English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 416
Total Replies: 232 752
Total Views: 82 445 758
topics: 137
replies: 2 120
views: 48 574
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

FILLING OF CARAVAN WATER TANK

replies: 37
views: 451
29 Oct 2019 @ 07:34:18 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

This is directed at the guys that has 'n on board shower and geyser.  What do you do when the resort tap is very far from your caravan?  How do you fill up the water tank in your caravan?  The capacity of the water tank in my Maia is 100 liters.

At a stage when camping at Amigos the 20 m hosepipe could just not reach the caravan and there was no other hosepipe to borrow to breach the 3 m Gap.

I had a spare plunger water pump with 700 mm hose and that I fitted a lighter plug to it.  Between the wheels on either side of the caravan I have a 12V power socket specifically for the 12V Adendorf Jacks.

I then used a 25 L bucket carry the water to the caravan and pumped it into tank.  This pump is now part of my caravan kit and I have improved it a bit by adding a inline switch to easily control the pump and Gardena fitting to attach the home made nozzle that hook inside the filling point of the caravan.

This is my back up if the water taps are not close by.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 08:44:38 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5647
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

My tuinslang is 2 x 20m pype, gewoonlik rol en net een 20m lengte af maar soos by Letaba was dit nodig om altwee te gebruik.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 08:51:14 am
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 185
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 46 years

Het die gardena flex pyp wat plat oprol en klein in massa en gewig is Werk soos n bom

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 09:02:34 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Loop maar met die gieter tussen die punt van die tuinslang en die woonwa. Kry so bietjie oefening.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 09:02:39 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Stem saam.  Die Gardena Flex tuinslang is altyd daar vir 'n backup.  Dit vat geen spasie nie en myne hou al 'n leeftyd.   Selfs op koue winter oggende rol hy maklik op. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 09:04:34 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1606
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Ek het 2x20m tuinslang en sit spliter op kraan, my wa kan ek of die tank gebruik of ek kan die oord se water druk gebruik.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 10:01:02 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5647
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

My tuinslang is 2 x 20m pype, gewoonlik rol en net een 20m lengte af maar soos by Letaba was dit nodig om altwee te gebruik.

Dit is nie 'n duidelike foto nie maar dit wys die 2 x 20m tol.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 11:19:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Stem saam.  Die Gardena Flex tuinslang is altyd daar vir 'n backup.  Dit vat geen spasie nie en myne hou al 'n leeftyd.   Selfs op koue winter oggende rol hy maklik op. 

My Gardena Flex tuinslang het gespuit soos 'n gieter toe ek hom wou gebruik.  'n Tweede tuinslang is seker 'n opsie maar dit vat teveel plek vir die "as ek hom nodig het".  Ek moet bieg, ek het nog nie twee stuinslange op een rol probeer kry nie.  Sal daai een bietjie ondersoek.  Al kry ek 15m van die 20m van 2de rol op is dit klaar 'n bargain.

My kamp maat het altyd ook een gehad maar nou dat hy nie meer daar is nie is die tuinslang ook nie daar nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 11:21:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dan die water skottel met pompie werk ook okay. Hou my darem besig met ietsie klein.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 11:25:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het 2x20m tuinslang en sit spliter op kraan, my wa kan ek of die tank gebruik of ek kan die oord se water druk gebruik.

Ek kan met my wa ook direk die oord water op my wa koppel.  Dan bypass ek heeltemal die pompie.

Dit doen ek net as die staanplek sy eie  kraan het. 

Ek sal nie die splitter gardena fitting op sit en verwag ander kampeerders moet die ander puntjie gebruik nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 11:33:30 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Het genoeg tuinslang. Kom nog elke keer by.

Darm nog nie nodig gehad om water aante dra nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 12:13:24 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek het twee materiaal tuinslange wat plat oprol.  Ek Koppel hulle as die kraan baie ver is en het dan 40m beskikbaar.  Ek hou dit nooit permanent gekoppel nie en verwyder dit as my watertenk vol is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 19:16:27 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4353
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Leon ek het ook al soos jy 'n paar keer water aangedra en met die pompie vol gemaak. Verder het ek 2x materiaal rek pype en 1 wat vlekvrye staal is net soos die hand stort se pyp. Hy is 8m lank. Die 3 saam werk by meeste plekke. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 19:25:07 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Lyk my hier is baie waterdraers op die forum.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 20:55:34 pm
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Hehehe.

Julle is gelukkig. Ek het 3 x 20m tuinslang om naby n kraan te kom.

Dit is nou as daar wel water is. Anders moet jy maar met 25L kanne werk.

Een hou ek altyd vol drinkwater. Dis net vir wanner die bier opraak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 21:52:57 pm
Gerd
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1025
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 6 years

Bier opraak ????? impossible, sal nuit gebeur met kampeerders !!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 06:24:33 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het twee materiaal tuinslange wat plat oprol.  Ek Koppel hulle as die kraan baie ver is en het dan 40m beskikbaar.  Ek hou dit nooit permanent gekoppel nie en verwyder dit as my watertenk vol is.

Lennie ek het dieselfde gehad en het toe met tyd 'n gieter afgerol en nie 'n tuinslang nie.

Toe kry ek maar die konvensionele tuinslang op 'n tol.  Die ding is hulle vat plek.  Tot dusver het ek al op twee plekke gekamp waar die een tuinslang net net te kort is.

Nou sit ek en oorweeg die onnodige koste vir 'n tweede tuinslang waarvan ek dalk net 15m by die huidige 20m opgerol kry teenoor die min kere wat dit voorkom waar die kraan effe vêr is.

Ek dink die stukkie pyp met bestaande pompie moet maar sy ding doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 08:28:55 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Leon, my twee "lap"-tuinslange wat ek aanmekaar koppel om 40m lengte te gee, neem bitter min spasie op in my neuskas soos op die foto hieronder aangedui  -  albei pas netjies in die blou sakkie met 'n ritsluiter.  Binne-in is ook verskillende koppelstukke om op enige tipe kraan te pas.  Ek rol dit nie elke keer op na gebruik nie, maar lê dit in lengte agter die karavaan tot ek die volgende keer wil volmaak.

Voor my "lap"-tuinslange het ek ook 'n 25 liter kan gebruik en dit op 'n trappie geplaas en dan die water bloot laat inloop in die tenk.  Die 25 liter-kan was vir my 'n lastigheid om saam te karwei en dan moes ek nog 'n ligte trollie ook byderhand hê om die waterkan vanaf die kraan te vervoer.

Op die oomblik het ek net die blou sakkie met die nodige daarin om tot 40m ver water in my tenk te kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 10:02:23 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5647
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hier is 'n beter foto.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 10:05:36 am
Charldp
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 40
Joined: 20 Aug 2019
Experience: 30 years

Tot en met nou was ek seker maar nog "lucky" om nie n tweede een nodige te kry nie. Maar as ek so lees moet ek ook maar nog so 20m pyp aan skaf. 

mens weet nooit nie. 

STOP and smell the camp fire :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 10:16:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon, my twee "lap"-tuinslange wat ek aanmekaar koppel om 40m lengte te gee, neem bitter min spasie op in my neuskas soos op die foto hieronder aangedui  -  albei pas netjies in die blou sakkie met 'n ritsluiter.  Binne-in is ook verskillende koppelstukke om op enige tipe kraan te pas.  Ek rol dit nie elke keer op na gebruik nie, maar lê dit in lengte agter die karavaan tot ek die volgende keer wil volmaak.

Voor my "lap"-tuinslange het ek ook 'n 25 liter kan gebruik en dit op 'n trappie geplaas en dan die water bloot laat inloop in die tenk.  Die 25 liter-kan was vir my 'n lastigheid om saam te karwei en dan moes ek nog 'n ligte trollie ook byderhand hê om die waterkan vanaf die kraan te vervoer.

Op die oomblik het ek net die blou sakkie met die nodige daarin om tot 40m ver water in my tenk te kry.

Dit kan verseker ook werk.  Ek het reeds die Gewone tuinslang en het pak spasie vir dit.  Die sakkie met tenminste een plat tuinslang kan mens maklik plek voor kry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 10:34:48 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Willem, ek weet jy koppel jou tuinslang permanent en daarom het jy 'n stewige ene nodig.  My lap-tuinslange sal ek liewer nie onder druk vertrou nie en daarom ontkoppel ek maar na elke vulling.

Waar berg/vervoer jy jou tuinslang en Gardina-tol wanneer julle reis ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 10:42:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek is nou net ligtig vir die plat tuinslange, omrede ek reeds een bloutjie geloop het met een.  Soos genoem het hy so verweer dat hy water soos 'n gieter gespuit het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 11:00:54 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Myne is al 15 jaar deel van my kamptoerusting en werk nog perfek, maar die water moet vloei en die pyp sal nie druk kan hanteer nie.  Dit moet ook nie permanent in 'n nat toestand gestoor word nie.  Voor ek myne oprol maak ek seker dit het in die son gedroog.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 14:26:31 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 471
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years

Ek het nie ‘n watertenk nie (25 liter kan) en toe ek jonger was dit volgemaak en karavaan toe gedra. Deesdae het ek ‘n 5 liter gieter waarvan ek die kop afgehaal het. Nou vul ek die waterkan elke paar dae met die meer hanteerbare gieter aan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 14:40:07 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het nie ‘n watertenk nie (25 liter kan) en toe ek jonger was dit volgemaak en karavaan toe gedra. Deesdae het ek ‘n 5 liter gieter waarvan ek die kop afgehaal het. Nou vul ek die waterkan elke paar dae met die meer hanteerbare gieter aan.

Johan op die twee Pentas wat ek gehad het was dit dieselfde 25liter water kan plan.  Selfs toe mens jonger was het dit maar sukkel sukkel gegaan om daai kan terug in die neus kas te kry.

Ek het toe een van daai oprol plat tuinslange gekoop wat netjies langs die kan gestaan het.  Tot die dag toe die tuinslang gespuit het soos 'n gieter.

Ek het later die joppie vir my seun gegee om te doen. 

Nou kamp my seun nie meer saam nie en die tank is vas aan die wa.  En ma se posisie van die karavaan op 'n staanplek is nie altyd so water kraan vriendelik nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 15:52:21 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Staan lekker naby die kraan met Tenkbuddy wat die wa volmaak.

Meng nie in met my whisky nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 18:08:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek het hierdie gesien in n winkel. Lekker klein verpak en tuinslang kan rek. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 22:04:06 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3693
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Willem, ek weet jy koppel jou tuinslang permanent en daarom het jy 'n stewige ene nodig.  My lap-tuinslange sal ek liewer nie onder druk vertrou nie en daarom ontkoppel ek maar na elke vulling.

Waar berg/vervoer jy jou tuinslang en Gardina-tol wanneer julle reis ?

Lennie, het jy dan nie 'n Tank Buddy met 'n kompetisie gewen nie?

Dalk was dit Jin. Ek sien hy het een gebruik op sy ou wa.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 22:28:04 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ja, dit is reg, ek het 'n TankBuddy by WegSleep gewen. Dit is permanent ingepak in my wa, maar ek gebruik dit maar selde.  Ek bekommer my morsdood oor die permanente drukking in die tuinslang en dan ook, sê-nou iets gaan fout in die TankBuddy en ek is nie by die wa nie, dan oorstroom my wa binne-in as die toevoer nie afsluit nie.  Die TankBuddy het ook 'n iewat irriterende lawaai as water uit die watertenk getap word.  Die konsep is egter oulik deurdat die watertenk se oorloop afgeseel moet word sodat, as die tenk vol is, stoot die water terug, op in die ingooi-keel waar die TankBuddy aangebring is.  Die toevloei-water kan dan nêrens heen gaan nie en die toevloei word dan in die TankBuddy afgesluit, maar die druk verhoog dan en bly hoog in die tuinslang.

Ek verstaan TankBuddy word nie meer gemaak nie, maar daar is nog hier en daar een tekoop beskikbaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Oct 2019 @ 08:40:31 am

Ek het die Tankbuddy saam met my Classique gebruik.  Ook net waar die staanplek sy eie kraan gehad het  of ek met die ou langs my ooreengekom het dat ek die splitter op sit.

Dit het regtig gemaklik gewerk en ek sal weer een koop.

Huidige wa het sy eie beheer valve in.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 09:51:32 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5647
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Willem, ek weet jy koppel jou tuinslang permanent en daarom het jy 'n stewige ene nodig.  My lap-tuinslange sal ek liewer nie onder druk vertrou nie en daarom ontkoppel ek maar na elke vulling.

Waar berg/vervoer jy jou tuinslang en Gardina-tol wanneer julle reis ?

Len, hy staan in die badkamer waar die Oond/stofie ook staan, geen probleem.

As die oord se drukking hoog is (soos by Hartenbos) dan gebruik ek die reguleerder wat die water druk (gestel) dan beheer op so 1 bar.  Daar is dan ook 'n oop kraan met die oord se druk beskikbaar.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 14:45:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Lennie, het jy dan nie 'n Tank Buddy met 'n kompetisie gewen nie?

Dalk was dit Jin. Ek sien hy het een gebruik op sy ou wa.

Nee ek het nog niks gewen nie.

Het tenkbuddy al 6jr.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Nov 2019 @ 14:58:54 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ja, dit is reg, ek het 'n TankBuddy by WegSleep gewen. Dit is permanent ingepak in my wa, maar ek gebruik dit maar selde.  Ek bekommer my morsdood oor die permanente drukking in die tuinslang en dan ook, sê-nou iets gaan fout in die TankBuddy en ek is nie by die wa nie, dan oorstroom my wa binne-in as die toevoer nie afsluit nie.  Die TankBuddy het ook 'n iewat irriterende lawaai as water uit die watertenk getap word.  Die konsep is egter oulik deurdat die watertenk se oorloop afgeseel moet word sodat, as die tenk vol is, stoot die water terug, op in die ingooi-keel waar die TankBuddy aangebring is.  Die toevloei-water kan dan nêrens heen gaan nie en die toevloei word dan in die TankBuddy afgesluit, maar die druk verhoog dan en bly hoog in die tuinslang.

Ek verstaan TankBuddy word nie meer gemaak nie, maar daar is nog hier en daar een tekoop beskikbaar.

Het hom afgehaal by die xplorer en gaan hy Classique toe.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2019 @ 12:24:59 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het ook een op die Classique gehad Jin. Hy werk mooi daar.

Ek weet net nie hoe goed gaan hy werk met die nuwe proppe wat nou op die karavane is nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2019 @ 13:42:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ek het ook een op die Classique gehad Jin. Hy werk mooi daar.

Ek weet net nie hoe goed gaan hy werk met die nuwe proppe wat nou op die karavane is nie.

Dan verander ek die prop.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2019 @ 13:47:47 pm

11 Nov 2019 @ 13:51:45 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ja wel mens moet maar kyk hoe gepas gaan dit wees.  Met die ou fitting was die "breather" gaatjie net bokant die water aanvul punt.

Hoop hy werk dieselfde en sit op die selfde plek met die nuwe proppe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required