English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 487
Total Replies: 234 646
Total Views: 82 534 627
topics: 4 425
replies: 29 941
views: 17 369 677
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 312
replies: 191
views: 16 453
topics: 6
replies: 5
views: 559
Ou Skip Holiday Resort
Western Cape, Melkbosstrand
19
Total Ratings: 19
12   
7
Rated: 05 May 2019
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Ou Skip Vakansie-Oord Gekose Oord

replies: 4
views: 130
15 Oct 2019 @ 13:44:34 pm
CaravanParks.com
Administrator
100% Profile Strength
Posts: 2763
Joined: 01 Jan 1999
Experience: 46 years

Ou Skip Vakansie-Oord - Melkbosstrand, Wes-Kaap
Kamp & Leef Gekose Oord

Ou Skip Vakansie-Oord Gekose Oord

Ou Skip Vakansie-Oord is 26km vanaf Kaapstad met die Wes-Kus en Wyn-Roetes maklik bereikbaar. Ons 206 kampplekke (met krag) is geleë in ‘n 20 hektaar parklandgoed, reg teenoor die Atlantiese Oseaan. Die oord het 5 ablusie-geriewe (warm water), wasserye, ‘n winkel (in seisoen) en ‘n gas vulstasie. Ons is naby aan Big Bay, die branderry-mekka en Bloubergstrand. Ou Skip Vakansie-Oord bied maklike toegang na gewilde, lang, wit sandstrande, waar u kan swem en daar vele opwindende watersport-aktiwiteite beskikbaar is.

Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.

Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm

Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.

"Find a job you love, then you will never have to work again!"
The CaravanParks.com Team
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 17:23:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8374
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Het daar vir drie weke gestaan in 1992.

Toe was dit nog veilig. Weet nie nou nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2019 @ 19:49:47 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 885
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years

Ons het eenkeer (etlike jare gelede) by Ou Skip tydens 'n Paasnaweek gekamp. Dit was destyds "okay". Ek het sedertdien uiteenlopende kommentaar oor Ou Skip gelees en gehoor. Wat vir my kommerwekkend geklink het, is die aspekte rondom sekuriteit. Ek herinner my aan voorvalle van diefstal wat op 'n stadium 'n probleem was. Ek hoop en vertrou dié probleem is iets van die verlede.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Oct 2019 @ 06:22:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14776
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

het een jaar daar verby gery en wou kyk hoe lyk die oord binne.  Die sekuriteits dame by die hek lyk my "RUN" die oord.

Het van toe af hulle maar 'n mis gegee.  Ek glo die oord kan heel chapperig wees dis nou as jy by daai sekuriteits dame verby kan kom tot by ontvangs......................... laughinglaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 18:58:42 pm
Rolmaaraan
New Member
37% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 24 Oct 2018

Ons bly twee drie keer per jaar by Ou Skip. Die laaste keer was in Augustus 2019.

Ons bly altyd lekker en weet nie van enige probleme nie.

 

Kampgroete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required