English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 532
Total Replies: 252 829
Total Views: 83 250 535
topics: 986
replies: 15 409
views: 4 049 050
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.

Nuwe (ou) lid :-)

replies: 8
views: 207
15 Sep 2020 @ 15:37:23 pm
DerikB
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 15 Sep 2020

Hallo almal

 

Nuwe ou lid hier. Ek was baie jarre terug lid hier gewees maar helaas het nie meer my oorspronlike toegang en dinge nie. Meestal lees ek so elke dan en wan interessante  gesprekke en tegniese raad hier.

 

Ek het my ou Fleetline 6 so 3-4 jaar terug verkoop. Mensig maar ek mis die ou wa :-)

 

Ek en vroutjie het egter bietjie oorsee gaan rondpikkel en dit het nie sin gemaak om die wa te hou nie.

 

Ons is egter terug en het besluit dis tyd om weer gemaklike wa aan te skaf. Ons kan nie nuut koop nie so selfde as met karre koop ek maar fixer uppers.


Van daar dat ons nou die trotse eienaars is van 'n 2003 Sprite Scout, met werk benodig :-)  Ek het die wa gekoop met de wete daar is houtvrot wat ek weer sal moet regmaak. Ek se weer want ek het maar dieselfde met my Fleetline ook gedoen.

 

Dus, julle gaan my gereeld in die tegniese afdeling sien vir 'n ruk lank. Ek het klaar ontsettend baie geleer oor hierdie AL-KO remstelsel en ek kon self die rollaers nagaan en die remme opstel. Eerste keer deur die toets :-)

 

Groete!

Derik en Bessie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2020 @ 16:26:05 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 398
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Welkom terug. Jy maak my jaloers. Ek hou van nuwe projekte aanpak. Geniet die regmaak van die sprite scout.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2020 @ 21:00:50 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1591
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Wees gegroet,en welkom.As jy tegniese kennis benodig sal jy dit kry,maar morele ondersteuning en aanmoediging beslis ook.Geniet jou nuwe uitdaging

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2020 @ 06:35:45 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16141
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Is ek reg as ek se jy gebruik dieselfde forum naam as van ouds?  Welkom terug weer eens.

Ek self is lus vir so projek of wat.  Die projekte wat ek al aangepak het was 'n Rogue Jeep op Volla onderstel.  Toe 'n ou Mini Mk3 1969 model.  Dit was voertuie.  Het intussen baie S/waens gebou onder andere 'n sleepwa vir 'n Gyrocopter asook vir Krimp Varkie 'n kamp S/wa.

Nou tussen twee besluite....... of weer 'n kamp sleepwa............ of die restoureer van 'n ou karavaan.

Sterkte met jou projek en as jy kan plaas vir ons voor en na fotos dan kan ons jou werk volg.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2020 @ 08:00:17 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom terug, sterkte.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2020 @ 09:59:13 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 882
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Welkom terug  vra ons sal antwoord as ons dink ons kan

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Sep 2020 @ 11:56:14 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4742
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Welkom en sterkte met projek

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2020 @ 08:48:09 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 812
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

As jy n yskassie in jou braaikamer se kroeg het sal jy sommer baie aanbiedinge om te kom hand bysit kry.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2020 @ 20:51:50 pm
DerikB
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 15 Sep 2020

Baie dankie almal!

Ek sal verseker vra soos ek gaan.

Groete

Derik

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za