English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 001
Total Replies: 259 192
Total Views: 83 465 339
topics: 1 010
replies: 14 360
views: 3 267 871
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Battery probleem

replies: 36
views: 557
05 Apr 2021 @ 12:17:47 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 51 years

Ek het my battery op my 6 amp laaier gesit , maar nadat ek die battery 18 uur gelaai het toets hy nog net 12.3 volt. Volgens die battery winkel vermoed hulle dat ek hom op n stadium oorlaai het en dus in die proses beskadig het. Dit is n Sabat 738. Ek is nou bietjie bang aangesien ek binnekort Kruger toe gaan en 5 nagte op Balulu en Thendze gaan kamp waar ek my ligte van die battery moet kry asook my verskuiwer moet gebruik dat hy sal ingee.  Het iemand raad? Dankie. Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2021 @ 13:04:01 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Danie is n groot battery kennis man, wag dat hy jou help.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 11:02:33 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years
'n nuwe SABAT 738 Leisure kos omtrent R1600.00
Ek weet nie watse laaier jy in het nie maar ek sal eerder na 'n deep cycle 105ah kyk dit kos wel R1000 plus duurder maar ek glo is beter as 'n Acid battery
 
Die laaier kan jy dan nog 'n verdere R1500. Kos
Maar soos Chuck se ons moet wag vir Danie hy is die expert om die goete
Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 11:13:40 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1761
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Watse laaier gebruik jy? En is die 12.3V met die laaier aan? Is daar enige lass op die battery waneer jy meet? Wat is die uitset spanning van die laaier as die battery ontkoppel is?

Miskien kan jou laaier nie stroom lewer nie?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 11:43:42 am
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 51 years

Ek gebruik n gewone 6amp 12v laaier wat ek by Midas gekoop het. Soos ek genoem het is my battery n Sabat 70ah.  Die toets vanoggend by Supa Quick wys dat die battery 58 persent gelaai is en die toestand van die battery is 87 %. Volgens hulle moet ek die battery 24 uur laai. Ek het die battery die vorige dag 12 gelaai met geen verskil nie. Toe Supa Quick die battery getoets het was daar geen spanning op nie. Dankie. Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 11:53:13 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18025
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Midas hier by ons laai hom gratis. Probeer tak naby jou....behoort seker landwye diens te wees

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 11:56:42 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1333
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

met my bakkie so ruk terug selde probleem gehad  toe by ou wat load tester op gesit (daai een met die knop wat hulle draai..) het gevind hy is verby maar die eltroniese print het ook die % hier en % daar gewys..

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 12:00:32 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1761
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Midas hier by ons laai hom gratis. Probeer tak naby jou....behoort seker landwye diens te wees

So skakel jy die laaier uit as die oorsaak van die probleem.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 13:17:52 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Al wat ek kan voorstel is soos genoem dat hulle kyk of hy 100A+ kan lewer vir 'n klompie sekondes. Dit eers na hy v gelaai is en gerus het vir 8 ure. Dan voor jy wel vertrek koppel 'n kar hooflig gloeilamp op wat 4.5A trek en lees die volts elke uur. As die battery goed is behoort hy na 8uur op 12V te wees. Indien die tyd baie korter is koop 'n nuwe diep siklus van 100Ah as jy plek het.

Ek kan net byvoeg daai 6A laaiers hou nie goed. Ek het al 3 vir 'n vriend moes regmaak. Hy koop hulle omdat Midas naby is as hy dringend 'n laaier soek. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 15:57:00 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 498
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 48 years

Koop 'n laaier by Danie vir toekomstige gebruik - baie beter as daai Midas laaiers.

 

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 16:08:58 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek beaam wat Flip sê.  Ek het al vier of vyf by Danie gekoop en is bae in my skik. En sy prys is ookmheel billik.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 19:26:36 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Koop 'n laaier by Danie vir toekomstige gebruik - baie beter as daai Midas laaiers.

 

Dankie vir die terugvoering Flip. Ek wou al gevra het. Daar was al soveel kritiek van mense wat die goedkoop ding nog nooit gebruik het nie - hehehe

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 19:46:53 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 51 years

Ek wou net more na Midas gaan om te kyk watter soort laaier ek moet koop. Ek is jammer om te noem maar ek weet nie of n mens altyd die regte raad kry  nie! Danie ek soek n laaier om my karavaan battery  en so nou en dan om n ander los battery in stand te hou. Kontak my dan sal ek eerder by jou koop waar ek weet ek die regte advies  sal  kry. Laat my my deur die forum weet dan  stuur my besonderhede. Dankie.Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 19:59:38 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Maurits dis 'n intelligente laaier wat nooit 'n battery oorlaai of gas afgee nie. Die vriend wat ek na verwys het ook sedertdien van myne gekoop. Prys is R200 plus R60 koerier.

Kontak my by woonwaled at Gmail kolletjie com

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 20:25:47 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 51 years

Danie iewers is ek bietjie stupid. My boodskap gaan nie deur nie! My e- mail is: maurits@telkomsa.net Stuur jou gegewens dan betaal ek in asb.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2021 @ 20:41:42 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Ek stuur binne 10min vir jou. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 01:06:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18025
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Maurits dis 'n intelligente laaier wat nooit 'n battery oorlaai of gas afgee nie. Die vriend wat ek na verwys het ook sedertdien van myne gekoop. Prys is R200 plus R60 koerier.

Kontak my by woonwaled at Gmail kolletjie com

Ek het ook so n laaier....werk puik. Ek laai gewoonlik net my 7amp batterye vir my kamp ligte daarmee....sal dit okay wees as ek hom op n kar battery koppel?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 07:29:37 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Ek het ook so n laaier....werk puik. Ek laai gewoonlik net my 7amp batterye vir my kamp ligte daarmee....sal dit okay wees as ek hom op n kar battery koppel?

Geen probleem nie Geert. My 1e wat ek gekoop het is nou al meer as 3 jaar op my buite ligte op 12V se kar battery. Dit sal steeds oorgaan na float sodra die battery vol is. Omdat dit relatief stadig laai neem dit net lank as mens 'n groot battery gebruik. Dis hoekom dit goed is om sommer heeltyd op te los. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 08:02:29 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18025
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geen probleem nie Geert. My 1e wat ek gekoop het is nou al meer as 3 jaar op my buite ligte op 12V se kar battery. Dit sal steeds oorgaan na float sodra die battery vol is. Omdat dit relatief stadig laai neem dit net lank as mens 'n groot battery gebruik. Dis hoekom dit goed is om sommer heeltyd op te los. 

Dankie Danie, waardeer

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 13:32:43 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek moet net noem, een van Danie se laaiers gebruik ek gereeld as ons vir tot vier maande van ons huis af is op vroutjie se Corolla.  As ons terugkom is die battery ten volle gelaai.  As ESKOM se krag afgaan en weer later aankom, skakel die laaier weer in.  Dis seker maar die geval met ander laaiers ook, maar hulle kos driemaal en meer as Danie se prys.  Met die min ry die afgelope tyd plaas ek maar ons twee voertuie deurentyd op die laaiers.  Een is 'n Andendorffs laaier en een is Danie s'n. Die Adendorffs een lyk meer indrukwekkend met 'n aantal knoppies en LED liggies terwyl Danie s'n geen knoppies het nie en net een LED liggie het wat of rooi of groen is afhangende of hy besig is om te laai of nie. Daar is 'n groot prysverskil maar ek kan geen verskil in die laaievermoë van die twee waarneem nie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 13:54:33 pm
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1170
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Ek het ook van daai Danie laaiers. 1 op my Elektriese draadheining ( 18ah battery) en 1 vir my 12 v ligte in die huis. (19 liggies gekoppel op 'n 7.2 ah).

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 20:01:52 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 51 years

Dankie aan almal vir raad. Ek het vandag my laaier by Danie bestel. Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 20:15:05 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 622
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

For interest...do you connect to battery in vehicle as is, or do you disconnect the terminals and/or remove the battery from the vehicle?

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2021 @ 20:26:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10328
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Koop 'n laaier by Danie vir toekomstige gebruik - baie beter as daai Midas laaiers.

 

Het een van Danie se laaier nou vir drie maande op n battery..

Het vir my n extra battery in die fortuner gesit, wat deur die fortuner gelaai word  vir die snowmaster ys/vrieskas.

As ons by die huis is doen die laaier sy ding, gebruik die battery vir loadshedding.

Gebruik min krag want hy is reeds vol deur die fortuner gelaai.

Laaier in die huis hou hom vol.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2021 @ 07:54:57 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Richard, There is no reason to remove a battery from the vehicle for charging in as far as the charging is concerned.  There might other non- charging issues which might be specific to a person or a vehicle but in the absence of any such, just leave the battery where it is.   In some vehicles it is one hell of a job to do this anyway.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2021 @ 11:54:50 am
Wielie
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 26 Apr 2014

Het my laaier nou by Danie gaan haal en is beïndruk daarmee

Groete

Wilfrè

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2021 @ 14:01:54 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1761
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Richard, There is no reason to remove a battery from the vehicle for charging in as far as the charging is concerned.  There might other non- charging issues which might be specific to a person or a vehicle but in the absence of any such, just leave the battery where it is.   In some vehicles it is one hell of a job to do this anyway.

Be carefull Fred! CTEK put out 14.7V on GMA batteries and if you do a Recondition it goes to 15.7V. I dont know, and would not take the risk, of exposing the car electronics to these voltages. The car alternator/regulator puts out 14.1V. Which is also a problem for Silver Calcium and AGM batteries. They are thus never 100% charged leading to early sulphation and failure.

Also on CTEK there is a desulphate cycle which puts out pulsed 60V.

Danie's charger is safe to connect to the car battery while connected to the car. It does not do all those things. Boost followed by float is all that it does. Nè Danie?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Apr 2021 @ 20:08:29 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Be carefull Fred! CTEK put out 14.7V on GMA batteries and if you do a Recondition it goes to 15.7V. I dont know, and would not take the risk, of exposing the car electronics to these voltages. The car alternator/regulator puts out 14.1V. Which is also a problem for Silver Calcium and AGM batteries. They are thus never 100% charged leading to early sulphation and failure.

Also on CTEK there is a desulphate cycle which puts out pulsed 60V.

Danie's charger is safe to connect to the car battery while connected to the car. It does not do all those things. Boost followed by float is all that it does. Nè Danie?

Paul as far as Calsium and AGM is concerned I would take my lead from the other Leon that repairs al the caravan chargers as a service. He indicated it is not a problem if you don't get the extra 0.4V for them. It still means they are over 90% fully charged.

The same applies to our car alternators. They don't charge to 100% full and they still last.

My charger charges to 14.6V and that is not too high for any battery. After that it trickles. Electronics are not damaged. I can just confirm that the pulse on my charger is less than 1V but is enough to break up the sulphation taking place.

You are spot on that the CTEK pulses are not good for the ECU. I would not risk giving pulses over 15.3V

Also with Litium taking over one should not use any pulse charger. The normal Hercules is fine for the Lithium. One must just be careful as a Lithium has near zero resistance and will draw a very high current. That's why the DC to DC charger that limits the current is a must have.

I take it the SMF you bought from me is still performing well? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 08:25:23 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3951
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Paul, I have been using intelligent chargers, both Danie's and Andedorff's, for up to six years and have had no ill effects. I think your considerations might be somewhat theoretical.  On my Kuga it takes about twenty minutes to remove the battery and a similiar time to put it back. I suppose you could just disconnect one terminal, but if you keep on doing this, you are quickly going to have deteriorating connections.  Because we drive little these days, I  put our two cars on charge every time we return home.  I have one of Danie's chargers on my home made UPS and the inverter has never indicated voltages as high as even 15V. I haven't had the Adendorff charger on this system so I cannot say what voltages it delivers, but 60 V sounds high.  Are you sure about this fact?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 08:25:50 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Het my laaier nou by Danie gaan haal en is beïndruk daarmee

Groete

Wilfrè

Goed om te hoor.

Johan jou laaiers is ook op pad. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Apr 2021 @ 16:48:06 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Paul, I have been using intelligent chargers, both Danie's and Andedorff's, for up to six years and have had no ill effects. I think your considerations might be somewhat theoretical.  On my Kuga it takes about twenty minutes to remove the battery and a similiar time to put it back. I suppose you could just disconnect one terminal, but if you keep on doing this, you are quickly going to have deteriorating connections.  Because we drive little these days, I  put our two cars on charge every time we return home.  I have one of Danie's chargers on my home made UPS and the inverter has never indicated voltages as high as even 15V. I haven't had the Adendorff charger on this system so I cannot say what voltages it delivers, but 60 V sounds high.  Are you sure about this fact?

Fred the Ctek de sulphates at higher than my charger. It uses 15 8V. I don't know about the 60V Paul mentioned. I just wonder if the 60V is not what chargers de-sulphate at for a 48V battery.

Paul on the other hand has a unit that does not charge but only de-sulphates as far as I remember. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 09:06:57 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1761
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Danie die SMF werk nog fine dankie. Ek recondition charge hom as hy pap geword het (70% SOC). Dan disconecteer ek die Apollo 10. En ja ek het n' stand alone de-sulfator wat 60V uit sit. Ek is nie 100% seeker wat die CTEK MX5 in phase een uit sit nie? Ek vermoed ook so 60V maar dit is net vir n' paar sekondes.

Ek sou graag nie hoef te disconecteer nie. So die consensus deur die wat ken van is dat 14.7V op die uitset van die Apollo 10 en die kar se regulator/ECU nie skadelik kan wees nie. Die SMF het 14.7V nodig om 100% vol te wees. Die Apollo 10 sit 13.8V max uit. My kar se regulator sit 14.1V uit.

 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2021 @ 12:08:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18025
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Het my laaier nou by Danie gaan haal en is beïndruk daarmee

Groete

Wilfrè

Ook gelukkig. Daar is draad hier op die forum waar hierdie charger getoets is. Wys hoe charger afskaal hoe voller battery word en dan basies afsit as battery 100% vol is.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2021 @ 06:32:35 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Dankie aan almal se kommentaar. Dis het bygedra dat 'n hele paar lede ook besluit het om so CHEAP CHINA laaier aan te skaf.

Net 'n TIP. Indien mens 'n heeltemal pap battery met 'n intelligente laaier wil laai skakel die laaier gewoonlik nie aan nie. Laai so battery eers met 'n transformator dom laaier of koppel in parallel met 'n gelaaide battery vir so 30min. Dis sal maak dat die intelligente laaier die battery sien as 'n battery en nie as 'n oop stroombaan nie. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2021 @ 07:52:52 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1281
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Los ook my batterye op my voertuie op die slimlaaiertjie wanneer ons weg is. Vind egter dat my Audi S3 se battery voortdurend "laai" (rooi liggie bly aan - alhoewel die Volts nie buitensporig is .. bly op 13,8V) en dit was vir my 'n bekommernis - veral gesien dat my Suzuki Jimny (en die Touareg) se battery laaiers na 'n ruk oorskakel na "Groen".

Die interessante ding met die laaiers is dat daar (moontlik?) interne kommunikasie tussen laaiers is!

Die laaier (Hercules 20) op my woonwa wou beslis NIE die battery laai nie. Ek het dit nie oorspronklik agtergekom nie, maar wel, tydens 'n toets, gevind dat die battery in die 'wa geensins gelaai het nie. Plaas toe my een slimlaaier op en voila!... battery laai!

Daarna, tydens ons huidige Oos Kaap toer, begin hierdie battery monitor in die karavaan skreeu. Die liggies flikker, die alarmpie gaan mal. Ek besluit toe dat ek maar die slimlaaier gaan ontkoppel, en so wraggies - daar laai die ingeboude laaier weer! Seker aangemoedig deur die slimlaaier!! (Ek noem hierdie maar "tong-in-die-kies"!laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2021 @ 14:22:34 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Nico ja die slim laaier laai tot 'n hoër waarde as die kalibrasie v d battery monitor met die klomp liggies soos joune. 2 van my voertuie laat ook my soortgelyke monitor skree weens oor spanning. Op die Jazz raak die alarm stil as ek bv my ligte sou aansit.

Daai 0.2V daling v d ligte is genoeg om hom te kry om sy mond te hou.

Omdat die slim laaier tot 14.7V laai voor dit trickle sal daai NL monitor wel skree. Dis goed jy haal hierdie punt op. Dit beteken dus nie die laaier laai te hoog nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2021 @ 14:47:26 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 5019
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 44 years

Terwyl ons batterye praat. Hier is nogal 'n goeie getuigskrif vir die SMF100 battery wat ek ook beskikbaar het en wat 'n klompie forum lede reeds by my aangeskaf het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za