English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 012
Total Replies: 259 346
Total Views: 83 471 001
topics: 331
replies: 4 789
views: 122 438
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Pad karavaan na gravel-roader

replies: 12
views: 320
12 Nov 2020 @ 22:45:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18042
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek lees gereeld van kampeerders wat hul pad karavaan verander sodat hy nader aan n off-roader of gravel roader moet wees. Maar hoe naby kan mens kom? Meeste lig die wa....miskien ander as, maar ek het onlangs ervaar dat die inhoud van die wa ook nie hou van grondpad ry nie. Moes paar TLC werkies doen nadat ons n paar keer op n sinkplaat grondpad gery het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2020 @ 04:35:01 am
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 550
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Kempton karavane doen die Nomad conversion, wat insluit dat die binnekant ook gedoen word. Angle irons langs die kante, bout die kaste aan die vloer vas, versterkte knippe aan die kaste, ens. Ek wag net vir my skip, dan gaan ek dit laat doen. Ek dink persoonlik dat 'n pad karavaan taamlike pyne kan vat na so 'n conversion. Jou grootste nadeel is dat padkaravane breer is en die bande loop nie in jou sleepvoertuig se spore nie. Daar gaan seker 'n paar plekke wees waar jy nie met die karavaan sal kom nie, maar ek wil ook nie ernstige offroading met my karavaan doen nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2020 @ 09:12:28 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1340
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Ek glo as mens iets moet verander om swaarder werk te doen as waarvoor die ontwerp is het jy iewers 'n swak punt.

die vraag is net is jy bereid om die swak punt te ontdek langs die pad

Kom die gedagte van goedkoop is duur koop nie op nie.

Die bou en ombouing van karavane is nie my specialis gebied nie so ek bly weg

Ek het al velle mane gekry ver van die huis af met breakdown op 'n voertuig wat deur 'n specialis om gebou is.  Meeste is die breek asgevolg van die ombouing waar een komponent net te sterk is vir die ander

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2020 @ 10:06:18 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10330
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Bly eerder by standaard as I'm dit te verander.

Het maar die explorer dieselfde gehanteer as die classique. 

Die explorer kan ook stukkend skud op n sinkplaat pad of sy as buig en n wiel verloor.

So hoekom jaag of by plekke in en jou rytuie beskadig.

Het baie  4x4 gedoen maar verantwoordelik.

Darm is die kleintjie vir 4x4 nou dood en bly ek op die groot pad.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2020 @ 10:28:28 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5885
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Gaan kyk na die op fb.  https://m.facebook.com/groups/2639352656318591/permalink/2790970171156838/

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2020 @ 11:50:12 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1547
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 47 years

Very happy with our 'Nomad' conversion. Kempton do a good job.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2020 @ 06:19:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16484
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ek het al heel wat karavane gesien waar die mure oor die vloer begin sak omrede die wa, kom ons noem dit buite sy vermoe, gebruik is.

My opinie is as dit begin gaan trek daai wa op die ashoop.  Hy is nooit weer dieselfde nie.

As jy vinnig op grond paaie wil ry of off-road met 'n wa ry.  Koop vir jou 'n wa wat van begin ontwerp is daarvoor.

Dis maar hoe ek dit sien.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2020 @ 06:25:39 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1178
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Ek het al heel wat karavane gesien waar die mure oor die vloer begin sak omrede die wa, kom ons noem dit buite sy vermoe, gebruik is.

My opinie is as dit begin gaan trek daai wa op die ashoop.  Hy is nooit weer dieselfde nie.

As jy vinnig op grond paaie wil ry of off-road met 'n wa ry.  Koop vir jou 'n wa wat van begin ontwerp is daarvoor.

Dis maar hoe ek dit sien.

Stem.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2020 @ 15:04:40 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1956
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Ek het al heel wat karavane gesien waar die mure oor die vloer begin sak omrede die wa, kom ons noem dit buite sy vermoe, gebruik is.

My opinie is as dit begin gaan trek daai wa op die ashoop.  Hy is nooit weer dieselfde nie.

As jy vinnig op grond paaie wil ry of off-road met 'n wa ry.  Koop vir jou 'n wa wat van begin ontwerp is daarvoor.

Dis maar hoe ek dit sien.

Stem 100% hiermee saam.

Toe ek my Spenta in 2017 gekoop het by Kempton Caravans, het ek die Kitchen conversion laat doen vir ma se behoeftes en ek het spandeer om hom meer robuust te maak vir grondpad ry.

Groter wiele, 15", swaarder as, al die skarniere met 'piano hinges' vervang, 'vent' in die dak installeer om druk op te bou en stof uit te hou ( soortgelyk aan die Explorer)..........ens.

Toe skrik ek een nag wakker nadat al die werk reeds gedoen was en ek besef dat die mure verby die vloer gaan val wanneer die tyd kom. Hy ry nou net teer en baie stadig op grond vir kort afstande.

Ek is bly om te hoor Kempton doen nou versterking aan die 'body' wat hulle nie in 2017 al gedoen het nie.

Maar ek sal nie verder geld spandeer nie. Hy is nou eenmaal nie ontwerp om nie op "paved" paaie te gebruik nie. As hy nie daarvoor ontwerp is nie, moet maar liewer nie die wa probeer verander nie.

Daar is teerpad waens, daar is grondpad waens en daar is 'offroad' waens vir 'n rede.........en dit het ek letterlik ten duurste besef.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2020 @ 15:41:29 pm
FritzF
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 31 May 2018
Experience: 61 years

Werk nou die dag onder aan my 2006 Classique, wat 'n skok om te sien hou dun en swak die hele onderstel, as monterings ens is.  Hy sal nooit lank hou op grondpaaie nie.   My eerste karavaan was 'n 1975 Gypsey 1 so 40 jaar terug, hy sou gewerk het, het nog behoorlikke onderstel gehad.

Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2020 @ 16:00:30 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3959
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Dis maar ons, die kopers, wat die swak konstruksie afdwing.  Ons wil al meer swaar luukshede hê soos 'n groot dubbeldeur yskas, mikrogolf, lugreëling en nog ander, maar ons wil hê die karavane moet lig genoeg wees om met ons bestaande voertuie te sleep.  Die 1975 Gypsey of my 1984 Sprite het min sulke luukshede gehad, was lig en het ook 'n behoorlike onderstel- en veerstelsel- gehad.  Ek is soms spyt ek het die Sprite verkoop- karavane word net nie meer so gemaak nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2020 @ 17:47:32 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1956
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Dis maar ons, die kopers, wat die swak konstruksie afdwing.  Ons wil al meer swaar luukshede hê soos 'n groot dubbeldeur yskas, mikrogolf, lugreëling en nog ander, maar ons wil hê die karavane moet lig genoeg wees om met ons bestaande voertuie te sleep.  Die 1975 Gypsey of my 1984 Sprite het min sulke luukshede gehad, was lig en het ook 'n behoorlike onderstel- en veerstelsel- gehad.  Ek is soms spyt ek het die Sprite verkoop- karavane word net nie meer so gemaak nie.

Dis nou 'n feit.

As ek die 1995 Penta wat ons gehad het met die 2017 vergelyk, kom jy dadelik agter die algemene konstruksie steek af in duursaamheid, kwaliteit en "punch vat vermoë"

Dit lyk nog dieselfde, maar ai, as jy nader gaan kyk en onder inloer, is hy nie!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2020 @ 07:03:07 am
FritzF
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 31 May 2018
Experience: 61 years

Heeltemal reg.  Die sprite het so klein yskassie in gehad wat altyd 'n gesukkel af gegee het hom alles koud te hou.  Die Classique het 'n vol grootte 3 rigting yskas in, baie lekker om alles koud te hou. :-)

Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za