English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 987
Total Replies: 243 362
Total Views: 82 948 238
topics: 191
replies: 3 036
views: 74 008
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Replacement Gas Lifts for Sprite 1994 Storm

replies: 18
views: 225
17 Nov 2019 @ 21:02:02 pm
DeonvanieKaap
New Member
48% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 17 Nov 2019

I need to replace the roof - gas lifts of a 1994 Sprite Storm. (I'm revamping dads old caravan)

My question being:

1. What is the recommended NM of the shocks (I think mine is 240NM and was way too weak)

2. Is there a reference number/part number on the shock as I can not see any. (got painted over)

3. Where in the Western Cape (we're in Helderberg) can I buy replacement parts?

Much appreciated if someone can guide me on this.

Cheers

Deon

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 06:56:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

The Nm is stamped on the gas lifter somewhere near the end of it I think.  You must remember that the gas lifter looses it's oomfff over the years so as soon as you replace it with a new one the operation should be as expected.

You can even take the gas lifters in and they will pump them up gain to work like normal.  But with them being that old I would go for a replacement.

You can try Midas if there is a branch in Helderberg or close by.  What is important is that the new gas lifter must be the exact lenth as the old one.  More so is to remove the fittings at the end of each gas lifter to be used with the new one as they are not standard to every gas lifter.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 06:58:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jammer Deon Welkom hier op die forum.  Hoop jy gaan lank nog saam met ons gesels.

As jy nie regkom daar in die kaap nie. Stuur vir ons die spec van dit wat jy benodig.  Dan kyk ons wat ons vir hou kan doen hier bo in Gauteng.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 07:20:02 am
DeonvanieKaap
New Member
48% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 17 Nov 2019

More daar

Baie dankie vir die advies.

Die gas lifter was al vervang maar ek dink dit was met 'n swakker eenheid. Wat is die norm in NM?  Ek lees iewers dat 500nm vir 'n groter karavaan reg is en hoop ek kan soortgelyk hier doen - enige advies?


Groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 07:27:19 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wel die beste is maar om te hou by dit wat aanvanklik ingesit was.  Want toe dit nuut was het dit reg gewerk.  As dit te sterk is gaan jy dalk sukkel om die dak af getrek te kry en dit opsig self is harder druk krag op die klein punte waar die gas lifter op die "roof support" vas is.

Onthou dis maar net hout en twee hout skroefies wat hul in plek hou.

So my raad is hou by dit wat oorspronklik gebruik was.  Dit het puik gewerk toe en sal weer.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 07:42:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15627
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek dink Leon se redenasie maak sin....sit dieselfde sterkte in. Die ontwerp is gedoen deur n ingeneur....so behoort die mees doeltreffenste gebruik te gewees het. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 08:02:59 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom op die forum

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 09:41:10 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Deon, Moenie summier die ou skkbrekers vervang nie. Soos hierbo genoem is, kan hulle weer opgepomp word.  Ek het onlangs twee van my 1984 Sprite skokbrekers laat pomp teen R40 stuk om op my Venter sleepwaentjie te gebruik.  Dis tien jaar ouer as joue.  Ek het hulle op die Sprite vervang omdat ek toe nie bewus was dat hulle gepomp kan word nie.  Vier nuwes gaan jou seker minstens R1000 kos terwyl dit R160 gaan kos om hulle te pomp as jy dit teen dieselfde prys as ek kry.  Ek het myne by AL-KO laat doen en ek weet daar is 'n tak in Kaapstad.  Onderdelehandelaars behoort jou ook te kan inlig waar om dit te doen. Let net op dat jy hulle korrek installeer, dit is met die silinder bo en die staaf onder as die dak oop is.  Dat sal soos reeds gesê, baie onwys wees om hulle harder te laat pomp as wat hulle oorspronklik was.  Jy kan, indien dit nie hard genoeg gepomp is die eerste keer nie, dit terugneem en waarskynlik gratis laat herpomp, maar as dit te hard is, is daar geen manier om die druk te verminder nie (gehalwe om so tien jaar of so te wag dat dit self afblaas)

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 12:20:27 pm
DeonvanieKaap
New Member
48% Profile Strength
Posts: 3
Joined: 17 Nov 2019

Baie dankie manne vir die vinnige en goeie terugvoer. 

Ek sal die hergas eers probeer en nie nuwes opsit. Daar is nog heelwat om te doen op die karavaan so ek soek maniere om koste te sny.. So dit help baie

Lekker dag verder en groete 

Deon

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 12:26:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15627
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jy kan altyd oorweeg dat Roadque dit vir jou courier....vind dat courier pryse deesdae baie billik is.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 12:58:45 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek wil net graag 'n korreksie aandui. Die drukking in die strut word in N gemeet en nie Nm soos wat ons torsie sou meet.

Die maksimum drukking word bepaal op grond v d suier binne-in se grootte. Die 4000 series word tot 500N gepomp en die 4100 tot 1000N.

Soos reeds aangedui kan mens hulle herlaai en dis 'n goeie roep om by Jurgens CI of ander werkswinkels uit te vind tot watter druk elke wa se stutte gepomp behoort te word. Ek weet die Fleetlines wat breekware in die dak deel het moet maar hoog gepomp word want daai dak kan swaar wees.

Ek plaas hiermee inligting wat Elu jare gelede aan lesers meegedeel het en glo dit is korrek.

The first four digits is the part number, but, it is not that easy: Example: the part numbers 4262 and 4244 are 'old' part numbers. DE will have the corresponding new number for the same strut i.e. 4262 now = 4044 and 4244 now = 4046

The second three digits are indeed the force in the strut. The correlation is:
104 = 200N; 106 = 300N; 107 = 350N; 108 = 400N; 109 = 450N and obviously 110 = 500N. However, there is obviously a maximum force to which a strut can be pressurised.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 14:27:35 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Deon, welkom by ons, net 'n wenk : MOENIE probeer om daai lifters SELF in te sit nie. My ou maat, jy gaan hulle nie sommer ingedruk kry om vas te skroewe nie. Hulle is nie soos karre se shocks nie, hulle is geweldig styf en as hy eers uit is ... well ya no fine. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 17:26:40 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2876
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Neewat Danie- ek het destyds my Sprite s'n maklik ingesit.  As die dak oop is, is die eenheid waarskynlik op sy volle lengte sodat jy die aanhegtings kan inkry- dis mos 'n ronde punt wat in 'n holteltjie inglip.  Indien nie en jy sukkel, kan jy sy lengte verkort deur die twee punte tydelik met draad aanmekaar vas te maak en dan die dak effens aftrek tot jy dit maklik kan inkry. Dit kan help a jy 'n helper byderhand het.  In 'n vorige bespreking oor die onderwerp het ander lede ook getuig hulle kon dit self doen.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:34:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Deon, welkom by ons, net 'n wenk : MOENIE probeer om daai lifters SELF in te sit nie. My ou maat, jy gaan hulle nie sommer ingedruk kry om vas te skroewe nie. Hulle is nie soos karre se shocks nie, hulle is geweldig styf en as hy eers uit is ... well ya no fine. 

Ek het 'n tool gemaak wat die gaslifter effe indruk sodat jy maklik die dwars boutjies kan verwyder.

Met die gaslifter uit kan jy met jou gewig hom op die grond indruk en uit die tool haal.  Dan op selfde manier weer die nuwe insit.  So is die nuwe genoegsaam vir die regte lengte ingedruk en kan jy die dwars boutjies terug skroef.

Sonder so tipe hulpmiddel is 10 hande nie genoeg nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:42:01 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek het 'n tool gemaak wat die gaslifter effe indruk sodat jy maklik die dwars boutjies kan verwyder.

Met die gaslifter uit kan jy met jou gewig hom op die grond indruk en uit die tool haal.  Dan op selfde manier weer die nuwe insit.  So is die nuwe genoegsaam vir die regte lengte ingedruk en kan jy die dwars boutjies terug skroef.

Sonder so tipe hulpmiddel is 10 hande nie genoeg nie.

Deel met ons 'n foto of twee?

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:53:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Deel met ons 'n foto of twee?

Hennie toe ek my Penta sin gedoen het kon ek nie die gaslifter uit kry as die dak gelig is nie.  Want die gaslifter was steeds nie ten volle uitgestrek nie.

Ek moes die tool maak.  Ek het dit saam met die Penta gegee toe die verkoop is 'n 2011 so sorry het nie fotos nie.  Sal probeer 'n skets maak en 'n foto daarvan neem en dan plaas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 07:12:27 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 540
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

Hennie, ek het hierdie tool geleen. Slim manne maak een wat verstel kan word vir verskillende lengtes skokbrekers, maar hierdie gee jou ‘n idee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 07:38:16 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Hennie, ek het hierdie tool geleen. Slim manne maak een wat verstel kan word vir verskillende lengtes skokbrekers, maar hierdie gee jou ‘n idee.

Daars hy. 

Sny net die yster in die helfte en sweis 'n hoekystertjie op daai punte ook vas maar boor net 'n gat daarin om 'n bout te pas.

Ek sal dan ook net die vurke se puntjies krul om deeglik om die gaslifter te haak.

Daar gaan 'n verskil in bout lengte wees vir verskillende lengtes gaslifters.  Soos wat jy die bout inskroef trek hy die twee vurk punte nader en "Compress" die gaslifter.  Jy moet net die "druk" op tel sodat jy die dwars penne of boutjies op die punte van die gaslifter kan uithaal.

As die gaslifter uit is gebruik jou gewig en die grond om die gaslifter uit die tool te haal.  Want die tool is nou klaar die regte lengte vir die posisie waar in die nuwe gaslifter moet pas.

Onthou die Penta, Palma, Fleetline se gaslifters is baie korter as die van die Sprite reeks karavane as voor beeld..

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 08:49:45 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Dankie Leon.

Ek het ook na die plasing gedink dat mense so iets kan maak wat verstelbaar is volgens die lengte van die "gaslifts"

 

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First