English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 178
Total Replies: 261 568
Total Views: 83 541 691
topics: 818
replies: 6 676
views: 2 408 669

Toyota Fortuner Dash Board Cluster

replies: 4
views: 206
23 Jun 2021 @ 12:09:55 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1106
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

As gevolg van n fout wat (sal nie naam noem nie) wat n diensplek gemaak het is my Fortuner se "cluster" onnodigklik vervang. Die fout het by die petroltenk-meter gelê by die tenk, en nie by die "cluster" se meter nie. 'n Nuwe een is aan my afgesmeer  .......... vir R4500-00.

Nou sit ek met die oue, in 100% werkende toestand, makeer absoluut niks nie. 

Ek weet mense betaal niks vir tweedehandse parte nie, maar ek SIT met die "cluster."

As ek R2500-00 daarvoor kan kry sal ek dit laat gaan.

Groete

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2021 @ 19:38:45 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1486
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years
Eina. Dis maar 'n seer pint
My dogter se Nissan ook vir 90 000 km diens gevat (Cambelt Fanbelt met tensioners en die meer) en kom toe raasend en vibrerend terug. Moes toe nog bo die kwatasie prys extra betaal vir Fanbelt tensioner.  en 94% meer arbeidkoste as gekwoteer 6 weke terug
Vat terug en se maak reg.  Kom terug maak nog geraas. vat weer terug toe word vertel dat hulle die Flange gesket vervang het maar sal my nie laat betaal nie, maar die rear exhaust hanger rubber moet vervang word R136.68 plus vat en R488.50 plus vat om hom in tesit.  
Eish hy raas nog lekker.  Sukkel die ou lyf hier om en onder hom in maar exhust is vry die geraas / vibrasie gaan nie weg as ek hom vashou of stamp nie, die klank kom van onder die bonnet daat waar die engine sit af.  Stel celfoon op om video teneem van as ek die kar start dan die rigting dan die ander en sien die skud kom van af die fanbelt se kant. Nou sit dongter in die van en ek hier voor by die bonnet met stok wat ek op selektiewe plekke druk.  Geraas kom van die pully wat met diens vervang is.  Vroeg Maandag oggend is ek voor Nissan se deur met die DP aan my sy, Werksinkel Voorman praat nie met my nie, hy is gepomp tot 12 bar.  Bussie op hoist en en verduidelik vir die DP hoekom ek se dis nie die Exhaust rubber nie. Bestuurder en sy 3 onderdane strip die belly plaat af en stem saam dat die geraas vanaf die engine kant kom en nie die agter bumper nie. Word ek mooi gese om hulle werks winkel teverlaat en hulle my sal kontak as hulle fout gekry het. Maandag middag teen 17:00 oproep julle kan die Bussie kom haal.  Dinsdag so 9 uur is ek daar werkwinkel bestuurder baie vriendelik  hy is nou reg dit was toe glo die nuut gepaste "tentioner pully" wat die sondaar was, en hulle het hom met fabrieks eis vervang so ek hoef nou niks tebetaal nie.  Nou vra ek myself hoe kom hulle daar dat ek vir defekte onderdeel moet betaal......  as ek nou nie meganies geooreenteerd was nie sou ek maar seker net bly betaal het tot hulle die defek opspoor....
Danie jammer vir die "post" kaaping maar hoekom moet jy betaal vir hulle onbevoegdheid ?
 
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jun 2021 @ 19:52:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18414
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

As gevolg van n fout wat (sal nie naam noem nie) wat n diensplek gemaak het is my Fortuner se "cluster" onnodigklik vervang. Die fout het by die petroltenk-meter gelê by die tenk, en nie by die "cluster" se meter nie. 'n Nuwe een is aan my afgesmeer  .......... vir R4500-00.

Nou sit ek met die oue, in 100% werkende toestand, makeer absoluut niks nie. 

Ek weet mense betaal niks vir tweedehandse parte nie, maar ek SIT met die "cluster."

As ek R2500-00 daarvoor kan kry sal ek dit laat gaan.

Groete

Probeer adverteer op Toyotaholics op Facebook....kans om te verkoop gaan baie groter daar wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 08:29:00 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4127
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Dis mos maar hoe sommige werkswinkel werk- begin op 'n punt om dinge te vervang wat moontlik die rede vir die probleem is tot daar uiteindelik op die werklike foutiewe onderdeel afgekom word.  Dan word al die onnodig vervangde onderdele nie teruggeplaas nie en die eienaar moet maar vir al die onderdele plus arbeidskoste betaal.  Dis onder andere waarom ek altyd my eie voertuie onderhou het.  Sommige werk aan moderne voertuie is ongelukkig nie moontlik vir 'n 'backyard mechanic' om te doen nie wat jou verplig maak om van die 'deskundiges' se diens gebruik te maak, nie omdat hulle noodwendig die kennis het nie, maar omdat hulle die nodige gereedskap het.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jun 2021 @ 11:10:40 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1106
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Dankie Geert, gaan dit probeer.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za