English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 450
Total Replies: 264 911
Total Views: 83 685 674
topics: 380
replies: 5 389
views: 142 584
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

'n Vriessak wat werk soos 'n elektriese Warmwatersak

replies: 11
views: 307
04 Dec, 2021 @ 15:11:45 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 506
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Die volgende idee is my breinkind, en alhoewel ek nie weet hoe, en waarvan, mens dit kan vervaardig nie, en jy dalk weet, behou ek alle regte vir hierdie idee.

Hoekom kan daar nie 'n Vriessak of Koelsak vervaardig word wat soos ons elektriese Warmwatersak werk nie!

Hierdie is nie eintlik 'n vraag nie - dis meer van 'n behoeftestelling, en 'n uitdaging...

Ons besit 'n elektriese Warmwatersak - jy prop dit gewoon in die elektriese sok in, skakel dit aan, en na 'n rukkie gaan die groen liggie aan wat aandui dat dit nou warm is... baie warm! Binne, in die sak, is daar seker 'n verwarmer en sekere chemiese stowwe, anders as water, wat mens so kan warm maak.

Nou! Ons is in 2021, en daar is sekerlik een of ander chemiese stof, soos wat daar chemiese stowwe in my yskas in die kombuis is, wat, as mens dit warm maak, of onder druk plaas, dan word it koud!

En skynbaar het niemand dit nog ontdek nie. Maar ek weet dit moet bestaan... want as die chemiese stowwe in my klein vrieskassie in die kombuis, en die chemiese stowwe in my Woonwas Gas-yskassie met hitte, koud maak, dan kan mens verseker iets ontwerp wat amper so groot is soos 'n standaard piekniek koelboks... en wat regtig, egtig, koud maak... nie net koel nie, maar koud.

Hoekom stel ek nou hierdie saak? Ons wil in Maart 2022, weer, net met die bakkie op reis gaan en ons wil nie 'n yskassie saamry nie, daar sal krag wees by elke plek waar ons gaan oornag, en ek benodig 'n hoogs effektiewe koelboksie wat effens kleiner is as die standaard grootte piekniek koelboks.

Sal jy asseblief so gaaf wees, as jy die nodige chemiese- en fisika (of wat  ook al) kennis besit om een te ontwerp, en bekostigbaar te bemark, sodat ons ten minste een 750ml bier, een liter vrugtesap, een liter langlewe melk, en twee botteltjies 330ml water, en nog ietsie anders daarin, so koud, soos in 'n yskas kan maak en hou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec, 2021 @ 07:22:17 am
Duncan
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1521
Joined: 06 Apr, 2010
Experience: 41 years

I have the right chemicals but sadly it's a secret 😂

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec, 2021 @ 07:59:56 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 506
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

I have the right chemicals but sadly it's a secret 😂

🤣

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec, 2021 @ 09:08:20 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1610
Joined: 06 Jun, 2015
Experience: 48 years

I have the right chemicals but sadly it's a secret 😂

Well there's a challenge for you.🤓

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec, 2021 @ 23:55:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19040
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Takealot verkoop, maar weet nie presies hoe dit werk nie....hulle dui wel aan dat geen freezer benodig word om koud te maak nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 00:03:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19040
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Takealot verkoop, maar weet nie presies hoe dit werk nie....hulle dui wel aan dat geen freezer benodig word om koud te maak nie.

Sal interesant wees om te weet hoe koud hulle maak en hoe lank hul werk

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 06:51:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19040
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Dis wat in die sakkies is. Waterstof is apart....sodra jy die water met die chemikalie meng, word water blykbaar yskoud. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 09:48:56 am
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 178
Joined: 08 Mar, 2018
Experience: 42 years

Om warm te maak is maklik, sit energie in.

Om koud te maak moet jy die hitte wegneem.

Jy kry die solid state nommers wat met "peltiers" werk, maar hulle is nie baie effektief nie.

Jou kompressor bly maar die beste opsie.

Ek is seker jy kan hulle kry so klein as 40L? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 13:57:12 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 506
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 14:01:08 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 506
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Baie dankie vir al die insette... ek oorweeg dit. Skynbaar kry mens wel sulke klein yskassies soos op die voorgaande screengrab... maar duur en dalk nog nie in SA...

Google net "mini fridges"...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 17:28:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19040
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Baie dankie vir al die insette... ek oorweeg dit. Skynbaar kry mens wel sulke klein yskassies soos op die voorgaande screengrab... maar duur en dalk nog nie in SA...

Google net "mini fridges"...

As ek daai fotos so kyk, is dit daai "yskasies" wat jy by Makro en Checkers kry. Basies n coolerbox met n fan in. Dis hoekom hulle praat van n fridge en warmer....as jy hom op warm sit, draai die fan net in n ander rigting

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec, 2021 @ 22:23:31 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1754
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Klein koelkassies wat nie van kompressors of absorpsie / ammoniak afhanklik is nie is al vir baie jare op die mark. Toyota se meer luukse Land Cruisers kom al vir baie jare uit met sulke kassies ingebou tussen die voorste sitplekke. Ek het al vir jare 'n soortgelyke kassie wat van 12 volt af ses blikkies kan koud hou. Hierdie goedjies is egter nie skaam wanneer dit by krag verbruik kom nie, en word verkieslik nie van 'n battery alleenlik gebruik terwyl terwyl dit nie aan 'n kragbron van een of ander aard gekoppel is nie.

Ek vermoed indien 'n mens die absolute voorpunt van ontwikkelings wil naspeur moet daar na NASA in Amerika se jongste tegnologie gekyk word. Daardie ouens het 'n bemande "kampeer" module daar vêr in die ruimte waar mense gereeld aandoen en "kampeerders" omruil. Ek twyfek egter of hulle sommer goedsmoeds hulle jongste ontwikkelings sal uitlap.

Wat ek wel weet is dat die kleinste vam motortjies deesdae lugversorging in het, en mens nie enige krag verlies kan bespeur nie, terwyl ons destyds die lugversorger teen bulte afgeskakel het om met die karavaan agteraan momentum te probeer behou. Dit bring my by die groot uitdaging - of ons hitte of koue kunsmatig wil voortbring vereis energie, en hoe meer daarvan opgewek moet word, hoe meer energie word vereis, en dit is waar die groot uitdagings lê. 

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za