English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 709
Total Views: 82 537 668
topics: 143
replies: 2 193
views: 51 431
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Beveiliging van rally tent

replies: 23
views: 388
16 Oct 2019 @ 08:28:58 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 10 years

Het nou onlangs 'n rally tent aangeskaf.  Hoe kan ek die rally tent veilig hou dat dit nie afgesteel word vanaf die karavaan nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 09:44:53 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Steel hulle dit deesdae?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 09:54:41 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jaco, Dis seker 'n moontlikheid maar ek het nog nooit van so-iets gehoor nie.  Ons leef in 'n omgewing waar diefstal en ander misdaad gereeld voorkom, maar ons moenie dat die gedagte aan die moontlikheid daarvan ons lewens oorheers nie.  Dan het die booswigte daarin geslaag om ons te terroriseer.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 09:59:44 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6428
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Kamp naby ander mense, nie aleen  in die bos dan is jy klaar veilig.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 10:02:36 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 10 years

Dankie vir die terugvoer. Ek wil net seker maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 10:19:36 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 370
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 14 years

Dankie vir die terugvoer. Ek wil net seker maak.

Dalk moet jy net meer duidelikheid gee oor die Rally is dit die een wat aan die karavaan bly of die een wat jy inryg

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 10:23:58 am
Oppies
Bronze Member
77% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 02 Nov 2017
Experience: 10 years

Dalk moet jy net meer duidelikheid gee oor die Rally is dit die een wat aan die karavaan bly of die een wat jy inryg

 

Dit is die een wat aan die karavaan bly.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 10:51:53 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1064
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Oppies, my tent is permanent op my Sprite SC. Dit gly in die spoorbaan in en is geensins op enige manier "beveilig" nie. Die tent kant wel uitskuif, maar is redelik swaar.

Het sover (gelukkig??) nog nooit enige probleme gehad waar iemand dit wou "neem" nie, al het ons al - na en van kampterreine - by winkelsentrums edm. gestop vir 'n paar uur of so.

Ek maak wel seker dat my fiets agter op my dra-rak gesluit is - het een keer by 'n robot/verkeersopeenhoping gesien (op my tru-kamera) hoe 'n xxxx verbyganger toets of my fiets vas is!!

Dus, nee wat, ek glo nie jy het veel van 'n probleem met jou tent nie!

Geniet die kamp!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 10:56:54 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Ek het weer die Howling Moon awning op die Rapier wat net soos die rally tent inryg op die spoor en permanent daar hang.

Ek skat as iemand hom wil deps gaan dit baie moontlik wees en dit gaan nie moeilik wees nie.....

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 11:25:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk dit is 'n proses om die awning ingeryg te kry.  Jy moet eers die reguit pale en gedeeltes van die awning uit die sak uit haal.  Dan eers kan jy die sak/seil om die draaie van die hoek van die karavaan ryg.

So ek glo as die pale en reguit gedeeltes in die sak bly kan jy hom in werklikheid nie uitryg nie.  Iets klein wat kan help is om die twee ritssluiters aanmekaar vas te sluit.  Dit bemoeilik die oop zip van die sak om die reguit gedeeltes uit te haal.

Let wel bemoeilik want mens kan seker die zip oop forseer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 11:29:56 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Kyk dit is 'n proses om die awning ingeryg te kry.  Jy moet eers die reguit pale en gedeeltes van die awning uit die sak uit haal.  Dan eers kan jy die sak/seil om die draaie van die hoek van die karavaan ryg.

So ek glo as die pale en reguit gedeeltes in die sak bly kan jy hom in werklikheid nie uitryg nie.  Iets klein wat kan help is om die twee ritssluiters aanmekaar vas te sluit.  Dit bemoeilik die oop zip van die sak om die reguit gedeeltes uit te haal.

Let wel bemoeilik want mens kan seker die zip oop forseer.

Baie makliker om daai rally tent af te haal as bv om jou bakkie se spaarwiel onder sy gat uit uit tehaal!

Ek het al OUTsurance gebel om my te help om die verdomde spaarwiel daar onder uit te haal, maar nog nooit om die rally af te haal nie.

 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 13:39:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Baie makliker om daai rally tent af te haal as bv om jou bakkie se spaarwiel onder sy gat uit uit tehaal!

Ek het al OUTsurance gebel om my te help om die verdomde spaarwiel daar onder uit te haal, maar nog nooit om die rally af te haal nie.

 

Al video gesien waar hulle spaarwiel afsteel terwyl jy by n rooi robot staan...as jy wegtrek lê  hy daar op die grond met jou spaarwiel op sy bors. Hulle haal hom anders af as ons die eienaars

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 13:51:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As dit n leisure awn is, dan behoort Leon se idee goed te werk met n slot op die sak se zip....moet awn halfpad afrol om af te laat gly. Soos hy noem mens kan zip seker breek en regkom, maar as iemand jou sò wil besteel dink ek dis makliker om jou karavaan deur of venster te breek en iets binne te steel. As my wa êrens verlate moet staan met awning op, sal ek meer worry oor die inhoud van wa wat makliker bekombaar is.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 13:58:41 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 300
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 23 years

Al video gesien waar hulle spaarwiel afsteel terwyl jy by n rooi robot staan...as jy wegtrek lê  hy daar op die grond met jou spaarwiel op sy bors. Hulle haal hom anders af as ons die eienaars

Sal een van die f*&&%^$ huur as ek nou weer bos toe gaan om die wiel daar onder uit te haal!!

 

Everyday may not be good, but there is something good in every day!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 14:03:08 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Al wat belangrik is jy moet dit net moeiliker maak as net die awning wat daar hang.  Hy moet sukkel om hom af te kry.

Ek sou sê dat 'n boutjie met 'n nylon lock nut op wat deur die aliminium roping section gesit word gaan ook keer dat hy die awning uitgly.

Een aan die voorkant en een agter die awning se sak.

Baie min dat mens daai grote spannetjies en allen key's het om dit uit te draai.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 14:07:07 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Steel hulle dit deesdae?

Die Taxi's gebruik dit langs die mini busse vir skaduwee as hulle picnic hou oor naweke.

So dit is nie onmoontlik dat dit gesteel kan word nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 14:14:30 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Op die xplorer het hy daar vir die afgelope 6 jr gehang.

By baie groot sentrums gestop om iets te kry wat nog by die huis in die vries of yskas vergeet was.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 06:44:29 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Joune is darem die tent en sonder die pale is 'n mens eintlik gefnuik.

Die een wat Geert het  is pale en als binne die sak wat daar hang.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 11:36:01 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Joune is darem die tent en sonder die pale is 'n mens eintlik gefnuik.

Die een wat Geert het  is pale en als binne die sak wat daar hang.

Xplorer se pale is ook daarin.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 12:52:12 pm
Rudi
Bronze Member
33% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 22 Oct 2007

Al wat belangrik is jy moet dit net moeiliker maak as net die awning wat daar hang.  Hy moet sukkel om hom af te kry.

Ek sou sê dat 'n boutjie met 'n nylon lock nut op wat deur die aliminium roping section gesit word gaan ook keer dat hy die awning uitgly.

Een aan die voorkant en een agter die awning se sak.

Baie min dat mens daai grote spannetjies en allen key's het om dit uit te draai.

Of boor 3.5mm gaatjie voor en agter sak deur aluminium roping section en sit lang (15mm) pop rivets in.

Twyfel of skelm per toeval 'n boor gaan byderhand hê om pop rivets uit te boor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 13:01:12 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

As hy nie 'n boor het nie, ruk en pluk hy bloot tot die ding afkom, en dan het jy nog skade aan jou wa ook.  As 'n dief regtig wil steel, sal hy 'n manier kry.

Ek het nog nooit gehoor dat sulke toerusting gesteel word nie, so ek dink hierdie is bietjie van 'n storm in 'n teekoppie.  As hy die tent het, wat doen hy daarmee?  Ek kan nie sien dat dit 'n maklik likwideerbare item gaan wees nie. Daar is heelwat ander dinge wat gesteel kan word, soos byvoorbeeld jou hele karavaan.  Wat doen jy om te verhoed dat hy in 'n parkeerterrein van jou sleepvoertuig afgehaak en weggesleep word? Of soos iermand hierbo genoem het, iets uit jou karavaan.  Karavaandeure word nie deur Yale gemaak nie.  As jy nog nie daaraan aandag gegee het nie, waarom nou jou kop breek oor minder waarskynlike probleme?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 13:34:46 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is waar wat jy sê Fred.  Die bespreking verleen hom nie daar toe dat al wat leef en beef wat 'n Awning het moet hom nou gaan beveilig nie.

Ons sien ook nie dat die 'n hoogs geklasifiseeder item op die een of ander steel lys nie.  Maar die feit dat dit nie op 'n lys is beteken nie dat daar 'n eerste keer is dat dit op so manier kan verlore raak nie.

Jaco het gevra wat kan hy doen om dit meer te beveilig.  Ons het hom dien ooreenkomstig geantwoord.  Hy of enige iemand anders wat die lees kan met die info maak wat hy wil.

Of boor 3.5mm gaatjie voor en agter sak deur aluminium roping section en sit lang (15mm) pop rivets in.

Twyfel of skelm per toeval 'n boor gaan byderhand hê om pop rivets uit te boor.

Rudi die pop rivets is netso goeie idee.  Baie onopsigtelik en as iemand iets sou probeer gaan hulle dink die item is op 'n ander manier ook vas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Oct 2019 @ 20:34:19 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2766
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Op my wa het ek twee klein self tappers deur die tou en die aluminium roping stuk opgesit - een aan elke kant om die awning daar te hou. Enig iets wat tyd neem om aftekry help.

Om die wa op die trekvoertuig te hou, het ek 'n "Trailer Cuff" aangeskaf.

Waar hy afgehak is, is daar 'n plastiek tow ball wat in die karavaan se trekstang vasgesit word en daarin gesluit word. Hy werk dus wanneer jy sleep of waar jy afgehak is.

In Umtata was daar glo al gevalle waar hulle in spitsverkeer, sleepgoed afhak en jou dan dreig indien jy probeer keer. Party weet nie eers dat hulle sleepding nie meer agter is nie...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2019 @ 16:59:21 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

AL-KO het 'n oulike sekuriteitsapparaat om dit moeilik te maak om jou wa te haak en weg te sleep.  Ek dink amper hulle het ook 'n soort van 'n hangslot wat by sekere van hulle hake deur 'n gaatjie gaan om afhaak onmoontik te maak, maar dit pas nie op my wa nie.  Ek  gebruik maar tot ek so-iets kry wat vir my wa werk, 'n kettting en slot wat verhoed dat die hefboom aan die haak gelig kan word.  Dit is  juis as jy sleep of êrens parkeer wat daar risiko lê soos Edge ook hierbo noem.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required