English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 640
Total Replies: 236 856
Total Views: 82 686 594
topics: 946
replies: 13 057
views: 3 224 625
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Snowva icemaker

replies: 17
views: 428
01 Dec 2019 @ 07:13:57 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14690
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ken iemand hierdie produk? Werk dit goed?

https://snowva.com/

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2019 @ 11:49:48 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ken nie hom nie, maar die een wat ek het platinum werk elke dag by my.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2019 @ 19:18:19 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ken dit nie maar enige iets behoort ys te maak as  jy water ingooi en in die vrieskas sit

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 05:50:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14690
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek sal maar eers hou by wat ek huidiglik doen.....koop ys in die kamp

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 05:55:41 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het 'n ys masjien wat nie meer reg werk nie. Die volgorde van werking is uit.

Weet iemand waar ek hom kan laat regmaak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 06:08:59 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14690
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis juis die rede hoekom ek nie meer ysmajien het nie. Ek het in 3 jaar 2x ysmasjiene gehad wat gebreek het....hoofsaaklik programering wat lyk my uit is, dan jam masjien en frustreer my. 95% van oorde se pryse op ys is heel billik en vir my meer voordelig om daai roete te volg. Tussen daai 2x masjiene was kostes seker amper R3000 gewees.....baie oorde se ys kos nog R10....soms R12-R15. Neem maar gemiddeld op R12/sak. Dit is 250x sakke ys wat ek in die winkel kon koop met R3000. Tussen daai 2 masjiene twyfel ek of ek ooit 50x sakke ys gemaak het. Dan die ander voordeel vir my: Ek hoef nie nog iets saam te sleep nie, ek hoef nie kort kort water te gaan ingooi sodat masjien kan funksioneer nie, hoef nie spesiaal tafel kry waar hy moet opstaan en plek opneem nie, en dan die grootste pyn is die skoonmaak van daai masjien, as jy dit nie doen nie begin daai muf/alge oppak in die onmoontlikste hoeke......

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 06:27:36 am

Ek stem ook saam met jou siening Geert.  Ek het die ysmasjien, hy het puik gewerk, en as dit my R300 kos om reg te maak dan sal ek hom weer gebruik.

Meer as dit gaan hy asblik toe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 09:16:12 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Myne was tot in Mozambique al saam en hy werk nog tops vir die afgelope 10 jr.

Werk elke dag by die huis.

Hy gee my puik diens en dis hoekom hy saam gaan kamp ook die Desember.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 16:05:56 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 453
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Stem saam dat dit seker beter is om ys te koop, maar wat as jy by plekke kamp waar daar nie ys verkoop word nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec 2019 @ 17:04:04 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2058
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons het twee ysmasjiene. Een by die huis vir naweek gebruik en een in karavaan. Altwee nog nooit moeilikheid gegee nie. As hulle breek sal ek suutjies sonder dat Elmarie weet Gumtree besoek.😁😁

My beleid is dat ek nie iets uit die karavaan vir huis gebruik nie. Wil nie op en af goed ronddra en dan by kamp kom en iets vergeet nie. Daarom twee ysmasjiene. 

Al gekamp in Desember en dan hardloop winkels uit ys uit. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 06:23:37 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14690
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Stem saam dat dit seker beter is om ys te koop, maar wat as jy by plekke kamp waar daar nie ys verkoop word nie?

Ek lees altyd vooraf of daar n winkel op terein is of nie en wat hul verkoop....nie spesifiek net vir ys nie, maar vir ander daaglikse benodighede. Kan nie nou aan n oord dink waar ek al was wat nie ys verkoop nie...meeste oorde sorg dat dit darem op hul oord beskikbaar is. Oorde wat ek al besoek het wat nie winkels het nie is Willemsrus en Almega en Elephant waterhole en Dolphin.....maar almal maak wel voorsiening vir ys en hout. Sou dit egter n keer so wees dat ek weet daar niks ys of hout te koop nie, sal ek oppad soontoe koop of saamneem.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 06:57:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Terloops Dolphin verkoop ys saam met hout by die sekuriteits hokkie by die hek. Dis as ek reg onthou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 07:01:41 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14690
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Terloops Dolphin verkoop ys saam met hout by die sekuriteits hokkie by die hek. Dis as ek reg onthou.

Ja....ys, water, kole, hout en blits. 24/7. Eintlik lekker....as jy 2am die oggend dors raak, kan jy darem ys kooptongue-out

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 11:40:03 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Baie lekker oord daai.  Ek moet verseker weer eendag 'n draai daar gaan maak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 18:08:39 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ysmasjien gaan orals saam. 

Was laas Desember in Marlofpark en ys was betyds vir n koue whiskey.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec 2019 @ 18:36:12 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 453
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Ek lees altyd vooraf of daar n winkel op terein is of nie en wat hul verkoop....nie spesifiek net vir ys nie, maar vir ander daaglikse benodighede. Kan nie nou aan n oord dink waar ek al was wat nie ys verkoop nie...meeste oorde sorg dat dit darem op hul oord beskikbaar is. Oorde wat ek al besoek het wat nie winkels het nie is Willemsrus en Almega en Elephant waterhole en Dolphin.....maar almal maak wel voorsiening vir ys en hout. Sou dit egter n keer so wees dat ek weet daar niks ys of hout te koop nie, sal ek oppad soontoe koop of saamneem.

Ek was vroeer vanjaar by Sandveld, hulle verkoop nie ys nie. Dit was warm en die ys het bly smelt. Alhoewel ek nie 'n ysmaker het nie, kon ek met die aanhoudende geryery Bloemhof toe vir ys 'n halwe ysmaker afbetaal het. Op die stadium wik en weeg ek tussen koop of nie koop nie. Die meeste plekke verkoop ys, so dit is debatteerbaar of dit die moeite werd is om een aan te skaf vir die een of twee plekke waar jy bietjie ongerief gaan ervaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2019 @ 06:08:09 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14690
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek ry al paar jaar 2/3 van hierdie standaard plastiese ysbakkies saam....maar nog nooit gebruik nie.....is maar daar sou die nood ons tref

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Dec 2019 @ 06:42:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die yskas in my karavaan is altyd aan.  Met die voorbereiding vir 'n kamp trippie soos 'n kort naweek gebruik ek die gewone ysbakkies om ys te maak en as ek in die wa kom dan maak ek hulle leeg in 'n 2L roomys bak.  Die effe van voorraad en dit wat weer in die ysbakkies vries wanneer ons ry is basies genoeg vir ons  naweek kamp.

Sal maar sien hoe werk die dinge met langer kamp nou dat die ysmasjien in sy kanon is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First