English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 007
Total Replies: 243 745
Total Views: 82 973 695
topics: 416
replies: 4 058
views: 1 482 918
Talk about the current road conditions throughout the country

Parys na Bothaville, Swartbergpas

replies: 13
views: 195
27 Feb 2020 @ 09:00:52 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1143
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Dag sê my mede-kampeerders.

Hier is nou eerstens 'n vraag van 'n Parysenaar (!) wat koppe sal laat krap .... so, apologie daarvoor!

Parys - Bothaville

Hoe lyk die pad tussen Parys en Bothaville? Ons is oor 2 weke oppad om so 'n bietjie te gaan toer deur Suid Afrika, en wil eerstens by Orania aandoen. Aangesien ek so 2 jaar gelede twee vellings, (weens slaggate tussen Vredefort en Bothaville), op my Audi sleg seergemaak het oppad na Leeudoringstad, het ek nog nooit weer daardie pad (weliswaar op my "voordeur") gery nie, maar soek nou die beste en kortste pad na ons eerste bestemming toe. Enige terugvoer? Ek sou reken die padwerke is nou voltooi?

Swartbergpas

Ek was vroeër meegedeel dat 'n karavaan NIE oor Swartbergpas gesleep behoort te word nie (ek be-oog spesifiek Prins Albert na Oudtshoorn) maar het die naweek die teendeel gehoor - mense met 'n Swift agter 'n VW Kombi reken daar is geen probleem nie (alhoewel hulle dit so 3 jaar vantevore gedoen het) Wat is die algemene mening van die kenners hier rond? Ek sleep 'n Sprite SC agter 'n VW Touareg 

Dankie by voorbaat vir julle insette. Goed om van julle menings gebruik te kan maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 09:42:38 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wel as jy die VW se koppelaar wil gaan toets day hy nie gaan brand nie ry maar die swartbergpas. 

Laat jou vrou net uitklim en saam iemand sonder n wa ry.

Gaan verongeluk jou maar.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 09:56:54 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2891
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis nie 'n kwessie van BEHOORT NIE- dis duidelik VERBODE!  Daar is bordjies aan beide kante van die pas.  Of jou voertuig fiesies instaat is om die karavaan die pas uit te sleep of nie, is een ding.  As jy egter op die nou pad op 'n plek kom waar twee voertuie nie bymekaar verby kan kom nie, veral om 'n draai, en jy moet agteruit stoot, gaan jy jou eie alie skop.  En die ander ou wat vertraag word, gaan jou intelligensie en jou vermoë om te lees, beslis bevraagteken. Dan ook, aan die afdraendekant gaan jou karavaan se remme dit ontgeld.  Van bo op die pas tot onder in Oudtshoorn daal jy ongeveer 1000 meter en jou karavaan gaan die hele pad moet rem.  Daar is 'n goeie rede waarom gesleepte voertuie verbied word en net 'n gek gaan dit verontagsaam.

Dis 'n besonder aanskopulike pas en jy sal jouself en jou gesin 'n onreg aandoen as jy die pas onder uiters gespanne toestande moet aandurf in plaas van om die rit te geniet.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 10:11:28 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 728
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Parys - Bothaville Laaste het hulle gewerk aan die pad tussen Viljoenskroon en Vredefort. Dit kan dalk al uitgesort wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 10:28:23 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1143
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Dankie julle ..... ek sien ander kommentaar i.v.m. die Swartbergpas is soortgelyk aan bogenoemde. Dus, alhoewel ek dan WEL die pas sal gaan ry, sal dit van Oudtshoorn se kant af wees, met "Pophuis" veilig gestoor by Klein Plasie in Oudtshoorn!!

Dankie weereens vir die terugvoer. Ek is nou seker daarvan dat my mede-fietsryer duidelik sy vorige rit ondervindinge met sy Kombi deurmekaar gehad het!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 10:49:01 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2893
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

🤔 ek wonder wie gaan die fight wen as jy in die middel van die pas met jou karavaan ry en n ander kar will verby kom 🤔

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 11:00:37 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1143
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

cool .... sou dit per stuk van sake kom, dan moet jy onthou ek bestuur 'n VW Touareg wat skrik vir niks ..... Sou niks anders uitwerk nie, kan hierdie voertuig die berg self verskuif, dus - geen probleme nie!!laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 12:58:52 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15829
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja wel die komentaar/terugvoer sê als.  Ek het die pas twee keer gery van Oudtshoorn se kant af tot in die hel.

Net die Klein Karoo kant van die pas sou ek glad nie met 'n sleepwa aandruf nie.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 14:12:39 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1544
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Dit is nie die moeite werd om met jou lewe of eiendom kanse te waag nie,bly by die opdrag om ekstra versigtig te wees.Aanskou die pragtige natuurskoon  en neem mooi fotos vir die album

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 20:24:15 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

cool .... sou dit per stuk van sake kom, dan moet jy onthou ek bestuur 'n VW Touareg wat skrik vir niks ..... Sou niks anders uitwerk nie, kan hierdie voertuig die berg self verskuif, dus - geen probleme nie!!laughing

Dis nie die vrystaat se vlaktes nie.

My Broer boer daar, en ken ek daai wêreld.

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 20:25:18 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het al sewe passe daar gery.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 22:09:36 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1319
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ons moet onthou dat Nico bloot net praat van oor die pas sleep, nie Hel toe nie. Meer as tien jaar gelede het twee vriende met hulle Pajeros en bos karavane tot in die Hel gery en weer terug sonder enige insidente, wat oor die berg ry na speletjies laat lyk. Hel toe is verby mekaar kom 'n probleem, nie oor die berg nie. Ek kan verstaan dat daar tekens is wat karavane verbied, want as dit nat is gaan jy teespoed kry met die afgaan slag.

Ek sal nie vir Nico aanraai of afraai om dit te doen nie.  As ek egter 'n nuwe Tuareg gehad het sou ek graag my huidige karavaan daar wou oor sleep. Dit sal groot pret wees. Daar is mos nie 'n ouderdomsbeperking op wie oor die berg mag ry nie. (Ek ken die Tuareg R weergawe. My seun het een gehad. Daaardie kar kan maar).  My Fortuner is outomaties. As dit 'n handrat model was sou ek dit met die 4x4 Fortuner ook doen. Anders as die nuwe Fortuner is die D4D se aandrywing mos permanent met al vier wiele in hoë strek, wat belangrik is vir die engin remkrag teen die berg af.

Terloops, in die vroeë sestigs het 'n V6 Zephyr, 'n twee wiel dryf kar sonder ewenaarslot, (die een met die lang neus en kort agterend) 'n CI karavaan teen Sani Pas uitgesleep.

Ek is die eerste keer oor die Swartberg pas met my Mini 1275 GTS wat stof in die meeste karre se ruite kon skop, en gelukkig skyfremme gehad het. Ek onthou hoeveel pret dit was om so vinnig as moontlik Prins Albert toe en terug oor die pas te ry.  Daar word mos gesê "Jeug is so 'n wonderlike ding - wat 'n jammerte dat dit op jong mense vermors word".

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 10:18:54 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1826
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Dit is bepaald net nie die moeite werd om die Swartbergpas met 'n wa aan te durf nie. Ons het so drie jaar terug die Gamakapas uit die Tankwa aangedurf. Alhoewel die 4lt Fortuner dit met gemak gedoen het is daar nog altyd die gevaar dat iemand van voor kom. Jy gaan in elk geval baie minder brandstof gebruik as jy De Rust om ry. die pad is baie mooi.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 12:18:55 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2891
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die padtekens wat toegang verbied vir gesleepte voertuie is nie 'n suggestie nie- dis 'n wetlike verbod. So as iemand so dwaas is om dit te ignoreer en daar is toevallig 'n verkeers- of polisieman in die omgewing, gaan hy beboet word.  Ek meen die verbod is nie omdat dit onmoontlik is om so-iets te doen nie, maar om ander motoriste wat die pad gebruik, te beskerm.  Baie dinge is moontlik maar nie noodwendig werd om te beproef nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za