English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 299
Total Replies: 250 288
Total Views: 83 149 755
topics: 11 425
replies: 137 567
views: 39 289 025
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

3 Fase yskas in Jurgens Palma

replies: 8
views: 144
02 Mar 2020 @ 08:02:17 am
KampeerWeer
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 14 Jan 2019

Goeie more aan al die kamp mal manne - ek soek graag 'n bietjie raad. Ek en my wederhelfte gaan einde April op pensioen en dus het ons, ons Sprite Super Sport verkoop en 'n 2004 Jurgens Palma gekoop. Als mooi en reg maar ai die yskas (oorspronklike 3 fase) is 'n kopseer. Toe ons hom gaan haal het die yskas gewerk maar by die huis aangekom en op 220 gesit en nou werk die ding nie. 

Eerstens moet ek se ons woon in 'n tuin huis en die gedeelte voor ons garages is nogal steil en ek nie die karavaan mooi "level" nie. 

Ek het so bietjie rond gevra (nie veel nie) maar dit lyk of die karavaan 200% level moet wees om die kas te laat werk, blykbaar die kristalle of so iets wat rond mors.

Ek glo daar is kampeerders wat die kas al vervang het - so ek sal dit wardeer as iemand my kan help met inligting BV. Yskas groote, L, B, H. en hoe 'n mens te werk gaan.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 09:53:44 am
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 428
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 47 years

Ons het 'n 2005 Palma met 2 deur 220v yskas.  Staan by Country Park in Muldersdrift op die oomblik.  As julle diekant toe kom kan julle kom kuier en eerstehands  sien hoe dit werk.

 

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 10:57:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Pieter die feit dat die yskas gewerk het toe jy hom gaan haal het sê vir my dat die ongelyk staan jou oorsaak is.

Jy moet onthou dat die "absorbsion" yskaste baie afhanklik is van "waterpas" staan.  Dit is die hoof rede waarom die klein ronde waterpas altyd in die yskas geplaas word.  

As jy daai wa gelyk trek dan behoort jou probleem opgelos te wees.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 11:42:11 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9551
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek weet hoe jy voel met n ding wat werk en dan nie werk nie.

Laatweet op dit wel die geval is dat die wa nie gelyk staan nie. 

Nogal interressant wees.

Sterkte.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 12:03:56 pm
KampeerWeer
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 14 Jan 2019

Dankie Leon en Chuck - die yskas is ook al 14 jaar oud en ek dink voordat gaan sukkel om die altyd waterpas te laat staan waar ek opslaan sal ek maar eerder 'n huis yskas installeer.

Maar weer eens baie dankie vir die raad.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
02 Mar 2020 @ 12:56:08 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1480
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Kampeerweer, my raad is, ongeag of die yskas foutief is of nie, maar as jy nie daarop ingesteld is om jou karavaan waterpas staan te maak nie kan jy maar net sowel nou al 'n kompressie yskas laat installeer - jy gaan jouself baie frustrasie bespaar. 

As die oue nog werk sal vakansiehuis eienaars vir jou goeie geld aanbied.

Terloops, my verstaan van driefase het te make met die fases van die stroom wat Eskom verskaf.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 13:08:38 pm
KampeerWeer
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 38
Joined: 14 Jan 2019

Ja nee Kanneman - Ek plaas gewoonlik van daai waterpassies wat 'n ou koop by Camp World op my karavaan en stel die level van die karavaan daarvolgens. Maar ek will regtig nie heeldag en aldag sukkel met 'n ding wat wil ek moet die karavaan 200% waterpas te laat staan nie. 

Die verkoop mag nogal sin - miskien kan ek 'n paar rand spaar op die nuwe yskas. 

Dankie wardeer jou kommentaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 21:14:20 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Dankie Leon en Chuck - die yskas is ook al 14 jaar oud en ek dink voordat gaan sukkel om die altyd waterpas te laat staan waar ek opslaan sal ek maar eerder 'n huis yskas installeer.

Maar weer eens baie dankie vir die raad.

 

Gaan eerder vir die 220V huis yskas, het my Fleetline se 3 way robbish met ene vervang jare terug en nooit weer terug gekyk nie. Laaste ding op aarde waarmee jy wil sukkel is 'n 3 way wat nie reg werk nie, amper so erg soos 'n battery wat begin ingee...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 06:05:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Voordat jy die een uithaal gaan koop eers 'n ander een wat groot genoeg is om in daai ou yskas se spasie in te pas.

Dan laat weet ons as die ou een te koop is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za