English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 133
Total Replies: 246 292
Total Views: 83 058 641
topics: 206
replies: 3 333
views: 83 317
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Gypsy se vloer sak uit

replies: 12
views: 349
27 Jan 2020 @ 13:45:24 pm
Cassie
New Member
92% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 29 Oct 2015
Experience: 48 years

My (ou) Gypsy 30th Anniversay karavaan se vloer lyk asof dit aan die voorkant van die karavaan besig is om uit te sak.  Ek het agtergekom sodra die karavaan op sy bande en jockey wheel staan, kan jy die vloer onder die karavaan sien uitsteek.  Laat sak ek egter die voete van die karavaan, verdwyn die vloer terug in die bak van die karavan.

Op die aangehegte foto kan jy duidelik die vloer van die karavaan sien uit hang.  Aan die agterkant is alles 100%. 

Is hier iemand wat my kan raad gee oor hoe om dit te herstel of wat die moontlike oorsaak kan wees?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 14:32:34 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9252
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis nou nie goeie nuus nie.

Glo daar sal een wees wat gaan help. Ek kan net sterkte aanbeveel.

Welkom op die forum.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 15:32:18 pm
Hein
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 61
Joined: 16 Nov 2013
Experience: 42 years

Hallo Cassie,

Die feit dat die vloer wegraak sodra jy die stutte op die grond sit,dui daarop dat die dwars kanaal-yster op die kant losgebreek het,Kryhom op sy plek en sweis weer vas in posisie.Versterk die sweis nate met addisionele stukkies hoekyster vasgesweis. Sterkte

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 15:59:27 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1985
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Cassie, ek dink Hein se vermoede hierbo is in die kol.  As jy die stut laat sak en dus die wa iewat boontoe probeer lig , sal die vloer bo-op die dwars-kanaal yster (waarop die vloer rus) boontoe  skuif.

Jy meld nie vanwaar jy is nie so dis nie moontlik om iemand aan te bevel wat die herstelwerk kan doen nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 16:05:23 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Cassie, ek dink Hein se vermoede hierbo is in die kol.  As jy die stut laat sak en dus die wa iewat boontoe probeer lig , sal die vloer bo-op die dwars-kanaal yster (waarop die vloer rus) boontoe  skuif.

Jy meld nie vanwaar jy is nie so dis nie moontlik om iemand aan te bevel wat die herstelwerk kan doen nie.

Brackenfell....Kaap

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 20:21:21 pm
Cassie
New Member
92% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 29 Oct 2015
Experience: 48 years

Kyk, nou is ek darem beindruk met die vinnige "diens" wat ek hier kry!

Baie dankie vir die raad - dit maak sin vir my en soos Lennie gesê het, klink dit vir my ook in die kol.

Ja, ek is van Brackenfell en as daar iemand is wat julle kan aanbeveel sal ek dit waardeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 20:23:33 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 364
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Looks like the chassis needs repair, I would suggest you have the entire undercarriage properly inspected, as there could be more damage than is made aparrent by this floor board dropping down. Rust is very seldom if ever limited to a single small area. 

Good luck....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 22:35:46 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1985
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Cassie, jy sal nie glo nie, ek bly ook in Brackenfell !

Jy het twee keuses :-

  • Pine Joubert is in Joostenbergvlakte (naby Cape Garden Centre) en hy is eintlik 'n "mover" spesialis, maar hy spesialiseer in karavaan-onderstelle.  Hy het 'n paar maande gelede 'n paar gebreke aan my Exclusive se onderstel herstel. (Een problem was ook 'n dwarsyster wat losgekom het. Sy besigheidnaam is WC Caravan Movers  -  082 8245 126
  • JK Woonwaens  -  Joos Knipe 081 2708 504.  Joos se werkswinkel het onlangs verskuif van agter Stodels na iewers in Brackenfell Industria.  Bel hom gerus en kry sy nuwe adres.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 06:58:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit is duidelik dat die onderstel losgekom het of erg beskadig is.  Ek sal ook voorstel dat die hele ondrstel nagegaan word.

Wat dink julle sou die moontlike oorsake wees?

Die feit dat die vloer uitsak as die wa op sy wiele staan sê vir my die karavaan het dalk deur 'n erge knik in die pad gegaan en net by die A - raam dalk effe geknak.

Dalk die die jockeywiel gelig om level te kry terwyl die agter hoek stutte  alreeds af is.

Pothole????

Wat nog?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Feb 2020 @ 10:47:34 am
Izak
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 202
Joined: 16 Sep 2014
Experience: 10 years

Alle sterkte en mag jy (Cassie)  were gaan kamp in vrede en rustigheid. Laat die hele onderstel deur gaan en dit gemaak voor die volgende toer. 

Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Feb 2020 @ 13:19:09 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1416
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Wat het dit veroorsaak? My raaiskoot is dat die karavaan by tye sodanig met die hoekstutte opdelig was dat die gewig van die as verskuif het na die hoekstutte en sodoende die onderstel beskadig. My Romany se onderstel is byvoorbeeld nie aanmekaar geswys nie, maar met groot vet klinknaels aanmekaar gesit, ek veronderstel om buigsaamheid te bevorder.

Hoekstutte en die onderstel waar die hoekstutte aan heg is nie gemaak om die karavaan se gewig te hanteer nie, maar bloot om die karavaan te stabiliseer. Oor die algemeen word 'n karavaan onderstel van baie ligte materiaal gemaak wat gevolglik die raamwerk baie buigsaam maak. My kampeervriend se karavaan bakwerk beweeg aansienlik op en af op die A raam algaande die raamwerk flex.

Die oplossing is waarskynlik om die raamwerk te versterk.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Feb 2020 @ 15:57:55 pm
Cassie
New Member
92% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 29 Oct 2015
Experience: 48 years

Dankie viralmal se insette - ek het die karavaan geneem na Joos Knipe in Brackenfell en hy reken dit is houtvrot aan weerskante van die vloer.  As 

Ek het sy billike kwotasie aanvaar en hopelik is my karavaan weer oor 2 weke 'fit for camping'!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Feb 2020 @ 20:59:23 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 923
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Dankie viralmal se insette - ek het die karavaan geneem na Joos Knipe in Brackenfell en hy reken dit is houtvrot aan weerskante van die vloer.  As 

Ek het sy billike kwotasie aanvaar en hopelik is my karavaan weer oor 2 weke 'fit for camping'!

Briljant

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za