Ek wil my volgende besoek meer noord gaan. Watter een van die 2 sal julle aanbeveel....keuse moet meer gerig wees op die wilds besigtiging in die omgewing en nie soseer die oord self nie
Satara by verre, my opinie
Satara. Daar is baie meer wild. Die gebied meer noord daarvan het uiteraard sy eie bekoring.
As dit net gaan oor wildsbesigtiging, defenitief Satara, Geert, soos reeds hierbo gesê is.
Letaba kamp baie mooi, nie eens n donkie loop daar rond. Satara kampterrein rof, restaurant was nog nooit vir my n wow nie maar as jy nie ry en wild kyk kom haal die wild jou by die kamp. Baie om te sien.
Satara.
Ons het al vele-male by beide gestaan, gaan weer so doen in Augustus/September. Ek het nog nooit lekker gestaan by Satara nie. Die beste wat ons al daar gestran het was toe ons in die chalets gebly het.
Die kamp is nie goed be-boom nie en die staanplekke is nie goed uitgemerk nie. Die geriewe is beslis goed, maar jy moet somtyds vêr stap. Daar is 'n tendens by baie kampeerders om suinig te wees met die kragpunte en ons het al mense gekry wat 'n kilometer-lang kraglyn het om krag aan te lê.
Satara was nog altyd die katte-kamp en ons het al pragtige kat-tonele daar gesien.
Letabe is my favorite kamp, lekker skadu-bome, lekker geriewe, wye staanplekke. Seker maar pot luck maar ons het nog altyd lekker daar gestaan.
Dankie vir almal se terugvoering.....waardeer! As my datums uitwerk soos beplan sal ek dan graag Satara wil besoek
Daar's hy Geërt. Geniet die Hyena''s wat die kamp draad in die aand patrolleer. Onthou om n nice spot light in te pak
Dankie vir almal se terugvoering.....waardeer! As my datums uitwerk soos beplan sal ek dan graag Satara wil besoek
Doen jouself n guns en gaan eendag heel noord. Daar is die natuur ongelooflik mooi en wild heel anders.
Doen jouself n guns en gaan eendag heel noord. Daar is die natuur ongelooflik mooi en wild heel anders.
Ja...dis nog op my wens lysie. Ek wil heel noord ingaan en stadig suid beweeg.....so 2-3 dae per kamp (totaal 3-4 weke) Grootste probleem tans is verlof. Ek kan basies net Desembers af vat....dis hoekom ek maar deur die res van die jaar mik vir die lang naweke. Dis hoekom ons ook maar hoofsaaklik suid gaan, want dis maar die naaste vir n lang naweek. Noord begin dit vir my net te ver raak vir n lang naweek (ek hou nie baie van ver ry nie)

Dit is iets wat jy moet doen as jy op pensioen is. Niks moet jou jaag nie en doen dit in die af seisoen sodat jy nie by volgende kamp hoef te bespreek nie.
Ons het afgelope Dinsdagaand by Letaba oorgestaan. Die kamp was redelik vol kampeerders. Ek is 'n ou wat al vir baie jare gereeld wildtuin toe kom. Tans in Punda Maria - ons vierde aand van 46 reeds oorgestaan. Letaba se ablusie (die hoofblok) was "appalling" - 'n klad op Sanparke se naam.
Woensdagaand het ons in Shingwedzi oorgestaan. Die ablusies was netjies en skoon. Die ablusies by Punda (waar ons nog 'n verdere 6 aande staan) is ook skoon en netjies.
Ek sien amper op daarteen om 'n verdere 7 aande (28 Mei - 2 Jun) by Letaba te gaan kamp.
Die kamp self is pragtig en boomryk.
Chris dit maak my woedend kwaad om te hoor n mooi kamp soos Letaba se ablusies veroorsaak dat sy naam weg gegooi word. Wys net weer eens dat die Kruger park net bekommerd is oor buitelanders. Hulle kom nie kuier met karavane. So waarvoor ablusies skoon hou, terrein onderhou, dis tog net Suid Afrikaners wat met karavane en tente kom. So gaan dit in al die kampe in die park.
Ons gaan by Phalaborwa in. Ons het 6 dae tot ons beskiking om Satara en Letaba te besoek. Omdat ons meer daar is vir wildsbesigtiging, het ons 1x aand by Letaba bespreek en 5 aande by Satara. Is dit goeie keuse, of sou julle nog n aand by Letaba aanbeveel?

Hulle is naby aan mekaar so omtrent 70 km of 1 uur 20 min se ry. Hang af hoe ver noord jy will toer vanaf Letaba
Ons gaan by Phalaborwa in. Ons het 6 dae tot ons beskiking om Satara en Letaba te besoek. Omdat ons meer daar is vir wildsbesigtiging, het ons 1x aand by Letaba bespreek en 5 aande by Satara. Is dit goeie keuse, of sou julle nog n aand by Letaba aanbeveel?
Jy noem dit dat wildbesigting jul prioriteit is. Dan is jou bespreking na my mening die korrekte.
As julle by Phalaborwa gaan oornag, dan sal ek se gaan direk na Satara, om so vroeg as moontlik daar uittekom.
As julle by Phalaborwa gaan oornag, dan sal ek se gaan direk na Satara, om so vroeg as moontlik daar uittekom.
Ek het by Phalaborwa vir een aand bespreek en betaal omdat ek nie plek binne KNP kon kry nie....nou kan ek bespreking binne KNP kry, maar het reeds vir Phalaborwa betaal
Ek het by Phalaborwa vir een aand bespreek en betaal omdat ek nie plek binne KNP kon kry nie....nou kan ek bespreking binne KNP kry, maar het reeds vir Phalaborwa betaal
Waar sal jul wees die aand voor Phalaborwa?
Geert, ons het gevind om net een nag in n' kamp te bly beteken jy gaan nie juis die omgewing besigtig nie. Dit is uitsonderlik as ons net een nag oorstaan. Maar die kamp waar ons dit gedoen het was Letaba. Dit was om die lang trip van Berg-En-Dal na Shingwedzi op te breek.
Satara het baia meer wild as Letaba.
Geniet dit.

Dit was beslis so. Deesdae twyfel ek. Die S100 het opgedroog.
Butts. Dit hang van seisoen en ook of daar leeus in die area is. Ons het by voorbeeld baia wild langs die S50/Nshawu Marsh gesien vir die eerste twee dae by Tsendze. Toe skielik niks meer nie want die leeus het n' buffel in die marsh gevang. Die wild het toe weg beweeg van die marsh af. Ons het die selfde ondervind op die S100. Ek hou eintelik nie daarvan as daar leeus in n' area is nie want dan gaan die res van die wild elders. Ook as die water skaars is kom die wild redelik gou weer terug na die riviere toe.
Ek lees onder oord terugvoering dat n persoon melding maak van n nuwe slaghuis by Satara. Weet iemand of mens liewer daar vleis kan koop as om saam te neem?