English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 843
Total Replies: 270 523
Total Views: 83 882 992
topics: 829
replies: 13 395
views: 4 989 945
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Vervanging van ratkas olie

replies: 14
views: 362
08 Aug, 2022 @ 12:59:24 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3151
Joined: 24 Aug, 2011
Experience: 32 years

Enige iemand al ratkas olie op voertuie vervang, handrat of auto.

Ek verstaan van die geleerde mense jy moet n ratkas se olie vervang op maks 160 000 km.

Ek het die probleem gehad op Suzi Grand Vitara op 34 000km dat as hy koud is sukkel jy om hom in 1ste en 2e te kry. As hy warm is Geen probleem. Oplossing gegee op 50 00km vervang kompleet clutch, wat ek nie gedoen het nie. Kinders het nou die kar en op 110 000km beveel Suzi nou aan vervang ratkas.  Shame. Nou wonder ek of olie vervanging nie dalk sal werk nie.

Terloops, daai einste Vitara kom terug van n diens by Suzi en die powersteering skree harder as my vrou. Suzi reken ek moet pomp vervang. R18000 (alles by hulle is R18000 behalwe die ratkas) R350 se powersteering fluid flush en probleem opgelos 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug, 2022 @ 19:00:50 pm
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 07 Aug, 2016
Experience: 52 years

Net so! daai geleerde mens was dalk nog laasmaand 'n appie by Toyota en nou 'n manager by Suzie wat wil sy baas impress. 

Ek het 'n ou vriend wat eienaar gewees het vir 30 of wat jare van 'n Gearbox Centre wat eendag vir my gesê het, elke keer as hy diff olie of Ratkas olie vervang op sy voertuie dan breek dit.. Daarom vervang ek dit nooit en het trokke en 'n ou Isuzu 4x4 met meer as 800,000km op met min of meer dieselfde olie in.. net bygegooi wanneer nodig.

More sal self vertel....
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug, 2022 @ 19:04:32 pm
LoneRunner
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 90
Joined: 07 Aug, 2016
Experience: 52 years

Auto's is bietjie anders, hulle het filters onder in die transmissie wat die koppelaars binne se slytstof opvang en kan later die oil cooler en filter block, so ja, dit moet so rondom 100,000km gediens word

More sal self vertel....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug, 2022 @ 08:56:31 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4778
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Ek dink jy moet eerder maar die regte inligting kry.  Ek weet nie watter tipe ratkas jou Vitara het nie, en ek is ook nie 'n deskundige nie, so ek gaan nie eers probeer om raad te gee nie.  

My Kuga se dubbel koppelaar moes op ongeveer 100,000 km vervang word omdat dit begin gly het en toe het ek heewat daaroor opgelees. Dit is wel deur Ford onder waarborg vervang, maar ek wou meer inligting hê.  Ek het gesukkel om die regte inliting te kry, maar dit lyk of die olie elke 60,000 km vervang moet word asook 'n filter wat deel van die stelsel is. Die koppelaar, wat wel nie in olie loop nie, het reeds R85,000 gekos so 'n volle ratkas moet baie duur wees, so ek wil nie kanse waag nie.  Met outydse handratkaste was dit waarskynlik nie so kritiek om olie te vervang nie- die ou goed was maar baie primitief met groot toleransies, maar met moderne ratkaste lyk dit my, moet 'n mens eerder nie 'n kans vat nie.

Na die Kuga onder waarborg uit is, gaan ek dit nou self diens, sover moontlik, en ek het reeds my eerste diens gedoen.  Net om die engine oliefilter uit te haal, was 'n reuse werk en ek moes 'n gereedskapstuk maak om dit te doen en ek begin nou al vrees vir die dag wanneer die ratkas-olie vervang moet word.

Kan julle nog die ou Beetles onthou wat nie eers 'n engine oliefilter gehad het nie- net iets soos 'n teesiffie om die ergste stukke yster op te vang (by wyse van oordrywing), en tog het hule net aanhou loop, maar ons is lank verby daardie tye.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug, 2022 @ 13:32:09 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 Jan, 2021

Die gekrap tussen 1ste en 2de rat in koue weer is normaal omrede EP olie dikker is op handrat kaste.

Ek het destyds dieselfde probleem op my Sentra gehad.

Ek het die EP olie afgetap en vervang met ATF Auto transmissie olie.

ATF olie is dunner ek verskaf ook meer smering omrede ATF olie meer hitte kan hanteer.

Nadat ek bogenoem gedoen het was my probleem opgelos met ratte wat krap in koue weer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug, 2022 @ 13:45:38 pm
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4778
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Is dit veilig om ander as die voorgeskrewe olie te gebruik?  My destydse Peogeot 4.5 het terloops enjin olie in die ratkas gebruik in plaas van die dikker ratkasolie. Sou dit dieselfde smeer-eienskappehê as ratkas olie?  In die ou Minis het die ratte in diesefde oliebak gedraa as die krukas.  Snaakse dinge wat gedoen word.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug, 2022 @ 15:31:58 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 Jan, 2021

Is dit veilig om ander as die voorgeskrewe olie te gebruik?  My destydse Peogeot 4.5 het terloops enjin olie in die ratkas gebruik in plaas van die dikker ratkasolie. Sou dit dieselfde smeer-eienskappehê as ratkas olie?  In die ou Minis het die ratte in diesefde oliebak gedraa as die krukas.  Snaakse dinge wat gedoen word.

Inteendeel Fred, die ATF het ń hoêr smering aktief agv van sy minder dikte asook dat ATF meer hitte kan hanteer.

My X-Trail ry ek met ATF sonder probleme en staan nou op 242000km's.

Een nadeel van ATF is, jou ratkas moet net nie olie lekke hê nie andersins gaan jou "driveway" vol olie wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Aug, 2022 @ 18:35:49 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1350
Joined: 15 Dec, 2012
Experience: 9 years

Inteendeel Fred, die ATF het ń hoêr smering aktief agv van sy minder dikte asook dat ATF meer hitte kan hanteer.

My X-Trail ry ek met ATF sonder probleme en staan nou op 242000km's.

Een nadeel van ATF is, jou ratkas moet net nie olie lekke hê nie andersins gaan jou "driveway" vol olie wees.

Geen probleem.   Blameer die skoonseun. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 09:09:22 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1529
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Dennis, jou observasie en bevinding met ATF olie is in die kol!

Ek het baie met olies te doene gehad tydens my posisie in die industrie.

Oorspronklik redelik probleme ondervind met die eerste geslag VW Golfies se ratkaste en een van die aanbevelings (van VW kompetisie afdeling daardie jare) het gelui dat 1 liter ratkas olie wel ATF moet wees. Dit was werklik die oplossing. Daarna het VW hulle ratkas olie samestelling so verander met byvoegsels edm. dat dit die probleem behoorlik aangespreek het - veral, eienaardig genoeg toe die Jetta op die mark gekom het (waarskynlik omdat die ratkas op die swaarder Jetta harder moes werk?) 

Ek stem ook saam dat die ATF olie hoër hitte in ons deel van die wereld beter hanteer, so dit is sekerlik die antwoord

Een ding wat mens moet verstaan is die gradering van olies .... volgens die SAE ("Society of Automotive Engineers") is die gradering vir enjin olies anders as dié vir ratkaste - (iets wat 'n baie lang store regverdig 😃), en daarom is SAE 10 = SAE 60, SAE 20 = SAE 70 ens.

Olie is ook nie net "dikker" of "dunner" nie, dit bevat verskillende eienskappe vir vloeibaarheid, slytasie en dies meer. Met my Touareg is die verskillende olie aanbeveling ongelooflik - verskil selfs van een generasie voertuig na die ander.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 09:38:27 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1529
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Byvoeging tot my pos hierbo .......

Let wel dat ek NIE impliseer dat SAE 10 gelykstaande  is aan SAE 60 nie. Al wat die gradering in hierdie geval aandui is dat die Viskositeit van die SAE 10 gelykstaande is aan die van SAE 60. Uiteraard is die ratkas olies toegerus met hoër aanvaarbaardheid van druk (die sogenaamde "HP" higher pressure) en dies meer.

Sommige mense was in die verlede baie geneig om meer toeganklik te wees om sogenaamde olies vir Diesel enjins in Petrol enjins te gebruik, maar deesdae, met die hoër  druk in Petrol eniins is die ook nie meer soveel verskillend as in Diesels nie.

Maar, dit bly 'n baie interessante onderwerp. Om probleme wel uit te skakel sou ek saam met Fred stem dat dit maar beter is om by die aangeskrewe olies te bly. In my geval is daar wel verskillende olie fabrikate (Shell, Catrol ens.) wat ten volle voldoen aan die vereistes van VW met hulle Touaregs!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 14:57:01 pm
Gerden
Titanium Member
55% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 Jan, 2021

Nico, ek stem saam met jou.

Bly by "Brand Name" olies, byvoorbeeld dat ek nie ń voorstaander is vir Castrol in engines nie omrede die olie geneig is om "carbon" te versamel en raak gouer swart en verloor dan ook olie viskositeit.

In my X-Trail gooi ek slegs Shell Helix sinteties of Fuchs sinteties.

Bogenoem bly langer skoon wat beteken die olie viskositeit hou langer.

Ek betaal eerder +/- R 120 meer per 5lt voordat ek meer as +/- R100k vir ń engine of ratkas moet betaal.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug, 2022 @ 15:07:03 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16890
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

Ek ken net die volgende:

SAE 90 EP               -    manual ratkaste

                                -    ewenaars

                                -    en naafreduksie ratte

SAE 30 SERIES 3    -    Enjins

ATF                          -   Automatiese ratkaste

                                -    Hidroliese stelsels

 

Ek is seker maar outyds of ver agter met tegnologie...........................😜 

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 09:07:57 am
Nico
Jupiter Member
92% Profile Strength
Posts: 1529
Joined: 16 Jan, 2010
Experience: 14 years

Dennis, ja, die Castrol olie storie, moet ek erken, is ook maar volks mitologie.

Ek het vir jare lesings aangebied by die Skool vir Tribologie met spesifieke klem op olies vir smering, wrywing edm. op laers, so het redelik kennis van die onderwerp. Verskeie industrieë, olie vervaardigers/verspreiders ingesluit, woon hierdie lesings by.

Baie mense weet te vertel van mense wie hulle ken, of ander wat weet van iemand wat dit al ondervind het, of 'n vriend van 'n familie lid, of, .... (jy volg die strekking van my woorde?) met dié Castrol probleme, maar eintlik het niemand nog na vore kon kom met spesifieke eerstehandse bewyse dat Castrol wel 'n probleem olie kan wees nie. Glo dit as jy wil, tydens hierdie Triboligie lesings is dit wel genoem dat dit 'n smeerveldtog van jare gelede was wat in Engeland (nogal!) ontstaan het. Dit is algemeen afgemaak as nonsens, alhoewel baie nog die storie glo. Dit daar gelaat, maar die feit bly staan, Castrol is baie gewild, en sal sekerlik nie sulke "slegte" olie aanhou bemark nie ........

Ek self het heelwat - en ek bedoel baie - enjins van verskillende fabrikate oopgemaak en geïnspekteer, wat in verskillende areas toegepas was - landbou, motor wedrenne, siviele omgewings, daaglikse vervoer o.a. - en werklik nog nooit sulke tekens gesien nie. Ja, olies wat tot die uiterste gedryf was sonder om ordentlike dienste te kon bekom, verwaarloos, oorverhit, maar die sogenaamde koolstof neerslae van Castrol spesifiek ????? Geensins.

Ek self, moet ek erken, is 'n groot voorstaander van Castrol - gebruik dit al jare - maar verkies om dieselfde olies te gebruik waarmee my motors gediens word, dus, met my Touareg wat met Shell Helix gediens is, het ek maar 'n drommetjie van die olie gaan koop!!

Dan ook, moet ek byvoeg, het ek baie geleer by 'n oorlede maat van my - 'n ingenieur by uitstek, Spotty Woodhead van Castrol faam!!

Jammer vir die elle lange relaas, maar ek hoop dit stel jou gerus!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug, 2022 @ 09:18:35 am
Fred
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 4778
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dit is so, mense glo die "stemme" wat hulle "gehoor het" eerder as bewese feite. Dit word genoem anekdotiese bewyse, wat werklik geen bewyse is nie. Baie keer is dit 'n ding wat deur een persoon uit die duim gesuig word en dan deur baie ander herhaal word.  Dink maar aan 'n sekere middel aan die begin van die C19 tydperk. Dan hoor 'n persoon dit uit meer as een bron wat dit dan in sy gemoed bevestig.  Dit is 'n feit dat as 'n leuen aanhoudend vertel word, word dit uiteindelik as die waarheid aanvaar.  Baie dankie vir jou deel van kennis Nico.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Aug, 2022 @ 03:04:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16890
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 58 years

My Oupa het Castrol enjin olie gebruik in sy kar die slag wat ek by was.

My Pa het Castrol olie gebruik in sy karre.

Ek gebruik meeste van die tyd castrol olie in al my voertuie sedert ek my eerste wiele gekry het in 1982.

Families aan my Pa en Ma se kant en self vriende van my Pa en Ma het groot geword met Castrol enjin olie.

Ek kan nie van enige insident outhou waar enige van die bogenoemde in my Ouers  en my vriende kring iets negatief hoor praat waar hulle voertuie weens Castrol olie onklaar geraak het nie.

Ek sal slegs 'n ander tipe olie koop as of die vervaardiger dit aanbeveel of Castrol nie beskibaar is nie.

GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required