English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 638
Total Replies: 220 747
Total Views: 81 961 257
topics: 1 119
replies: 11 330
views: 4 794 142
Jokes and everything else that makes you laugh

'86 Opel 1.6 GLS.

replies: 4
views: 151
30 Apr 2019 @ 22:23:04 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years
Hallo almal.

Ek pos die skrywe maar onder die grapjas titel.

Ek is besig om my ou "strykyster" karretjie wat ek nuut in '86 hier by Alberton Delta gekoop het te restoureer.

Ek het met "muggie" die Escape 2 al gesleep maar net so Villiers toe en terug, jare gelede. (300km).

Die gewig storie is al goed aangespreek op verskeie drade.

Nogtans so vir die grap lyk dit of ek verby kan skraap op 'n weegbrug al is dit net net!

Strykyster: Tarra 965kg, G.v.m 1500kg, max tow weight 1050kg (soos die plaatjie en handboek reken 1200kg braked).

Muggie is Tarra 740kg en Gvm 910kg.

So op papier is dit wettig ne?

In praktyk weet ek nie alhoewel hy goed gesleep het teen my normale 100-110km/h, moes die kierie maar bietjie roer teen die bultjies. 😅

Darem baie goeie brandstof verbruik gekry.😀
 
Groetnis. Jan.
 
Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Apr 2019 @ 23:14:48 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Jan, jy behoort nie probleme te kry veral met die Escape nie.

Ek het al Opel Corsa's gesien wat baie groter sleep.

My swaer het my vorige C4 met bykans dieselfde gewig gesleep met ń VW Golf, 1.4i.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Apr 2019 @ 23:31:24 pm
Slingel
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 07 Feb 2019
Experience: 35 years

Dankie D.K

Ja dis sommer so een vrydagmiddag vinnige besluit gewees en die naaste kar gegryp en visstokke, kano in die karavaan gegooi! Lus vir kamp en nie bekommer oor gewigte ens.ens. nie.

Was 'n onvergeetlike lekker naweek. Rekord karp ook gevang en losgelaat.

Maak die ou Kadette reg van die voor na agter no plaat!😉

Gaan hom hier lokaal gebruik met die "Muggie" aan die hak.

Rustige nag.

Natuur is my Moeder so koester en geniet dit!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2019 @ 06:47:18 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

As ek dit nie mis het nie, het Opel in daardie jare baie goed gedoen met daardie modelle en ook met die Opel Rekord. Hulle was verskriklik lig op brandstof. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 May 2019 @ 07:48:34 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6287
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek sleep my caravaan wiltuin toe met die Suzuki SJ sal nie ander plekke toe brobeer nie maar hy sleep baie lekker het 1400Nissan met 5 spoed box die res nog SJ.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First