English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 005
Total Replies: 259 238
Total Views: 83 467 417
topics: 432
replies: 4 182
views: 1 487 820
Talk about the current road conditions throughout the country

Melkbosstrand na Klerksdorp

replies: 6
views: 148
22 Feb 2021 @ 14:16:38 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1170
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Graag soek ek raad rondom die volgende padtoestande.

Ek vertrek die 1ste Mei vanaf Melkbosstrand via Britstown (oornag) na Klerskdorp. Die rede vir die oorslaap in Britstown is maar net om die trippie te breek want ek wil nie te vroeg vertrek nie. Vanaf Britstown na Klerksdorp is darem nie so 'n groot trek nie aangesien ek dan ook net omtrent halfuur gaan stop om ons dogter daar af te laai, en dan verder ry huistoe tot in Roodepoort. Ons gaan nie sleep nie.

Daar is 2 roetes wat ek kan neem en soek asb insette, tensy iemand iets ander voorstel.

Roete 1.

Melkbosstrand (N7 noord) via Clanwilliam, Calvinia, Williston, Carnavon en dan Britstown. 1311 km.

Roete 2.

Melkbosstrand  (N7 suid en dan N1), Paarl, Laingsburg, Beaufort Wes, dan N12 via Victoria Wes en dan Britstown. 1278km.

 

 

 

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Feb 2021 @ 14:22:57 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1170
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Ek sien ook dalk nou 'n alternatiewe roete om dalk maar N1 te ry. Oornag  eerder by Colesberg of Gariep en dan volgende dag tot Bloemfontein en dan afdraai rigting Klerksdorp.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2021 @ 09:10:23 am
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 341
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 15 years

Ek het jou roete 2 in 2016 gery toe ek my karavaan in Kimberley gaan haal het. Toe was die pad goed.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2021 @ 12:10:26 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1170
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Ek het jou roete 2 in 2016 gery toe ek my karavaan in Kimberley gaan haal het. Toe was die pad goed.

Max, die roete tot in Kimberley vanaf die Kaap is heel rybaar. Die probleem wat ek eintlik is is vanaf Kimberley. Daai gedeelte tot en met Klerksdorp is die dorpies maar chaos.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2021 @ 14:50:11 pm
1Pierre2
Bronze Member
48% Profile Strength
Posts: 19
Joined: 05 Dec 2018

Hi Hennie

Ek het ook beplan om vanaf Klerksdorp ook oor te slaap by Gariep dam na die Kaap se kant toe. By navrae is die roetes vanaf Klerksdorp tot Kroonstad / Bloemfontein via Bothaville nie aan te beveel met sleep en potholes en smal afgetrapte padrante nie. Moes dan seker 'n ekstra 200Km ompad ry om op die N1 te klim na Gariepdam vir die eerste oorslaap.

Ek beplan nou om die pad via Kimberley tot by Britstown te vat om dan oor te sleep by Kambroo padstal.

Ek het 'n Februarie 2020 die N12/14 roete gery en die pad was goed, soos Hennie se, die klein dorpies se paaie is chaos. Die ooppad was vir ons baie mooi met baie min slaggate. 

Wolmaranstad kan ook maar sy naam verander na Holmaranstad, daar is meer gate as pad.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Mar 2021 @ 15:02:40 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1031
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Waarom jaag?

Melkbosstrand :  Malmesbury  :  Wolsely  :  Worcester  :  Laingsburg  : Kambro-chalets 20km noord van Britstown.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Mar 2021 @ 06:46:11 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1170
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Hi Hennie

Ek het ook beplan om vanaf Klerksdorp ook oor te slaap by Gariep dam na die Kaap se kant toe. By navrae is die roetes vanaf Klerksdorp tot Kroonstad / Bloemfontein via Bothaville nie aan te beveel met sleep en potholes en smal afgetrapte padrante nie. Moes dan seker 'n ekstra 200Km ompad ry om op die N1 te klim na Gariepdam vir die eerste oorslaap.

Ek beplan nou om die pad via Kimberley tot by Britstown te vat om dan oor te sleep by Kambroo padstal.

Ek het 'n Februarie 2020 die N12/14 roete gery en die pad was goed, soos Hennie se, die klein dorpies se paaie is chaos. Die ooppad was vir ons baie mooi met baie min slaggate. 

Wolmaranstad kan ook maar sy naam verander na Holmaranstad, daar is meer gate as pad.

 

Soos in my eerste "post" gaan ons nie sleep nie. Ek het wel besluit dat ek nie via Klerksdorp afgaan Kaap toe nie. 

Ek sal ons dogter in die week voor die vakansie gaan haal en dan sal ek vanaf my huis (Roodepoort) met die N1 ry tot oorslaap in Beaufort. Vandaar die volgende dag tot by Goudini.

Met ons terugkom gaan ek wel vanaf Melkbos tot by Gariep ry, en dan die volgende dag via Bloemfontein tot en met Klerskdorp. Vandaar huiswaarts na Roodepoort.

As die munisipaliteite net hulle blerrie geld reg aanwend en onderhoud doen, sal die paaie nie so sleg lyk nie.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za