English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 707
Total Replies: 268 633
Total Views: 83 817 773
topics: 100
replies: 1 977
views: 201 667
Share your best or worst experiences to help others out.

Wonder waar kruip hy weg????

replies: 22
views: 636
09 Mar, 2021 @ 09:26:07 am
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 624
Joined: 04 Jan, 2021
Tans hier by Klein Paradys, Modimolle kamp die Kampholics vir ń midweek wegbreek.
Moet hulle krediet gee dat hulle ń baie rustige groep is.
Gister tydens ontbyt by die restaurant merk een kampeerder op dat ń Cobra onder ń Toyota in seil en verdwyn onder die voertuig in.
Nabye slangvanger is ontbied, maar kon hom nie kry nie.
Ek wat baie kleiner is word gevra om ondersoek in te stel tussen brandstof tenk en onderstel, maar die maat is nogsteeds spoorloos.
Tans het helpers sand om die voertuig gegooi om te sien of hy dalk besluit het om uit te kom.
Vanoggend merk ek, nogsteeds spoor nie wat beteken hy kruip nog weg.
Oplossing nou is deur voertuig se onderstel te spuit met ń "H/pressure cleaner", maar nou om die voertuig +/- 10km te ry tot in die dorp wetende die onwelkome gas is nog teenwoordig.
Ek hoop die kampeerder se gas besluit om uit te kom, want om huiswaarts te ry wetende daarvan kan nie lekker wees nie.
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
1
09 Mar, 2021 @ 10:47:45 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5113
Joined: 11 Dec, 2013
Experience: 37 years

Eish so besoeker kan net moelikheid maak

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar, 2021 @ 11:48:58 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1274
Joined: 05 Jul, 2013
Experience: 42 years

Ons het al n hele naweek by Bulshoek gekamp min wetend dat n pofadder ons tent met ons gedeel het. Eers met die opslaan-slag het ons die bogger in die wielvelling gesien. Hy het rustig daar gelê 200mm van ons voete af wanneer ons binne in die tent was. Was ook nie te gewillig om sy gatjie te roer nie. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar, 2021 @ 11:56:20 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11138
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Dis hoekom ek motbolle en jeyes fluid orals gooi.

My buurman het Desember n Mosambique Spoeg Kobra in sy wasgoed mandjie gekry met n dooie padda.

Slang vanger was ook gou daar en hom gevang. 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar, 2021 @ 12:53:58 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1752
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Ek ek like hulle niks. en my vrou hy like hullle nog minder  Daar so baie gewas moes word as sy daar was

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar, 2021 @ 09:53:26 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1875
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Swanie, hulle sê mos 'n goeie begryper het 'n halwe woord nodig.  Ek neem aan jy praat van onderklere wat gereeld gewas moet word?

It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old – one is old because one stopped playing.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar, 2021 @ 18:20:11 pm
pieterc
Gold Member
37% Profile Strength
Posts: 132
Joined: 10 Mar, 2015

Ek ek like hulle niks. en my vrou hy like hullle nog minder  Daar so baie gewas moes word as sy daar was

Gelukkig lees my vrou nie hier nie, en ek gaan dit ook nie vir haar wys nie.

Ons het al n hele naweek by Bulshoek gekamp min wetend dat n pofadder ons tent met ons gedeel het. Eers met die opslaan-slag het ons die bogger in die wielvelling gesien. Hy het rustig daar gelê 200mm van ons voete af wanneer ons binne in die tent was. Was ook nie te gewillig om sy gatjie te roer nie. 

Maar net weer n bewys dat n slang nie sal pik as hy nie gepla word nie. Ongelukkig pla ons hulle soms maar onbewustelik of per ongeluk.

Slange is eintlik vir my vrek mooi, maar op n veilige afstand!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Mar, 2021 @ 17:28:51 pm
Swanie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1752
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

Swanie, hulle sê mos 'n goeie begryper het 'n halwe woord nodig.  Ek neem aan jy praat van onderklere wat gereeld gewas moet word?

Pieter Ja sy kan nie eers na 'n foto van 'n slang kyk nie   so jy verstaan wat gewas sal moet word

Yes I think to myself what a wonderful world.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar, 2021 @ 06:40:38 am
JIce
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 29 Apr, 2015
Experience: 36 years

Dis hoekom ek motbolle en jeyes fluid orals gooi.

My buurman het Desember n Mosambique Spoeg Kobra in sy wasgoed mandjie gekry met n dooie padda.

Slang vanger was ook gou daar en hom gevang. 

Jin, hoekom en waar die motbolle en jeyes fluid? 

Life is a journey, enjoy the ride!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar, 2021 @ 07:23:27 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11138
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Ek gooi om die wa die motbolle, so drie bymekaar omtrent n meter uitmekaar. 

Die jeyes fluid so meter weg van die wa in sirkel. Dit gooi ek net as ons in die bos staan.

Het al vir weke so gestaan dat my bure gaste kry en nie ons nie. Hou tot die paddas weg.

Nou Desember het lang staners agter ons, my raad gevolg en soos ek sê, die Mozambique spoeg kobra was langs hulle by buurman.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar, 2021 @ 07:25:35 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 11138
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Gooi net so drie motbolle by jou steddies by die huis vir toets en jy sal sien dat spinne koppe en miere weg bly.

Doen die toets.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Mar, 2021 @ 07:58:25 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19823
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Gooi net so drie motbolle by jou steddies by die huis vir toets en jy sal sien dat spinne koppe en miere weg bly.

Doen die toets.

Ek gooi ook motballe in hekmotor....miere maak nie meer nes daar binne nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar, 2021 @ 13:46:19 pm
mulderpm
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2055
Joined: 04 Jan, 2016
Experience: 52 years

Ek dink ook slange en alle diere is mooi en hulle vermy ons. Maar ń slang wat ek nie sien nie is ń gevaar. So ń Swart Mamba in my hout gekry in Salt Rock. Hy is gou weg sonder opsetlikheid.

My Vrou was in Mahai in Januarie 21 deur ń viool spinnkop op haar kuit gebyt. Sy sukkel nog steeds met die byt plek na antibiotica pille en salf. Dit het die weefsel in die byt area laat “vrot”. Dit is nog steeds seer en geswel!

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar, 2021 @ 22:17:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19823
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek is vrek bang vir slange......giftig of nie-giftig. Ons het laasjaar op n slang afgekom by Bass Lake toe ons in die veld gaan stap het....so dik soos my pols. Het myself vlou geskrik....amper oor die wildsheining gespring soos n koedoe

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar, 2021 @ 22:54:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19823
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Desember by Dolphin

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar, 2021 @ 22:56:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19823
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Desember by Dolphin

Foto probeer plaas....wil nie wys nie....onder galleries

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar, 2021 @ 17:07:43 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19823
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Desember by Dolphin

.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr, 2022 @ 23:54:22 pm
Blootvoet
Bronze Member
59% Profile Strength
Posts: 34
Joined: 04 Apr, 2022
Experience: 60 years

Het al 'n groen boomslang en dooie pasgebore muisies onder in my slaapsak, by my voete ontdek een aand.  Die slang is vinnig teen my linkerarm uit, maar ek was vinniger.  

Ons het jare lank saam met boomslange, bruinkapelle, geelslange en diesulkes geleef toe ons permanent gekampeer het, sonder probleme.  Dis tweebeengedrogte wat ons besteel het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun, 2022 @ 14:41:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19823
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Ek gooi om die wa die motbolle, so drie bymekaar omtrent n meter uitmekaar. 

Die jeyes fluid so meter weg van die wa in sirkel. Dit gooi ek net as ons in die bos staan.

Het al vir weke so gestaan dat my bure gaste kry en nie ons nie. Hou tot die paddas weg.

Nou Desember het lang staners agter ons, my raad gevolg en soos ek sê, die Mozambique spoeg kobra was langs hulle by buurman.

Afgelope langnaweek iemand gesien wat mot balle om sy karavaan gooi....ook vir hierdie doel gewees. Hy het ook van daai slang repellent spray gespuit. In die boskamp gewees. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun, 2022 @ 16:17:56 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 624
Joined: 04 Jan, 2021

Ander resep gekry: 

- Gooi Malva Blare om jou erf.

- Rasper Knoffel Huisies fuin met Kaneel stokkies gesaamtelik met gewone Kook Olie en laat hom oornag "Trek".

- Spuit om jou erf saam met Malva Blare.

- Jy kan ook skoon Amoniak om jou erf spuit.

Daai ou kies dan ń ander rigting.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun, 2022 @ 16:23:29 pm

Die "Outjies" vermy skerp reuke en die reuk "Irriteer" ook nie bure nie, want die reuk is beperk tot jou persoonlikke omgewing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun, 2022 @ 17:15:22 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4660
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Van my kollegas het weer gesê jy moet nie malvas in jou erf plant nie, want slange is lief om onder dit weg te kruip.  Wie is nou reg? Is dit dalk maar gelofies wat aangegee word sonder dat dit self beproef is.  Die baksteen in die toiletbak is so 'n raat en mense wat dit verkondig, het duidelik dit nog nie self beproef nie want dit is net nie moontik nie.

Die motbolle lyk dit my, werk om muise en rotte weg te hou.  Ek plaas dit in 'n stoorkamer waar rotte in die verlede al ingetrek het, maar sedert ek motbolle gebruik, nog nie weer nie.  Nou weet 'n mens natuurlik nie of dit werklik die motbolle is en of hulle maar toevallig nie weer ingetrek het nie.  Dit werk beslis nie teen heuningbye nie.  Ek het daarvan in 'n kas geplaas waar hulle ingetrek het, en dit het hulle geensins gepla nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun, 2022 @ 17:47:50 pm

Fred, die motbolle werk beslis teen rotte en muise.

Ek gebruik dit nou al vir jare teenoor my kamp goedere.

Nou die dag toe merk ek ń veld muisie op asook "Drolle" in my kar se ""Enginge".

Ek het die die enginge gespuit en ń pakkie motbolle geplaas waar hy nie kan val as ek ry nie, sodoende nog nie weer "Drolle" gesien nie.

In my stoor tent gooi ek ook bolle met geen probleem.

Onder die wa gooi ek ook bolle en nog nooit ń probleem gehad met "Indringers" nie.

Moontlik is ons die gelukkige kampeerders.

Ek moet ook byvoeg: My vrou is 150% "Presies" (LOL)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First