English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 006
Total Replies: 243 728
Total Views: 82 973 056
topics: 788
replies: 12 644
views: 4 953 764
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Lewe na n Hilux

replies: 36
views: 1113
17 Dec 2019 @ 11:09:51 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3050
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

So kamp ek nie meer nie. Wa verkoop!

Het mos nou n 2007 Mitsubishi Triton 2.5 4x4 gekoop. Sleep toe die wa Springs toe (nuwe eienaar)

Die Triton het oor die 30kW meer en soveel meer torque as my gewese Hilux.

O hel, wat n moeilike trip! 25km/h wind van voor. Ry meer in 2e en 3e as enige iets anders. Cherry on Top! Dogter le in hospitaal in Pta na operasie en ek moet jaag vir besoek tyd. (Vergeet die jaag dit bestaan nie met n Triton)

So kom ons vergelyk die Triton en die Hilux (2007 modelle)

Jy kan n 2007 Triton 2.5 4x4 koop DC boek waarde R126 000 met ongveer 170 000km op (myne was R110 000)

Vir R110 000 kon ek GEEN hilux DC kry nie. SC met 300 000km op ja.

Triton het meer kW en Torque as Hilux SC

Nou vir R110 000 het die Triton DC dievolgende wat die Hilux SC nie het nie:

1. Dis n DC

2. Leer sitplekke (nie no 1 op my keuse nie)

3. "Heated seats" as jy jou foefenjol warm wil hou..... as jy wil.

4. Climate control

5. Trip Computer (myne uitgehaal "touch screen" radio met reverse cam in)

6. one touch control vir alle vensters insluitende die agter venster!!!!!!! (Dit is n BONUS)

7. Intercooler....vir wat dit werd is ....niemand sal weet nie

8. Super Select 4X4 (Hilux is 2WD) (superselect beteken jy kan alle Diffs lock behalwe jou vrou)

Voordele van die Hilux

1. Hy sleep lekkerder

2. Ligter op diesel vir normale ry (Het 11 - 12km/lt gekry) (Triton 9 - 10km/lt)

Sal ek weer n Hilux ry??? Ja as ek die Lotto wen 6 keer in n ry!

Ons almal ken die debat oor Ford/Hilux......... gaan toetsbestuur die Triton/Nivara/Fiat ens. Jy kan dalk verbaas wees. (Maar die Legend 50 is vrek mooi)

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2019 @ 11:46:53 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Dink wat jy hier uitlig Hannes is dat dit nie slegs kW en NM is nie, maar ook goed soos ratkas en diff ratverhoudings, waar presies piek daai NM en kW, en dan ook handrat, outomaties (in lg geval ook of die torque converter 'n lockup koppelaar het en dan ook die spesifieke eienskappe van die goed) en nog 'n klomp ander dinge - die motor mense verwys daarna as "driveability" (terloops dis iets wat gewoonlik in die slag bly as die goed ge-chip word). Moet egter ook byvoeg dat die 2007 2.5 Triton nog nooit enige pryse gewen het nie....behalwe met sy 4 wiel dryf stelsel wat wyd beskou word as onder die bestes wat daar is. Verstaan ook dat die nuwe Triton met die nuwe 2.4 baie baie beter is....het amper ene gekoop toe my Ranger laas jaar gesteel is, maar aan die einde van die dag kon die plaaslike Mitsu handelaar nie ene beskikbaar stel vir toets bestuur nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2019 @ 12:01:55 pm
Kurper
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 249
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 36 years

Ek het lank 'n Triton 2.5 4x4 gery voor die Ford, sal more weer een koop as ek kon. Wag maar saam met Hannes vir die skip om in te kom.

“He was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2019 @ 12:24:00 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 508
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Baie geluk Hannes.  Mag hy jou ook kommervrye km's gee.  Op die ou einde maak elke dingetjie soos leer sitplekke, Climate control, ens die lewe net lekkerder en gemakliker vir die bestuurder en passasiers. 

Ek dink baie ons Suid Afrikaners is gebreinspoel as dit by bakkies kom.  Baie keer word die ander goeie bakkies misgekyk omdat hulle goedkoper is en minder mense hulle ry. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2019 @ 16:10:47 pm
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Triton is ń uitstekende voertuig💪

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2019 @ 20:39:34 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 327
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Congrats on your Triton,   Mitsubishi has a long and proud record of performance and reliability, and it doesn't look bad either.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2019 @ 21:31:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hilux bo.....

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2019 @ 21:39:46 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 149
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Ons sleep ons Xplorer met 'n 2010 Triton DC 3.2 DID. Sleep maklik. Die bakkie is "ge-chip", maar wanneer ons sonder karavaan met daktent Botswana, Namibie en Mosambiek (sand) ry, prop ons die chip uit. 4 spoed outomatiese ratkas.  Brandstof verbruik kompeterend met ander sleep voertuie. Ons het geen klagtes nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2019 @ 11:03:38 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1761
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Hoeookal sy, alles klink reg, altyd reg ...........watookal!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2019 @ 13:00:30 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja wel Hannes jammer om te hoor dat jy die wa verkoop het.  Tans is die sleep issue dan nie meer 'n issue nie.  Jy gaan die Triton mos maar solo gebruik.

Baie geluk met die tipper.  Hoop jy kry genotvolle kilos met hom.

Vir my en almal weet dit.  Is selfs 'n donkiekar beter as 'n Toya.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2019 @ 14:00:30 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 508
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Leon,

'n Donkiekar is miskien nie beter nie maar beslis vinniger as 'n toyota.cooltongue-out

Die donkiekar gebruik ook minder olie as die toyota en ry ook sagter.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2019 @ 14:12:25 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Leon,

'n Donkiekar is miskien nie beter nie maar beslis vinniger as 'n toyota.cooltongue-out

Die donkiekar gebruik ook minder olie as die toyota en ry ook sagter.

Hi Zack.  Ha ha ha ha

Dis maar iets wat saam met my en die Ambeie kom sedert ek my tweede kar gekoop het jare terug.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2019 @ 17:46:17 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Geniet wat julle ry, ek sal die selfde doen.

Ry ook niks anderste en leef lekker daarmee...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2019 @ 17:16:44 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 642
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

elke voertuig het sy eie persoonlikheid....

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2019 @ 19:13:48 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2892
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hannes. Al die bakkies was wel getoets nou kort en Toyota en Ford was weer aan die voorpunt. Ford het Toyota geklop met brandstof verbruik en ook maar net net. Blykbaar in car magazine Desember uitgawe sal ons meet info kan lees.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2019 @ 19:19:46 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2892
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Hannes. Al die bakkies was wel getoets nou kort en Toyota en Ford was weer aan die voorpunt. Ford het Toyota geklop met brandstof verbruik en ook maar net net. Blykbaar in car magazine Desember uitgawe sal ons meer info kan lees.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Dec 2019 @ 19:21:56 pm

23 Dec 2019 @ 21:26:47 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1761
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

elke voertuig het sy eie persoonlikheid....

En elke persoonlikheid het sy eie voertuig!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Dec 2019 @ 16:05:56 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 642
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

En elke persoonlikheid het sy eie voertuig!

stem 100%

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Dec 2019 @ 10:01:33 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4602
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Geniet die nuwe bakkie

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Dec 2019 @ 23:50:55 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2892
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Vir my is die lewe na n Hilux n Ford buiten as jy opskuif na die next level.

Buite, binne, onder die engin kap is n stappie in die regte rigting en gelukkig is sy prys oop met duidelike performance en nuutste tegnologie in die pakket.

Die prys is ook nie gelaai om die handelaar by the staan as hy eendag n goeie inruil prys moet gee. Ek dra liewer die laste wanneer ek inruil soos met enige anders Kar.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 08:01:41 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1319
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek bly weg van voertuie waarvan handelaarsnetwerke by die dag kleiner word en samesmeltings met mindere vervaardigers aan die orde van die dag is.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 10:08:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek bly weg van voertuie waarvan handelaarsnetwerke by die dag kleiner word en samesmeltings met mindere vervaardigers aan die orde van die dag is.

Stem saam dit is nogal 'n "tell tale sign" dat dit nie goed gaan met daai "Brand" nie.  Dis jammer as dit gebeur nadat jy jou voertuig gekoop het.  Live with it ................

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 11:25:59 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2889
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Daar is ook ander bakkies op die mark waarvan ons min sien of hoor.  Ek het gister 'n Fiat Fullback gesien- nogal 'n aantreklike bakkie-  en ek sien Peogeot gaan ook binnekort een uitbring.  Ek weet nie hoe goed hulle is nie, maar in beide gevalle sal ek, as ek 'n bakkie sou oorweeg- wat ek NIE sal nie- eerder van sulke klein name wegbly- jy gaan net probleme kry as jy êrenms langs die pad gaan staan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 19:22:43 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2892
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Lewe na n Hilux =

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 21:31:02 pm
Anonymous

Daar is ook ander bakkies op die mark waarvan ons min sien of hoor.  Ek het gister 'n Fiat Fullback gesien- nogal 'n aantreklike bakkie-  en ek sien Peogeot gaan ook binnekort een uitbring.  Ek weet nie hoe goed hulle is nie, maar in beide gevalle sal ek, as ek 'n bakkie sou oorweeg- wat ek NIE sal nie- eerder van sulke klein name wegbly- jy gaan net probleme kry as jy êrenms langs die pad gaan staan.

Geneig om met jou saam te stem.

Die Fiat bakkie lyk bykans soos die Triton.

In elk geval, val dit nie in my styl nie.

Die Peugeot SUV is nogals aantreklik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 04:17:33 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15695
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Van die bakkies se kajuite laat my dink aan Pretoria dieretuin se kabel karretjies {Miskien daar die idee gekry van ontwerp} cool

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 06:38:21 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3050
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Die Triton en Fiat Fullback vermoed ek is familie. Kyk die Triton kom al van die Colt se dae af.

Die nuwe Peugeot lyk nice, maar op n stadium het die X class Merc ook nice gelyk. Miskien moet die Franse bietjie met die Duiters gaan gesels oor hulle idee.

Laaste bakkie van hulle im SA was die 404 in 1970's. En dan, het Peugeot nie op n stadium ontrek uit SA nie?

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 08:44:35 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 522
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Die Triton en Fiat Fullback vermoed ek is familie. Kyk die Triton kom al van die Colt se dae af.

Die nuwe Peugeot lyk nice, maar op n stadium het die X class Merc ook nice gelyk. Miskien moet die Franse bietjie met die Duiters gaan gesels oor hulle idee.

Laaste bakkie van hulle im SA was die 404 in 1970's. En dan, het Peugeot nie op n stadium ontrek uit SA nie?

Ek is seker hulle was n ruk uit SA. Ek is nog steeds van mening dat Peugeot n puik voertuig is.

Ons het daar in Ingeland n Peugeot 5008 SUV 7 seater gehuur. Beste in sy klas wat ek ooit bestuur het. Nie die Everest of Fortuner sal naby hom kom wat rygenot en toeristing aanbetref nie.

Daai bakkie sal iets wees vir die oog.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 09:22:34 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1319
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

In 'n groot uitgestrekte land soos ons sin sal ek nooit na 'n bakkie kyk wat nie gerugsteun word deur 'n handelaarsnetwerk wat in elke groot dorp verteenwoordig word nie.

Ja, as ek net in Sandton teen sypaadjies wil opklim sal ek nog die Mitsubishi oorweeg, maar soos wat hulle handelaars toe maak vertrou ek nie die vrede nie. Hulle is kop in een mus met Fiat, en Fiat, Jeep, Nissan en Mercedes is weer bedmaats, so miskien sal Nissan wat ten minste 'n redelike goeie netwerk het binnekort na Mitsus moet omsien. Hoe hulle werkswinkels kundigheid gaan bekom en behou ten opsigte van vier vervaardigers se modelreekse weet nugter.

Ek wonder soms, vir watter rede koop iemand van byvoorbeeld die Beaufort Wes omgewing 'n voertuig waarvan die naaste handelaar bykams 500 kilometers ver is?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 09:47:38 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3050
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Nadat my vorige Hilux aan n nuwe Co verkoop was, het ek hom na Car Service City toe gevat om te diens. 180 000km probleem vry.

Die Triton sal ook soontoe gaan vir dienste.

Daar is tans n saak aan die gang oor voertuig handelaars monopoliee mbt dienste vir jou voertuig. Sal interresant wees om die uitspraak te kry. Dit sal beteken dat jou voertuig nie noodwendig by n handelaar gediens hoef te word nie en jy nie die waarborg verloor nie.

Buurman het Kombi met diensplan. Daars reuk as aircon aankom. Ons haal polin filter uit. Was nog nooit vervang nie. Kos R300. As vw 10 filters nie vervang nie is dit R3000. So kan mens aangaan. Jy weet nie od alles onder diensplan vervang word nie.

Ekt Polo Vivo gehad. Nuut. 1ste diens gedoen na n jaar. 7000km my R1600 gekos en geen filters vervang nie. Niks gedoen wat ek gevra het om te doen nie en daarom het ek alles nagegaan.

Einde van saak...nooit weer vw gekoop nie

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 10:20:32 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 885
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Nadat my vorige Hilux aan n nuwe Co verkoop was, het ek hom na Car Service City toe gevat om te diens. 180 000km probleem vry.

Die Triton sal ook soontoe gaan vir dienste.

Daar is tans n saak aan die gang oor voertuig handelaars monopoliee mbt dienste vir jou voertuig. Sal interresant wees om die uitspraak te kry. Dit sal beteken dat jou voertuig nie noodwendig by n handelaar gediens hoef te word nie en jy nie die waarborg verloor nie.

Buurman het Kombi met diensplan. Daars reuk as aircon aankom. Ons haal polin filter uit. Was nog nooit vervang nie. Kos R300. As vw 10 filters nie vervang nie is dit R3000. So kan mens aangaan. Jy weet nie od alles onder diensplan vervang word nie.

Ekt Polo Vivo gehad. Nuut. 1ste diens gedoen na n jaar. 7000km my R1600 gekos en geen filters vervang nie. Niks gedoen wat ek gevra het om te doen nie en daarom het ek alles nagegaan.

Einde van saak...nooit weer vw gekoop nie

Daai "appy" wat die diens doen, gebruik daai filters (polin, lug en diesel/petrol) vir sy privaat jobs. Vra jy vir die filters, dan geen hulle vir jou 'n ander voertuig se filters.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 10:54:02 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Geneig om met jou saam te stem.

Die Fiat bakkie lyk bykans soos die Triton.

In elk geval, val dit nie in my styl nie.

Die Peugeot SUV is nogals aantreklik.

Het verkeerd gepos hier.

Jammer ek wou John aanhaal.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 11:02:07 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9006
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Lewe na n Hilux =

Raas daai koppie, moet vir jou iets sterk bring omte drink.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 13:22:58 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15823
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Lewe na 'n Hilux..........................

Raas daai koppie, moet vir jou iets sterk bring omte drink.

Hy wou maar net wys dat mens nie dood gaan as jy van 'n Toya na 'n ander brand voertuig toe oorgaan nie............................laughingtongue-outlaughing

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 13:33:36 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 508
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Lewe na 'n Hilux..........................

Hy wou maar net wys dat mens nie dood gaan as jy van 'n Toya na 'n ander brand voertuig toe oorgaan nie............................laughingtongue-outlaughing

Nee Leon jy gaan nie dood nie.   JY VIND GELUKinnocenttongue-out

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 21:55:32 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2892
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Raas daai koppie, moet vir jou iets sterk bring omte drink.

Dis die pille Jin, die pille. As ek iets sterker vat gaat ek eers n klomp nonsense praat. 😜

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za