English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 133
Total Replies: 246 292
Total Views: 83 058 641
topics: 4 479
replies: 30 459
views: 17 424 396
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 223
replies: 220
views: 15 598
topics: 8
replies: 68
views: 18 628
Bass Lake Lodge
Gauteng, Pretoria
74
Total Ratings: 74
69   
5
Rated: 02 Apr 2020
Type of Resort:
Family with children: 3
Party and youth: 2
Quiet and mature without children: 0

Bass Lake Lodge

replies: 14
views: 433
31 Aug 2017 @ 11:24:40 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 975
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years
Hierdie keer los ek maar die foto's vir my tweede bydrae op hierdie draad.

Soos onder 'n vorige draad genoem, het ons besluit om vanjaar 'n paar oorde te besoek waar ons hetsy nog nooit was nie (en baie van gelees of gehoor het) of plekke waar ons baie lanklaas was. Sondag 7 Mei het die N1 ons gelei na Bass Lake Lodge sowat 40 km (soos wat die kraai vlieg) vanaf Pretoria. As plattelander, en boonop nog 'n Bolander, verkies ek om my beplanning só te doen dat ons Johannesburg en Pretoria eerder op 'n Sondag aandurf. Want om daar te ry met 'n woonwa grens vir my baie na-aan 'n nagmerrie. Sondae is dit gewoonlik heel gangbaar.

Noord van Pretoria het ons die R573 (die berugte Moloto-pad, bekend vir sy baie ongelukke) geneem vir sowat 28.5 km tot by Bass Lake se afdraai. Dit wat ek op 'n Sondagmiddag daar beleef het (gesien uit die oogpunt van 'n plattelander), kan ek verstaan hoekom dié pad so berug is vir sy ongelukke. Bestuurders het eenvoudig geen geduld nie, veral nie met 'n ou wat stadiger ry met sy woonwa nie, en hulle steur hulle weinig aan verkeersreëls. Maar ons het dit sonder voorval tot by die afdraai gemaak en die volgende dag ook weer terug (ons het maar gewag totdat die spitsverkeer na ons mening verby sal wees).

Die 2.5 km tot by Bass Lake se ingang was egter vir my amper 'n groter uitdaging as die R573. Ek voel maar jammer vir my 24-jarige Caravette 6B. En 13 duim wielvellings is nie nou nie juis bevorderlik vir 'n gruispad wat nie baie wonderlik onderhou word nie. Die ouens met die boswaens en gruispad-woonwaens sal egter geen probleem met die toegangspad hê nie. Maar as jy eers by die oord arriveer, vergeet jy sommer gou-gou van die paaie wat jy moes trotseer. Mense - hierdie is luuksheid wat ek nog nêrens anders in 'n woonwapark beleef het nie.

Die staanplekke se grasoppervlak is onverbeterlik. Die tuine is prentjiemooi. Die ablusies is puik, puik, puik. Rooibokke (selfs 'n swart rooibokram) loop vrylik in die oord rond. 'n Goedversorgde swembad by die restaurantkompleks sal sekerlik 'n populêre attraksie tydens die warmer maande wees. Vir die hengelaars is daar damme waarin vis gevang mag word.

Soos reeds genoem is die ablusies van uitsonderlike standaard. Die storte is ruim en netjies. Die toilette is in 'n aparte gedeelte - m.a.w. oom Piet kan jou nie sit en vergas terwyl jy in die stort is nie. Die skottelgoed-opwasgeriewe is pynlik netjies. Dit was my eerste kennismaking met opwasbakke waar daar ook 'n ordentlike droograk is. Dan is daar (seker hoofsaaklik) vir die vroulike geslag 'n "titivate" vertrek met lekker sagte stoele en groot spieëls waarin hulle hulself van alle hoeke af kan bekyk.

As jy ander oorde (wat netheid aanbetref) 'n 5-ster gradering gee, behoort Bass Lake Lodge nie minder as 10 sterre te kry nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 11:46:01 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 975
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years
En om te dink dat ons vir hierdie luuksheid en prag slegs R250 vir die Sondagnag betaal het (weliswaar hulle winter-midweek tarief).
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 12:28:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Chris...stem saam met jou. Ek was so n maand terug daar net deurgeloop...net jammer oor daai grondpad soontoe....maar dis natuurlik paar plase en lodges wat daai grondpad gebruik en die ander is nie gepla oor karavane nie...net Bass lake.
Ek wou nou die langnaweek in Sept soontoe gaan...maar al lankal vol😭
Dankie vir terugvoering....beslis op my lys om binnekort te besoek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 12:51:52 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1985
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Chris, baie gehoor van die plek (en natuurlik van die berugte Maloto-pad), maar nog nooit sulke lekker, behoorlike terugvoer gekry nie.  Baie dankie !

Die Maloto-pad en die 2.8km slegte grondpad, sit my ongelukkig af van die plek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Aug 2017 @ 17:18:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Oorkant Bass Lake is Leopards view. Dis bo-op daai koppie...lieflike uitsig, maar staanplekke is net grond.....dink hulle mark is meer gerig op die lodge
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Sep 2017 @ 18:29:03 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4647
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Chris dankie vir lekke terug voer
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2018 @ 15:58:34 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 975
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Seeing that there is a new thread regarding Bass Lake Lodge and questions about the road are raised, I am bringing this thread of mine forward.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Apr 2019 @ 22:21:33 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2020 @ 21:44:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wat is jul gunsteling staanplek nommers?. Verkies baie gras

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2020 @ 08:53:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het al gestaan op 30,31 en 34.

30 en 31 het min koelte baie gras

34 het redelike koelte oggend.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jan 2020 @ 16:05:08 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1674
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Ook nog op my "bucket list"

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2020 @ 20:06:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Weet iemand of hierdie oord staproetes het in die veld?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 09:09:54 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 599
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Geert, daar is nie spesifieke wandelroetes nie. Jy kan wel in die veld gaan stap of ry. Dit is nie baie groot nie.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 09:59:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15891
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Weet iemand of hierdie oord staproetes het in die veld?

As ek reg onthou kan jy net in die veld gaan loop.  Die grond waarop die oord is, is nie baie groot nie dus is dit maar beperk tot 'n stappie in die veld.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 11:06:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16320
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dankie...waardeer. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za