Ek is geskok, maar ek gaan niks se nie.
Ek sien dit is in Namibia. Seker nog slegter hier..😩
Seker waar baie van die Eishkom ouens "geswot" het:) Terloops hierso lyk dit baiekeer nie beter nie, outjie kan slegs een keer in 'n "fase" van 3 jaar pluk daarna word hy deurgesit na die volgende graad ongeag sy punte. (en dan moet die skool ook eers die departement se toestemming vra voordat hy mag druip, meestal word dit dan afgekeur en hy gaan maar net aan na die volgende graad toe).
Terloops sien die siel het darem 13% gekry vir somme maak....seker die volgorde van dag/maand/jaar reggekry toe hy eksamen geskryf het! En 'n hele 23% vir wetenskap! Dalk meer skrikwekkend is die klas gemiddeld vir al die vakke, so dit lyk nie of sy pelle juis veel slimmer is nie...
Dalk is hy nou klaar met skool, sien dit was in 2018.
Het die minister van Education nie gesê die een of ander tyd dat pass % kan maar 0% ook wees nie.
Wonder waar het die gestudeer.
Wonder soms hoekom sommiges nog tyd mors om skool toe te gaan.....kry mos werk op ander kriteria
WOW glad nie goed nie gaan eendag ingeneur word by Eskom
Lieflike toekoms vir ons land. Chapperig ne.
Die dae toe om te kon katkiseer as 'n kwalifikasie gesien was om te kon trou sou rapport uitslae ook seker in baie gevalle so gelyk het.
Ons lag nou daaroor, maar nie baie jare gelede was daar nog skole in ons land waar 'n persoon met standerd vyf vir standerd vier leerlinge skool gehou het.
Die enigste kwalifikasie waarop die outjie van die rapport sal kan staatmaak is of hy "streetwise" is. Daar is sommiges van hulle wat gemaklik oorleef omdat hulle daardie skool suksesvol deurloop het.