English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 282
Total Replies: 230 205
Total Views: 82 387 176
topics: 4 391
replies: 29 473
views: 17 335 188
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 87
replies: 61
views: 5 245
topics: 1
replies: 8
views: 3 515
Die Eiland Resort
Northern Cape, Upington
6
Total Ratings: 6
3   
3
Rated: 22 Mar 2019
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Die Eiland oord by Upington

replies: 14
views: 239
08 Oct 2019 @ 11:41:06 am
GUS 555
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 18 Jan 2016
Experience: 24 years

Ons het Gaan blomme kyk en wou in Upington oorslaap.

Ons was laas in 2010 by, Die Eiland gewees, toe was dit aanvaarbaar.

Die jaar, 'n totale disaster. Die plek is in die grond in agteruit gegaan, geen instandhouding en totaal onveilig.

Ons het toe die ekstra 20 Km gery na OranjeRus, dit was absoluut 'n verrassing. Sal enige tyd weer daarheen gaan. 

Work interferes with my Holidays
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 11:43:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sal voorstel dat jy die twee oorde rate hier op fie forum.

So is jou terugvoer tot voordeel van almal.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 12:38:21 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

En dit was een van die baie aangename oorde.  Dis tog nie so moeilik om 'n goeie onderneming aan die gang te hou nie.  Aliwal-Noord, Kroonpark by Kroonstad, Fonteine in Pretoria, Kuruman, Uniepark in Polokwane, Clan William, Swellendam .... die  lys is nimmer-eindigend.  Gelukkig egter as daar 'n gaping ontstaan, neem iemand dit en bied iets aanvaarbaar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 14:05:09 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ons het al verskeie kere by Oranjerus gestaan. Pragtige geriewe en heerlike restaurant.  Ons het ook al in een van die tent-chalets geslaap.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 19:46:09 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Als os mos na 94 die beste. 

Beste op gedonner.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 10:44:40 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1532
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Profetiese en ware woord, Jin.

Sien jy is weer goed aktief oppi forum.

Neem daarmee aan die operasie was 'n sukses en ek vertrou jy is baie beter.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 11:32:47 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Watter puik oord was dit eens!! Toe ons al in 2002 die laaste keer een aand daar oorgebly het oppad terug van Kgalagadi af, was die tekens van agteruitgang (veral die ablusies) reeds baie duidelik. Kyk jy na die "ratings" op hierdie webblad, blyk die kommentaar uiteenlopend te wees.

Ek wens regtig dat almal (soos Leon hierbo voorstel) alle oorde waar hulle kampeer het, wil "rate".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 12:34:15 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek het 50 jaar gelede (!) in 1969 vir 'n maand lank by Die Eiland, Upington gekamp en dit was heerlik langs die Oranjerivier met pragtige tuine en skoon, gerieflike ablusies.

Soos wat die geval maar oral is, het munisipale karavaanparke ten gronde gegaan en besef hulle blykbaar nie die waarde van toerisme vir 'n dorp nie. (Kan 'n mens meer verwag as hulle nie eers hulle Eskom-rekeninge kan betaal en basiese dienste lewer nie ?)

Verskoon die swak foto  -  'n foto van 'n foto.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 12:50:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13795
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Daar moes jou skottelbraai nog splinternuut gewees het....selfde tyd! :-}

Ek sien oom het n magdom van fotos......altyd een beskikbaar om te wys. Ek neem ook fotos, maar verdwyn gewoonlik binne 2 jaar.....moet eintlik plan maak om te stoor.

Dankie vir die fotos....maak dit altyd interesant

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 18:39:05 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1892
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Lennie is daardie n Sprite GT of die 400. Ek en Susan het met so n Sprite GT begin en hom gesleep met n 1600 Cortina bakkie. Dit lyk my jy het daar gesleep met n Anglia? Dit was n lekker en sorgvrye era daardie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 20:13:27 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1758
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Piet, dit was 'n Sprite GT wat in  Augustus1969 gekoop is en ek het dit met 'n 1968 Ford Anglia Super (1200cc) die hele land vol en die destydse Suidwes-Afrika gesleep.

Hier staan ons in 1970 bo-op die Longtom-pas naby Lydenburg oppad Kruger Wildtuin toe.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 20:30:06 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1892
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ja Lennie ons het presies so n GT gehad. Die glasvesel karavaan. Ek en Susan het ook daardie jare die wereld plat gery met hom. Dit laat my vanaand weer baie jare terug verlang.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 09:07:13 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Magtie- waarmee het mense tog gesleep!  Die 1200 Anglia het maar 36 Kw en 85Nm ontwikkel.  My eerste kar was 'n 1000cc Anglia (29Kw, 75 Nm) en die affêretjie kon homself skaars voortsleep, wat nog 'n karavaan.  Dan het die nie-geslote verkoelingstelsels van die ou karre ook gereeld probleme gegee omdat die verkoelerrooster toe geroes het wat tot oorverhitting gelei het.  En die primitiewe veerstelsel het gemaak dat die karretjie maar so naastenby op die pad gebly het, hoe vinniger hoe minder naastenby!  Hulle het ook nie eers rembystand gehad nie en jy moes soms rem trap dat die ruglening amper gebuig het. Maar as jy wil karavaan sleep, doen jy dit met wat ookal beskikbaar is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 11:29:34 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Profetiese en ware woord, Jin.

Sien jy is weer goed aktief oppi forum.

Neem daarmee aan die operasie was 'n sukses en ek vertrou jy is baie beter.

Was vanoggend by dokter. Hy is tops tevrede en ek voel 100%.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2019 @ 18:52:14 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1892
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ja Fred armoede het maar gemaak dat jy soms n plan moes maak. Een jaar het ek n probleem met my Cortina bakkie gehad. Ek was toe op Frankfort gestasioneer en ons was bespreek by Jim Fouche oord oor die Desember vakansie. Dit is nou nie ver nie maar Susan se 1963 VW Beetle 1200cc het daardie Sprite GT gesleep tot daar en ons het lekker gekamp.Met al vandag se reels sou ek seker toegesluit gewees het as die "Blou baadjie" my voorgekeer het.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required