English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 947
Total Replies: 258 468
Total Views: 83 440 189
topics: 318
replies: 4 683
views: 118 861
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Elektriese stelsel in ou karavaan

replies: 17
views: 324
01 Mar 2021 @ 13:24:44 pm
JIce
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 29 Apr 2015
Experience: 35 years

Goeie dag,

Ons het so rukkie terug 'n 1984 Jurgens gekoop, het die bladvere oorgedoen en die wiele se bearings so nou my volgende stap is die elektriese sisteem, wil seker maak ek weet hoe dit werk en dat alles werk. Na ek bietjie begin krap het het ek die volgende opgetel:

Daar is 'n lig skakelaar by die deur wat net die lig in die middel van die karavaan beheer.

Die ligte bo die beddens word alleen aan en af geskakel.

Daar is een 3 punt prop in die karavaan waarvandaan verskillende ander "multi adapters" gevoer word.

Hier is die huidige konneksie punt:

Ek sien ook daar is 'n + en - battery klampe wat daar le, nie seker waarvoor dit gebruik word nie.

Enige hulp of raad sal waardeer word.

Life is a journey, enjoy the ride!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2021 @ 14:59:56 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 103
Joined: 04 Jan 2021

Die + en - is ń basies ń "back-up" sisteem vir die ligte asook as jou karavaan toegerus is met ń yskas wat 220V en 12V kan hanteer.

Ek sal voorstel om ń geskikte battery in te sit.

Dit help baie met krag onderbrekings.

Dit help ook met ligte toevoer.

Huidiglik met my 2001 Penta het ek die probleem dat my ligte toevoer onvoldoende is agv die tekort aan battery krag.

Sonder die battery werk die ligte vanaf die Charge Master op 12V, maar die Charge Master kan dit nie altyd hanteer nie en sodoende skakel die ligte somtyds self af na ń paar sekondes of minute.

Omrede ons lang kamp, maak ons gebruik van 220V LED ligte om ongemaklikheid te voorkom.

Gevolgtrekking is, sit ń toepaslikke battery in.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2021 @ 16:38:07 pm
JIce
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 29 Apr 2015
Experience: 35 years

So die yskas wat huidiglik in is, is 'n gewone klein Defy huis yskas wat net met 220v werk.

Ek neem aan daar is nie 'n manier om die 220v van die 12v te skei op daardie power supply nie, ek het gedink daaraan om al die ligte te verander na 12v maar dan kan ek die ligte direk op die battery koppel en dan daar power supply gebruik vir 220v wat dan die yskas en ander goed krag sal voorsien.

Of dink ek verkeerd?

Life is a journey, enjoy the ride!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2021 @ 16:55:45 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 103
Joined: 04 Jan 2021

As jou yskas slegs 220V is, maak soos ek.

Myne hardloop afsonderlik en slegs ligte vanaf Charge Master.

Van die ligte op 12V vanaf Charge Master soos bv: Eet tafel lig en bed ligte.

Verder is my krag 220V met TV vanaf "multiple" punte wat gevoer word vanaf die oord se krag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2021 @ 21:01:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10282
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Sit vir jou n ordentlike stelsel in terwyl jy besig is.

Altyd lekker om nie te sukkel nie, goedkoop is duur koop.

Laat Danie SLK jou van hulp wees.

Sien jy is in Alberton, kom kuier in Centurion vir hom.

Sterkte.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2021 @ 21:02:57 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10282
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Dan is Pieter Brommer ook hier wat ombouings doen met goeie diens.

En nog ander.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2021 @ 21:21:06 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4977
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

So die yskas wat huidiglik in is, is 'n gewone klein Defy huis yskas wat net met 220v werk.

Ek neem aan daar is nie 'n manier om die 220v van die 12v te skei op daardie power supply nie, ek het gedink daaraan om al die ligte te verander na 12v maar dan kan ek die ligte direk op die battery koppel en dan daar power supply gebruik vir 220v wat dan die yskas en ander goed krag sal voorsien.

Of dink ek verkeerd?

Ek sal daai aardlek uithaal en in 'n klein nuwe verdeelbord inbou. In die nuwe bord kan mens dan 'n MCB insit vir 'n paar 220V ligte asook 'n 20A MCB vir mens se muurproppe. Plaas muurproppe waar dit vir jou gemaklik gaan wees. 'n muurprop vir 'n ordentlike intelligente laaier. Sit ook 'n redelike battery in en vanaf die battery 'n fusebox wat bedraad word na jou pomp asook 'n paar 12V  LED ligte waar NODIG vir as die krag af is. 4x4direct verkoop 'n geskikte fusebox vir hierdie doel. Koppel sommer 'n klein digitale voltmeter in waar mens kan sien dat die battery wel gelaai word.

Daai bestaande power supply kannie eers 'n pompie trek van 220V af nie so jy sal in elk geval hiervoor 'n battery nodig hê. Die power supply is ook nie geskik om as battery laaier te dien nie. 

Dit sal ook handig wees om 'n buite multi plug in te sit as jy nie alreeds een het nie. Dis nou die tipe met 'n deksel wat toemaak as daar geen proppe ingedruk is nie. 

Sterkte met die opgradeer. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2021 @ 07:09:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16448
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ek stem saam met die vervanging van die stesel.  Ek sal wel die ligte in die karavaan 12V hou en dan die volgende doen:

  • Sit 'n nuwe 220V verdeel bord in met "Circuit breaker" (CB) vir 220V plug punte binne die wa.  Plug die yskas by een van hulle in.
  • En 'n CB vir Plug punte buite die wa.
  • Installeer plugs in die wa soos wat jy dit benodig maar plaas een by die  verdeelbord of daar waar jy die 12V battery wil plaas.
  • Koop 'n 12V battery en 'n "Smart charger" installeer op 'n gepasde plek.
  • Koppel die laaier op die battery met permanente bedrading (word gewoonlik verskaf vir so konneksie saam met die laaier).
  • Neem die neg draad van12V bedrading direk na die ligte en die water pomp as daar is en die pos draad na 'n fuseboks en van daar, 'n fuse vir ligte binne die wa, 'n fuse vir ligte buite die wa, 'n fuse vir die water pomp en dalk 'n fuse vir 12V sigaret aansteker sok iewers in die wa.

So kan jy seker maak dat as 'n CB afskop dat jy maklik weet waar is die oorsaak en as 'n fuse brand watter 12V afdeling is die probleem.

Dan afhangende van wat jy als op die 12V gaan koppel kan jy dalk net 'n 12V hek motor batterytjie gebruik en is dit nie nodig vir 'n groot 12V kar battery tipe nie.

Ek het 'n Kamp sleepwa gehad genaamd Krimp Varkie.  Ek het vir hom 220V geinstaleer en die LED ligte met 'n 12V hek motor battery gewerk.  As voorbeeld het ek die hele Weskus toer in 2015 die ligte gebruik sonder om die battery gedurende die toer te herlaai.  Dus hang dit af wat gaan jy alles gebruik op die 12V

Die rede waarom ek 12V ligte aanbeveel.  Maak nie saak waar jy kamp nie met of sonder krag jy het tenminste altyd lig in die wa. 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2021 @ 10:03:13 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1300
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Hier is goeie raad....

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2021 @ 12:13:30 pm
JIce
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 29 Apr 2015
Experience: 35 years
Dankie vir die terugvoer almal.
Ek ken nie baie van elektriese installasies nie, maar kan myself darm bietjie help.
Ek neem aan MCB staan vir mini circuit board?
Sal ek die kabels ook moet vervang of is die gewone 3 core lead draad genoeg soos dit inkom van die multiplugs af na die CB?
Moet ek enige iets tussen die blou prop buite die karavaan en die DB insit? Of konnekteer ek die blou prop direk aan die mains op die DB?
Life is a journey, enjoy the ride!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2021 @ 13:08:09 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16448
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Dankie vir die terugvoer almal.
Ek ken nie baie van elektriese installasies nie, maar kan myself darm bietjie help.
Ek neem aan MCB staan vir mini circuit board?
Sal ek die kabels ook moet vervang of is die gewone 3 core lead draad genoeg soos dit inkom van die multiplugs af na die CB?
Moet ek enige iets tussen die blou prop buite die karavaan en die DB insit? Of konnekteer ek die blou prop direk aan die mains op die DB?

Die huidige draad waarmee die karavaan toegerus is behoort goed te werk.  As dit ek was het ek alles met soortgelyk draad vervang net om dit nuut te he.

Die toevoer direk vanaf die blou prop na die DB is 100% want normaal weg is daar iewers 'n CB wat die inprop punt van die staanplek klaar beskerm.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2021 @ 22:25:26 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4977
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

MCB of CB soos genoem verwys na miniature circuit breakers soos ook in ons huis verdeelbord gebruik word. 

As jy wel nuwe 3 aard koord gebruik sal ek vir 1.5 vierkante mm gaan. Mens kan ook ronde of plat "surfix" in 2 plus aard gebruik binne en onder die wa. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2021 @ 12:20:17 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1300
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

MCB of CB soos genoem verwys na miniature circuit breakers soos ook in ons huis verdeelbord gebruik word. 

As jy wel nuwe 3 aard koord gebruik sal ek vir 1.5 vierkante mm gaan. Mens kan ook ronde of plat "surfix" in 2 plus aard gebruik binne en onder die wa. 

Hi Danie

Ek het al gekry dat die surfix draad nie van vibrasies hou nie  ek sal eerder opt vir 'n 3 core captire 2.5mm en Surfix vermy

2.5mm draad kan tot 23Amp stroom hanteer (afhagend van die lengte van die draad...)

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2021 @ 20:46:59 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4977
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Hi Danie

Ek het al gekry dat die surfix draad nie van vibrasies hou nie  ek sal eerder opt vir 'n 3 core captire 2.5mm en Surfix vermy

2.5mm draad kan tot 23Amp stroom hanteer (afhagend van die lengte van die draad...)

Swannie ek stem deels saam en surfix se solied koperdraad vibreer baie keer los. Gelukkig kan mens by die eindpunte kom om weer vas te draai. My hele karavaan is met surfix en ek het nog nooit 'n los konneksie ondervind nie. 

Ons moet ongelukkig binne bedrading regulasies werk. Captyre is geensins aanvaarbaar vir uitbreidings aan muurproppe waar die ronde surfix met sy gedraaide "shield" wat kontak maak met die aard draad binne die SANS regulasies is. 

Vra maar vir mense wat ekstra proppe in 'n huis ingesit het wat gebeur as hulle 'n COC wil kry met verkoop van eiendom as dit met Captyre gedoen is. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2021 @ 17:17:06 pm
JIce
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 29 Apr 2015
Experience: 35 years

Ek het die week sover 'n klein DB gekoop, een hoof skakelaar, een earth leakage, een 20A MCB en een 10A AC/DC MCB. 

Nou krap ek rond vir kabel, sal 10mm2 genoeg wees binne in die DB en dan aan die ander kant sal gewone Extension lead draad wees vanaf die plugs na die 20A MCB?

Life is a journey, enjoy the ride!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2021 @ 18:17:21 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4977
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Die DB deel klink reg maar die aard lek kan ook dien as die hoof skakelaar en ek herhaal wat ek reeds genoem het. Sou jou woonwa uitbrand behoort die assuransie die eis v d hand te wys op grond van duidelike regulasies en onwettige bedrading. Ook aanklagte van manslag indien iemand dood geskok word en nog erger - nie gemagtig is om bedrading op 230V te doen. 

Slegs toerusting wat beweegbaar is en nie met harder kabels bedraad kan word mag buigbare koord gebruik. Ek weet niemand hou v hierdie regulasie nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2021 @ 22:54:39 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1630
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years

Jlce,n lekker projek,so win n man kennis in,altyd goed om te weet,hou ons op hoogte asook n klompie fotos,sterkte

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar 2021 @ 10:47:16 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1300
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Swannie ek stem deels saam en surfix se solied koperdraad vibreer baie keer los. Gelukkig kan mens by die eindpunte kom om weer vas te draai. My hele karavaan is met surfix en ek het nog nooit 'n los konneksie ondervind nie. 

Ons moet ongelukkig binne bedrading regulasies werk. Captyre is geensins aanvaarbaar vir uitbreidings aan muurproppe waar die ronde surfix met sy gedraaide "shield" wat kontak maak met die aard draad binne die SANS regulasies is. 

Vra maar vir mense wat ekstra proppe in 'n huis ingesit het wat gebeur as hulle 'n COC wil kry met verkoop van eiendom as dit met Captyre gedoen is. 

Stem saam as ek enige verandering van bedrading in my wa moet doen sal dit via Condute (Bosal) en house wiring.

Toe ek my huis jare terug gekoop het het die vorige eienaar aangbou en als was surfix.  Ek het oop gekap en condute met losdrade Ek is maar old school

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za