English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 282
Total Replies: 230 205
Total Views: 82 387 178
topics: 4 391
replies: 29 473
views: 17 335 189
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 123
replies: 64
views: 8 507
topics: 3
replies: 43
views: 9 445
Gariep A Forever Resort
Free State, Gariep Dam
41
Total Ratings: 41
36   
5
Rated: 23 Sep 2019
Type of Resort:
Family with children: 3
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Gariep, a Forever Resort Gekose Oord

replies: 25
views: 264
08 Oct 2019 @ 13:29:52 pm
CaravanParks.com
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2727
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 46 years

Gariep, a Forever Resort - Gariep Dam, Vrystaat
Kamp & Leef Gekose Oord

‘n Oase vir die siel: GARIEP, a Forever Resort is die ideale halfwegpunt tussen Gauteng en die Kaap. Geleë aan die oewers van die 374m² Gariepdam, voorsien hierdie gesinsvriendelike oord die ideale wegbreek-plek vir moeë stedelinge. Die oord bied 3-ster lugversorgde luukse berghutte, ook ‘n pragtige skaduryke kamp- en woonwa-terrein met 122 kampplekke waarvan 16 hulle eie ablusie-geriewe het. Die Gariepdam is ‘n watersport-entoesias se paradys! Van motorboot-ritte en kanovaarte tot wildbesigtiging per boot, het hierdie betowerende waterkant-oase, alles! Ander oord-vermake is voëlkyk, rolbal, visvang (eie toerusting) en seil. Dit verseker dat hierdie oord een van die beste bestemmings vir gesinne, vriende en romantiese persone is.

Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.

Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm

Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 14:11:18 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 616
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ek sal nooit weer by Gariep gaan bly nie. Ons het 'n chalet daar gehuur op pad na die Kruger Wildtuin en daar was 'n motorfiets-saamtrek saam met ons gewees. Die kamp-bestuur het toegelaat dat die kamp dwarsdeur die nag gebruik word vir 'n heen en weer gejaag. Die "besoekers" (no name no pack drill) se taal was tipies van onopgevoede wesens uit 'n donker deel van een of ander stad en die vrouens het gekompeteer om te sien wie kan die hardste skree en dronk-lag. Die een klomp karakters het gekamp en die ander klomp het in chalets gebly. Hulle het blykbaar nodig gehad om mekaar elke vyf minute te sien en dan met hulle bikes heen en weer te jaag.

Nee wat, nie weer nie .

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 14:23:52 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons het by verskeie geleenthede by Forever Gariep oorgestaan met die karavaan (onlangs weer op 4 Sep). Ons gebruik gewoonlik die sogenaamde luukse staanplekke (met privaat ablusies). Ons het jare gelede eenkeer 'n probleem gehad met twee skarmunkels wat ons gedurende die nag wakker gehou het met 'n op en af jaery met 'n "quad bike". Maar dit was redelik gou uitgesorteer toe my seun die een met 'n houtstompie amper van die fiets af gegooi het.

Maar as 'n reël bly ons gewoonlik lekker daar oor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 15:01:30 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Jammer oor jou slegte ondervinding Danie. Ons het al verskeie kere daar oorgestaan en vind die oord heel gesellig en rustig.  Dit het 'n baie oulike put-put-baan wat onlangs weer hernu is.  Die restaurant is egter nie na ons smaak nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Oct 2019 @ 19:42:48 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Wil Desember daar vir n rukie gaan kuier.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 06:45:28 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 880
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Het al twee keer by Gariep gebly. Een keer In sogenaamde luukse kampplek en een keer In ‘n chalet. Baie lekker gebly. Oor die algemeen is Forever tops.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 06:46:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As dit ons Vader se wil is oornag ons weer by die oord gedurende Desember.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 08:17:26 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ons was sowat vier maande gelede die laaste keer daar.  Die privaat ablusies is almal opgeknap en lyk nou baie goed.  Hulle pryse is redelik hoog in die afseisoen en Desember sal dit seker nog hoër wees, maar dis die geld werd.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:22:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jammer oor jou slegte ondervinding Danie. Ons het al verskeie kere daar oorgestaan en vind die oord heel gesellig en rustig.  Dit het 'n baie oulike put-put-baan wat onlangs weer hernu is.  Die restaurant is egter nie na ons smaak nie.

Ditto.  Jammer van jou ervaring Danie

Ek het die oord nog net goed gevind elke keer ons daar oornag het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:23:56 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jy het die spreekwoordelike "Bad Night Out" gekies om daar te oornag.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:37:21 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13795
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Is daar mense wat langer bly vir n vakansie? Of is dit hoofsaaklik n oornag plek tussen Kaap en Gauteng? 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:57:41 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons het nou al twee keer daar oorgeslaap, maar ons was werklik nie beïndruk met die fasiliteite nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 09:58:41 am
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Is daar mense wat langer bly vir n vakansie? Of is dit hoofsaaklik n oornag plek tussen Kaap en Gauteng? 

Geert dis 'n lekker vraag.  Daar is nie eintlik enige groot stede of dorpe naby Gariep nie.  Dis maar Colesberg, Aliwal en Bloemfontein.   Ek bly in Bloem en Gariep is ongeveer 200km van ons af, d.w.s 400km sleep.  Soos Fred ook genoem het dat Gariep se kamp kostes hoog is stem ek heelhartig saam met hom.  Dis +/- R1000 vir 'n naweek.   Saam met brandstof sleepkostes, kos, drank ens begin kostes klim. As jy 'n boot saam wil vat is dit dubbel die sleepkostes wat dit basis onbekostigbaar maak vir net 'n naweek kamp.

Elke keer sien ek al minder en minder kampers wat naweke daar kamp.   Ek weet kampers het al dit onder bestuur se aandag gebring maar dit bly dieselfde.  Selfs die Quenna feeste is gestop wat altyd 'n lekker naweek was om daar te kamp.

Ek persoonlik kamp minder deur die jaar in plekkies rondom Bloem en doen dan maar 'n ekstra see kamp of twee.  Op papier werk dit amper dieselfde uit want binnelandse kampeerplekke se pryse is amper duurder as see kampe.   Dis maar my ondervinding.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 10:05:38 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Daar is mense wat langer tydperke bly, veral gedurende skoolvakansies, veral om vis te vang.  Sommige van die staanplekke is so naby aan die dam- as hy redelik vol is- dat jy van onder jou karavaantent af, kan lyn natmaak.  Daar is 'n keerwal sodat die water steeds by jou karavaan is, selfs al sak die watervlak redelik.  Daar is ook 'n betonskuinste om bote te water te laat so ek skat booteienaars sal graag daar wil kampeer.  Die dam is groot, so as jy net vir vaar, kan jy na hartelus baljaar.

As jy die tyd het, probeer 'n besoek aan die damwal bring.  Jy stap van die pad bo-op die wal af tot heel onder op watervlak aan die stroomaf kant.  Dis nogal uitputtend, maar baie interessant.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 11:03:32 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1532
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek sal nooit weer by Gariep gaan bly nie. Ons het 'n chalet daar gehuur op pad na die Kruger Wildtuin en daar was 'n motorfiets-saamtrek saam met ons gewees. Die kamp-bestuur het toegelaat dat die kamp dwarsdeur die nag gebruik word vir 'n heen en weer gejaag. Die "besoekers" (no name no pack drill) se taal was tipies van onopgevoede wesens uit 'n donker deel van een of ander stad en die vrouens het gekompeteer om te sien wie kan die hardste skree en dronk-lag. Die een klomp karakters het gekamp en die ander klomp het in chalets gebly. Hulle het blykbaar nodig gehad om mekaar elke vyf minute te sien en dan met hulle bikes heen en weer te jaag.

Nee wat, nie weer nie .

Danie,

Jy het iets beleef wat by enige oord wat motorfiets rallies akkommodeer, kan gebeur.

Dit was maar een van daardie goed waar die oordbestuur mens nie vooraf oor inlig nie. Nou het julle 'n slegte ervaring gehad.

Ons het al daar oorgebljy op pad Kaap toe en die kampterrein het 4 karavane gehad wat daar oornag het. Geen motorfietse wat rondjaag nie.

Die oord self lyk aangenaam en is duidelik gebou om vir die konstruksietyd van die dam, akkommodasie te voorsien aan die werkmense. Selfde beginsel as by ATKV Drakensville.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 11:10:15 am

Terloops, het 'n heerlike kerriegereg by hulle restaurant geëet.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 11:13:23 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Pottie, Ek kan verkeerd wees, maar ek dink nie die oord het iets met die bou van die dam te doen gehad nie. Bo-or die heuwel is 'n dorpie wat wel vir die konstruksiewerkers gebou is.  Die akkomodasie op die oord is beslis nie die tipe akkomodasie wat Waterwese sou bou nie.  Die eerste maal van die oord bewusgeword het, was dit deur die Transvaalse Raad op Obenbare Oorde bestuur wat later Overvaal Oorde en daarna Aventure geword het en nog later is die verskillende oorde geprivatiseer.  Dit was oa Badplaas, Warmbad, Rob Ferreira, Eiland, Pelgrimsrus en Tsipise.  Hoe hulle in die Vrystaat betrokke geraak het, weet ek nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 11:23:02 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons was sowat vier maande gelede die laaste keer daar.  Die privaat ablusies is almal opgeknap en lyk nou baie goed.  Hulle pryse is redelik hoog in die afseisoen en Desember sal dit seker nog hoër wees, maar dis die geld werd.

Ons het seker maar die spreekwoordelike kort-strooitjie getrek toe ons onlangs (4 Sep) daar oorgestaan het. Ons het by die eerste gebou (soos wat jy inkom) gestaan. Dit was nog onveranderd, maar ons het opgelet dat daar by een van die ander geboue gewerk word - en het aanvaar dat hulle besig is om op te gradeer (wat baie nodig is).

Ek vertrou hulle maak 'n beter plan met die stort (wat in die bad is). Ek (met my 1.88 meter lengte) moet amper dubbeld vou om onder die stortkop in te pas. Maar andersins is die privaat ablusies net soveel beter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 11:37:40 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Chris, Jy sal aangenaam verras wees.  Ek weet nie of daar dalk privaat ablusies is met baddens in nie, maar die een waar ons gestaan het, het net 'n baie groot instapstort- van die tipe sonder 'n deur en geen bad nie.  Mure is baie netjies geteël en in die kombuisie is daar netjiese hootkassies.  Ons het ook al daar gestaan voor die opknappings toe dit regtig outyds en slordig was.  Dit klink of julle eenheid nog opgeknap moes word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 12:43:53 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Pottie, Ek kan verkeerd wees, maar ek dink nie die oord het iets met die bou van die dam te doen gehad nie. Bo-or die heuwel is 'n dorpie wat wel vir die konstruksiewerkers gebou is.  Die akkomodasie op die oord is beslis nie die tipe akkomodasie wat Waterwese sou bou nie.  Die eerste maal van die oord bewusgeword het, was dit deur die Transvaalse Raad op Obenbare Oorde bestuur wat later Overvaal Oorde en daarna Aventure geword het en nog later is die verskillende oorde geprivatiseer.  Dit was oa Badplaas, Warmbad, Rob Ferreira, Eiland, Pelgrimsrus en Tsipise.  Hoe hulle in die Vrystaat betrokke geraak het, weet ek nie.

Jy's reg Fred. Die huise in die huidige dorpie het voorsiening gemaak vir die personeel wat aan die dam gebou het. Die oord is later eers deur die Vrystaatse Provinsiale Administrasie opgerig. Laasgenoemde het ook Maselspoort (by Bloemfontein), Willem Pretorius-wilduin, oftewel Allemanskraaldam en Jim Fouché-oord teen die Vaaldam bedryf.

Die Transvaalse Provinsiale Administrasie het Rob Ferreira, Warmbad, Tshipise, Eiland, Blydepoort, Swadini, Badplaas en Loskopdam bedryf onder die vaandel van Overvaal Oorde.

In die Wes-Kaap was slegs een provinsiale oord, naamlik Plettenbergbaai.

Die drie provinsies het toe ooreengekom om die al genoemde oorde gesamentlik te bedryf en wel onder die naam Aventura. Laasgenoemde het mettertyd in al hoe groter finansiële moeilikheid gekom. Hulle het toe o.a. met Klub Privé vorendag gekom om broodnodige fondse te genereer. Maar uiteindelik moes hulle bes gee.

Forever het toe die meeste oorde oorgeneem, waaronder Plettenberg, Gariep, Warmbad, Tshipise, Blydepoort, Swadini, Badplaas en Loskopdam.

Ek weet nie wat intussen met Jim Fouché gebeur het nie. Maar Maselspoort, Aldam, Rob Ferreira en Eiland is deur privaat eienaars oorgeneem. Ek weet dat Rob Ferreira is intussen ontwikkel in 'n aftree-oord en Eiland (nou Eiland Spa) is sedertdien deur die ATKV oorgeneem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 15:02:53 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7852
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Ons wil graag 10 tot 13 Desember daar vertoef om als waar te neem en als te ondervind.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 15:23:59 pm
Zack
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 226
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 32 years

Vir die manne wat daarvan hou om met sy vliegstok te speel is die rivier onder die damwal die antwoord.  Dis 'n Geelvis paradys.

Links van die slipway naby die kampplek by die seiljagklub is weer Bass wereld.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 15:36:29 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Toe ons onlangs op 4 September daar oorgebly het, het 'n hengelaar by die gewone kampeerterrein (sommer voor sy tent) 'n mooi spieëlkarp gevang.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 16:21:03 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ek het sommer 'n paar foto's ontdek wat ek in 2015 by Gariep geneem het. Vir diegene wat dit nie ken nie, die volgende foto is van die sogenaamde luukse staanplekke met privaat ablusies.

Terwyl ek nog besig was om enkele dingetjies in die kombuisie te gaan bêre, het hierdie ongenooide gas hom sommer in my wa kom tuismaak. Dit moes sekerlik 'n mak kraai, seker van een van die naby-geleë huise, gewees het. Maar het ek nou 'n stryd gehad om dié vent (of was dit 'n antie) uit my wa uit te kry. Ek moes hom met kos uitlok en die deur toemaak. Ek weet nie of hy lus gehd het vir die KWV-bottel wat daar voor hom gestaan het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 18:17:08 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1532
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Pottie, Ek kan verkeerd wees, maar ek dink nie die oord het iets met die bou van die dam te doen gehad nie. Bo-or die heuwel is 'n dorpie wat wel vir die konstruksiewerkers gebou is.  Die akkomodasie op die oord is beslis nie die tipe akkomodasie wat Waterwese sou bou nie.  Die eerste maal van die oord bewusgeword het, was dit deur die Transvaalse Raad op Obenbare Oorde bestuur wat later Overvaal Oorde en daarna Aventure geword het en nog later is die verskillende oorde geprivatiseer.  Dit was oa Badplaas, Warmbad, Rob Ferreira, Eiland, Pelgrimsrus en Tsipise.  Hoe hulle in die Vrystaat betrokke geraak het, weet ek nie.

Dankie vir die regstelling Fred.

Ek het net na die pos onthou van die 'personeel dorp'

Drakensville was wel die geval.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Oct 2019 @ 18:28:20 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1892
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Ons oornag gereeld daar met die karavaan en omdat ons net oorslaap gebruik ons die gewone staanplekke met die gesamentlikke ablusiegeriewe. Miskien was ons net gelukkig maar ons was nog nooit teleurgestel nie. Ons het Maart weer daar oorgeslaap sonder probleme.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required