Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21985 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17725 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6184 |
Bostoe | 5456 |
BrianB | 5262 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3220 |
mulderpm | 2608 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1997 |
Swanie | 1858 |
Nico | 1763 |
steamer | 1700 |
Hennie Botha | 1677 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1243 |
Louvan | 1241 |
Gerden | 1149 |
RichardJ | 1136 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 847 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 774 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
Benkie | 592 |
Douglas Green | 576 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 432 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 397 |
LEEN | 383 |
Kamp is Koning | 372 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 267 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Hennie1968 | 232 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 183 |
BigG | 182 |
Maurits | 171 |






Klipdraai Karavaan park - Terugvoering
Ons het afgelope naweek hierdie oord besoek en was aangenaam verras gewees om te sien watter mooi oord in die dorpsgebied was. Toegangs pad na oord is teerpad. Daar is heelwat ontspanning om aan deel te neem. Daar is 3x swembaddens, opblaas water glybaan, Putt-Putt, Trapkarre vir kinders, rivier waar jy seker kan probeer visvang, Ons was saam met die Kampeholics groep daar wat vir ekstra "entertainment" gesorg het....daar was n verhoog waar 6x verskillende gas kunstenaars opgetree het, hulle het ook gesorg vir klompie kampeer uitstallers en Klipdraai self het gesorg vir n groot boeremark met hordes stalletjies. Plaas diere, perde en ander diere was deel van die pret uitstallings. Een van die hoogte punte vir my die naweek was die besoek aan hulle leeu plaas. Hulle neem jou met n wilds beigtigings voertuig na die leeuplaas wat omtrent so 3-4 km weg is. Daar is die pragtigste leeus te sien, ook klomp wit leeus. Ander diere wat te sien was daar is Tiere, tiere wat met leeus gekruis is, luiperde, Hyenas, verskillende jakkelse, rooi katte en nog meer. Hulle verwag binnekort hulle besending van 10x wilde honde. Die trippie kos R100 per persoon, maar is elke sent werd gewees. Die fasiliteite by hierdie area is regtig pragtig versorgd. By die kampeer area self wei daar verskeie wild soos Wit en gewone blesbokke, swart en gewone rooibokke, kamele, springbokke ensovoorts. Ook die pragtigste trou venue op die perseel. Oord self is baie mooi versorg en netjies. Die personeel is baie vriendelik. Die ablusies was vir my nie altyd baie skoon gehou gewees nie en groot pyn vir my is dat jy jou eie toilet papier moet saamneem, maar ablusie wel baie mooi gebou. Het deurgaans veilig gevoel....2 of 3x polisie daar sien patroleer. Die winkel het heelwat items op die rak, maar is maar bietjie aan die duur kant. Ons het nie van hulle wegneem etes gebruik gemaak nie, omdat daar n boeremark was met baie eet stalletjies om te kies en te keur.....baie nice gewees. Die oord het oor die 250x staan plekke gewees en was vol bespreek. Die atmosfeer was n lekker vakansie atmosfeer met al die stalletjies, musiek, eetplekkies, biertuin en vele meer. Kampeerders was almal vriendelik en het hele paar nuwe vriende gemaak.....ook deel van die groep. Meeste staanplekke het paving met groen gras, sommige bietjie aan die klein kant, maar was vir ons meer as genoeg. Skauwee is bietjie skaars, maar bome is besig om te groei. Ek voel ons het waarde vir geld gekry. Ek sal terug gaan na die oord en kan dit aanbeveel aan mede kampeerders, maar moet nie 100% stilte verwag nie....dis n lekker aan die gang vakansie oord met lekker atmosfeer
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek sal probeer met die tyd fotos te plaas, maar sukkel tans om dit opgelaai te kry
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dankie
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Dankie Geert vir die mooi fotos en terugvoer.
Al weer oppad iewers heen.

Ek kon nie nou lieg nie, want jy was daar! LOL
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek moet vir Jin {Chuck Norris} geluk wens....van die 230x karavane wat daar was, het Jin n toekenning van die oord bestuur gekry vir die netjieste kamp setup.
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert,dankie vir inligting en fotos,maak n man mos lus vir kamp.Jin, geluk,jy wys vir ons ander hoe n man se kampplek behoort te lyk,kort net die fotos
Ek het dit ook op FB gesien. Baie geluk Jin. Saam die inskrywing op FB ook bietjie meer van Jin se agtergrond geleer. Daai is gedeelte van die weermag wat ek soveel respek vir daai manne het. Daar is soveel wannabee's.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
Dankie Geert verseker was daai oord stampvol gewees dis lekke as daar gees is kan sien op jou fotos die kampers was besig met baie aktiviteite
Haak daai wa kamp bly koning
Nee, darm lieg jy nie......lol
Al weer oppad iewers heen.

Dankie Geert....
Al weer oppad iewers heen.

Hi Geert, het jy probeer om dit weer te laai? Ons het weer gaan kyk en toets en daar is geen probleem van ons kant af nie.
The CaravanParks.com Team

Die fout moet op stelsel wees. Gonnie het destyds die stelsel so verander dat mens nie fotos op galleries kan plaas as dit nie aan n forum topic gekoppel is nie....hier kan mens sien dat die file "klipdraai 2" geskep is, maar nie toegeken is aan n forum topic nie.....daar lê die fout
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Ek het nou weer n foto probeer aanheg by hierdie plasing....dit lê ook nou sonder om gekoppel te wees aan n topic onder galleries. Naam van file: Fout
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Geert,
Baie mooi foto's plek lyk mooi
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Amin have you tested loading 40 pics in 2 galleries?
That is what appears to be the limiting factor.
Living the dream

Dankie Geert vir die terugvoering.
Ek kry nooit fotos opgelaai en sigbaar van my iPad of iPhone nie. Werk net met my Windows 10 rekenaars.
Ek wens die foto’s het soos op ander forums gewerk waar jy dit op jou “reply” add. Use “camera or photo library”. Nie in libraries en folders op die web site nie. Dit is à â beslomernis.
Groete,
Paul
Klipdraai bied 1x per maand n boeremark in die kampeer terein aan. Dis regtig n lekker atmosfeer en daar is hope heerlike kos stalletjies om van te kies. Volgende mark gaan saam met n pretloop aangebied word
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Lyk of Klipdraai lekker koud kan word (foto gekry op kampeholics se Facebook blad...S Botha)

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
