Fred ja Faf speel mos soos deur die afrigter aangese. Verbasend dat mense dit nie kan verstaan nie. Maar nou ja elke skop van hom is vergete met die beker op pad na ZA grond en almal juig. Wonder hoeveel mense gaan Rassie nog afskiet oor hoe en wat en wanneer?
Ja ek stem saam. Faf het 'n fantastiese wedstryd gehad. Hy het alles gedoen wat van hom verwag is en dit uitstekend gedoen en dan het hy nog puik verdedig ook. Vir my was hy die speler van die wedstryd. Klein maar met geen bang haar op sy kop nie. Ek wonder of hy nog so goed sal speel as hy sy goue lokke sny- dink maar aan Simson van ouds. Kolbe se drie was puik, maar die ander een netso.
Maar eintlik het elke speler met die groen trui sy bes gedoen- ons moet eintlik nie uitsonder nie.
Ek sien in die media Prins Harry het met n baie mooi gebaar die bokke in die kleedkamer gaan geluk wens toe wonder ek nou maar net of ons nie dalk die engelse met n klomp wet whipes moes gaan besoek het nie.😕

Ek sien die bokke het hom n bier aangebied en hy het hom saam met hulle geniet
Ek is geen rojalis nie, maar so een kan mens verduur. Dis baie sportief van hom.
Ja selfs sy boodskap aan die bokke. Hulle geluk gewens en gesê dat as daar een land is wat hierdie oorwinning nodig gehad het, is dit Suid Afrika.
Hulle het puik gespeel. Wonder wat gaan die wêreld beker vir die land doen.
Hoe sê die spreek woord "novelty wears off". Mense gaan maar klaar weer aan met hulle lewens.
Hulle het puik gespeel. Wonder wat gaan die wêreld beker vir die land doen.
Hoe sê die spreek woord "novelty wears off". Mense gaan maar klaar weer aan met hulle lewens.
Presies.....ek lees self op social media van mense wat dink die beker gaan wondere in ons land verrig. Dis soos kersfees......op die dag kom al hierdie mooi soetsappige boodskappe deur, klink of daar vrede vrede gaan wees......die dag na kersfees is alles weer back to normal en mense leef maar weer soos voorheen. Neewat....twyfel of daai beker enige wondere gaan verrig.....ons het hom mos reeds 2x gehad in die nuwe SA, ook niks aan ons land verander nie
Ek dink dit verrig wondere vir die sport en skep goeie verwagtinge vir toekomstige spelers van rugby.
Maar dis waar dit gaan stop.
Die mense wat so in die strate af gery het en toeter geblaas het, is weer erg besig met hulle daaglikse taak.

Nee Leon ek ry nog steeds die strate af blaas hooter en beduie. Nou nie vir die bokke maar vir donkies wat nie kan bestuur en duidelik hul driver's licence gekoop het.