English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 178
Total Replies: 261 567
Total Views: 83 541 602
topics: 352
replies: 5 104
views: 130 387
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

10,000 15,000 en 20,000 diens intervalle

replies: 12
views: 312
24 Jun 2021 @ 06:23:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Van die vervaardigers se diens intervalle is elke 10,000km, sommige elke 15,000km en dan paar wat elke 20,000km is. Waar kom die verskil in dat sekere voertuie elke 10,000 moet gaan en ander dubbel die kilometers....20,000? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 06:26:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Van die vervaardigers se diens intervalle is elke 10,000km, sommige elke 15,000km en dan paar wat elke 20,000km is. Waar kom die verskil in dat sekere voertuie elke 10,000 moet gaan en ander dubbel die kilometers....20,000? 

Elke 20,000 sou natuurlik vir die verbruiker meer ideaal wees...diens kostes is deesdae nie meer goedkoop nie en om dit van 10,000 na 20,000 te skuif, beteken dit basies dat mens dienskostes halveer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 08:19:24 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4127
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Die BMW E46 petrol (serie 3 vanaf vroeë 2000) se diensbeurte kis 25,000 km,

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 11:27:42 am
Anonymous

Geert ek stem saaam met jou oor die 20 000km tydperk.  Ek glo dat gereelde dienste die leeftyd van 'n voertuig verleng.  Goeie olie met goeie filters is uiters belangrik. 

Ek diens my voertuig meer gereeld as wat verwag word deur die vervaardiger as ek baie sleep.   Ek weet hoe hard my bakkie werk tydens sleep en dis maar net beter om goeie olie gereeld te vervang.  Selfs my lugfilter word gereeld vervang want ek glo nie daaraan om dit met lug skoon te blaas nie.  Jy forseer die stof in die filter in wat dit verstop.  As jy moet slaan of skud die lugfilter eerder skoon of nog beter vervang dit.

Ek was mal oor die Toyota 1.6 GLI Twin Cams.  (Ek het 3 x toyotas van hulle gehad)  Ek het daai tyd altyd Castrol GTX gery.  My laaste een se engine het gegroet omrede ek 'n diens oor sy tyd gevat het weetend dat die GTX baie slug.  My skuld.  Daai tyd het ek so 5- 6000km per maand gery en dienskostes wat hoog vir 'n appie. Elke 10 000 diens.  Bygese die Toyotas was top voertuie.  Ek glo tot vandag aan daai 1.6 twin cams. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 14:22:09 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 218
Joined: 04 Jan 2021

Alles hang af van die voertuig se werk en sleep omstandighede.

BV: My voertuig word voorgeskryf vir elke 7500 km onder 4 x  4 of hard werk.

Sleep - 10 000 km.

Normaal ry - 12 000 km.

Skilpad ry - 15 000 km.

Ek hou maar by 10 000 km ongeag omstandighede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 16:24:01 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5111
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Geert een v d redes is bv die 10ppmdiesel. Niks vreemds om te sien dat die olie nie gou swart word soos met 50 of 500ppm weens die laer swael inhoud. Dis een v d redes hoekom die smering siklus verleng kan word. Of 10ppm egter beter is los ons vir 'n ander draad. Ek gebruik dit wel. 

Wat ook op lend hoe sekere vervaardigers hul eie spec opstel en 'n kode daaraan toeken dat mens nie meer net bv na die API SL/CF letters kan kyk nie. 

Verder het smeermiddels wel drasties verbeter met al die sintetiese byvoegings. verbeter.

Ek gaan nie probeer raai hoekom daar so groot verskil is tussen voertuie nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 17:06:15 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10524
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Van die vervaardigers se diens intervalle is elke 10,000km, sommige elke 15,000km en dan paar wat elke 20,000km is. Waar kom die verskil in dat sekere voertuie elke 10,000 moet gaan en ander dubbel die kilometers....20,000? 

Of dit n Toyota of Ford is....yell

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jun 2021 @ 20:16:22 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 560
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

Never heard of 20000km service intervals and thought 15000km was pretty normal for petrol engines and 10000km for diesel. My bike service intervals are 8000km for some odd reason and Harley recommends their oil , or diesel 20w50 oil. Again dont know why diesel oil.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 11:26:01 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1106
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Ek ken ook nie 20D intervalle nie. MAAR ek moet bieg dat ek n diens-o-holic is en bitter selde die volle kilometers ry. Ek laat diens somtyds my motor bloot omdat ek op toer gaan, al is dit baie kilometers nog na die diens-tyd. En wanneer ek weer terug is by die huis dan word hy weer gediens, bande omgeruil, balanseer en wielsporing. En as ek my die snde nie ontsien nie en my bank-kaart is nog nie gebuig nie, dan gooi ek sommer n paar nuwe skokbrekers ook in. My diensboekie lyk soos n outobiografie van Hemmingway.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 15:13:20 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

My sleepvoertuig se amptelike diensintervalle vir Europa is 30,000km.

Vir SA toestande is dit verlaag na 26,000km.

Dit is 'n dieselvoertuig wat gemaklik loop op 500ppm diesel, maar met 'n aanbeveling vir 50ppm diesel. Dit is 'n 2013 model en loop nog sterk met net 178,800 op die odometer. Ek diens so naby moontlik aan die diensintervalle, maar verkies meer gereëld ten minste jaarliks.

My ou 2002 Mercedes 220CDI se diensintervalle was deur die motor se rekenaar bepaal. Boekie sê 20,000 maar dan sê die motor 27,000! Daar was 'n verskil tussen langdurige gebruik van 50ppm en 10ppm diesel. Met 10ppm was my diensintervalle 27,000km teenoor 23,000 met 50ppm.

Agente het nie gediens voor die motor se rekenaar nie so sê nie. Motor meet blykbaar die kwaliteit van die olie. Wag nou nog vir 'n antwoord uit Duitsland of die boekie of die motor reg is. Hom al lank gelede, 2009 verkoop met 230,000+km op sy odometer.

Is 'n kombinasie van nuwe olies en lae swaelinhoud diesel.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 17:50:00 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Never heard of 20000km service intervals and thought 15000km was pretty normal for petrol engines and 10000km for diesel. My bike service intervals are 8000km for some odd reason and Harley recommends their oil , or diesel 20w50 oil. Again dont know why diesel oil.

 

Merceds Benz  is al  ampe 15 jaar op 'n 20000 km of 1 jaar diens siklus.  Sy rekenaar bepaal deur sekere meetings as jy gouer moet diens

 

Ek glo dit gaan oor die beter gehalte olies en Brandstof wat beskikbaar word

Moet se My MAZDA se oile lyk nog soos golden syrip na 10 000  vir die jaarlikse diens

Ry net 50 ppm Diesel en die sintetiese olie wat die agent in gooi  My laaste dien in April was onder die R4000.00 gewees

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2021 @ 22:04:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Mahindra ook 20,000km intervalle....1ste diens op 10,000

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2021 @ 13:18:04 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1106
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Die probleem met my Mercedes is dat ek nooit die 20,000 km bereik nie. Ek bereik die 12-maande tyd gouer en dan WYS die kennisgewing my elke keer wanneer ek die kar start "JY MOET MY DIENS!" 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za