English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 680
Total Views: 83 243 539
topics: 87
replies: 1 763
views: 192 735
Share your best or worst experiences to help others out.

KONFLIK OP DIE FORUM

replies: 96
views: 1808
page 2 of 2
27 Feb 2020 @ 10:15:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ander voorbeeld. Nog nooit het iemand persoonlik in my gesig gesê my Ranger is gemors nie.....maar ek moes dit wel al n hele paar keer lees

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 10:20:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wat 'n bekgeveg op sosiale media makliker maak, is die feit dat mens nie die ander party in die oëe kyk nie.

Dis semi gesigloos en daarom baie makliker om iemand aan te vat.

Ek vra altyd of ek iets vir so 'n persoon in sy gesig (persoonlik) sal sê.

As ja, laat waai. As nee, los liewer.

Dis waar.  Nog nooit het iemand in my gesig gesê my Ranger wat ek ry is gemors nie.....maar het dit al heelwat keer moes lees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 10:44:56 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Dis waar.  Nog nooit het iemand in my gesig gesê my Ranger wat ek ry is gemors nie.....maar het dit al heelwat keer moes lees

Net so met die Hilux!

Maar, maaind you, daar is erger dinge op die stadium as om te worry oor rygoed wat ons net onnodige geld kos.

 

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 10:57:19 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

'n Mens kan altyd dink wat hy wil, maar behoort nie altyd te sê wat hy wil nie.

So verwonder ek my soms oor hoe mense kan aangaan oor hulle keuse van produkte, so asof hulle probeer om ander mense te oortuig om dieselfde fout as hulle te maak, want dit maak dan mos hulle oordeel meer aanvaarbaar. Dan dink ek, sal so iemand oor sê maar agt jaar wanneer die voertuig niks werd is nie en die oosterse vervaardiger land uit is, nog steeds so uitgelate wees oor die keuse, maar ter wille van medemensliewendheid glimlag 'n ou maar net oor die uitlatings.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 23:47:31 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat 'n bekgeveg op sosiale media makliker maak, is die feit dat mens nie die ander party in die oëe kyk nie.

Dis semi gesigloos en daarom baie makliker om iemand aan te vat.

Ek vra altyd of ek iets vir so 'n persoon in sy gesig (persoonlik) sal sê.

As ja, laat waai. As nee, los liewer.

Prof se ek ook. As jy nie bereid is om iets te se man tot man se dan niks. Ons wereld is Klein dan moet jy jou man Kan staan.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 13:09:30 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Waars daai "populêre" draad nou heen? 🤔🙂

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 14:14:21 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Kan n man dan nie eers meer n draad opsit nie, of dit word verwyder. Eish, met eish ja

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 15:37:31 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Daai draad het die hasepad gekies coolcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 16:28:29 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 548
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

watter een is dit?

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 18:28:47 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Daai draad het die hasepad gekies coolcool

Vir wat wonder ek.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 20:19:21 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Vir wat wonder ek.

Ek sal ook nie regtig weet nie. Ja daar was baie insette maar niks wat vir my so erg was dat dit moes WAAI!!!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2020 @ 21:19:10 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek sal ook nie regtig weet nie. Ja daar was baie insette maar niks wat vir my so erg was dat dit moes WAAI!!!

 

Danie. Wat die mense doen is om die forum bestuur te Bel en hulle Mal te maak met klagtes as hul nie hul sin of se kry nie.

Verstaanbaar het forum bestuur nie tyd vir klomp mense wat hul terroriseer met oproepe Dan is dit die maklikste net om die draad te delete. Bietjie onregverdig op n manier want nou kry die kinderagtige, skandelike pap broeke, kla gatte wat nie hul man Kan staan op n forum hul sin en so iets sal net meer eskaleer. Maar net wat ek dink wat gebeur.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 07:46:13 am
Anonymous

Ek gaan dit tog waag om iets aan te roer, en sal heel waarskynlik daaroor aangespreek word of hierdie draad sal ook verdwyn. Indien ek aangespreek word sal dit dan ook maar die einde van my insette hier wees.

Daar was gepraat oor 'n persoon wat nie meer hier gesels nie, en daar was aannames gemaak dat dit  was "omdat sy op admin" van {die ander forum} was, en ek het dit probeer wegpraat. 

Dit wil vir my voorkom asof daar 'n redelike sterk (onnodige?) negatiewe gevoel is oor die "ander"forum, en dit maak die situasie sensitief want daar is heelwat lede hier wat op albei forums deelneem (soos met die ou Weggesleepte forum).

Voorlopig groet ek dan maar, en aanvaar ek sal stil word hier.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 07:48:49 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Soos ek reeds genoem het....ons almal wat daai tyd deel geneem het weet waaroor dit gegaan het.....jammer dat min mense dit kan erken

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 07:59:39 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

....en dis n forum hierdie waar ons saam op gesels. Beteken nie dat ons moet saamstem oor alles nie. As ek nie saamstem met jou nie, dreig ek ook nie om die forum te verlaat nie. Ek het my siening en jy joune....so verskil mense maar van mekaar

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 08:43:40 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ja. Ek het geen koeking clue waarvan julle praat. Klink na n serious fight 🤕

Frans ek sien nie fout om op verskillende forums aktief te wees. Solank dit nie is soos wat baie Al gedoen het nie. Stook kwaad, hol weg, stook daar kwaad, hol terug.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 08:57:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gaan dit weer sê................... elke ou het sy reg op 'n opinie.  Dit is nou maar iets wat ons moet respekteer.  Gee jou feite as jy verskil van 'n ander, maar dis nie nodig om jou siening op iemand af te dwing nie.  Die res wat dit lees kan dan die twee partye se info lees en met die informasie maak soos hulle goed dink.

As elkeen hou by net gesels op die forum dink ek sal admin dit nie nodig ag om onderwerpe te verwyder nie.  En ek glo 'n onderwerp sal slegs gevries word of verwyder word as die gesprekke warm onder die kraag raak.

Hou dit rustig en daar behoort nie "issues" te wees nie.  Die bal is heeltyd aan ons kant van die net.  Hoe ons hom speel het net 'n verdere uitwerking op ons eie spel daarna.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 09:48:05 am
KD
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 28
Joined: 17 Oct 2019

It is not worth saying something on a forum when you have an Xspurt (the old army definition) who has to have his say. Even though they are uneducated and ignorant on the topic. 

It looks like this is the opinion of the majority of the members. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 12:44:21 pm
Anonymous

....en dis n forum hierdie waar ons saam op gesels. Beteken nie dat ons moet saamstem oor alles nie. As ek nie saamstem met jou nie, dreig ek ook nie om die forum te verlaat nie. Ek het my siening en jy joune....so verskil mense maar van mekaar

El stem met jou saam wat die saam praat en of verskil en wat ook al aanbetref.

Die punt wat EK probeer maak was dat dit het gebeur in die verlede waar daar na die ANDER forum verwys was, in watter opsig ookal, was die plasings daaroor verwyder. Daar was op die ander forum NIKS negatief gesê omtrent HIERDIE forum nie.

Waar die ander forum dan deur lede wat op ALBEI forums bedrywig was, hier slegs effense verwysing na ander forum was, was sulke lede aangespreek en sommige was verwyder en of geblok. 

Hier is nuwe lede wat geen benul het wat daardie tyd gebeur het of gesê was nie. EK dreig NIE om te waai nie, of hierdie forum te verlaat nie, MAAR as jy sou aangevat word deur bestuur oor jy sou verwys na die ander forum, en soms geblok word, is dit maar die weg om dan te gaan - dis wat ek probeer tuisbring.

Ek kamp nie meer nie, wil ook nie meer kamp nie, MAAR ek het insetter sedert 2012 geplaas oor info betreffende Trapezium me ander produkte, en kry maandeliks sowat 5 of meer eposse van mense wat hier leeas en navorsing doen, en omdat my epos adres destyds geplaas het om HULP te verleen, probeer ek almal help met daardie info. Dit is 6 jaar nadat ek reeds ophou kamp het. 

Ek het ADMIN al gevra om my inligting te verwyder, maar dis vir hulle te veel werk.

EKSELF kry GEENSINS enige voordeel om hier betrokke te wees. NIKS wat geplaas word het werklike waarde wat tot my lewenswyse bydrae lewer nie. Ek het probeer kennis deel, so, op hierdie stadium as ek weer deur admin gemaan word, oor hierdie plasings, waar ek dinge omtrent sekere gebeure probeer toelig, sal ek met graagte onttrek, sonder enige fanfare.

En DIT is wat ek die plasing gesê het, as ek moet gaan sal ek gaan, ek het nie "gedreig"om forum te verlaat nie. En dis weereens verkeerde aannames/afleidings wat gemaak word.

Ek hoop dit sal nou verstaanbaar wees.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 12:58:10 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar word lyk dit my, aanvaar die verwydering van die betrokke draad is omdat daar na 'n ander forum verwys is.  Hoe seker is ons dat dit so is? Ek raai eerder dis oor die ietwat beledigende dinge wat in die draad gesê is of dat mense betrek is wat nie hier is om hulleself te verdedig nie.   Dit sou sulke bespiegelinge uit die weg ruim as Admin redes gee vir hulle besluite, maar ek dink nie dis prakties nie.  As dit gedoen sou word, kan ek waarborg dit gaan net nuwe debatte tot gevolg hê.  Admin het beslis 'n moeilike taak en kan onmoontlik lamal tevrede stel.  Van my bydraes is al verwyder maar na ek aanvanklik ongelukkig was daaroor, het ek later besef ek sou waarskynlik in admin se plek dieselfde gedoen het. 

Ek sou dit verwelkom as hierdie betrokke debat vinnig tot 'n einde kom.  Kom ons stry eerder oor wie se voertuig die ligste op brandstof is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 13:21:21 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 548
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Gee vir ADMIN die voordeel van die twyfel.   As ek in Admin se skoene was sou ek ook die draad verwyder het omrede dit verdere verskille en ou slegte memories kan terugbring.  

Admin het dit verwyder om vrede te bewaar sodat daar nie weer 'n groot konflik kan begin nie.  

Ek berus by dit.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 13:57:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Voorlopig groet ek dan maar, en aanvaar ek sal stil word hier.

Sjoe....dis n vinnige terugkeer! Vlug verpas? 

Ek was miskien in die aand gebore gewees, maar ek kan jou waarborg dit was nie gisteraand gewees nie.

Lede word nie net sommer hier verwyder sonder rede nie en jy weet dit....hoekom vroom hou? Dis nie net hier nie....sien baie van die lede wat hier verwyder is, is ook al verwyder op hope kamp facebook blaaie. Al gewonder hoekom? Ek weet hoekom en hulle weet ook hoekom....dis hoekom hul vrede daarmee maak. Is al die hope admins en eienaars van kamp platvorms dan so onregverdig om heeltyd dieselfde idividue te teiken? Is daar n swartlys dat almal hulle afhaal? Of is dit omdat hul daar ook besig was om reels te oortree? Ek weet nie...... 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 14:06:03 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek het n gevoel gehad van die eerste plasing dat daai draad verwyder gaan word. Om in die verlede te gaan krap, wetend of onwetend dat dinge sensitief is, is moeilikheid soek.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 14:28:55 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Hi Oom Frans en Fred.

Altyd moeilik om te gesels oor n draad wat verwyder is.

Ek dink niemand, myself ingesluit, was beledigend op die draad nie tensy die sin " besig om te stir" in die kategorie val. Was daar kommentare tussen my laaste bydrae en die verwydering wat  dalk lelik was?

Ook is die persoon ter sprake en die forum waar sy  aan deelneem geensins beswadder nie.

Die verwydering van die draad na my mening gaan oor die rede waarom sekere mense nie meer hier deelneem nie. Daar heers nog n sensitiwteit daaroor.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 14:46:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Voorlopig groet ek dan maar, en aanvaar ek sal stil word hier.

Sjoe....dis n vinnige terugkeer! Vlug verpas? 

Ek was miskien in die aand gebore gewees, maar ek kan jou waarborg dit was nie gisteraand gewees nie.

Lede word nie net sommer hier verwyder sonder rede nie en jy weet dit....hoekom vroom hou? Dis nie net hier nie....sien baie van die lede wat hier verwyder is, is ook al verwyder op hope kamp facebook blaaie. Al gewonder hoekom? Ek weet hoekom en hulle weet ook hoekom....dis hoekom hul vrede daarmee maak. Is al die hope admins en eienaars van kamp platvorms dan so onregverdig om heeltyd dieselfde idividue te teiken? Is daar n swartlys dat almal hulle afhaal? Of is dit omdat hul daar ook besig was om reels te oortree? Ek weet nie...... 

Net regstelling van my laaste 3 woorde.(wil nie vroom optree nie) "Ek weet nie...." moet wees "Ek weet....."

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 15:18:23 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

HM, dit wil vir my voorkom asof misverstande, veral die interpretering van 'n taal anders as 'n ou se eerste taal problamaties kan wees.

Ek het begrip vir 'n ou soos jy wat uit goedgesindheid aan 'n draad deelneem in die taal waarin dit begin is. Dit het by twee geleenthede in die draad wat verwyder was gebeur dat daar 'n misverstand ingesluip het.

Ek het begrip vir die probleem, en sou verkies dat so 'n misverstand eerder in die openbaar opgeklaar word as wat dit in 'n wolk van onsekerheid gehul word. Ons kan almal leer uit sulke foute, iets wat ons almal aan blootgestel is. Tensy dit natuurlik 'n moedswilligheid was het ek nog altyd gevind dat ouens haastig is om te sê hy het 'n fout gemaak. 

Terloops, daar was 'n onverwante inset op die betrokke draad wat 'n klomp afrikaanssprekendes die harnas kon injaag. Miskien is die draad a.g.v. daarvan toegemaak, aangesien dit groot konflik tot gevolg kon hê. Nou sal ons seker nooit weet nie.

 

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 16:20:10 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Oompie.............

Het jy dalk iets met dit te doen 🤭

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 16:30:01 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Kanneman, ek dink nie ek het die opskrif van die onderwerp misverstaan nie. Daar was Afrikaans eerste taal deelnemers wat net soos ek dit verstaan het, en ek vermoed CP ook. Dan was daar ander wat dit verstaan het soos wat jy waarskynlik dit bedoel het, en later uitgewys het. Is 'n kwessie van woordkeuse om die boodskap/vraag oor te dra.

Maar jy is reg, net CP weet waarom hulle dit verwyder het. Soos ek vroeer geskryf het, het ek vermoed daai draad sal nie lank aanhou nie, so dit het my nie verbaas nie.

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 16:40:23 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Op daardie draad "Waar is Frieda" het van die deelnemers gevra dat admin die draad moet verwyder. Hy/Hulle het nog n persoon afgevaardig om dit te doen. Nou dat dit gedoen is weet niemand niks. Lyk my hier is manne wat net tik en nie onthou wat hulle tik nie. 

Los dit wat agter is net daar en vestig jou oe op die wen streep.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 17:24:41 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Op daardie draad "Waar is Frieda" het van die deelnemers gevra dat admin die draad moet verwyder. Hy/Hulle het nog n persoon afgevaardig om dit te doen. Nou dat dit gedoen is weet niemand niks. Lyk my hier is manne wat net tik en nie onthou wat hulle tik nie. 

Los dit wat agter is net daar en vestig jou oe op die wen streep.

'n Paar probleme met jou kommentaar Chris.

Die draad se naam was nie "Waar is Frieda" nie. Be specific.

"Hy/hulle' is wyd. Call a spade a spade, and do not forget to include the reason for the request to see if it had merit. Of course, it can be refuted unless you do what I do.

Ek onthou wat ek getik het. Made a screenshot after my last posting just in case. Learned this from an old member who incidentally is also only occasionally here on this forum. 

No problem with your last remark. I agree.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 18:35:45 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

My opinie :

  • Ek hou nie daarvan om gemodereer te word nie. 
  • Ek hou nie daarvan dat 'n moderator / administrateur moet besluit of ek nie maniere het in my optrede teenoor ander nie.  Ek glo ek is volwasse genoeg om self daaroor te besluit en daarvolgens op te tree
  • Sou ek kies om gemodereer te word, erken ek dat ek 'n swakkeling is en nie weet hoe om my medemens met respek te hanteer nie
  • Ons is nie 'n klomp skoolkinders wat deur prefekte in lyn gehou moet word nie  -  sover ek weet, almal volwassenes wat tussen reg en verkeerd behoort te weet
  • As elkeen van ons op kampering en kampverwante onderwerpe konsentreer en mekaar se verskillende stanpunte respekteer, behoort stryery oor beuselagtige onderwerpe op hierdie forum vanself te verdwyn
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 20:23:25 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

HM, ek het geen probleem om iemand op sy naam te noem nie. Sekerlik kan jy ook nie onthou presies wie het wat gese nie, veral as die draad verwyder is.

Of dit jy was wat dit gese het weet ek nie. As die skoen nie pas nie moet hom nie aantrek nie.

Kom ons doen eerder wat Lennie se, bepaal ons by KAMP.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 21:20:15 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

HM, ek het geen probleem om iemand op sy naam te noem nie. Sekerlik kan jy ook nie onthou presies wie het wat gese nie, veral as die draad verwyder is.

Of dit jy was wat dit gese het weet ek nie. As die skoen nie pas nie moet hom nie aantrek nie.

Kom ons doen eerder wat Lennie se, bepaal ons by KAMP.

Chris, die punt wat ek wil maak is, as mens nie wil se, of weet, wie wat gese het nie, is dit 'n "sweeping statement" en lei tot konflik, wat inpas by hierdie onderwerp. Naamlik "Konflik op die forum". En enige reaksie op die "sweeping statement" word gewoonlik verdedig met "As die skoen nie pas nie moet hom nie aantrek nie". Baie doen dit so moenie alleen voel nie. laughing Maklike manier om uit die situsasie te kom na my mening. 

Ek stem gedeeltelik saam met Lennie se kommentaar. Maar hier is baie nie-kampverwante onderwerpe, grappe ensovoorts wat nie tot konflik lei nie. Die probleem kom by subjektiewe onderwerpe en onderwerpe wat sensitief is vir admin en lede. Ek hou van Lennie se beskrywing "beuselagtige onderwerpe". Dan is moderasie nodig.

My opinie.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 21:43:07 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Lennie en HM, ek stem volkome met julle saam.

Ek het lank en mooi gedink oor hierdie post. As een van die amper oudste en amper langste lidmaatskap lede van hierdie Forum voel ek werklik bekommerd oor die rigting waarin wat 'n wonderlike kampeer forum is, beweeg, so asof die oorspronklike fokus, naamlik kampering nou ondergeskik gestel word aan 'n "Facebook"  of “kletsruimte” model. As ‘n lid van verskeie Forums oor ‘n wye belangstellingsveld kyk ek na hierdie forum as die plaaslike een met die grootste inligtings of ondersteunings potensiaal. As entrepeneurs Suid Afrika se buitelewe potensiaal mis kyk het hulle brille nodig.

Om terug te kom na die “kletsruimte”, wat duidelik nie spreek van spontane oop gesprek nie. Ek sou graag wou by voeg dat ek ook nie hou van "die deelnemers", die mense" , hulle", en watter ander gesiglose en naamlose individue wat as ondersteunende bewyse aangehaal word nie. As ‘n lid nie op sy naam genoem kan word, soos in regspraak vereis sou word nie, bestaan hy nie. Om te sê "ander mense verstaan dit ook so" of daar is lede wat sus of so sê" is na my nederige menining nie aanvaarbaar in debatvoering nie. Dit is hierdie soort opmerkings wat wantroue,  konflik en frustrasie ontlok..

HM, ek het 'n blaai uit jou boek geneem. Thanks man. Saving screens helps a lot with short term memory loss when the script is no longer available, as in a hard drive failure.wink

Ten slotte, ek kon nie glo wat ek sien nie - ek is regtig ongelukkig om te lees dat die moontlikheid bestaan dat lede klaarblyklik vir admin kan voorskryf of manipuleer. "van die deelnemers gevra dat admin die draad moet verwyder. Hy/Hulle het nog n persoon afgevaardig om dit te doen." As dit die waaarheid en die rede is waarom 'n draad verwyder word dink ek dit is laat in die nag vir onderlinge vertoue, insluitende die van finansiële buitestaander ondersteuners en is regstellende aksie  ononderhandelbaar. Hierdie stelling moet vir die onderlinge vertroue van lede vinnig deur admin uitgeklaar, opgeklaar, verduidelik en reg gestel word, eerder as om die maklike weg te volg en die draad soos te vore te sluit sonder regverdigde verduideliking, soos wat in die onlangse verlede gebeur het.

Terloops, ek het per e-pos navraag gedoen oor die rede vir die verwydering van die betrokke draad, maar het geen reaksie gekry nie.

Ek het bogenoemde geskryf nie omdat ek dwars wil wees nie, maar uit frustrasie omdat openlikheid of "transparency" vir my belangrik is, wat ons in hierdie land baie nodig het om onderlinge vertroue, gelukkige samesyn en medemenslikheid en vooruitgang te bevorder.  

Kanneman dan nie maar die ding sê soos hy dit sien nie? Julle is welkom om van my te verskil. Op my ouderdom kan ek dit hopelik vat! smile

Op daardie draad "Waar is Frieda" het van die deelnemers gevra dat admin die draad moet verwyder. Hy/Hulle het nog n persoon afgevaardig om dit te doen. Nou dat dit gedoen is weet niemand niks. Lyk my hier is manne wat net tik en nie onthou wat hulle tik nie. 

Los dit wat agter is net daar en vestig jou oe op die wen streep.

 

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 22:05:17 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat 'n bekgeveg op sosiale media makliker maak, is die feit dat mens nie die ander party in die oëe kyk nie.

Dis semi gesigloos en daarom baie makliker om iemand aan te vat.

Ek vra altyd of ek iets vir so 'n persoon in sy gesig (persoonlik) sal sê.

As ja, laat waai. As nee, los liewer.

Ek dink dit is regtig ongemanierd en beledigend om iemand in sy gesig te se hy ry n gemors. As iemand dit met my moet doen gaan daar beslis nie iets goed van kom.

Ek gee baie my harde en reguit opininie (my - opininie) op produkte want ek hou by so ver my kennis strek met ondervinding, feite en kennis. Ek Kan ook foute maak.

Wat ek op die forum se sal ek in enige persoon se gesig se sonder om in enige manier ge intemideer te voel as hy voor my staan oud, jonk, groot of klein. As ek voel ek het n punt beet staan ek by dit. My agterwereld was al te veel geskop om intemedasie vreemd te vind dus is niks nuut en ek is bang vir niks.

Ek sal ook verduidelik hoekom ek dit se. As die persoon voor my verskil Kan Hy my reguit se ek is verkeerd en my reguit vertel hoekom Hy dink ek is verkeerd

Ek Kan altwee kante soos n grootmens hanteer maak nie saak hoe dit na my toe kom. Ek staan Vir wat ek se en belangrik, wanneer ek fout maak vra ek omverskoning.

Eiende van die dag respekteer ek almal om my, hul keuses, besluite hul mens wees wat eientlik ook net n lewe wil geniet en n sukses van dit maak hoe hulle omstandighede dit toelaat.

 

 

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 22:27:30 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Kanneman. Jy is seker nie ernstig om eers te dink dat Admin deur enige lede manipuleer word om drade te verwyder nie.

Die kwessie of Admin redes moet verskaf wanneer hulle onderwerpe verwyder was van tevore breedvoerig bespreek. Ek kan hulle nie aanhaal nie maar hul antwoord was dit lei net tot verdere argumente tussen hulle en die persone wat voel hul te nagekom is. In ander woorde het Admin gese "just accept it".

Good luck met jou e-pos.

Nou gaan ek Lennie en Chris se raad volg. Ek gaan my vir 'n wyle bepaal by KAMP. Fisies.

 

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 22:34:22 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kanneman. Jy is seker nie ernstig om eers te dink dat Admin deur enige lede manipuleer word om drade te verwyder nie.

Die kwessie of Admin redes moet verskaf wanneer hulle onderwerpe verwyder was van tevore breedvoerig bespreek. Ek kan hulle nie aanhaal nie maar hul antwoord was dit lei net tot verdere argumente tussen hulle en die persone wat voel hul te nagekom is. In ander woorde het Admin gese "just accept it".

Good luck met jou e-pos.

Nou gaan ek Lennie en Chris se raad volg. Ek gaan my vir 'n wyle bepaal by KAMP. Fisies.

 

 

Henrick. Dit is eientlik upsetting want indien so is dit amper soos n mafia wat die ding hardloop. Ek dink is totaal nie die geval en CP sal hulle nie laat boelie of voorskryf nie, by niemand.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 22:45:47 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

HM, ek hoor wat jy sê, maar die feit dat die moontlikheid van voorskrif of manipulasie bestaan is onrusbarend, en die reaksie daarop sal rigting gewend wees. 

In my bemarkings klas het ek destyds geleer 'n entrepeneur moet sy lojale menslike bates identifiseer, en na hulle omsien, want hulle verseker sy voortbestaan. Ek is seker maar agter die klip, want alles verander mos, insluitende lesingsmateriaal.

Ek stem saam met die kamp idee. Ek wil nog drie keer gaan kamp voordat die winter toeslaan. Lyk my die kanse is maar skraal dat ons mekaar sal raak kamp.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2020 @ 22:50:34 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

HM, ek hoor wat jy sê, maar die feit dat die moontlikheid van voorskrif of manipulasie bestaan is onrusbarend, en die reaksie daarop sal rigting gewend wees. 

In my bemarkings klas het ek destyds geleer 'n entrepeneur moet sy lojale menslike bates identifiseer, en na hulle omsien, want hulle verseker sy voortbestaan. Ek is seker maar agter die klip, want alles verander mos, insluitende lesingsmateriaal.

Ek stem saam met die kamp idee. Ek wil nog drie keer gaan kamp voordat die winter toeslaan. Lyk my die kanse is maar skraal dat ons mekaar sal raak kamp.

Die weer in die kaap wys plekke wat baie aangename weer wys die laaste tyd. Klim in voor dit te laat is.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Mar 2020 @ 10:11:07 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years
🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 16:07:43 pm
Nacraza
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 04 Apr 2014
Experience: 50 years

Really appreciate feedback/comments received to date (being relatively new), not experienced any negativity yet; I will stay on the forum as long as I enjoy it!

I often have to use Google Translate to read everything (as I hail from the UK - and have always worked in SA in English speaking companies [actually suppliers of locomotives to SAR, and then worked at Eskom/Koeberg]), but that is my problem, not anyone elses!

Keep it up

Sean

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 01:09:07 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hi Sean. A lot of things happen on this forum. At times it's boring, sometimes there is ego's clashes and result in fire works.

Most important is the valuable sharing of information, ideas, funny comments and stubborn old oxes that want to force their opinions on other people is part of entertainment that you don't want to miss. 

Will you enjoy it. Most definitely the menu on entertainment is huge. Don't run away and enjoy the ride.

Remember that your camping experiences and trends in the UK will be a (nice to have👍) on this forum.

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 08:39:38 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Dat ‘n persoon wat so taalvaardig is in Engels so min van  in Engels Gehoor word is ‘n jammerte.

Alle grappies op ‘n stokkie - ek kry party dae die indruk dat die Engelse gemeenskap taalgebruik gewys hier afgeskeep, word, wat sekerlik nie bevorderlik is vir hulle deelname nie.

Ek hoop ek is verkeerd.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 08:50:05 am
Nacraza
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 04 Apr 2014
Experience: 50 years

Thanks

Actually all my caravan experience is here in SA, as I first arrived here in 1979!

Sean

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 10:04:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Thanks

Actually all my caravan experience is here in SA, as I first arrived here in 1979!

Sean

I normally try to answer a topic in the language it was started by the originator.  If someone makes a comment in another language and I reply to that I will follow that trend.

I do how ever need some assistance with the spelling so bare with me if its not all that great.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 10:27:45 am
Nacraza
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 04 Apr 2014
Experience: 50 years

Most people shorten their words and miss correct grammar when writing online, so keep on as is

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 2 of 2
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za