English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 416
Total Replies: 232 752
Total Views: 82 445 716
topics: 137
replies: 2 120
views: 48 570
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Karavaan tent ankertoue.

replies: 15
views: 412
20 Oct 2019 @ 15:05:39 pm
Hennie2809
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Oct 2019
Experience: 11 years

Dagsè mense.

Het iemand n idee hoe lank jou ankertoue van jou tent moet wees. Is daar n formule, of hoe word dit bereken.

REMEMBER!! You live every day, but you only die once.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 18:07:27 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8219
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum.

Net soos jy jou vrou soen. Jy bebaal.

Lank of kort soen.

Lekker kamp.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 19:11:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek koop by Maxcons en sien hul standaard lengte is 3.5meter. Dit werk goed vir my. Jy kan direk by hulle koop. Hulle is in Centurion naby Chamberlains. Hier onder is n link na hulle website....

http://maxcons.co.za/our-products/max-guy-ropes/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 19:31:02 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1775
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Hallo Hennie  -  welkom !

Ek glo daaraan dat die tenttoue so na as moontlik aan die tentpaal ingekap moet word om die tent af te trek grond toe.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 21:25:13 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 920
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Hallo Hennie  -  welkom !

Ek glo daaraan dat die tenttoue so na as moontlik aan die tentpaal ingekap moet word om die tent af te trek grond toe.

Ja, maar daar is ander faktore. Soos byvoorbeeld as jy twee paleweg van mekaar wil trek. Ek glo nie dat daar enige vaste reels is nie. Net ‘n bietjie verstand...😁👍

 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Oct 2019 @ 21:45:12 pm
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1883
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

As dit nodig is om nuwe toue in te span maak ek dit sommer op site waar ek kamp met die lengtes soos die behoefte op daardie tydstip is

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 07:32:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hi Hennie, 'n groot welkom vir jou hier by ons.

Soos genoem is daar nie werklik 'n formule om te bepaal wat is reg of verkeerd nie.  Elke ou of kampeerder eerder doen maar soos hy goed dink.  Daar is wel 'n paar aspekte wat jy ingedagte kan hou:

  • Al die pale is nie dieselfde lengte nie.  So is die middelpaal automaties langer as die kant pale en selfs die dun kant "veranda" paaltjies van die hoof tent is nog korter as die kantpale van die tent.
  • Maak jy gebruik van twee tent penne op die hoek pale of gebruik jy net een tou en pen daar.  Ek gebruik twee en die ankertou is een lang tou met 'n styftrek slider op elke punt.  Dus is die tou wat ek daar gebruik twee keer die lengte van 'n enkel tou.
  • Die afstand wat jy die pen van die paal se voet in kap is ook 'n bepaalende faktor.  Soos jy sien Lennie kap die pen naby die paal in om die tent af te trek grond toe.  Dit werk goed waar die tent 'n pale raamwerk het wat die dak styf trek.  By gevall waar die anger tou moet help om die tent dak styf te hou is dit nood saaklik om die pen dalk 'n bietjie verder weg in te kap.

So al die goed het 'n uitwerking van hoe lank die anker tou vir JOU moet wees.

Ek het gevind dat die plek vir die pen se posisie is so ongeveer 70cm van die paal af.  Op die manier het jy genoegsame trek krag af om die dak vas te hou as die wind op kom en dit help genoegsaam om die tent dak styf te trek in die geval van 'n dak sonder 'n pale raam werk.

Hoop dit help

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 09:06:06 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1748
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek huldig ook Lennie se standpunt rakende die inslaan van tentpenne. Leon se verduideliking hierbo maak egter ook sin. Ons was byvoorbeeld die week by Natalia, en die wind het behoorlik gepomp. My penne en ankertou (vir wind) was teenaan die pale terwyl die flappe langs die kant effe skuins ingekap was. Nie een keer was dit nodig om dit te verstel nie en my tent het regtig styf gestaan in die wind.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 09:29:49 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5639
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Dagse. 

Eerstens, welkom op die forum. Soos jy sal agterkom is hier n legio van inligting in die manne se koppe en dat jy gehelp kan word is verseker.

Het n klompie jare terug iewers gesien dat die tou se lengte bepaal word deur die lengte van die vertikale paal.  Dws. Lengte van die paal x 1.5 sou dus die ding kan doen. 

Leon en Lennie se verduideliking ook hou water. 

Tegnies bereken om die maximum effek te verkry,  moet die afstand van die vaskappenne dieselfde lengte wees vanaf die paal se onderpunt as die paallengte. Dws. Dit moet n driehoek vorm aanneem met twee sye ewe lank.   Maar dis net n formule wat n "way-back fundi" van die forum hier geplaas het.  Nl. Warren de Jager. "It'l do that"

Dit sal dan nou die lengte van die tou verander. 

Die stormnet oor die tent het ek geleer moet direk af grond toe ge-anker word. Soos in n toebroodlie. En met langer penne. 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 10:42:48 am
Wetkit
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 92
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 39 years

Dis nou n baie moeilike vraag.

Ek dink dit hang seker net af waar jy kamp end wat die toestand is van die grond/gras waarop jy kamp.

As daar nie wind is nie en die grond is stewig, kan jy seker die penne langs die voet van die paal inslaan.

Waar daar baie wind is en die  grond maar los is, sal ek daai 45grade hoek ding doen. DWS as die paal 1.8m lank is sal ek die pen so 1.8m van die paal inslaan.

Partykeer kyk jy ook maar so hoe loop die sites en hoe groot is jou set-up. Dan vat ek sommer n lyn met die haak van die karavaan ek werk dan so alles in n lyn,

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 11:57:48 am
Hennie2809
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 20 Oct 2019
Experience: 11 years

Dagsè Mense, so n reaksie het ek wragtag nie verwag nie, baie baie dankie. Dit is puik om so terugvoer te kry. Ek behoort ook aan n paar hengel forums, en daar is dit n verassing om een ordentlike terugvoer te kry.

Baie dankie.

REMEMBER!! You live every day, but you only die once.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 12:09:32 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4353
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Welkom hier Hennie.

As mens op 'n 2m hoogte werk met 0.7m v d paal af soos Leon genoem het dan kom ek by 'n tou wat 2.3m lank is. Weens die skuif slider kan die toue tot 4.5m lank wees. Sou mens op 'n 45 grade hoek werk en die hoogte is 1.8m dan kan die tou lengte 2.5m wees en dan dubbel via die skuif slider gee ons 5m. Natuurlik kan mens dan nog die knoop op die skuif slider ook 'n ent weg v d punt maak as die tou wel langer is.

So as ek moet toue op lengte sny sal ek dit sowat 3.5m lank maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 14:23:42 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 823
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Net soos Danie hier bo se. Maak hulle so 3.5m en jy kan altyd nog n' knoop in sit om die tou korter te maak. Ek verkies twee toue per hoek paal. Een vertikaal grond toe en die ander van 45 graade of minder tot naby aan die paal, hangende van wind en grond vermheid.

Ek het onlangs, na n' colapsed tent in Satara, van die 350mm x 8mm penne en springs gekoop. Sit hulle op die hoeke en dan miskien nog storm straps ook.

https://maxcons.co.za/

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2019 @ 22:33:07 pm
Badger
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 144
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 63 years

Greetings Hennie,  I think that you could not ask for a more complete  and comprehensive reply filled with good advice from a more experienced group of people.

I would only comment as follows, there are two things you want to achieve with your guy ropes.

 1) you want to pull the tent taut to prevent it from flapping around in a high wind.

     This is achieved by setting your ropes at an angle of roughly 30 deg to 45 deg, in keeping  with the advice given above.

 2 )The second thing you are looking for is to prevent your poles from being lifted off of the ground and whipped around by the tent  movement in high winds.

One of the ways to achieve this is to have the rope pegged right next to the pole to prevent the pole lifting with the tents movement.

There are several different ways of achieving both of these at the same time, although this is not always necessary,   use two ropes ! or one rope at an angle and a pole holder at the base of the pole. doubtless there could be countless other remedies.

You will no doubt work out your best solution as you camp more.  Good luck!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2019 @ 02:47:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14197
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek hou daarvan om nog die sirkel penne om die pale ook in te sit sou die wind hom steeds bietjie kan lig en verhoed om paal nie sywaarts te gooi nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Oct 2019 @ 14:06:08 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14533
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Net soos Danie hier bo se. Maak hulle so 3.5m en jy kan altyd nog n' knoop in sit om die tou korter te maak. Ek verkies twee toue per hoek paal. Een vertikaal grond toe en die ander van 45 graade of minder tot naby aan die paal, hangende van wind en grond vermheid.

Ek het onlangs, na n' colapsed tent in Satara, van die 350mm x 8mm penne en springs gekoop. Sit hulle op die hoeke en dan miskien nog storm straps ook.

https://maxcons.co.za/

Niks wat ondervinding jou nie leer nie.  Tans is ek nog gelukkig met net die skuins tou wat eers om die paal gedraai is baie naby aan bo voordat dit afgaan pen toe.

Greetings Hennie,  I think that you could not ask for a more complete  and comprehensive reply filled with good advice from a more experienced group of people.

I would only comment as follows, there are two things you want to achieve with your guy ropes.

 1) you want to pull the tent taut to prevent it from flapping around in a high wind.

     This is achieved by setting your ropes at an angle of roughly 30 deg to 45 deg, in keeping  with the advice given above.

 2 )The second thing you are looking for is to prevent your poles from being lifted off of the ground and whipped around by the tent  movement in high winds.

One of the ways to achieve this is to have the rope pegged right next to the pole to prevent the pole lifting with the tents movement.

There are several different ways of achieving both of these at the same time, although this is not always necessary,   use two ropes ! or one rope at an angle and a pole holder at the base of the pole. doubtless there could be countless other remedies.

You will no doubt work out your best solution as you camp more.  Good luck!

Important thing is that we can supply info and trends, but it's for you to work out what works best for yourself.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required