English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 439
Total Replies: 251 863
Total Views: 83 200 793
topics: 149
replies: 2 389
views: 346 710

Neuskas en water

replies: 21
views: 1050
22 Mar 2020 @ 16:58:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Tydens afgelope kamp het ons baie reën gehad. Wat my opgeval het is dat 4 van my omliggende buurmanne hulle neuskaste oop los tydens reën. 3 van hulle het aircons ingehad en ander net los items soos tentpenne ensovoorts. Kan jy nie skade kry nie?

Dan sien ek daar is gaatjies onder in neuskas.....as mens op n nat pad ry, word die goed in neuskas klam. Is daar van julle wat daai gaatjies toemaak? Is dit aanbeveelbaar om dit toe te maak of nie?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 18:00:14 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

My deur is altyd halfpad oop tydens kamp, droog of reen. Ek wil nie he die aircon moet "per ongeluk" aangesit word en die deur voor hom is toe. Die travel blanket hang ook oor die deur.

Ek het nog nooit regtig met vogtigheid gesukkel want die water drain goed deur. My deur staan altyd oop behalwe met n erge storm.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 18:51:20 pm
AltydKampTyd
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 16 Oct 2016
Experience: 28 years

Die gaaitjies is vir die geval waar daar ‘n gas lek is, so moet oop bly

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 19:52:58 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2177
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek het ook die afgelope vakansie in Hartenbos opgemerk dat die karavane met aircon se neuskaste oop bly die hele tyd. Baie het n seilskerm wat hulle soos n rally oor die opening trek met 2 tentpale wat sekerlik help met inreen. Ekself het nie n aircon nie en my neuskas is te alle tye toe. Ja daar is gaaitjies onderin maar ek het nog nooit enige vogtigheid daar opgemerk nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2020 @ 20:01:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die gaaitjies is vir die geval waar daar ‘n gas lek is, so moet oop bly

Dankie Horst. My wa het nie n kombuis of kraan in nie, gevolglik ook nie gasbottel nie....gaan daai gaatjies dan toemaak sodat vog nie in kan kom tydens sleep op n nat pad nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 08:31:09 am
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 20 Feb 2017

Hou myne maar toe want ek sien daar is maar genoeg hout in die neuskas, insluitende die vloer, wat moontlik skade kan kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Mar 2020 @ 08:49:56 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1271
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

My ou waentjie is al baie oud (1993 model) en het al 'n bietjie houtvrot voor in die neuskas se vloer opgetel. Persoonlik reken ek dit is maar 'n mate van 'n risiko om veral tydens reënweer, die neuskas pal te laat oopstaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2020 @ 14:33:45 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dit is presies een van die redes waarom ek gesorg het dat my lugversorger op die stert van die karavaan gemonteer is.  My neuskas bevat van my kosbare "garage"-items asook my spaarwiel en twee gasbottels  -  niemand (ook nie mense met lang vingers nie) krap hier rond nie !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2020 @ 18:22:00 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Deksel hang net toe maar nie gesluit nie.

Teveel in en uit met goed, gaatjies is vir gas bottles, en maybe is daar voor.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Mar 2020 @ 22:26:38 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

My skoonseun het my wa onder met 'n 'rubber compound' laat verf en alles geseël, ook die onderkant van die neuskas. Ons het egter die 2 openinge oop gelos vir ingeval van 'n gaslekkasie.

Ek glo die houtvrot in die vloer kom nie as gevolg van reën van bo af nie, maar eerder direkte vog vanaf die nat pad op die houtvloer.

Dit bring die vraag 'hoe lank gelede is jou onderkant van jou wa met seëllaar of watookal behandel.

Is dit nodig?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Mar 2020 @ 17:12:32 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2177
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Proffie daardie is n goeie vraag. Ek het onlangs onder my wa ingeklim en gesien dat alhoewel dit n 2011 model is lyk die onderstel en chassis nog mooi. Gelukkig kan ons dit nie in hierdie 21 dae doen nie want ons mag nie die huis verlaat nie.....ne Ma!!!!!!

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 10:09:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My skoonseun het my wa onder met 'n 'rubber compound' laat verf en alles geseël, ook die onderkant van die neuskas. Ons het egter die 2 openinge oop gelos vir ingeval van 'n gaslekkasie.

Ek glo die houtvrot in die vloer kom nie as gevolg van reën van bo af nie, maar eerder direkte vog vanaf die nat pad op die houtvloer.

Dit bring die vraag 'hoe lank gelede is jou onderkant van jou wa met seëllaar of watookal behandel.

Is dit nodig?

My wa se hele onderstel is "galvanized steel".  Die Jurgens fabriek powerder coat die onderstele wat hulle daar maak.

So dis seker goed om die onder stel weer oor te verf teen verder verweer of roes wat kan voorkom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 10:13:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die neuskas van die Maia is heeltemal toe en geseel.  Die gas silinder is ook daar binne.

Dis dalk 'n goeie rede om 'n klein vent onder die gas selinder te instaleer.  Het nooit so daar voor opgelet nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Mar 2020 @ 23:26:34 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

My wa se hele onderstel is "galvanized steel".  Die Jurgens fabriek powerder coat die onderstele wat hulle daar maak.

So dis seker goed om die onder stel weer oor te verf teen verder verweer of roes wat kan voorkom.

Leon,

Ek verwys hier na die vloeroppervlak onder, nie die onderstel nie.

Meeste vloere se onderkant is met 'n swart verf(?)/waterwerende verf geverf.

Dit is waaroor ek kommer in terme van nat pad vog op die onderkant van die vloer wat van hout gemaak is. Weet nie of die Sensasie se vloer glasvesel of ander materiaal anders as hout is nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2020 @ 12:51:51 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die neuskas van die Maia is heeltemal toe en geseel.  Die gas silinder is ook daar binne.

Dis dalk 'n goeie rede om 'n klein vent onder die gas selinder te instaleer.  Het nooit so daar voor opgelet nie.

As jy sou besluit om n gaatjie te maak, moet jy miskien een oorweeg waar jy weer n proppie in kan sit. Sou jy dan op n nat pad sleep, kan jy maklik gaatjie tydelik toemaak om te verhoed dat items klam raak in neuskas

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2020 @ 13:54:05 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Al het jy n ventilasie gaatjie. Gas is lief om in hoeke waar die nie Kan ontsnap bymekaar te kom. As daar nie lug goed deur trek bly dit gevaarlik.

Bottom line. Waar daar n gas bottel is moet my versigtig wees. Jy maak nie as voorbeeld jou neus kas oop met n sigaret In die hand. Jy pak ook nie n gas bottel toe met goed nie. Dit is ook n rede dat ek verkies  neus kas entjie oop te hou tydens kamp want dit is baie moontlik day jy moeilikheid binne jou karavaan Kan optel as daar n lighter of oop vlammetjie is.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2020 @ 14:00:32 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

As jy sou besluit om n gaatjie te maak, moet jy miskien een oorweeg waar jy weer n proppie in kan sit. Sou jy dan op n nat pad sleep, kan jy maklik gaatjie tydelik toemaak om te verhoed dat items klam raak in neuskas

Geert

Daardie openi ge is so klein, ek twyfel of daar genoeg water kan in spat om die goed biinne die kas nat te maak.

Sekerlik as mens deur diep water gaan ry wat jy nie met jou padwa doen nie.

Hoeveel water op 'n duisend kilometer nat pad sal inkom is 'n oop vraag. Die lugvloei onder deur die wa gaan ook 'n verminderde vogopslag onder die neuskas veroorsaak. Vog opslag meer na agter.

Dis my opinie. Sal goed wees as mens lugvloei trajek oor en onder deur 'n wa, met sleepvoertuig, kan sien.

Sal bietjie soek.

Dalk kan Danie ook hier help.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Mar 2020 @ 14:05:33 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

As jy sou besluit om n gaatjie te maak, moet jy miskien een oorweeg waar jy weer n proppie in kan sit. Sou jy dan op n nat pad sleep, kan jy maklik gaatjie tydelik toemaak om te verhoed dat items klam raak in neuskas

Geert

Daardie openinge is so klein, ek twyfel of daar genoeg water kan in spat om die goed binne die kas nat te maak.

31 Mar 2020 @ 15:45:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17345
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert

Daardie openinge is so klein, ek twyfel of daar genoeg water kan in spat om die goed binne die kas nat te maak.

Sekerlik as mens deur diep water gaan ry wat jy nie met jou padwa doen nie.

Hoeveel water op 'n duisend kilometer nat pad sal inkom is 'n oop vraag. Die lugvloei onder deur die wa gaan ook 'n verminderde vogopslag onder die neuskas veroorsaak. Vog opslag meer na agter.

Dis my opinie. Sal goed wees as mens lugvloei trajek oor en onder deur 'n wa, met sleepvoertuig, kan sien.

Sal bietjie soek.

Dalk kan Danie ook hier help.

My goed word definitief klam tydens sleep....en dan nie van 1000de km sleep nie. My laaste ervaring was seker 30km sleep op n nat pad. n Kar gooi ook baie fyn waters op.....dis waar ek vermoed dit vandaan kom.

Ek het dit agtergekom laasjaar toe ek my tentsak en sak waar toue inkom gemuf het. Toe ons van Drakensberg na Dolphin gesleep het ook op nat paaie, was beide sakke weer goed klam gewees. Nou met die Expo dieselfde...beide sakke en badsakkie waar ek remote van movers insit was klam en moes tuis eers buite laat droog anders sou dit definitief weer gemuf het as ek net so in toe neuskas gelos het.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2020 @ 14:22:35 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Geert,

Dankie vir díe inligting. My aanname dus nie universeel korrek nie.

My neuskas het twee klein openinge waar die onderkant van die neuskas by die vloer aansluit. Ek het ook al heelwat in reënweer gery, veral oa van Drakensville af terug huistoe. 80% van die tyd in reën gery. Ek het geen klammigheid in die neuskas agtergekom nie.

Moet ook bysê ek het nie doelgerig vir klamheid of nat gesoek nie.

Dit maak dan sin as jy voorstel dat jy die twee gaatjies toemaak wanneer jy ry, veral in nat weer. Dan net oopmaak as deel van kamp opslaan.

Mens kan seker van daardie swart "proppies" kerf tot hy pas. My neuskas gaatjies is nie rond nie, eerder halwe sirkel/half maan.

Dankie vir hierdie draad. Laat mens net weer fokus op minder algemene items.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Apr 2020 @ 14:35:33 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon,

Ek verwys hier na die vloeroppervlak onder, nie die onderstel nie.

Meeste vloere se onderkant is met 'n swart verf(?)/waterwerende verf geverf.

Dit is waaroor ek kommer in terme van nat pad vog op die onderkant van die vloer wat van hout gemaak is. Weet nie of die Sensasie se vloer glasvesel of ander materiaal anders as hout is nie.

Die heel onderste basis van die Maia se vloer is ook hout wat swart geverf is.  My kommer is nie so veel daar nie want die droogword proses nadat dit nat geword het is 100%.  Ek stem dat dit goeie praktyk sou wees om weer te verf.  Moet die verf net nie so dik aanwend dat hout wat op 'n manier nat geword het nie weer heeltemal droog kan raak nie.  Dis wanneer hout vrot mos intree.

As jy sou besluit om n gaatjie te maak, moet jy miskien een oorweeg waar jy weer n proppie in kan sit. Sou jy dan op n nat pad sleep, kan jy maklik gaatjie tydelik toemaak om te verhoed dat items klam raak in neuskas

Die hele neus aan die binne kant is veselglas en geseel.  Ek gaan reg onder die gas bottel so 10 x 6mm gaatjies boor.  As daar water in kom gaan dit glad nie pla nie.  Belangrik is dat die gas moet kan uit as daar 'n lekasie is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2020 @ 10:44:03 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Leon,

Jou plan maak sin. Solank die laagste punt in die area is. LP gas is swaarder as suurstof en gaan lê by die laagste punt.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za