English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 650
Total Replies: 236 988
Total Views: 82 696 050
topics: 156
replies: 2 460
views: 59 401
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

12v Sisteem

replies: 25
views: 378
10 Jan 2020 @ 10:49:08 am
Slaay
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 21 years

Hi al julle slim manne, hoop julle kan help. Ek het n 2013 Jurgens Fleetline en wil graag my karavaan ook op 12v he soos my ou karavaan. Dit gebeur seker nie baie dat jy dit benodig nie maar glo dis tog handig. Hoe kan ek dus n battery sisteem inbou vir minstens die ligte? Kort ek dus net n inverter en chrager? Kan mens n apollo 10 of n Herculus 20 sisteem koop en instaleer?

Wat sal so iets kos.

Waardeer julle hulp.

Dewald

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 20:04:57 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dewald die verandering volgens my behoort nie baie te kos nie. Sou jy egter 'n Apollo 10 gebruik sal die koste alreeds baie meer wees as die intelligente batterylaaier wat ek sou voorstel. Jy behoort die ligskakelaars net so op 12V te kan gebruik en LED ligte in hul plek te sit.

Dit hang ook maar af watse lig armature jy huidiglik in het. As dit downlight of buislig te is kan slegs die binnegoed vervang word. 

'n 63Ah 12V battery soortgelyk aan wat die Ranger en Hilux het kos omtrent R1250 met ou battery. Die laaier is R150. Dan is die grootste koste die arbeid as jy dit nie self doen nie. 

Verder sal dit help as mens weet watter DB jy nou het vir jou 220V verspreiding want dit kan dalk alreeds 'n batterylaaier bevat. 

As jy foto's kan toon sal dit help. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jan 2020 @ 20:28:05 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1516
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Eerlike advies is altyd die goedkoopste en praktieste,dit het jy sopas ontvang,jy is in goeie hande.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jan 2020 @ 08:59:26 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ek het ‘n 2011 Gypsey en die ligte is op 12 volt, alles is LED. Ek sal verbaas wees as ‘n nuwer model nie ten minste dieselfde is nie. Net die yskas en mikrogolf is op 220 volt.

Is daar ‘n waterpompie in die karavaan, indien wel is die kanse goed dat dit 12 volt is?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 12:31:21 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 613
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

my 2010 Sprite het LED in van nuuts af  ek het die ligte plug op die DB uitgeprop en voer nou die ligte van my Battery vir die movers af  paar brus stukkies gebruik om die 12v tesprei.  As ek die dag verkoop trek ek net die drade uit en plug terug by die DB in

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 13:17:03 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dis eintlik vreemd om te sien 'n 2013 het nie 'n battery en LED ligte nie.

Dis juis hoekom ek gevra het om die laaier/DB te sien om te sien of daar nie alreeds alles vir 'n battery in is nie. Die 2 drade na die battery is gewoonlik die 2 dik drade op die omtrent 6-8 rigting plug en socket op die laaier. Dalk is dit net afgeknip op 'n stadium of nie verder ingetrek nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 13:59:05 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

My 2011 Gypsey het glad nie 'n battery in gehad nie en die DB het die 12 volt krag verskaf. Met die installering van die movers is 'n battery ingesit. Ek het 'n skakelaar geïnstalleer om die ligte en waterpompie óf van die DB óf van die mover se battery te laat werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 20:05:25 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Johan laai jou battery van die DB se 12V of het jy 'n aparte laaier ingesit vir die battery? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jan 2020 @ 20:12:20 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Die mover se battery het sy eie dedicated laaier wat deur die installeerder in Villiers ingesit is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 08:19:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Beste is om te kyk wat se Verdeel Bord word tans in jou karavaan gebruik.  As daar 'n 12V gedeelte is, kan dit wees dat die ligte reeds van die 12V punt gebruik maak.

As daar nie 12V punt by die Verdeel Bord is nie is alles 220V.  

Jy gaan vir ons moet terugvoer/meer info gee oor die Verdeel Bord voor ons jou verder help.  Want as ons daai info het is dit van daar verder maklik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 10:14:00 am
Slaay
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 21 years

Hi Julle. Baie dankie vir die goeie terugvoering ek waardeer. Dit maak baie sin wat julle se. Ek dink egter ek het led ligte maar is nie seker of die op 230 of 12v werk nie? Daar is wel n pompie wat dan soos julle se op 12v moet werk wat baie sal help. Ek sal vanmiddag n foto van my db bord stuur. Die feit dat die pompie daar is laat my beter voel en dat ek dalk dus net n battery en laaier kan reg Koppel?

Dankie vir al die insette tot dusver.

Lekker dag!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 11:58:46 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Dit is hoe die DB (Samson 6) op my 2011 Gypsey lyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 14:12:18 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dankie vir die foto Johan. So kan ons altyd terugkyk as iemand 'n vraag het oor die spesifieke laaier. So dit lyk asof daar geen sekering is vir die 12V deel nie maar daar is wel die rooi en swart drade wat dan direk op die battery koppel. Dalk 'n goeie roep om waar die rooi draad op die positiewe battery pool kom 'n in lyn sekering in te sit van so 20A.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 14:21:44 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Op die stadium is my 2015 Fleetline op batterykrag, maar nie vir die minimum gebruik nie ;-)  Full on vir yskas, snappy chef (ketel en potte en panne), haardroeer, ligte, selfone en rekenaars, ens. 

As jy net die ligte wil bedryf kan jy letterlik 'n alarm battery neem en skakelaar na die 12V wat oorskakel battery/power supply en dan kan jou ligte daarvan af werk.. Die ligte is baie lig op krag en ek is seker jy brand nie almal gelyk nie, al sou jy, kon jy letterlik baie ure op die ligte kry met 7Ah batterytjie..

Ek ongelukkig moes 2x 100Ah batterye installeer om my dinge te doen.. En om terugvoering te gee op my yskas, my karavaan kan nou 3 dae SONDER eskom loop!!!

Daai Hisense yskas is woes lig op krag. En die ander items is van kort termyn.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 14:55:36 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Danie. Daar is 'n sekering op die DB self, omtrent waar pop rivet links bo is. Die rooi en swart drade word verder deur die karavaan gelei vir al die LEDs en die waterpompie - dit het so uit die fabriek gekom.

Die DB is glad nie aan die mover se battery gekoppel nie, die mover het sy eie battery en battery laaier.

Ek het net 'n skakelaar ingesit sodat, wanneer dit nodig is, steeds ligte en waterpomp in die karavaan kan hê as die 220v af is. Die skakelaar is so dat óf die 12v van die DB gebruik word óf vanaf die battery.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 14:58:29 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Ek het die foto is op my werksbank geneem toe ek die 5A 'trip switch' met 'n 15A vervang het, ek het 'n ekstra plug aan die buitekant van die karavaan geïnstalleer en die 5A was te lig om water in 'n ketel te kook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 15:07:00 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dankie Johan. Ja daai sekering wat links bo by pop rivet is kan ek nie op die foto sien nie. Hiermee het mens nou 'n goeie idee hoe 'n Samson 6 bedraad is. Ek neem aan hulle gebruik dieselfde power supply tipe van laaier soos op die Apollo 10/20 is.

Die 5A is sekerlik net vir ligte of so iets bedoel en was seker nooit bedraad om wel muurproppe te voer nie. So vinnig dink ek trek vandag se ketels gewoonlik 'n minimum van 9A.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2020 @ 17:07:28 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Die 5A was nie aan enige iets gekoppel nie, daarom dat ek dit as 'dedicated output' vir die nuwe buite plug gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 07:12:57 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hi Julle. Baie dankie vir die goeie terugvoering ek waardeer. Dit maak baie sin wat julle se. Ek dink egter ek het led ligte maar is nie seker of die op 230 of 12v werk nie? Daar is wel n pompie wat dan soos julle se op 12v moet werk wat baie sal help. Ek sal vanmiddag n foto van my db bord stuur. Die feit dat die pompie daar is laat my beter voel en dat ek dalk dus net n battery en laaier kan reg Koppel?

Dankie vir al die insette tot dusver.

Lekker dag!

Dewald as jy kyk na Johan se foto van die Samson 6 het hy die 12V drade mooi duidelik aangedui.

Indien jou laaier soortgelyke drade het kan jy die 12V daar toets.  Die feit dat jy noem jou wa het 'n water pompie is die kanse 99% dat die 12V drade daar sal wees.

Dus is die kanse ewe goed dat die ligte binne jou wa reeds 12V is.

Jy moet net een ding onthou en dit is dat daai 12V nie geskik is vir die laai van batterye nie. Dit sal 'n battery oorlaai.   Sou jy 'n battery wou instaleer sal jy elk geval 'n laaier moet instaleer soos johan verduidelik het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 07:27:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit is hoe die DB (Samson 6) op my 2011 Gypsey lyk.

Dan net so vir kennis name.  Kyk mooi na die foto wat Johan geplaas het.  Die prentjies van die 220V dui duidelik aan "(1)Input and (2)Output".

Sou dit gebeur dat die tipe verdeel bord probleme gee, kan hy maklik ge "bypass" word.  Veral as die yskas steeds moet werk.

Oplossing is om die Input kabel (male tipe) in een van die twee Output kabels (Female) wat direk na die yskas toe gaan in te prop.  So vloei die 220V direk na die yskas toe.  Werk basies dieselfde as 'n verleng koord.  So kan die yskas steeds werk tot die Verdeel bord herstel is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 09:34:53 am
Slaay
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 21 years

Dankie vir al die terugvoering manne, ek het geweet ek kan op julle staatmaak. Ek het presies dieslfde Samson 6. Ek het nou gesien ek het die 12v konneksie. Ek glo dit sal baie maklik wees om n battery dan te Koppel met sy eie laaier.

Ek waardeer dit manne.

Lekker dag en 2020 vir almal. Mag daar vele lekker kampe voorle.

Hou die blink kant bo!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 13:22:31 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dewalt wees maar net versigtig met die rooi en swart drade op die DB wat alreeds van 'n ingeboude laaier kom. Hierdie 2 drade behoort direk op jou battery te koppel. Wees versigtig as jy 'n 2e laaier op die battery koppel.

Normaalkweg werk dit okay uit maar daar is wel gevalle waar as jy die 2 laaiers saam koppel dat die 1 die ander 1 kan laat uitbrand.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 14:02:27 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Dewald let asseblief daarop dat die rooi & swart drade van my Samson 6 nie aan enige battery gekoppel is nie, maar dat dit die 12v output is wat die LED ligte en waterpompie aandryf.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 15:30:57 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Dewalt wees maar net versigtig met die rooi en swart drade op die DB wat alreeds van 'n ingeboude laaier kom. Hierdie 2 drade behoort direk op jou battery te koppel. Wees versigtig as jy 'n 2e laaier op die battery koppel.

Normaalkweg werk dit okay uit maar daar is wel gevalle waar as jy die 2 laaiers saam koppel dat die 1 die ander 1 kan laat uitbrand.

Veral swak goedkoop laaiertjies - hehe..

As jou laaier reg is, kan jy selfs 10 of 100 of 1000 verskillende laaiers saam koppel, nie een moet die ander kan uitbrand nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 22:07:16 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek het nog nie die moeite gedoen om te probeer uitvind hoekom. Dalk is daar goed waar die pos of neg geaard word en dit werk deur na die aard v d 220V.

Wat wel deesdae 'n tendens is is die feit dat die neg beheer word en die pos gaan direk deur. Dis 'n verandering v d ou dae toe ons nog klein was.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 00:12:54 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5248
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ek het nog nie die moeite gedoen om te probeer uitvind hoekom. Dalk is daar goed waar die pos of neg geaard word en dit werk deur na die aard v d 220V.

Wat wel deesdae 'n tendens is is die feit dat die neg beheer word en die pos gaan direk deur. Dis 'n verandering v d ou dae toe ons nog klein was.

Ja en dit bring ook baie probleme. Het maar te doen met die FETs wat die negative switching minder hitte veroorsaak.. Maar dis elkgeval nie heeltemal reg nie. Baie van die laaiers word geskakel op die mains kant van transformatortjie en word krag so reguleer. 

Ander reguleer eers na die transformer en benodig 'n duurder setup omdat die strome daar hoër is op die sekonder as op die primer..

Elkgeval, elkeen moet maar self uitsorteer. Daar is 'n rede hoekom sekere laaiers R1000 kos en ander R8000 en selfs op tot R18000+

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required