Middag mense
Iemand wat kan help met so 'n tent of waar ek een kan koop?
En dan ook of hy sal pas op ouer Penta? (2000 model)
Ek weet nie waar jy een sal kry nie, maar lyk wraggies mooi.
Alle Pentas, Palmas en Gypsey Reagals is basies dieselfde lengtes wat beteken dat jy ń oop veld het waar jy kan "shop".
Ja lyk baie netjies, is dit wat hulle noem die modulere tent?
Ja hy sal op die ouer model Penta pas. Weet nie of die plek in Pinetown nog bestaan nie.
Anders Plekke soos All Outdoors probeer.
Tom
Jy kan by jou huidige tent aanlas as hy modulêr is dws alles, tot die huidige stoepdak rits aan mekaar vas.
Ek het my extension sidewalls by Kempton karavane gekoop. Hulle kon nie vir my die nuwe stoep dak kry nie. Jy gebruik die huidige stoepdak as verlenging.
Ek het toe 'n stoepdak by All Aluminium reg langs Kempton karavane laat maak.
Jy koop die kantseile apart en rits hulle aan jou huidige voorstoep. Dan moet jy jou stoepdak vervang.
Maak net seker dat die ritssluiters ooreenkom met jou huidige eerste deel tent.
Die ouens by Kempton se winkel sal jou kan sê wat sal pas en wat nie.
Die dubbeltent is 'n fees.

Ek wik en weeg nog daaroor omrede my rally nog splinter nuut is en omrede ons lank staan wil ek hom nie blootstel aan verniel nie.
So groot area sal lekker wees, maar op die ou end is dit net my vrou en ek en huidige tent met stoep is vir ons voldoende.
Ek wil so "mod" laat doen met my rally dmv ritsluiter te laat aanbring wat aan stoep kan aanheg, maar wil hom ook gebruik soms as net rally wanneer benodig om sodoende die extrution tou nog bestaande te hou.

Gerrie
Die modulêre tent se eerste dak dien ook doel as rally canopy as jy nie kantseile opsit nie.
Alles rits vas.
Ons is ook net twee en kamp soms vir 6 maande op 'n plek. Dit is wanneer die groter tent (dubbel volume) met 'n stoepie dit baie gerieflik maak.
Ons geniet ons 'setup'
Ek wil so "mod" laat doen met my rally dmv ritsluiter te laat aanbring wat aan stoep kan aanheg, maar wil hom ook gebruik soms as net rally wanneer benodig om sodoende die extrution tou nog bestaande te hou.
Ek wik en weeg nog daaroor omrede my rally nog splinter nuut is en omrede ons lank staan wil ek hom nie blootstel aan verniel nie.
So groot area sal lekker wees, maar op die ou end is dit net my vrou en ek en huidige tent met stoep is vir ons voldoende.
Dit is presies wat ek ook wil doen ja.
Tom
Jy is naby Waterkloof se karavaanwinkel. Gaan praat met hulle en kyk wat hulle het of kan kry.
Alternatief is Kempton karavane. Die winkel se man wat die tente hanteer ken sy storie. Hy sal kan raad gee. Kan nie sy naam onthou nie. Hy het my met die regtr goed gehelp.
Jy koop basies net die twee kant seile en jy het 'n dubbel tent want jy skuif jou voorste deel net vorentoe.
Om plan te maak vir 'n stoep het jy 2 alternatiewe.
1. Om 'n dak by die winkel te koop wat van die ingevoerde plastieseil gemaak is soos hooftent se dak (my 2017 Penta)
2. As jy dit nie kan kry nie of te duur, laat maak vir jou 'n stoepdak by All Alluminium reg langs Kempton karavane op dieselfde perseel.
As ek reg onthou was my totale koste so ongeveer R6,300 in 2017.
Dan moet jy seker nog grondseile bysit.
Ek het n mooi een gesien op fb....maar was prysig...R20k sover ek kan onthou.....as ek hom kan vind sal ek besonderhede hier plaas
As jy 'n dakseil het kan Venture Tents in Krugersdorp jou help. Hul het my 13 k gevra vir kompleet (dak, kante, stoepdak en pale) tent vir ons Escape wa.