English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 232
Total Replies: 248 723
Total Views: 83 111 422
topics: 4 483
replies: 30 551
views: 17 427 145
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 322
replies: 288
views: 24 248
topics: 2
replies: 20
views: 5 819
Voortrekker Park
Western Cape, Strand
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Voortrekker karavaan park in Strand

replies: 20
views: 4728
19 Jan 2009 @ 15:41:28 pm
JanvdM
Bronze Member
11% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 18 Apr 2007
Goeie Dag Net nog n bietjie inligting asb. Ek wil in Desember Kaap toe gaan en kan nie besluit watter plek ons moet tuisgaan nie. Kan julle dalk inligting gee van die park in die Strand.Hoe die ablusie blokke lyk.Atmosfeer en of dit n veilige plek is. Enige inligting sal waardeer word. Dankie Jan van der Merwe
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Feb 2009 @ 19:14:09 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May 2007
Experience: 55 years
Jan kry n Holiday resort and destination mag, baie info ver kaap trips
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 19:16:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Bestaan hierdie oord nog?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 19:35:28 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1146
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het wonderlike Des-vakansies daar deurgebring, maar wil beslis nie meer daar gaan kuier nie. Maar gagga deesdae.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 19:54:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het wonderlike Des-vakansies daar deurgebring, maar wil beslis nie meer daar gaan kuier nie. Maar gagga deesdae.

So hy bestaan nog? My ouers het in 1984 n karavaan gehuur en ons het toe daar gestaan. Was my 1ste keer dat ek in n karavaan geslaap het. Die volgende keer was eers in 2015 weer gewees.....31 jaar later, toe ek my eie wa gekoop het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2020 @ 21:14:33 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

'n Mens kan dink wat jy wil, maar in goeie geselskap sê mens liefs nie goedsmoeds wat jy dink nie.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 09:53:15 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ons wat in die Strand woon het in daardie park gewerk toe ons op skool was. Dit was een van DIE parke in ons land! Maar my goeie en dierbare vriende, julle sal nie nou daar wil gaan kamp nie. Ek was lanklaas daar, maar dit bestaan grootliks uit tydelike huise (Wendy's) en dit lyk nie vir my na n plek om te kamp nie. Ek weet nie eens of mens daar KAN kamp nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 11:47:56 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1146
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het wonderlike herinneringe aan Voortrekkerpark. Ons het maar by twee geleenthede daar gekamp - ons het meestal in die selfsorg-eenhede gebly. My ma se broer was destyds stadsklerk in die Strand en het beslis 'n toutjie of twee getrek dat my ma-hulle elke Kerstyd en Paasvakansie dieselfde eenheid bekom. Dié betrokke eenheid was vir my amper soos my ma-hulle se vakansiehuis. Daar was ook die "regulars" wat jaar na jaar op hulle spesifieke staanplekke gekamp het. Dit was in kort opgesom 'n uitstekende vakansie-oord met 'n skitterende vakansie-atmosfeer. 

Maar soos met die meeste munisipale oorde, het Voortrekkerpark ook maar "down the drain" gegaan. 'n Kliënt van my het nog tot enkele jare gelede gereeld oor die Kerstyd daar gaan kamp. Maar volgens hom het dit só haglik geword dat hy maar 'halt' geroep het. Hy kamp die laaste paar jaar eerder in Lambertsbaai - ook 'n munisipale oord, maar klaarblyklik nog een van die beteres.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:06:47 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 628
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Die chalets is glo almal opgegradeer.

Die gesttremde rolbal se Nasionaloe Kampioenskappe sou vanaf 21 tot 28 Maart in Somerset Wes plaas gevind het . Die organiseerderss heet verblyf vir al die spelers daar gereel.

Die Maandag voor die toernooi sou bagin, is alles gekanselleer agv van die virus.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:07:26 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Jou ma se broer?? Moenie vir my sê dis oom Alex Pienaar waarvan jy praat nie. Ai, nou neem jy my vêr terug. My pa (ook Pienaar) en oom Alex het 21 jaar lank saam in die munisipaliteit gewerk. Ek het drie jaar daar gewerk terwyl ek Stadsbeplanning geswot het. Oom Alex se dogters was deel van ons groep. Wonderlike jare!

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:16:54 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1146
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Nee - hy was Laurie Groenewald. Die bestuurder by Voortrekkerpark was ene Jan, wie se van ek vergeet het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:53:13 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Chris, Jou oom kampeer seker by Malkoppan net buite Lambertsbaai.  Die beskrywing van Voortrekkerkamp hierbo kan netsowel op die munisipale kamp by Lambertsbaai van toepassing wees, maar ek dink Lambertsbaai is nog erger.  Dit was op 'n tyd ook 'n puik oord.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 13:16:16 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1146
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Fred - Eerstens net 'n klein regstelling. Dit is 'n kliënt van my (woonagtig in Moorreesburg) wat Voortrekkerpark opgegee het en nou jaarliks in Lambertsbaai by die munisipale kampeerterrein kamp (nie Malkoppan nie). Ek kan nie instaan vir die kwaliteit van die geriewe aldaar nie, maar hulle is blykbaar 'n hele klompie Moorreesburgers wat nou jaarliks daar kamp - en dit klink asof hulle dit heel aanvaarbaar vind.

Ekself het slegs een aand in 1996 daar oorgestaan. Dit was in my opinie toe reeds nie iets om oor huistoe te skryf nie. Ek het oor die jare maar 'n vrees vir munisipale oorde ontwikkel.

As ek dink oor watter uitstekende woonwapark het my grootword-dorp (Tulbagh) beskik. Ek wonder of Kliprivierpark nog enigsins bestaan. Ek dink ook aan Ceres se Dennebos-oord, Kroonstad se Kroonpark en verskeie ander. Inderwaarheid 'n hartseer toedrag van sake.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 13:44:01 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Jis ou Chris, jy neem my vêr terug. En ek HET vir Laurie Groenewald persoonlik geken. Hy was die vise-stadsklerk vir baie lank, en hy het by oom Alex oorgeneem. Hy en my pa was ook vriende. Aiii man ........ klein wêreld.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 14:18:25 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Toe ons laas so 'n paar jaar gelede toe ons in die omgewing was, het ons na Lambertsbaai park gekyk het, was dit een groot gemors.  Dinge bly nie altyd staties nie, so miskien het daar 'n verbetering ingetree, want ek dink nie wat ons gesien het, kan as 'een van die beteres' of selfs vaagweg aanvaarbaar beskryf word nie.  Ons sal beslis as ons weer in daardie omgewing kom, gaan kyk hoe dit nou lyk.  Is daar dalk iemand wat nuwer inligting oor die plek het?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 14:30:43 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek het op Caravan Parks gaan soek na resensies oor Lambertsbaai en een van September verlede jaar gevind.  Dit skets maar 'n baie swak prentjie. Daarenteen wys resensies Lambertsbaai, soos ons ook onthou, jare gelede as puik. Interessant dat ek ook kommentaar oor Malkoppan van etlike jare gelede gevind het wat baie negatief was.  Nuwer resensies en ons eie ondervinding is egter dat dit 'n goeie oord is met netjiese ablusies.  Wys jou hoe dinge kan verander.  Daar was terloops toe ons laas daar was, nog 'n karavaanpark net buite die dorp en nader as Malkoppan.  Dit het ook 'n naam gehad waarin Malkoppad of so-iets voorkom.  Dit was egter 'n regte hool en op die stadium wat ons dit gesien het, gebruik deur die mense wat die pad gebou het.  Moontlik het dit intussen gesluit.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 15:11:05 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1146
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Fred - Soos genoem - ek kan my glad nie uitlaat oor Lambertsbaai se munisipale park nie aangesien ek in 1998 laas daar was. Ek het verkeerdedelik hierbo genoem dat dit in 1996 was. Dit was toe reeds nie in my smaak nie. Malkoppan ken ek glad nie.

Kyk ek na Hollies Hollenbach se verslag van hulle toer rondom die grense van Suid-Afrika, klink dit of hulle Lambertsbaai nie te vrot gevind het nie:

https://hollieshollenbach.co.za/774/toere/toer-om-sa/dag-30/

https://hollieshollenbach.co.za/798/toere/toer-om-sa/dag-31/

Terloops, dit klink of hulle 'n baie interressante toer gehad het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 15:13:58 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1146
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Danie - Laurie is my ma se jongste broer - die enigste oorlewende van die broers en susters. Hulle woon tans in Wellington, vanwaar hy destyds Strand toe verskuif het na etlike jare se diens as stadstesourier van Wellington. Ookal diep in die 80's.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 16:59:02 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2171
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ons was 2 jaar gelede by Lambertsbaai aan tydens blommetyd. Die munisipale karavaanpark het ons gladnie aangestaan nie. Ons is toe verby Malkkop pan toe. Dit was n reenrige dag en ons het met die karavaan vasgeval voordat ons binne in die park kon kom. My behoefte was groot en ek het toe geloop tot by die ablusieblok. Miskien het die reen en muwwe reuk my afgeskrik, maar ons wou ook nie daar staan nie.  Ons is gehelp om uit te kom en het Lambertsbaai verlaat en by Rondeberg net noord van Lambertsbaai gaan staan. Dit het steeds gereen maar die geriewe was skoon en pynlik netjies. Ons het langer daar gestaan as wat beplan was.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 11:45:52 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1146
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Toe ons laas so 'n paar jaar gelede toe ons in die omgewing was, het ons na Lambertsbaai park gekyk het, was dit een groot gemors.  Dinge bly nie altyd staties nie, so miskien het daar 'n verbetering ingetree, want ek dink nie wat ons gesien het, kan as 'een van die beteres' of selfs vaagweg aanvaarbaar beskryf word nie.  Ons sal beslis as ons weer in daardie omgewing kom, gaan kyk hoe dit nou lyk.  Is daar dalk iemand wat nuwer inligting oor die plek het?

Daar's 'n artikel oor kampplekke langs die Weskus in die jongste uitgawe van Weg Ry & Sleep - o.a. ook Lambertbaai se munisipale park. Nogal interessant om andere se opinies te lees. Sonder twyfel is dit nie 'n vyfster oord nie, maar dit klink darem ook nie té vrot nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2020 @ 12:10:53 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1458
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Jan Braai se jaarlikse toer het hierdie jaar Lambertsbaai as oorslaapplek gelys. Ek weet nie of die toer reeds klaar is en of dit uitgestel is nie.

Die punt wat ek wil maak is dat, tensy daar 'n ander groterige oord in Lambertsbaai is, wat ek sterk betwyfel, kan die oord nie te vrot wees nie, anders sou Jan hulle verby hou.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za