English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 133
Total Replies: 246 292
Total Views: 83 058 641
topics: 206
replies: 3 333
views: 83 317
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Watter tipe battery vir 3-gang yskas

replies: 25
views: 727
16 Jan 2020 @ 10:23:10 am
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

Goeiedag almal,

Ek het onlangs ‘n Caravette 6 gekoop. Hy het een van daardie ou tipe 3-gang yskaste maar geen battery. 

Watter battery is geskik vir so yskas? Ek waardeer julle raad. 

Dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 11:32:30 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Hallo Cobus,

Welkom op die Forum. Hoop om nog baie van jou te hoor.

Die type yskas is baie swaar op batterye. Binne 'n halfuur op die battery, sal die battery pap wees. Dus sal 'n "deep Cycle" Battery nie geskik wees nie, want dit neem te lank om te laai. 'n Gewone start battery is dan wat meer geskik sal wees.

Indien jy die battery nie deur die "alternator" laat laai, terwyl jy ry nie, sal dit nie op battery gesit kan word nie - weens die swaar battery verbruik.

Ek het twee 70 L Zero vrieskaste agter in 'n voertuig gery, wat deur die voertuig battery gevoer was. Na een stop van omtrent 15 minute was die battery heeltemal pap. Daarna het ek 'n outomatiese skakel ingesit, wat afsny, sodra die voertuig se sleutel afgesit word. Dit het gewerk, maar,

Bygese, die yskaste werk nie goed op 12 V krag nie. Dit werk baie beter op 220 V en op Gas. Die yskaste moet ook gelyk staan om enigsins half oordentelik te werk. Hoe meer skeef/ongelyk, hoe minder goed werk hulle.

Ek het daagliks beweeg met die voertuig ("Over Landing"), en indien die vrieskaste begin ondooi het, het ek hulle op Gas gery, om hul te kry om weer te vries. 'n Nommer 10 gas bottle het omtrent 'n week gehou op een vrieskas. Indien jy hier en daar 220 V krag kan gebruik, sal jou gas langer hou.

Hoop my byskrywing is verstaanbaar,en dat dit sin maak...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 12:14:34 pm
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

Dankie - ek voel welkom laughing

Dankie vir die advies. Ek gaan dan ‘n gewone start battery kry - meer om dan 12v LED ligte te bedryf en die yskas op 220 en gas laat werk. 

Dit wil voorkom of dit beter sal wees om die yskas te vervang? Enige voorstelle? Ek dink klein bietjie groter sal nog reg wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 13:40:48 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9252
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom op die forum.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 13:58:11 pm
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

Welkom op die forum.

laughing Ag, dankie 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 15:18:53 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Cobus, hoe groot is die yskas wat jy het ?

Die type karavaan Yskas was nie baie groot nie, maar hulle is baie goedkoper as die nuwe 12 V met 220 V krag. Die verskil in prys sal ongeveer R 5000,00 wees, vir die verskillende grootes.

Die plus punt is dat hulle hoef nie gelyk te staan om beter te werk nie, maar die kompressor is die ding wat die geld kos. Die kan dan ook met Solar werk. Die Panele is ook baie duur. Vir 55 L en minder, werk 80 W Solar. Vir groter yskaste moet jy maar twee 80 W Solar Panele opsit. Ek weet dat hier argumente sal wees, maar dis maar ons verskillende opinies. My Panele is staties op die dak, so bly nie altyd mooi op die regte grade voor die son, as wat die geval sal wees, indien jy die son met jou paneele volg.

Indien jy net met 220 V gaan werk, dan is dit verkieslik om minstens 'n 105 Ah "Deep Cycle" battery te kry wat gelaai word deur 'n "Intelligent Charger" te bekom, om te verhood dat jou battery nie oorlaai nie. 

Die systeme werk baie goed en die sonpanele help ook baie indien daar "Load Shedding" grag gesny word, veral wanneer hul praat van tot 12 ure op 'n dag. Hopelik sal die helfde van die in die aand wees.

Maart 2020 het ons op van Staadens vakansie oord gestaan, en meeste mense het gesukkel met die ongelyke kragtoevoer na die kamp vir lang tye gedurende die dag, waar hulle vrieskaste en yskaste warm geword het en dat hulle verliese gekry het. Ons met twee ys/fries kaste gehad het, het geen probleme ondervind nie...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 15:31:56 pm
mulderpm
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1065
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Welcome Cobus.

Soos hier bo genoem jou 3 way kan eintelik nie op n' battery werk nie...trek 10A plus continuously.

Ek het myne op die kar gekopel terwyl ek ry en dan na uurs op gas laat werk. Het goed vir my gewerk.

Die beste oplossing is die 12V compressor yskaste. Hulle trek so 3A waneer die kompressor loop.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 16:06:36 pm

Dis ‘n 90L yskas. Ek gaan dan uitkyk vir ‘n 12/220v yskas nadat ek ‘n paar keer gekamp het en die yskas nie lekker werk nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 17:32:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Welcome Cobus.

Soos hier bo genoem jou 3 way kan eintelik nie op n' battery werk nie...trek 10A plus continuously.

Ek het myne op die kar gekopel terwyl ek ry en dan na uurs op gas laat werk. Het goed vir my gewerk.

Die beste oplossing is die 12V compressor yskaste. Hulle trek so 3A waneer die kompressor loop.

Ek is nie n boffin op krag nie, maar gaan battery miskien nie langer hou as jy via n inverter na yskas 230v voer nie....of maar dieselfde tyd?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 17:57:45 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Ek is nie n boffin op krag nie, maar gaan battery miskien nie langer hou as jy via n inverter na yskas 230v voer nie....of maar dieselfde tyd?

Geert, Ek glo die Inverter is net iets extra waardeur jy die krag toevoer gebruik, wat die proses net minder effektief kan maak/swaarder op krag.

Dis ‘n 90L yskas. Ek gaan dan uitkyk vir ‘n 12/220v yskas nadat ek ‘n paar keer gekamp het en die yskas nie lekker werk nie. 

Cobus, Die 90 L ys/vrieskas kombinasie kos nou tussen R 14 - 15 000,00 (afhangend van die maak), dis sonder eniger batterye, son panele en "Inteligent Charges."

Dis een van die hoof redes hoekom meeste mense net 220 V yskaste koop vir kamp, waar hulle meeste kamp in gevestigde karavaan parke. Jy kan baie groter yskas koop vir daai type geld, indien jy 12 V nie benodig nie.

Ons kamp baie in boskampe en vir lang tye, dus moes ons die 12 V pad loop...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 18:02:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert, Ek glo die Inverter is net iets extra waardeur jy die krag toevoer gebruik, wat die proses net minder effektief kan maak/swaarder op krag.

[quote]4239,2589[/quote]

Cobus, Die 90 L ys/vrieskas kombinasie kos nou tussen R 14 - 15 000,00 (afhangend van die maak), dis sonder eniger batterye, son panele en "Inteligent Charges."

Dis een van die hoof redes hoekom meeste mense net 220 V yskaste koop vir kamp, waar hulle meeste kamp in gevestigde karavaan parke. Jy kan baie groter yskas koop vir daai type geld, indien jy 12 V nie benodig nie.

Ons kamp baie in boskampe en vir lang tye, dus moes ons die 12 V pad loop...

Dankie Edge!

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 18:44:13 pm
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

Geert, Ek glo die Inverter is net iets extra waardeur jy die krag toevoer gebruik, wat die proses net minder effektief kan maak/swaarder op krag.

[quote]4239,2589[/quote]

Cobus, Die 90 L ys/vrieskas kombinasie kos nou tussen R 14 - 15 000,00 (afhangend van die maak), dis sonder eniger batterye, son panele en "Inteligent Charges."

Dis een van die hoof redes hoekom meeste mense net 220 V yskaste koop vir kamp, waar hulle meeste kamp in gevestigde karavaan parke. Jy kan baie groter yskas koop vir daai type geld, indien jy 12 V nie benodig nie.

Ons kamp baie in boskampe en vir lang tye, dus moes ons die 12 V pad loop...

Tjonka - dis ‘n klomp geld. Ek hoop die huidige yskassie werk. Ek moet hom juis vanaand toets op 220 - gaan die pype by die air vent toets na ek hom rukkie op 220 gehad het. 
Dankie vir al die detail inligting cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 21:38:18 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4790
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Welkom hier by ons Cobus. Jy het sommer vinnig baie waardevolle inligting gekry.

Paul weens die loadshedding wat seker nog 5 plus jaar met ons gaan wees maak dit natuurlik sin om 'n inverter te kry. Aangesien 'n huis tipe yskas nie op 1 x 100Ah sal loop deur die tyd wat die solar laag of weg is moet mens 2 x 100Ah gebruik. As ons egter kyk na Pieter se lae syfers op sy HiSense lyk die inverter opsie redelik werkbaar.

Dit hang natuurlik af of mens bereid sal wees om die opwas area in die Caravette 6 te verander om 'n 220L dubbeldeur yskas in te sit. Sou mens wel dan soos reeds bespreek moet mens maar begin met genoeg sonpanele en om wel 100Ah terug te sit gaan mens baie panele moet saamvat. Dus wil mens maar eerder van 220V af laai en die inverter net gebruik as die krag swak is of dalk af as mens kamp. Die inverter moet dan volgens my eie keuse 'n suiwer sinus golf wees alhoewel die "simulated sine" van Mecer 2400VA 24V ook die yskas sal laat werk. As mens dit kan bybring is die kamp tipe yskaste teen R6000 maar die antwoord en het mens dan net 1 x 100Ah battery nodig en die panele van 2 x 80W soos Edge reeds genoem het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 22:11:45 pm

Dankie Danie - ek waardeer die inligting. Ek sal eers oor die weg moet kom met die kassie wat ek nou het - hoewel sy 220 opsie nie werk nie.

Ek dink dis die termostaat wat moeilikheid gee want ek het hom op 220 gestel en die pypies by die air vent het nie warm geword nie. Blykbaar is dit 'n blokkasie as die pypies ten minste warm word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2020 @ 22:15:26 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4790
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Cobus jy sal ook sien by die vent agter die yskas sal jy sien waar die element sit en jy kan met 'n nat vinger voel of die element wel warm word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 07:10:51 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Tjonka - dis ‘n klomp geld. Ek hoop die huidige yskassie werk. Ek moet hom juis vanaand toets op 220 - gaan die pype by die air vent toets na ek hom rukkie op 220 gehad het. 
Dankie vir al die detail inligting cool

My raad is die volgende:

  1. Kry 'n klein 12V batterytjie, selfde as die wat gebruik word vir Alarm stelsels en Hek motors met 'n klein trickle chargertjie van MIDAS.  Dit gebruik jy net vir die Ligte in die karavaan en dalk buite.  Ek het 'n krimpVarkie Sleepwa gebou en met hom die weskus gaan toer.  Daai batterytjie het my die hele twee weke gehou sonder dat ek hom weer gelaai het.  Let wel al die ligte was LED strips gewees.
  2. Toets of die 3 way yskas werk.  Hulle is van vele waarde as jy plek wil kamp waar daar nie 220V is nie want hy werk baie goed op Gas en selfs die 220V.  Jy mors jou tyd en geld as jy hom wil laat werk terwyl jy ry.  Want hulle effektiwiteit hang baie af van hoe water pas hy staan. (Rede waarom die klein ronde leveltjie altyd in die yskas gehou was.
  3. Sou jy meer yskas spasie soek, dink aan van die 12V/220V yskaste wat met 'n kompresor werk.  Dis nou die National Luna's, Engel en bv Snowmaster.  Hulle is van onskatbare waarde want hulle werk ook terwyl jy ry van 12V af.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 07:16:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dan as jy die 3 way yskas aansit en jy voel deur die vent agter dat die pype raak warm is dit 'n goeie teken dat die 220V element werk.................... maar dis nie te sê die yskas maak koud nie.  Jy gaan hom vir so dag of wat moet laat loop om te kyk of hy koud word binne.

As hy nie koud word nie is dit steeds nie die einde nie daar is maniere wat jy self kan doen om hom weer aan die gang te kry.

Hou ons ophoogte dan vat ons dit verder van daar af.

Laastens sou die yskas korrek werk is dit raadsaam om 'n 3 way yskas aan te stoor.  Die gedurige beweeging van die verkoel middel in die pype voorkom kristaliseering en blokasies.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 08:01:56 am
mulderpm
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1065
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Leon:

Laastens sou die yskas korrek werk is dit raadsaam om 'n 3 way yskas aan te stoor.  Die gedurige beweeging van die verkoel middel in die pype voorkom kristaliseering en blokasies.

Aan te los as jy hom bere is beter vir die vlooi stof maar dan hou die element net so 3 maande. Ek sou se gebruik een keer per maand of sit hom net aan vir 6 uure. My gas only wat ek saam met die Slipstream ge erf het het vir 10 jaar gestaan en het onmidelik gewerk. Hy werk nog steeds. 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 09:56:19 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Indien die element nie warm word nie, is die vervangs element nie duur nie, en is maklik om self te vervang.

Soos hierbo genoem word, is die yskas nie effectief op 12V nie, en baie swaar op die battery. Wat dit wel doen, is om die gasse binne die pype aan die gang te hou, wat dan baie gouer koud raak, indien jy reg na die 12 V op 220 V of Gas opsit word.

Ek het nie eers die voertuig afgeskakel nie, maar eers die 220 V of gas aan die brand gesteek, voor ek afskakel...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 10:13:10 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon:

Laastens sou die yskas korrek werk is dit raadsaam om 'n 3 way yskas aan te stoor.  Die gedurige beweeging van die verkoel middel in die pype voorkom kristaliseering en blokasies.

Aan te los as jy hom bere is beter vir die vlooi stof maar dan hou die element net so 3 maande. Ek sou se gebruik een keer per maand of sit hom net aan vir 6 uure. My gas only wat ek saam met die Slipstream ge erf het het vir 10 jaar gestaan en het onmidelik gewerk. Hy werk nog steeds. 

Ek dink jy is baie gelukkig met daai ou yskas wat nog nie blokasies gemaak het nie.  Dit sê net vir my die af en toe aansit werk en is ook 'n oplossing.

Feit is die amoniak oplossing kristaliseer as dit stil lê in die pype, veral hoe ouer die yskas is.  En daar is maar net een manier om dit te keer en dit is om die amoniak te laat sirkuleer.

Blyk my dat jou voorstel om die yskas eenkeer per maand vir 6 ure te laat werk is ook 'n antwoord.

Rakende die element se vervanging kan ek noem dat ek nog maar altyd my karavaan yskas aangeskakel het tydens stoor.  En sedert 1997 tot 2016 het ek nooit op enige van my eie karavane die yskas element vervang nie.  

Wel op ander karavane maar my opinie daar was dat die riostaat die oorsaak was van die element se brekasie.  Moes beide vervang.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 10:13:59 am
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

Indien die element nie warm word nie, is die vervangs element nie duur nie, en is maklik om self te vervang.

Soos hierbo genoem word, is die yskas nie effectief op 12V nie, en baie swaar op die battery. Wat dit wel doen, is om die gasse binne die pype aan die gang te hou, wat dan baie gouer koud raak, indien jy reg na die 12 V op 220 V of Gas opsit word.

Ek het nie eers die voertuig afgeskakel nie, maar eers die 220 V of gas aan die brand gesteek, voor ek afskakel...

Dan is dit seker goeie nuus smile Daar is nie baie spasie by die air vent nie - lyk my ek sal die yskas moet uithaal? Enige idee waar ek ‘n nuwe termostaat kan kry? 

Daar is ‘n gas reuk by die silinder aan die voorkant wanneer ek daar oopmaak. Is dit aanvaarbaar of mag daar geen reuk wees nie? Dis darem nie sooo baie dat ek nie ‘n vuurhoutjie daar sal trek nie surprised

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 10:14:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Net so terloops van die tekens dat die riostaat nie reg werk nie is die yskas begin om dieeiers en tamaties te vries op die normale verstelling van die riostaat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 13:52:29 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Cobus,

Google die maak van die Yskas om vas te stel waar jy 'n nuwe element kan kry.

Ek glo nie dat alle elemente die selfde is nie.

Indien ek reg onthou, was die Zero vrieskaste wat ek gehad het, het die 12 V en 220 V elemente in die selfde houer gesit. Daar was net twee drade vir 12 V en nog twee drade vir 220 V wat uit die element houer gekom het.

Indien jy joune uithaal sal jy sien hoe dit aanmekaar gesit is, en hopelik sal daar ook daarop 'n part nommer wees...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2020 @ 21:14:40 pm
CabousBeer
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 36
Joined: 15 Jan 2020
Experience: 6 years

Yoh - julle manne is te vinnig met advies en ek kan nie elkeen se post persoonlik bedank nie. So hierdie is 'n algemene bedanking vir almal wat gehelp het om my slimmer te kry cool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2020 @ 08:34:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dan is dit seker goeie nuus smile Daar is nie baie spasie by die air vent nie - lyk my ek sal die yskas moet uithaal? Enige idee waar ek ‘n nuwe termostaat kan kry? 

Daar is ‘n gas reuk by die silinder aan die voorkant wanneer ek daar oopmaak. Is dit aanvaarbaar of mag daar geen reuk wees nie? Dis darem nie sooo baie dat ek nie ‘n vuurhoutjie daar sal trek nie surprised

Die klein yskassies word net in plek gehou deur skroewe van onder af deur die vloer in die rante van die yskas in.  As jy dit verwyder het behoort jy die yskas maklik in die gangetjie te kan in trek.

Die yskaste se elemente is op vorige drade bespreek en daar is 'n plek in JHB genoem wat dit verkoop.  Ek stel voor jy soek en lees daai drade as iemand nie die plek se naam weer hier noem nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2020 @ 16:42:27 pm
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 96
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Ja, nee, dis nou n moeilike gedoente die!

Kyk, daai ou 3 way yskaste hou baie jarre lank sonder enige probleme, maar hulle vreet gas en krag.

En dan maar hulle ook nie altyd so vinnig koud nie. Jy moet ook bai lank staan om ys te kan maak.

Indien jou kampeerplek krag het, is dit alles ok.

As daar geen krag is nie, dan raak dit nou moeilik. Dan sal net gas vir jou werk, maar hy sal seker so 1kg per 24 uur  kan gebruik!

Ek het toe na Dometic se 12v/220v units geloer, maar hulle is belaglik duur. Begin maar hierso by R15k, eina!!!

Het toe maar besluit op n gewone kampeer yskas/vrieskas. Hy kan 12V en 220V vat en gebruik baie min krag. As hy breek kan jy hom baie maklik uithaal en laat regmaak. Hoef nie eers die hele karafaan te strip nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za