English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 232
Total Replies: 248 723
Total Views: 83 111 418
topics: 789
replies: 12 689
views: 4 957 262
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Is Stabilizer nodig vir Sprite Splash?

replies: 37
views: 6881
05 May 2015 @ 22:15:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek het nou my eerste karavaan gekoop....'n Sprite Splash
Ek wil weet of dit nodig is om Stabilizer op te sit aangesien ek redelike lang afstaande gaan ry.
Wat is die beste stabilizer om te kry en wat maklik is om mee te werk?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 05:49:26 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

As jy karavaan reg pak en die regte spoed ry kan jy miskien weg kom sonder ń stabilizer maar ek sal dit nie aanbeveel nie dis altyd lekker as iets snaaks gebeur dan het jy die gemoetsrus dat jy ń stabiliseerder het

My aanbeveeling sal ń Yellow Blade wees

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 06:37:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15966
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Alle karavane word so gebou dat as jy hulle reg pak soos wat Stef noem en die karavaan gelyk of effens neus laer haak, behoort jy nie probleme te hê nie.

Maar daar is baie faktore wat swaai en onstabiliteit kan veroorsaak soos nie regte band drukke nie, dwars winde, swaar voertuie van voor of selfs kleiner voertuie wat jou verby steek. In die gevalle gee 'n stabiliseerder net daai bietjie meer gemoeds rus.

Onthou dat 'n stabiliseerder nie gebruik word om 'n bestaande swaai te korregeer nie. Die sleep kombinasie moet uit die staanspoor reg sleep. Dan is die stabiliseerder  daar vir verdere gemoeds rus.

Ek sal ook die Yellowblade van Trapezium Developments aanbeveel. Nog 'n model is die Tando wat deur Bozal vervaardig word maar ek is nie seker of hy nog op die mark is nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 06:41:45 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 62 years

G/ Morning See Liefhebber... Welcome to this neck of the woods, kick off your shoes, sit some worse on the braai, sit back, & enjoy the ride...

+100 what Chamelion said... Only to add: -

A stabiliser must not be used to correct an incorrect st of your rig. Your rig must be stable to start with. Then you add the stabiliser for those "groot-oog hart-kloppende" moments.... 

A definate "very good to have"

Regards

Warren & Sitnievasnie

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 07:04:49 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Geert, baie welkom en geluk met jou Splash. Mag julle vele vreugdevolle kampe met hom geniet. Ek kan net beaam wat reeds gese is.

 

 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 07:13:35 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2194
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Welkom Geert. Het verlede week teruggekom van vakansie en een "trip" was 740km. Geen beweging is gevoel in voertuig met stabiliseerder aan nie.

Op 'n korter roete in die wiltuin het ek nie die yellow blade aangesit nie "want ons ry mos kort en stadig".  Dadelik kon ek voel met 'n dwars wind die beweging.

Van Krokodilbrug na Hluluwe met dwars winde en trokke van voor kon ek geen beweging op die voertuig voel nie.  

Het voorheen op korter roetes van onder 100km voordat ek die yellow blade gekoop het geen beweging gevoel op snelweg met spoed van 100-110km/uur nie maar as groot trokke verby kom wel.

Vir gemoedsrus sal ek  nooit weer sonder 'n stabiliseerder sleep nie.

Dit is slegs my ondervinding.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 07:55:20 am
POTYSTER
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 23 Sep 2014
Experience: 6 years
Hallo Geert--ek het vir my eerste keer karavaan gesleep(SPRITE ESCAPE 1)met 'n Tando--en ek moet s ek het daai karavaan in die spieeltjie dopgehou die hele tyd en hy het stil gehardloop agter my bakkie--ek was baie tevrede.Sal nie sommer sonder hom nie al is dit net 'n kort afstand--hoe s die gedagte?--"it's better to have a gun, and not need it , than to need one ,and not have it"

Lekker kamp.
POTYSTER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 08:41:07 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Geert  as jy nog nie n stabiliseerder gekoop het nie vra vir  of daar nie n lid is wat moontlik syne wil verkoop nie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 08:51:07 am
Elleebee
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 374
Joined: 02 Apr 2013
Experience: 41 years
just like insurance - you don't need it till you need it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 09:17:17 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Elleebee nes jy daar se liewer een as nie een
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 09:55:32 am
Karin*
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 100
Joined: 20 Feb 2012
Experience: 16 years
Ons sleep die Sprite Splash met 'n Navara bakkie. Het die eerste sleep gedoen sonder die stabiliseerder en het 'n slegte ondervinding gehad. Ons het daarna 'n trapezium stabiliseerder gaan koop. Nou en dan gebeur dit dat die wel karavaan swaai met die trokke, maar die stabiliseerder help dit baie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 10:13:09 am
Izak
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 67
Joined: 24 May 2014
Experience: 6 years
Ek het ook 'n Splash, en het nog nooit sonder 'n stabilizer gesleep nie (Tando), so kan nie juis s of dit 'n verskil maak nie. Maar ek moet ook s, ek het nog nooit probleme gehad met die sleep van die Splash nie, so ek neem aan die stabilizer doen sy werk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 10:46:39 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 815
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 29 years
Ek sleep al die jare met n Tando gaan maar net oor die veilligheid asspek vir my. So vir gemoedsrus sal ek voorstel kry maar een.
Diederik Strachan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 14:09:57 pm
Theu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 11 Nov 2014
Experience: 25 years
Ek het ook 'n Splash, sleep met 'n Ranger bakkie
Ek het die Yellow Blade nou opgesit en daar is 'n merkwaardige verskil as toe ek sonder hom gesleep het
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 15:20:59 pm
Anonymous

Geert, eerstens baie welkom op die forum, en ook baie geluk met die regte besluit KARAVAAN / KAMPlaughing

Ek beaam alles wat reeds bo genoem is, het jy goeie versekering op jou voertuig en hoekom? Dit is presies die selfde met 'n stabiliseerder, hy is daar as jy dit nodig kry.

Dit voorkom nie foute nie, maar help jou om makliker te beheer in skielike veranderings.

Yellow blade is na my mening goed genoeg, en dit kos so R900.00 tot R1000.00 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 17:15:52 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 39 years

See Liefhebber, welkom by die forum. Ek sleep my Splash met 'n Tando stabilizer en sal beslis nie sonder hom sleep nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2015 @ 21:16:04 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9394
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
Weklom op die forum.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2015 @ 10:16:30 am
RD
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 260
Joined: 07 Jan 2014
Experience: 29 years
See liefhebber, welkom op die forum. Stem saam met raad hier bo. Once you have towed with a stabalizer, you cannot tow without it, my experience. Ek sleep ook met a Tando.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2015 @ 11:29:21 am
Anonymous

Ek hou baie van die Tando, maar kan weens rug prbleme nie meer dit gebruik nie, daarom het ek eers Trapezuim en toe die Yellow Blade gegaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2015 @ 11:57:28 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1175
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Yep, ons "Pophuis" loop maar te lekker agter "Moedertjie" aan vandat die Tando aangehak is. Goeie, mededingende prys betaal daarvoor, en blykbaar voldoende om karavaan van tot 2000 kg te hanteer. Onseker of dit nog op die mark beskikbaar is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2015 @ 13:14:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Baie dankie vir almal se terugvoering! Dis lekker om te weet waar om heen te gaan vir info as jy nie seker is van iets nie. Julle het baie gehelp. Ek het toe maar besluit op 'n Trapezium aangesien hy tot 2000kg kan hanteer. Ek het eers gekyk na die yellowblade, maar die handelaar het genoem dat hulle gemaak is vir gewig tot 1000kg en die Splash al heelwat meer weeg as dit
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2020 @ 14:14:00 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16880
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hierdie was my heel 1ste draad wat ek geplaas het. Soos ek nou weer deurlees, wonder ek of ek nie maar weer n stabilizer moet oorweeg nie. Tot watter gewig kan die Tando hanteer?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2020 @ 15:22:14 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As jy dit nie regtig nodig het nie, bly daar sonder.  Die werk om dit te haak is myns insiens nie die moeite werd nie en karavane en sleepvoertuie is in elkgeval stabiel genoeg.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2020 @ 17:07:03 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 570
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

My voertuig is ook baie veilig en ry versigtig, maar ek ry nooit sonder om my sitplekgordel aan te sit nie.

Sleep ook nie sonder my Trapesium nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2020 @ 17:17:04 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2171
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek stem Johan. My stabiliseerder is my assuransie. Ek weet nie of ek hom al ooit nodig gehad het nie,maar hy is daar om my te beskerm vir daardie ?moontlik eenmaal in n leeftyd insident wat dalk hopelik nooit nodig sal wees nie. So ook my assuransie.......ek hoop nie ek kry hom ooit nodig nie,maar hy is daar sou ek ooit in die posisie beland. Gelukkig elkeen se eie keuse.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2020 @ 08:07:09 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1453
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

It's one of those things you might never know if it worked.  As mentioned most trailers / caravans are pretty stable if packed properly. One can really feel a sway when passing or being passed by a large vehicle at speed.

I use a yellowblade but forgot to put it on once between Satara and Durban and had no sway on the trip. I have often been passed by pantechnicons, busses etc. and not felt any sway. I have no idea what would have been if the stabilizer was not on.

 

It is not such a hassle to pop it on & off, so just use one.

Peace of mind.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2020 @ 08:28:57 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2194
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Het een ongeluk in my lewe gehad deur met plakkies te bestuur. Persoon voor my het by verkeerslig weggetrek en toe skielik gestop. My plakkie het aan versneller pedaal vasgehak en ek kon nie betyds stop nie en van agter in hom vasgery. Gelukkig het my voertuig bullbar gehad wat hom op sy towbar getref het en ons kon geen skade sien nie. 

Nooit weer met plakkies bestuur nie en so ook met my stabiliseerder as ek wa sleep. Die aansit van die stabiliseerder is gouer as om te hak, die ketting oor te sit en kragkabel in te prop.

Gemoedsrus en assuransie vir my. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2020 @ 20:39:32 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 386
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Wow !! 

Two clear and opposing sets of advise rather confusing. I have never used a stabilizer so can't comment on their performance, I do however believe that one of the widest causes of " instability " of the van when towing lies in the packing and keeping to the basic principles.  The adherence of stated weights for both car and van go a long way to assuring good towing performance and stability. As does towing at the correct speed for your combination. ( speed at which you feel really comfortable and safe. )

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jun 2020 @ 08:27:15 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Another cause is the driver panicking and making the wrong moves when  the van starts swaying.  It is a good idea to experiment at least once how to handle such a situation by making the van sway on a quiet road and then getting it back under control.  You don't want to get in such a situation without the knowledge to get out of it.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jun 2020 @ 12:14:28 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Wat die meeste sleepers vergeet of buite bereking laat is dat jy nie elke keer jou karavaan dieselde pak nie. Jou gewigplasing verskil elke keer en dit veroorsaak dat jou sleep gevoel of ervaring ook elke keer gaan verskil.  n Stabiliseerder is nie n versekering van veiligheid as jy verkeerd pak met n verkeerde gewigplasing nie.   Ek het begin om stabiliseerders te gebruik maar sleep al jare sonder dit.  Regte gewigplasing tydens pak is waar veilige lekker sleep inkom.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jun 2020 @ 17:18:10 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3226
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Dis my geskiedenis en ondervinding ook Zack.  Ek het ongeveer 25 jaar gelede my Tando afgehaal na ek seker so twee jaar daarmee gesleep het, en nooit weer gevoel ek het dit nodig nie.  As ek 'n stabiliseerder sou wou koop, sal dit 'n Trapezium wees of een wat soos hy werk.  Ek is nie oortuig die wrywingstipes is instaat om die swaai van 'n karavaan te beheer nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2020 @ 07:04:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15966
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het die al op 'n vorige draad oor stabiliseerders verduidelik.  Ek gebruik die voorbeeld dat 'n voertuig jou bv op 'n snelweg van agter verby steek.

Sonder 'n Stabiliseerder

Soos die voertuig jou karavaan nader trek daai voertuig jou karavaan nader as gevolg van die wind weerstand/wind vloei wat deur beide begin gedeel word.  Dan trek daai voertuig jou sleep voertuig nader en soos hy verby beweeg los hy eers weer die karavaan en dan weer jou sleep voertuig. So hiedie is rukkerige bewegings wat op die sleep kombinasie uitgeoefen word en dit kan vererger word deur swak pad oppervlaktes, sterk of dwars winde en selfs die manier wat jy die karavaan gepak het.

Met 'n stabiliseeder

Soos die voertuig van agter nader trek hy as gevolg van die stabiliseerder die hele sleep kombinasie nader en soos hy verby gaan los hy weer die kombinasie as 'n eenheid.  Op die manier is daar minder effek op die sleep kombinasie.

Dit kan julle self toets veral teen Augustus wat die winde bietjie erger raak.

Dus deur net die as voorbeeld te gebruik het ek gevind dat self 'n yellowblade 'n verskil maak met die sleep van die Penta en Classique waens wat ek gehad het.

Ander eie ondervinding is ek het met my Penta 'n boot agter die wa gesleep.  Sonder die stabiliseerder het die boot agter die karavaan sulke ruk swaaie van links en regs gemaak as die spoed naby 75km/h gekom het.  Met die stabiliseeder het hy soos 'n droom reguit agter die karavaan geloop tot by ongeveer 100km/h.

My oorlede kamp maat het agter my gery en dit bevestig.

So

My fisiese ondervinding is dat stabiliseeders werk punt.  Ek het met my eerste Penta 'n trapezium gebruik en is van opinie dat dit die beste stabiliseeder is ooit.  Want hy verplaas die sleep punt nader aan die agter as en dit opsig self verbeter die sleep stabiliteit.  Op my tweede Penta en Classique het ek oorgeskakel na die Yellowblade toe net om een rede en dit was dit my Tipper nie in die garage gepas het met die groot Trapezuim sleep stang op nie.  Die Yellowblade het puik gewerk op die twee karavane ten spyte van die feit dat die waens se gewig hoër was as wat trapezium gespec het.

Tans gebruik ek op die Maia die BWP anti sway coupling.  Puik produk sonder dat daar addisionele plate en koppelings aan die sleepstang is.  As jy die wa haak is koppeling en stabiliseeder alles op eenslag in plek.

Ek sal nooit my wa sonder 'n stabiliseerder sleep nie.  Behalwe vir die ekstra gemoeds rus kan ek met 'n geruste hart aan die versekering sê dat ek 'n ekstra maatreel in plek gehad het om te verseker dat my kombinasie onder die meeste omstandighede altyd stabiel sleep.

Dit maar net om die "Vrae deur die Raad" stil te maak veral as jou hele kombinasie dalk afgeskryf word en die versekering op eenslag meer as 'n miljoen moet uithaal.  Dan sal enige verskering rede soek om dalk nie uit te betaal nie.

Stabiliseeder is ook maar my addisionele manier om te verseker dat die versekering dan nie met stories kom nie.

Op die ou einde lê die onnus op elke ou homself.  Ek kan maar net sê hoe ek dit ervaar en myself gemoedsrus gee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2020 @ 08:53:44 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

As 'n mens heeltyd kopseer kry dan drink jy 'n pynpil.   As dit 'n daaglikse probleem is sal jy in 'n gewoonte kom om daagliks pynpille te drink.   Die probleem is egter die pynpil los nie die probleem op nie maar die simptome.  Kopseer kan baie oorsake het soos spasmas, hoe bloeddruk, ens.

Ek sien stabliliseerders in die selfde lig as kopseer pille.   Dit mag miskien tydelik help maar is beslis nie die alfa en omega oplossing nie. 

Wie is geleer om sy karavaan reg te pak met die aankoop van eerste karavaan?   Niemand of seker baie min sleepers.  Dis waar die probleem inkom.

Meeste vervaardigers en versekeraars het 'n probleem met add on's.   Jy boor gate in die onderstel wat dit moontlik kan verswak.   Ek kan sien dat 'n versekeraar hiermee gaan fout vind.   As 'n stablileerder regtig kon bydra tot ekstra veiligheid wonder ek hoekom dit nie std kom op 'n karavaan nie.  Instansies soos die AA en ander regerings instansies sal dit verpligtind gemaak het.   Ek wonder hoekom gebeur dit nie? 

Meer aandag moet deur vervaardigers gegee word aan olpeiding om jou karavaan reg te pak deur gewig reg te versprei.   Die uitleg van nuwerwetse karavane maak korrekte gewigplasing ook moeilik wat op die ou einde die sleep kombinasie onveilig maak.

Die keuse of jy dit gaan gebruik of nie bly joune.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2020 @ 09:59:13 am
Riaan
Bronze Member
22% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 06 May 2011

Ek het jare gelede (2002) twee keer 'n Caravette 6 gesleep met 'n Ford Ranger. Dit was nie my karavaan nie en het nie beskik oor 'n stabilizer nie en was ook nie nodig nie. Miskien het dit te doen gehad met die karavaan se wiele wat effe verder agtertoe is. Sedert 2011 sleep ek 'n Jurgens Expo. Die dag toe ek dit dit deur die padtoets moet gaan sit, het ek nie die stabilizer aangesit nie. Alhoewel die Expo leeg was, het dit reg van die begin af op en af geruk aan die bakkie. Moral of the story: ek sleep nie sonder 'n stabilizer nie, al is dit ook vir kort aftstande. 

So terloops: Ek beveel dit ten sterkste aan om die Expo's se 13" bande te vervang met 14" bande. Uiteraard moet jy eers net 14" "Viergat-rims" kry. Die karavaan se bakwerk moet vanaf die as gelig word met 20mm spacers. Dis was 'n redelike maklike oefening.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2020 @ 17:30:37 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2194
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons woonwa is altyd dieselfde gepak. Alles bly in die wa en ons kan enige tyd hak en ry of oorslaap sonder om iets in of uit die wa te haal. Kos koop ons gewoonlik by die plek waar ons kamp en drinkgoed word in yskas in die Ranger gelaai. 

So die wat sê ons moet leer om die wa reg te pak is nie op ons van toepassing nie. Soos voorheen genoem is daar baie definitief 'n verskil waneer gesleep word met groot voertuie van voor of agter en wind sonder of met stabiliseerder. 

Vir my is dit 'n geval van voorkoming en nie - miskien sou stabiliseerder gehelp het nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2020 @ 17:43:56 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2171
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek stem Jan elke ou maak maar soos sy eie gewete vir hom se. Nodig of nie nodig nie ek probeer vir die meeste beskerming beskikbaar. Dit gee my gemoedsrus en laat my veilig voel. Ek sit ook nie n stabiliseerder aan my "Ventertjie" nie maar met groter woonwaens waag ek nie kanse nie. As iemand anders voel is dit goed met my , maar ek sal maar by my stabiliseerder hou. Reg pak......as ek dit na bykans 50 jaar nog nie kan doen nie moet ek maar halt roep.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 06:26:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15966
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek stem Jan elke ou maak maar soos sy eie gewete vir hom se. Nodig of nie nodig nie ek probeer vir die meeste beskerming beskikbaar. Dit gee my gemoedsrus en laat my veilig voel. Ek sit ook nie n stabiliseerder aan my "Ventertjie" nie maar met groter woonwaens waag ek nie kanse nie. As iemand anders voel is dit goed met my , maar ek sal maar by my stabiliseerder hou. Reg pak......as ek dit na bykans 50 jaar nog nie kan doen nie moet ek maar halt roep.

Ja dit is waar.  As mens na so lang tyd nie jou wa kan pak nie moet mens seker maar eerder in 'n Chalet gaan bly.  

Moet darem sê die punt is seker geldig vir nuwe karavaan slepers wat vooraf geen karavaan kennis het nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2020 @ 06:28:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15966
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dan is dit ook min tot geen mense wat karavaan koop wat nooit tedoen gekry het met mense of kennisse of familie wat reeds een het nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za