English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 329
Total Replies: 250 619
Total Views: 83 161 570
topics: 230
replies: 3 688
views: 91 154
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Karavaan gestoor met wiele van grond af

replies: 33
views: 471
08 Jul 2020 @ 14:21:19 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 317
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years

Goeie dag. As gevolg van die ongekende lang periode tussen kampe hierdie jaar, het ek my 1996 Palma se wiele gelig met "jack stands" onder die as. Dit is om die bande te beskerm teen "flat spots".

My vraag is of dit enige nadeel inhou vir die vering as die wiele vir 'n paar maande so in die lug hang? Die karavaan het nie skokbrekers wat kan lek nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 16:11:52 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 763
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

ek glo nie want jy verminder die las op die rubax rubber's  ek stoor myne vol gewig op die wiele met hoekstutte net tot teen die grond gedraai.  Moet se ek het nog nooit ondervind dat die staan flat spots maak nie ek kyk net dat die band druk reg bly..

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 16:56:35 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16032
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Goeie dag. As gevolg van die ongekende lang periode tussen kampe hierdie jaar, het ek my 1996 Palma se wiele gelig met "jack stands" onder die as. Dit is om die bande te beskerm teen "flat spots".

My vraag is of dit enige nadeel inhou vir die vering as die wiele vir 'n paar maande so in die lug hang? Die karavaan het nie skokbrekers wat kan lek nie.

 

Ek persoonlik stoor my karavaan in elkgeval met wiele gelig.  Dink ook dat dit die Rub axle beter sal baat maar dis iets wat nog bewys moet word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 17:13:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

My classique is tans so onder dak met die wiele indie lug.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 17:53:59 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

My classique is tans so onder dak met die wiele indie lug.

 

Jin, ek gaan my Classique ook lig, want ek gaan nie gou weer kamp nie. Waar het jy die stutte onder die as ingesit. Teen die buitekant of binnekant van die raam. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jul 2020 @ 18:19:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Kampe is oop....julle moet haak en sleep

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 07:50:58 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jin, ek gaan my Classique ook lig, want ek gaan nie gou weer kamp nie. Waar het jy die stutte onder die as ingesit. Teen die buitekant of binnekant van die raam. 

 

Binne net langs die wiele.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 10:57:07 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 317
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 14 years

Dankie vir die terugvoer. Alhoewel ek nog nooit self 'n probleem met flat spots gehad het nie het ek nog nooit voorheen die wa so lank laat staan nie. Ek het wel van mense gehoor wat se waens flat spots gekry het as gevolg van te lank staan. Aangesien ek sopas nuwe bande opgesit het wil ek nie die kans vat nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 11:18:24 am
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Binne net langs die wiele.

 

 

Dankie Jin. Ek weet ook van mense wat hul bande tot 4 bar pomp. Ek het lank gelede gelees dat motor fabrieke die karre se bande tot 4.5 bar pomp om voorsiening te maak vir 6 maande se staan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 13:57:31 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 178
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Die Classique is n redelike gewig .Ek sit stutte langs elke wiel ,onder  die as ,,asook n stut in die middel van as .Dan sit ek n stut onder die A raam voor ook .Ek lig ook die karavaan net so dat wiele net ,net van paving af is .Seker so 5 mm ..Ek gebruik ook nie die hoekstutte om die karavaan telig .Ek gebruik 2 domkragte onder die as om dit tedoen ,en lig hom hom dan stadig baie gelyk .Tersefde tyd draai ek dan die jockey wiel voor af om hom voor ook testut met die optel .Dit is maar hoe ek dit doen ,en ek het nog nooit probleme gekry .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 14:46:48 pm
Dolrik
Silver Member
81% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 02 Apr 2016
Experience: 35 years

Nog nooit enige van my karevane se wiele van die grond af gelig nie en nooit probleme gehad nie. Laat sak net hoekstutte om karevaan gelyk te maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 16:06:42 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Die Classique is n redelike gewig .Ek sit stutte langs elke wiel ,onder  die as ,,asook n stut in die middel van as .Dan sit ek n stut onder die A raam voor ook .Ek lig ook die karavaan net so dat wiele net ,net van paving af is .Seker so 5 mm ..Ek gebruik ook nie die hoekstutte om die karavaan telig .Ek gebruik 2 domkragte onder die as om dit tedoen ,en lig hom hom dan stadig baie gelyk .Tersefde tyd draai ek dan die jockey wiel voor af om hom voor ook testut met die optel .Dit is maar hoe ek dit doen ,en ek het nog nooit probleme gekry .

Willie wat ek nie mooi in my kop kan uitmaak nie, is of ek die stutte onder daardie klein stukkie as tussen die raam en die wiel, nie die "wielarm" nie, moet sit of net langs die raam aan die binnekant nie. Dit is 'n goeie idee om ook 'n stut onder die as te sit. Ek het 'n eksta skêrdomkrag wat ek daarvoor kan gebruik. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 16:13:15 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 178
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Willem ek sit hulle net aan binnekant van die wiele maar wel onder die as .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 16:17:36 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Willem ek sit hulle net aan binnekant van die wiele maar wel onder die as .

Dankie Willie

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 17:20:42 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Se die spreekwoord different strokes for different oakes

Het in my jare nog nooit die karavan gelig nie al het hy vir 7 maande gestaan geen flat spots op die bande en geen sagging  op die as nie,,Hoorse is n ander ding maar ondervinding praat die waarheid By gese kwaliteit van karavane ook nie meer dieselfde nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 17:31:56 pm
Willem01
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 21 Jul 2014
Experience: 11 years

Se die spreekwoord different strokes for different oakes

Het in my jare nog nooit die karavan gelig nie al het hy vir 7 maande gestaan geen flat spots op die bande en geen sagging  op die as nie,,Hoorse is n ander ding maar ondervinding praat die waarheid By gese kwaliteit van karavane ook nie meer dieselfde nie

Japie, ek moet sê ek het ook nog nooit my karavaan gelig van die grond net om die bande te beskerm nie, maar ons het nooit die wa langer as 'n paar maande laat staan nie. Nou is dit 'n ander saak. Hy gaan dalk nou vir 'n jaar staan. Ek wil hom net lig om die druk op die vering te verlig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jul 2020 @ 20:33:05 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 78
Joined: 18 Sep 2019

As ek by huis kom lig ek wa met 2 bottel domkragte op om bande van grond te kry. Of hy lank of kort staan. Dit word gelig 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 07:58:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16032
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Willie wat ek nie mooi in my kop kan uitmaak nie, is of ek die stutte onder daardie klein stukkie as tussen die raam en die wiel, nie die "wielarm" nie, moet sit of net langs die raam aan die binnekant nie. Dit is 'n goeie idee om ook 'n stut onder die as te sit. Ek het 'n eksta skêrdomkrag wat ek daarvoor kan gebruik. 

Op my Classique voordat ek die Adendorf 12V jacks gekoop het, het ek die bokkies op daai klein stukkie as tussen die wiel en die onderstel geplaas.  Dit het goed gewerk vir my.

Met die koop van die 12V jacks plaas ek hulle onder die onderstel self lig die wa met die jacks en laat sak net die hoek stutte vir stabiliteit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 08:42:59 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Willem ek sit hulle net aan binnekant van die wiele maar wel onder die as .

Dis hoe ek dit ook doen.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 08:45:32 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

As ek by huis kom lig ek wa met 2 bottel domkragte op om bande van grond te kry. Of hy lank of kort staan. Dit word gelig 

Doen dit ook, netnou gebeur iets soos dit Al het onverwags dan kan ek nie daarby uitkom nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 09:57:13 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die mense wat nie 'flat sports' op hulle karavaanwiele gekry het na dit vir 'n paar maande so gestaan het nie- hoe weet hulle dit- neem hulle dit net aan?  Ek het met my Venter sleepwa gevind dat as hy 'n lang ruk- paar maade- stilgestaan het, en ek ry weer met hom, dan raas hy vir 'n hele paar kilos, veral op 'n goeie pad soos die N1.  Dis 'n geklop wat vanuit die voertuig klink of dit op die haak is en die tempo is waarskynlik eweredig aan die omwentelinge van die sleepwa se wiele.   Ek het al gestop om  te kyk of daar fout is maar niks gevind nie.  Na 'n ruk raak hy stil.  Die enigste verklaring vir my is dat daar 'flat sport' op die bande se rubber ontwikkel het.  Ek dink 'n mens sal dit nie maklik met die blote oog sien nie want dit is waarskynlik die rubber op die loopvlak self wat inmekaar druk en nie 'n geval dat die wiel opmerklik nie meer rond is nie.  Na 'n ruk sit die rubber weer uit tot normaal.  As die sleepwa gelaai is, hoor ek dit nie juis nie maar dis baie opmerklik as die waentjie leeg is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 10:12:04 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 577
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Ek het so maand gelede my wa ook gelig met bokkies en stutte laat sak vir stabiliteit. Ek draai (spin) wiele elke keer as ek by wa verby loop net om daai bearings mooi te smeer. dis nou al roetine by my om sommer die wiele te draai.

Het agtergekom van die flat spots op wiele van die trailer soos Fred noem. Wa het dit begin kry want ek het Sept verlede jaar laas gaan kamp. cry

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 10:22:15 am
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Dit is soos n band wat pap geword het die"tyre " hou die vorm totdat hy weer lug gegee word, die rubber pop nie na normaal as die druk "gewig van die voertuig "van die band afgehaal word nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 10:59:36 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek los my wa se movers op....druk so elke week die knoppie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 11:04:31 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Die mense wat nie 'flat sports' op hulle karavaanwiele gekry het na dit vir 'n paar maande so gestaan het nie- hoe weet hulle dit- neem hulle dit net aan?  Ek het met my Venter sleepwa gevind dat as hy 'n lang ruk- paar maade- stilgestaan het, en ek ry weer met hom, dan raas hy vir 'n hele paar kilos, veral op 'n goeie pad soos die N1.  Dis 'n geklop wat vanuit die voertuig klink of dit op die haak is en die tempo is waarskynlik eweredig aan die omwentelinge van die sleepwa se wiele.   Ek het al gestop om  te kyk of daar fout is maar niks gevind nie.  Na 'n ruk raak hy stil.  Die enigste verklaring vir my is dat daar 'flat sport' op die bande se rubber ontwikkel het.  Ek dink 'n mens sal dit nie maklik met die blote oog sien nie want dit is waarskynlik die rubber op die loopvlak self wat inmekaar druk en nie 'n geval dat die wiel opmerklik nie meer rond is nie.  Na 'n ruk sit die rubber weer uit tot normaal.  As die sleepwa gelaai is, hoor ek dit nie juis nie maar dis baie opmerklik as die waentjie leeg is.

Het dit ook met my venter gekry en hom toe ook met sy wiele van die grond gelig.

Op die karavaan gaan jy die geraas ook nie hoor met die gewig nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jul 2020 @ 11:06:42 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek los my wa se movers op....druk so elke week die knoppie

Geert ek ek dink nie die spanning op die movers veral die veer is goed nie.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 06:45:27 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16032
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

As ek by huis kom lig ek wa met 2 bottel domkragte op om bande van grond te kry. Of hy lank of kort staan. Dit word gelig 

Ditto

Die mense wat nie 'flat sports' op hulle karavaanwiele gekry het na dit vir 'n paar maande so gestaan het nie- hoe weet hulle dit- neem hulle dit net aan?  Ek het met my Venter sleepwa gevind dat as hy 'n lang ruk- paar maade- stilgestaan het, en ek ry weer met hom, dan raas hy vir 'n hele paar kilos, veral op 'n goeie pad soos die N1.  Dis 'n geklop wat vanuit die voertuig klink of dit op die haak is en die tempo is waarskynlik eweredig aan die omwentelinge van die sleepwa se wiele.   Ek het al gestop om  te kyk of daar fout is maar niks gevind nie.  Na 'n ruk raak hy stil.  Die enigste verklaring vir my is dat daar 'flat sport' op die bande se rubber ontwikkel het.  Ek dink 'n mens sal dit nie maklik met die blote oog sien nie want dit is waarskynlik die rubber op die loopvlak self wat inmekaar druk en nie 'n geval dat die wiel opmerklik nie meer rond is nie.  Na 'n ruk sit die rubber weer uit tot normaal.  As die sleepwa gelaai is, hoor ek dit nie juis nie maar dis baie opmerklik as die waentjie leeg is.

Ek het dit al voorheen ook gnoem dat 'n Samil voertuig in die weermag se kajuit letterlik geskud het weens die "flat spots" op die bande na die voertuig lank gestaan het. En daai bande is 5 bar gepomp. Dis maar 'n feit dat flat spots voorkom op bande.

Wat jy daarmee maak is elke ou se eie besluit.  Ek het al gesien hoe lyk die kant van 'n karavaan as die loopvlak van 'n band afkom.  Dis ongeveer R30 - R40 duisend rand se skade.  Ai ek wil nie graag hê dit moet my wa oorkom nie.

So ek lig maar die wiele of hy lank of kort staan.  Die Adendorf 12V jacks maak dit darem baie maklik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 09:38:50 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Na aanleiding van wat Leon sê oor die weermagvoertuite:  Die sterk ouens wat so nou en dan hulle krag toon deur 'n Boeing te sleep, kan dit ook net doen as die vliegtuig minder as 'n sekere aantal minute stilgestaan het.  Langer as dit, dan veroorsaak die 'flat spot' dat hulle net nie die vliegtuig kan beweeg nie.  Ek meen die 'flat spot' is 'n feit wat nie weggeredeneer of weggeglo kan word nie. Ek meen die rubber sit wel weer uit, redelik vinnig ook as ek na die ondervinding met my Ventertjie moet oordeel, maar ek vermoed dat daar maar permanente skade kom. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 13:07:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17176
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hoe vinnig vorm flat spots? Ek ken heelwat mense wat nie groot kampeerders is nie en gemiddeld net so 3x n jaar sleep.....nog nooit gehoor dat een van hulle kla oor flat spots nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 13:09:50 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jy gaan nie juis daaroor kla nie want jy gaan dit nie weet nie.  Die karaavaan se veerstelsel, anders as 'n klein leë sleepwa, of a weermagtrok, sal die vibrasies absorbeer. As jy in die karavaan sou ry, sou jy dit dalk agtergekom het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 14:12:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hoe vinnig vorm flat spots? Ek ken heelwat mense wat nie groot kampeerders is nie en gemiddeld net so 3x n jaar sleep.....nog nooit gehoor dat een van hulle kla oor flat spots nie

As jy so min jou wa hak is daar defnatief flatspots.

Dis by gesê hoeveel goed is nog binne in gelaai wat hy dien as stoor plek.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2020 @ 14:39:02 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3330
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

En onthou as die rubber in die bande kan plat druk,  netsoveel ook die rubber veringstelsel. Ek dink dit sal baie onwys wees om met so 'n stelsel die gewig vir lang tydperke wat die wa stilstaan, op die wiele te laat rus.  Daar gaan jy dit beslis agterkom as die wa al laer begin loop.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2020 @ 10:29:16 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9577
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Met die wat niemand gaan kamp nie is die van uiterste waarde.

Dink daar staan nou n rekord getal waens met hul wiele indie lug.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jul 2020 @ 15:06:48 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

EK het 'n werkswinkel in die weermag in Grootfontein bestuur.  Deel van my verantwoordelikhede was die bande stoor.  As nuwe bande inkom moes ons hulle met bordkryt merk, 90 grade uit mekaar uit, 1 streep, 2 strepe, 3 strepe en 4 strepe.  Ons moes dan die bande in die stoor elke 6 maande 90 grade roteer.  DIt was 'n instruksie van tegniese staf offisier in Pretoria juis om plat vlakke te voorkom.

Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za