiding. Hoe verder die as na agter geplaas word hoe meer stabiel word die kombinasie. Die teenprestasie is egter neusgewig, en omdat die gereguleer word deur voorskrif kan karavane nie soos bootsleepwaens as plasings kry wat verder na agter is nie. Met bote waarvan die engins heel agter sit is dit moontlik om ‘n neusgewig binne die regulasies te kry, terwyl dieselfde plasing by ‘n karavaan die sleepvoertuig se agteras heeltemal kan oorlaai.
Korrekte gewigsverspreiging is die oplossing vir stabiele sleep. Om ‘n stabiliseerder aan te skaf net omdat dit jou probleem is is soos om ‘n puisie te wil wegsteek met grimering. Dit mag die simptome aanspreek, maar neem nie die onderliggende probleem weg nie.
Ek neem alles in wat hierbo gesê word. Kanneman se insette maak totale sin. Maar tog gebruik ek steeds my Tando. My redenasie is dat ek hét dit, daarom gebruik ek dit. Ek het geen idee wat die verskil sal wees as ek sonder die Tando sleep nie.
Ek het my Tando gekoop en laat installeer nadat ek tydens my eerste karavaan-sleep poging (destyds nog met 'n Cressida) gevind het dat die wa begin streke uithaal sodra ek vinniger as 80 kph ry. Of die wa verkeerd gepak was sal ek nie kan sê nie - dit was té lank gelede. Nadat ek teruggekeer het van vakansie af, het ek dadelik 'n Tando bekom - en sedertdien het ek nog nooit weer 'n probleem ervaar nie. Gevolglik gebruik ek maar die ou apparaatjie.
Ek het waarskynlik die ou storietjie al op die forum vertel - van die omie wat 'n ryloper opgelaai het. Kort-kort vat die omie 'n knippie poeier tussen sy duim en middelvinger uit 'n plastieksakkie wat tussen sy bene lê en gooi dit by die ruit uit. Die ryloper is toe nuuskierig en vra watse poeier dit is wat die oom kort-kort uitstrooi. Die antwoord was 'dit is leeupoeier' en die omie verduidelik dat dit die leeus weghou. Toe die ryloper sê dat daar mos nie leeus in daardie omgewing is nie, sê die omie: "Dit wys jou hoe goed werk die leeupoeier".
Dalk strooi ek ook spreekwoordelik leeupoeier met die gebruik van my Tando. Waarskynlik is dit onnodig. Maar ag, ek voel gerus dat dit die leeus (lees: 'swaai-probleme van die karavaan) weghou.
Kan nie tegniese bewyse lewer dat stabiliseerders werk nie maar het al op pad gery en nie stabiliseerder aangesit nie want gedink dit is net 'n kort rit. Wanneer groot trokke verby kom is daar 'n swaai gevoel waarvan ek nie hou nie en dan gestop en stabiliseerder aangesit en die swaai gevoel was weg.
Miskien is die verskil in die vorm en lugvloei oor woonwaens, sleepwaens en bote.
So ek glo dit is nie kwessie van gewigs verspreiding in my geval nie tensy ek iets mis maar sal maar my stabiliserder gebruik.
Ek deel Pieter (Kanneman) se siening.
(Dit laat my wonder of daar nie met karavaan slepers se koppe gesmokkel word nie, net soos brandstof besparings toerusting in die verlede met motor eienaars se koppe gesmokkel het.)
Ek hoor en lees gereeld mense sê hulle is tevrede met hulle wrywings-stabiliseerders soos Tando en Yellow Blade en dit bring vir hulle gemoedsrus. Dis valse gemoedsrus. Ek dink dit is maar soos Chris hierbo se leeustorie. Die slag as hulle in die moeilikheid kom (as die leeu aan die deur snuffel) gaan die goed geen verskil maak nie. Die Trapezium-tipe is die enigste wat sin maak. Daardie klein wrywingsoppervlakte gaan GEEN, hoegenaamd GEEN verskil maak as die wa swaai nie. My Tando lê al jare in die garage omdat ek weet dit maak geen verskil nie.
Die tegnologie wat in voertuie ingebou is (soos in my Kuga ook) wat glo stabiliteit verseker deur te rem as die wa swaai, is myns insien sommer net bollie. Dit sou net kon help as dit soos in die sleepvoertuig, selektief die linker of regter wiel rem soos dit nodig sou wees, maar om net eenvoudig die sleepvoertuig se remme in werking te stel, gaan niks aan die swaai doen nie. So ook nie die duur elektroniese toerusting wat die wa se remme in werking stel nie, want dit rem ook maar beide kante. Net omdat iets duur is, beteken nie dat dit noodwendig werk nie.
Die werklike oplossing is maar om jou wa reg te laai en veral om te onthou dat 'n karavaan maar 'n baie onstabiele voertuig is en dat jy daarvolgens moet optree en nie wild en wakker die stuurwiel te begin ronddraai as die wa begin swaai nie. Hou hom net in 'n reguit posisie en die swaai stop onmiddelik. Dit is beter as enige stabiliseerder.
En moenie teen buitensporige spoed ry nie- dit kan dodelik wees as daar 'n krisis is.
Ek stem 100% saam. Daarom is my sleepspoed 90 kph (GPS spoed wat so net onder 100 kph op die Hilux se 'speedo' wys. En ek kry ook nog uitstekende brandstof-verbruik as bonus - wat nogal 'n groot rol speel as jy langpad sleep uit die Boland uit wildtuin toe.
Hi almal. Ek is nog nuut in die wereld van karavaan sleep. Ek het n gooseneck towbar op die kar en het nou uitgevind dat daar 'n adapter is wat maak dat ek wel die yellowblade saam met die gooseneck towbar kan gebruik. Die vraag is: Die karavaan wat ek slaap is 'n Sprite Splash met 'n GVM van 1330. Sal die yellowblade voldoende wees of moet ek eerder 'n straightliner "redblade" kry?
Die ouer model Yellow blade was daar 'n bracket wat jy addisioneel kon aanskaf vir die gebruik saam met 'n "Gooseneck Towbar". Dit het baie goed gewerk.
Dan kan ek net noem dat ek sukses vol 'n Yellowblade gebruik het met die sleep van my Penta en Classique karavane.
Maklik om agter te kom of die stabiliseeder werk of nie is wanneer 'n voertuig jou van agter verby steek in winderige omstandighede.
Sonder die stabiliseeder trek hy eers die karavaan dan die sleep voertuig nader en los eers die karavaan dan die sleep voertuig met die "slipstream".
Met die Stabiliseeder trek hy die karavaan en sleep voertuig as 'n kombinasie nader en los hulle weer as 'n kombinasie.
As jy die laasgenoemde effek nie kry met 'n stabiliseeder nie is die karavaan moontlik te swaar vir die stabiliseeder of effektief te werk.
My sienning is dat hierdie hulpmiddels nie regtig vir my sin maak nie. Ek ken dit ook nie regtig nie. Lyk vir my na n enkel bladveer met 'n vermoe om die swaai van 'n wa met 'n massa van 1,3ton teen te werk. Nou laat dit 'n mens wonder hoekom 'n voertuig met 'n soortgelyke massa twee veerpakke agter het. Ergste mag wees dat die enkel bladveer slegs 'n hulpmiddel is wat swaai effe teenwerk.
Ek het 'n klomp jare gelede 'n gevorderde bestuurskursus gedoen en die voertuig se stabiliteit- en remstelsels in aksie gesien en toegepas. Dit werk uitstekend vir 'n voertuig maar, 'n voertuig met n sleepwa kan ek nie sien werk nie. Die stelsels 'lees' slegs die voertuig se aksies en werk verkeerde of ondewensde aksies tee.
Maak baie meer sin vir my om my wa reg te pak en nie 'n 'cowboy' te wees nie.... slegs my sienning.
Hi almal. Ek is nog nuut in die wereld van karavaan sleep. Ek het n gooseneck towbar op die kar en het nou uitgevind dat daar 'n adapter is wat maak dat ek wel die yellowblade saam met die gooseneck towbar kan gebruik. Die vraag is: Die karavaan wat ek slaap is 'n Sprite Splash met 'n GVM van 1330. Sal die yellowblade voldoende wees of moet ek eerder 'n straightliner "redblade" kry?
Kon jy dalk intussen uitvind of die adapter wat op die gooseneck kom vir ‘n ander stabilizer as die yellow blade gebruik kan word,