English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 651
Total Replies: 237 000
Total Views: 82 696 379
topics: 156
replies: 2 461
views: 59 429
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Struts for roof of a sprite sw tourer

replies: 20
views: 678
10 Dec 2019 @ 11:03:34 am
EASYCAMPING
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 30 Nov -0001

I just tried to pop my roof in preparation for a trip to find I really struggled to get it up. Could this be because the gas has leaked from the struts? Also as you will see from the pic the join in the canvas where the valcro is has been ome apart. What should I do? should it be easy to pop this roof?

Thanks in advance

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2019 @ 06:25:49 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hi Ian.  I think that the gas lifters are just maybe cold and thus the pressure inside not to the norm.  How ever you should be able to lift the roof with little effort.  Just park the caravan in the sun and see what happens.  If this does not help the possibility exists that you will have to recon the gaslifters.

With regards to the roof surround that shrinked.  Depending on the type of material used for this surround, this is possible. We have had a lot of rain the past few days and everything is wet.  I do not know in your area but it is possible that the material got wet and this caused it to shrink.  It is realy the only explanation I have for your.

It is common that canvas type material do shrink when it gets wet specially those similar to army tent canvas.  I am not an expert on material but this is what I think.  To fix it you will need to pull and stretch it again until the ends meet properly and if not mistaken it must be done while it is wet so it can dry on the correct length.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2019 @ 07:35:50 am
EASYCAMPING
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 33
Joined: 30 Nov -0001

Thanks for this. 

NOrmally should one be able to put up and down the pop up roof single handed?

Regards, 

 

Ian

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2019 @ 07:50:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Yes you should be able to push one side up by yourself then secure the hold bracket and move to the other side.

If you cannot do this it sure is a indication that the gas lifters are not working that well anymore.  If your'e able to remove them I think Midas in George will be able to assist you with new gas lifters.  here in PTA we take them to Diesel Electric they test them and if the seals are okay they can re-gas them at minimal cost.

Search "gas lifters" in the search function on this page.  This was discussed here on the forum not long ago and you will get great info there on hoe to remove and install the gas lifters there.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2019 @ 07:55:27 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Important on the gas lifters when you replace them:

  1. They must be the exact length as one ones you removed
  2. The strength of the gas lifter is stenciled on one end of the tube marked in Nm
  3. Remove the screw on tips on each end of the gas lifter as they are generally not supplied with it.  You will need them to fit the new gas lifters to the caravan
  4. Mount the new gas lifters with the rod end facing downward and the tube end at the top.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2019 @ 18:20:29 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

It is worthwhile to have the struts regassed as Leon suggest if they are still OK.  If so, they will be as good as new and at a fraction of the cost of new ones.  I paid R40 each to regas 34 year old struts just a few months ago at an AL-KO branch.  New ones will probably be between R250 and R300 each.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 02:43:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14700
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Thanks for this. 

NOrmally should one be able to put up and down the pop up roof single handed?

Regards, 

 

Ian

Dit gaan ook nie sò maklik nie...moet maar bietjie druk. 

Ek is nie n kenner op gaslifters nie, maar moet jy altwee kante so hard druk dak op te kry? As dit altwee kante is, beteken dit dat al die gaslifters nou op een slag gegroet het? ....jou wa lyk nog bietjie nuut dat sò iets sal gebeur. As een gaslifter nou probleem gee verstaan ek dit, maar meer as dit op een slag sal baie toevallig wees? Andersins as wa oud is....is dit nie maar iets wat stadig met die tyd kom nie...nie so skielik op een slag nie? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 02:49:30 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14700
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Important on the gas lifters when you replace them:

  1. They must be the exact length as one ones you removed
  2. The strength of the gas lifter is stenciled on one end of the tube marked in Nm
  3. Remove the screw on tips on each end of the gas lifter as they are generally not supplied with it.  You will need them to fit the new gas lifters to the caravan
  4. Mount the new gas lifters with the rod end facing downward and the tube end at the top.

As mens gas lifters vervang....doen jy dit met die dak in n oop posisie of toe posisie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 05:49:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Maklikste is die oop posisie want dan kan jy by die gas lifters uitkom.  As jy 'n toolgemaak het om dit effe in te druk voordat jy dit verwyder kan dit seker in die amperse toe posisie ook gedoen word.

Die dak moet darem net so gelig wees dat jy met jou hande by hulle kan werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 06:23:37 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1776
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Leon en ander......dankie vir die raad. Ek moet seker ook ons Tourer se lifters vervang. Dit is 7 jaar oud. Ek verstaan dat dit baie baie moeilik is om dit te doen. 

is dit makliker met dak effens gesak?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 06:28:51 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1776
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Net nog een ding....ek smeer dik vaseline aan die ‘rods’ om te keer vir roes hier aan die kus. 

is dit goed/sleg om dit te doen?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 07:09:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kyk daar is 'n bietjie olie aan die binne kant van die gas lifter wat die olie seeltjie nat hou.  Dis die hoof rede waarom die tube gedeelte na bo gemonteer moet word.  So lê die olie deurgaans op die seel.

Ek glo nie vaseline kan skade doen nie.  Dit is wit petrolium jelly, hoe verskil dit van bv ghries.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 09:47:14 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek is onseker of vaseline goed of sleg is, maar ek sal eerder versigtig wees.  Rubberseëls is nie noodwendig bestand teen vaseline, wat ook maar 'n produk van ru-olie is nie en dit gaan by die seëls beland.  Dit wil nie vir my voorkom asof die staaf roes nie.  Ek dink die vervaardigers het in gedagte gehou dat as dit roes, is die gaslifter oor die muur, so ek dink die metaal is hoogs roesbestand. 

Met die Skipper se dak trek dit moeilik af as die staaf droog is, so ek plaas bietjie silikon smeermiddel op 'n lappie en vee die blink staaf daarmee voor ek die dak aftrek.  Dit maak 'n dramatiese verskil en terselfdertyd verwyder jy ook die stof wat dalk ook in die seëls sal beland. Die Skipper staan altyd met die dak oop.  As jy te veel smeermiddel aanwend, maak dit die kantseile vuil en dis moeilik om uit te kry.  Ek hoop maar die silikon beskadig nie die gaslifters se seëls nie, maar ek meen die kans daarvoor is waarskynlik minder as met minerale olie of iets soortgelyks.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 07:24:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15024
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

In die wapen bedryf is daar baie rubbers, bushes en die klas van goed wat gebruik word.  Preseveer middels soos tipes olie wat keer dat wapens roes het 'n negatiewe effek op die buffels en rubbers.

Dis maar die rede waar om daar gespesifieseer word dat iets 'n rak leeftyd het.  Want die een item in die nabeie omgewing van 'n ander kan dit nadelig beinvloed.

Met die gas lifters sal ek net gereeld kyk dat dit skoon is en dalk Q20 aansmeer as ek baie lank by die kus is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 08:37:37 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As ek dit reg het, is Q20 juis minerale olie wat gewoonlik nie saammet rubberkomponente gebruik kan word nie.  Ek dink dis wat Leon ook sê.  Die olie in die gaslifters is waarskynlik eerder iets soos hidroliese vloeistof.  Ek herhaal my teorie dat die stang van die gaslifter waarskynlik nie roes nie.  Dis maar dieselfde as die stang van 'n skokbreker wat nooit geolie kan word nie.  Skokbrekers gee in as gevolg van fabrieksfoute of na baie jare en kilometers se gebruik, maar in die meer as vyftig jaar wat ek my eie voertuie het en self regmaak, en ook heelwat skokbrekers vervang het,  het ek nog nooit so 'n stang sien roes nie.  En onthou dat wêreldwyd skokbrekers onder baie omstandighede gebruik word, onder andere op plekke soos by die kus waar sout en osone in die lug hoog is wat roes kan versnel. My raad is dus dat dit heeltemal onnodig is om die stang te olie om roes te keer.  As daar nodigheid is om die stang te smeer, soos wat ek genoem het, bly eerder weg van minerale olie-gebasseerde produkte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2019 @ 14:50:29 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Fred ek smeer my blink gedeelte met "door lube". Dit is n "stick" wat ek by Auto Zone koop. Ek sien jaarliks by Hartenbos hoe van die karavane se skokbrekertjies wat see se kant toe kyk roes tekens toon op die blink gedeelte. Pary gebruik n plastiek waterpyp wat oopgesny is aan een kant en wat dan oor die skokbreker getrek word. Ek smeer maar my door lube en trek dan ook die oopgesnyde plastiekpypie oor en gelukkig lyk alles nog mooi. So maak ons almal maar planne om ons kosbare en onvervangbare ou beittingkies te beskerm.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2019 @ 20:30:02 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 524
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

My Regal se gas struts se stange roes. My vrou het van digte materiaal kouse  gemaak wat met velcro fasmaak om die stange ‘n bietjie tten die elemente te beskerm.

Sou stainless steel gewerk het vir die stang of is daar ‘n rede waarom stainless steel nie gebruik word nie? Myne is nog die oorspronklike, ek dink McNaughton.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2019 @ 20:31:37 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 524
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Eich! Verskoon die spelfoute.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2019 @ 02:03:46 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Piet en Johan, Ek kan nie stry oor wat julle waargeneem het nie, maar dit is heel anders as my eie ondervinding.  My Sprite se Gabriel gaslifters was na seker by die dertig jaar nog nie geroes nie hoewel ons in die tydperk verskeie kere vir minstens twee weke op 'n slag aan die Suidkus gekampeer het.  Ek het nooit iets aan hulle gesmeer nie. Moontlik word alle skokbrekers nie van dieselfde materiale nie- dis al hoe ek dit kan verklaar.  Ek weet dat daar 'n reeks metale is wat almal as vlekvrye staal deurgaan maar beslis nie almal dieselfe is nie.  Sommiges roes wel en ander nie, sommige trek 'n magneet aan en ander nie.  Laasgenoemde  eienskap is 'n funksie van die hoeveelheid yster in die ligering terwyl volgens internet, sommige blykbaar nie yster bevat nie.  Laasgenoemde metaal is byvoorbeeld onbruikbaar as induksiepotte.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2019 @ 20:37:33 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4564
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek het die naweek toevallig 'n 37jaar oue stut weggegooi wat net die laaste 8jaar onder dak was. Geen roes te bespeur nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Dec 2019 @ 18:20:42 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1979
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Danie ek glo jou. 37 jaar terug se onderdele het nog nie van die lande gekom waarvan Brommer praat nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required