English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 529
Total Replies: 252 793
Total Views: 83 248 645
topics: 251
replies: 3 857
views: 97 292
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

2-Gang yskas op Chargemaster

replies: 4
views: 121
29 Sep 2020 @ 21:55:17 pm
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

Weet iemand dalk hoekom karavaan yskaste nie sommer aan die ingeboude transformers gekonnekteer is nie? Ek het 'n Chargemaster in my '85 Caravette. Dit lyk my die standaard bedrading loop vanaf 'n battery in die nose cone na die yskas maar hoekom nie sommer van die Chargemaster af soos my LED ligte nie?

Dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2020 @ 07:59:13 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die 3 gang yskaste werk met 'n element wat warm word en redelik baie stroom trek.  Ek glo nie die chargemaster kan daai stroom hanteer nie.

Dan moet jy mooi na die bedrading gaan kyk ek sou eerder dink die yskas werk eerder op 220V en dan ook gas.  Die 12V sal daai battery baie gou pap maak.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2020 @ 08:59:26 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Cobus, ons het 'n 1984 Sprite gehad wat maar dieselfde as die Gypsy was.  Daar was geen verskil tussen die 1984 en 1985 modelle Sprites en Gypsys nie.   Hy het inderdaad 'n 12V/gas yskas gehad en nie 220v nie.  Ek het dit self omskep om ook 220V te kon gebruik deur 'n 220V element by te voeg.  Dit is van die dun potlood-elemente en daar was plek op die "boiler" om 'n tweede element te huisves.Ek het geen idee of sulke elemente steeds beskikbaar is nie.

Destyds was baie karavaanparke nie geëlektrifiseerd nie, soos die Kruger wildtuin, en 220V was toe nie as belangrik geag nie.  Die yskas was bedoel om meestal op gas te loop en daar was dus geen goeie rede om stroom vanaf die krageenheid te trek nie.  Die krageenheid was net bedoel om die battery te laai.  Met die buisligte wat 'n groot stroom getrek het relatief tot vandag se LED ligte, kon die krageengeid nie eers die ligte behoorlik trek as daar nie ondersteuning van die battery was nie, en dit sou dus onmoontlik wees om ook die yskas te bedien- .  Die het ongeveer 110W gebruik en die battery sou dus waarskynlik nie eers 'n dag gehou het nie. Die 12V was einlik net bedoel om gebruik te word terwyl jy aan die sleep was en die sleepvoertuig se kragopwekker stroom kon verskaf. Dit was 'n gawe idee as jy vir amper die hele dag gesleep het en die yskas was die hele tyd aan die werk. Die yskas was bedraad om net krag vanaf die sleepvoertuig te trek en nie ook vanaf die battery nie.  As jou yskas dus op die battery gekoppel is, het iemand dit so verander, maar dis nie 'n goeie idee nie. As jy staan, moes jy gas gebruik al was jy ook aan 220V gekoppel, en gas was maar altyd baie duur.

As jy dit nie reeds gedoen het nie, sou ek dus voorstel dat jy die ligte omskep na LED's- die buisligte is maar dof en trek baie krag.  Oorweeg dus ook om die yskas na 220V te omskep. Dit werk net baie ekonomieser en veiliger op 220V as gas. Jy kan 'n ligte "dimmer" inbou om die temperatuur te reguleer want die 220V element was nogal doeltreffend en kon op koue dae, die yskas oorverkoel. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2020 @ 13:39:18 pm
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

Skote Petoors! Dankie manne! Ek sal kyk of ek die 220 element kan opspoor Fred - dis ‘n bakgat idee

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2020 @ 17:43:36 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Cobus, Jy moet miskien die deel waar die element is oopmaak voor jy gaan soek sodat jy weet waarna om te soek. Wees maar versigtig om die glasvesel-isolasie te behou sodat jy dit terug kan plaas.  Dit word bloot deur 'n dun aluminium vel bymekaargehou.  Ek het nie daarvan gehou nie en 'n soort van plaatkas geprakseer met 'n agterkant wat met skoefies aan die ander drie kante geheg kan word en die toe met glasvesel gevul.  Indien ek in die toekoms weer daaraan sou moes werk (wat toe nie nodig was nie) is dit 'n makliker operasie om by die elemente uit te kom.  Die 'boiler' het twee buise aan hom vasgesweis waarin die elemente geskuif word.  Indien die potlood-element nie beskikbaar is nie, kan jy wel 'n ander tipe gebruik deur dit eenvoudig aan die 'boiler' vas te klem met iets soos 'n pypklem.  In die geval sal dit die doeltreffentheid verhoog indien jy op 'n manier 'n plat, verkieslik aluminium of koper,  om die element en 'boiler' kan vasmaak vir beter hittegeleiding.

Die gastipe yskaste is maar oneffektief en indien joune een of ander tyd ingee, is dit miskien raadsaam om dit met 'n konvensionele yskassie te vervang.  Jy verloor dan die moontlikheid om die yskas op gas te laat loop waar daar dalk nie krag is nie, maar tensy jy graag op sulke plekke kampeer, is dit nie juis 'n faktor nie want deesdae is daar min sulke kampplekke.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za