English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 316
topics: 813
replies: 13 168
views: 4 974 223
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Lig van karavaan met Spacers

replies: 8
views: 306
02 May 2021 @ 22:58:04 pm
Johann
Silver Member
22% Profile Strength
Posts: 53
Joined: 07 Jan 2010

My  sleepvoertuig se haak is effe hoog gevolglik is die neus van Fleetline bietjie hoër as agterkant. Dis 'n gooseneck haak wat nie met drop plate laat sak kan word nie. Is die lig van die chassis met Spacers 'n opsie wat dit sal regstel? Wie in Pretoria kan dit doen?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2021 @ 08:53:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ja dit sal werk en is al voorheen gedoen.  As ek reg onthou kan PTA Oos Karavane help daarmee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2021 @ 10:11:02 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4013
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Is die problem nie dalk dat rubbers in die as se veerstelsel begin plat raak nie? as dit die geval is, sal dit dalk beter wees om aandag daaraan te gee.  Daar is verskeie drade op hierdie Forum daar oor.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2021 @ 13:21:41 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1965
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Dis nie sommer net van spacers insit nie.

Hang af van die vervaardig datum van jou Fleetline en tipe onderstel.

Met die ouer waens wat nog soliede onderstel het, kan jy spacers gebruik.

Met die nuwer waens met die modulêre onderstel (dele boud net aan mekaar vas om langer te maak) is die as met die onderstel geïntegreer en moet die as afgehaal en 'brackets' op gesweis word. Redelike groot werk, maar die moeite werd.

Beter om 'n professionele persoon te kry om daardie as te sweis dat hy nie buig van hitte verspreiding nie. Dan ook moet die onderstel effe aangepas word om die 'brackets' op die as vas te maak.

My 2017 Penta is so gelig en met ekstra bracket op die as op 3 plekke eerder as twee aan die onderstel geheg. 55mm gelig.

Maak net seker die ou wat die werk doen het meetkunde op skool geslaag.

My skoonseun en 'n vriend het my wa gelig. Hulle doen dit nie meer nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2021 @ 08:41:30 am
REAList
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 200
Joined: 11 Aug 2015
Experience: 26 years

Oorweeg ook groter bande. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2021 @ 13:35:19 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Ek sal nie die karavaan se hoogte verander nie, want die sytent is gemaak volgens die karavaan se hoogte, en afgesien daarvan dat so 'n verandering 'n afdraend dak sytent tot gevolg het sal die tent teenaan die karavaan se seil nie lank genoeg wees nie. Dit kan ook 'n add-a-room skeef maak, en 'n toekomstige inruil of verkoop nadelig beinvloed. Die trap hoogte raak ook hoër asook die wind weerstand.

Ek dink die eenvoudigste oplossing is om die goosneck sleepstang se kop te laat afsaag en 'n vier- of ses-gat plaat daar te laat aan swys (professionele swyser natuurlik).  Dit sal baie goedkoper wees as om die karavaan te laat lig, en die haak is dan verstelbaar soos benodig.

Onthou net om die voertuig se battery te ontkoppel alvorens daar geswys word. My verstaan van die saak is dat 'n man skade kan kry indien dit nie gedoen word tydens so 'n swysery nie.

Happiness is not getting what you like, but liking what you get.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2021 @ 15:00:07 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1965
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Ek sal nie die karavaan se hoogte verander nie, want die sytent is gemaak volgens die karavaan se hoogte, en afgesien daarvan dat so 'n verandering 'n afdraend dak sytent tot gevolg het sal die tent teenaan die karavaan se seil nie lank genoeg wees nie. Dit kan ook 'n add-a-room skeef maak, en 'n toekomstige inruil of verkoop nadelig beinvloed. Die trap hoogte raak ook hoër asook die wind weerstand.

Ek dink die eenvoudigste oplossing is om die goosneck sleepstang se kop te laat afsaag en 'n vier- of ses-gat plaat daar te laat aan swys (professionele swyser natuurlik).  Dit sal baie goedkoper wees as om die karavaan te laat lig, en die haak is dan verstelbaar soos benodig.

Onthou net om die voertuig se battery te ontkoppel alvorens daar geswys word. My verstaan van die saak is dat 'n man skade kan kry indien dit nie gedoen word tydens so 'n swysery nie.

Ek het ons Penta gelig met 55mm asook 15" wiele op met 165/65 bande.

My tent raak steeds aan die grond. Daar is genoeg plastiek onder aan die tent by die wa om nog 'n 10-12cm strook op die grond te laat.

My tent staan nie skeef nie, want ek beheer die hoogte deur verstelbare reggop pale. So staan my add-a-room ook nog horisintaal reg.

Neewat, die lig van die wa het geen negatiewe effek op my tent(e) gemaak nie en sleep aansienlik beter.

Die afsaag van 'n sleepstang se kop en aansweis van 'n nuwe een skep een groot swak punt in jou sleepkombinasie. Die kragte wat op die sleepstang kop uitgeoefen word is nie net die sleepstang gewig nie, maar al die dinamiese kragte wat vermenigvuldig met sleep en rem.

Ek sou nie daardie kans waag nie.

My Discovery had 'n gooseneck sleepstang. Ek het 'n 'aftermarket' stang gekry (wat al die nodige toetse geslaag het) wat in die gleuf van die gansnek inskuif, waaraan ek 'n sakplaat kon vasbout.

Ek is seker as Johann gaan soek, sal hy iewers soiets kan raakloop.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2021 @ 18:26:17 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1588
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 56 years

Proffie, so ver my kennis strek word alle sleepstange erens aan mekaar geswys. Ek stem nie saam dat 'n verandering soos ek genoem het die stang sal verswak nie. Die kwaaiste hefboom effek op die sleepstang is nie by die bal nie, maar verder na die voorkant van die voertuig waar daar ook swyslasse is..

Happiness is not getting what you like, but liking what you get.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 May 2021 @ 16:48:59 pm
Andrew
Silver Member
66% Profile Strength
Posts: 66
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 32 years

Hi, you don`t mention what tow vehicle or by how much higher the towball is or what type of towball , electric, fixed or detachable. By adjusting caravan height you mess around with the tent setup. Not sure if you can get different size goose necks but if it is detachable you might be able to get a different size.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za