Ek sien daar is al paar plekke wat hul "Black Friday specials " bekend maak. Plaas dit hier as jy dit met ons wil deel.
Maxcon
Dankie Geert.
Ek het die jaar nou wrintie waar nie regtig iets wat ek benodig om vir dit uit te kyk op Black Friday nie.
Ek dreig nou al lank om RC vliegtuig te koop........................... Dalk bietjie by die Hobby Shops gaan in loer.
Ek het van die Tentco weergawe gekoop 2x 350mm vir R65. Ook beskibaar by Camp and Climb....werk uit op R32.50....heelwat goedkoper as die Black Friday special se R40. Ook 8mm dik en kry boonop n carabiner by elke pen saam

Baie goeie prys daai R32.50
Is maar n swart dag vir m man se wallet ook.
Maar dalk goed om n vooraad opname te maak vir wat Desember nodig is en dit aan te skaf.
Het ook niks ernstig nodig nie.
Ek het laas jaar 'n goeie bargain gekry met die koordlose boor. Die jaar moet ek regtig aan iets dink om te koop.
A blow up doll, maybe the mossies will bite them instead
Ha ha ha ha.............................. my wife is a good enough target for the mozzies. Don't need it..............
Daars so bord op die N1 wat sê:
"Don't let BLACK FRIDAY, get you BLACK LISTED" ;-)
Die Black Friday maak mens geld uitgee op goete wat jy nie sou koop nie maar ons kyk en koop
Die promosie se uitnodiging sê duidelik dit is vir die wat geld het. So ek glo nie ek is welkom. Ek sal agterna instorm vir dit wat oorgebly het.
Enige afslaan dak Porsche op special op swart Vrydag? :)
Wonder of die stoor my brand op het ?
Ek soek n 6.6 x 4.8m silwerseil.
Wie kan help waar ek een kan koop met min geld.
Jin, soek in die Topic "wilsur" daar sal uy die draad kry wat ek geplaas het oor die silver seil.
S.A. Shade maak volgens jou mates en kanmgedoen word jet bande in.
Ek het ook by SA Shade vir my dogter se add-a-room 'n seil laat maak.
Ek wonder of hulle dalk vier nuwe bande @ 70% afslag iewers gaan hê. Ek het so pas my bande afbetaal.
Jin. Outdoor Warehouse verkoop tans daardie grootte met ringe elke 1 meter vir R1,599-00.
Ek sien Leisure world het tans specials op silver seile
Jin. Outdoor Warehouse verkoop tans daardie grootte met ringe elke 1 meter vir R1,599-00.
Dankie maar is swak kwaliteit.
Ek soek n drop plate vir n Ford Wildtrack
Ek het ook gaan kyk na die silwer seil by Outdoor warehouse. Stem met jin, kwaliteit nie goed.
Ek soek n drop plate vir n Ford Wildtrack
Ek het ook gaan kyk na die silwer seil by Outdoor warehouse. Stem met jin, kwaliteit nie goed.
Dropplate het ek gekoop by Campworld/ Leisureworld. Jy moet maar meet hoeveel gat voldoende gaan wees vir jou. Meeste sien ek het 4gat op, maar dit lyk my verskil op Rangers....sommiges se waens loop reg sonder plate en ander het weet nodig.
Silver seil: probeer plekke soos alloutdoors en alloutgear wat vir my na beter kwaliteit lyk. Alloutgear het 3 versklilendes, maar lyk my hoe sterker, hoe meer moet jy ingee vir effektiwiteit
Ek soek n drop plate vir n Ford Wildtrack
Ek het ook gaan kyk na die silwer seil by Outdoor warehouse. Stem met jin, kwaliteit nie goed.
Oom Ore, vat hy n spesifieke dropplate of enige een?
Ek het n fris dropplate gekry by Midas van baie goeie gehalte as jy dalk daar wil loer en die prys was baie billik.
Dis juis die ding. Ek weet nie watter grote drop plate en moet die Wild track en Karavaan bymekaar kry om te meet. Dog net die Ford manne sal dadelik weet en my n bietjie werk spaar.
Makro hier by ons weet blykbaar nog nie eens wat op afslag gaan wees volgende week met black Friday.
Dis juis die ding. Ek weet nie watter grote drop plate en moet die Wild track en Karavaan bymekaar kry om te meet. Dog net die Ford manne sal dadelik weet en my n bietjie werk spaar.
Makro hier by ons weet blykbaar nog nie eens wat op afslag gaan wees volgende week met black Friday.
Dropplate het ek gekoop by Campworld/ Leisureworld. Jy moet maar meet hoeveel gat voldoende gaan wees vir jou. Meeste sien ek het 4gat op, maar dit lyk my verskil op Rangers....sommiges se waens loop reg sonder plate en ander het weet nodig.
Silver seil: probeer plekke soos alloutdoors en alloutgear wat vir my na beter kwaliteit lyk. Alloutgear het 3 versklilendes, maar lyk my hoe sterker, hoe meer moet jy ingee vir effektiwiteit
Ek sou voorstel haak en kyk. Myne het n 4gat gekort. Hier is ander lede op forum wat ook n Ranger en Swing het en hulle sin is reg sonder enig iets
Dankie Geert. Ek gaan haak en kyk dan weet ek dit is reg
Ek het tussen My vorige Ranger en die Classique 'n 4 gat dropplate gebruik. Of eerder is was 'n 6 gat maar ek het net die 4 gat gedeelte gebruik.
Toe met die Sensation Maia moes ek die drop plate verwyder en tans met die nuwe Wildtrak ook geen drop plate nie.
So dit verskil van voertuig tot wa wat jy sleep. Soos Geert sê haak en kyk wat werk die beste.
Ek sal ook dink enige iets groter as n driegat gaan jou opsies gee om hom reg te trek.
Maar try Midas.
Enige nuwe winskopies vir n kamper gesien. Laat ons weet.
Tans weet ek Outdoor Warehouse verkoop die 4x wiel kamp trolleys teen R995 gewone prys R1199.
Kanse is goed dat hy met nog 'n R50 - R100 kan val op BF.
Game het die stoele wat ek soeken die prys is tans R599. Sal gaan kyk of ek kan kry met BF.
Tents Direct
Die beste "special". Ek is gladnie te vinde om so met die massas te probeer kompeteer nie.
Ek soek drie goete: Twee kamp stoele en 'n Sodastream vir my dogter. Het klaar die huidige prys daarvan so Vrydag deur die dag gaan ek kyk of daar beter pryse op dit is.
Gaan verseker nie in 'n ry staan vir dit nie.

Makro
Mense trap mekaar dood in winkels. Ek doen nie goed met sulke dae nie.
Net sekere gied is daar afslag op. Om in daardie malle gejaag te wees vir een of twee goedtjies is crazy. Nie vir my
Ek soek drie goete: Twee kamp stoele en 'n Sodastream vir my dogter. Het klaar die huidige prys daarvan so Vrydag deur die dag gaan ek kyk of daar beter pryse op dit is.
Gaan verseker nie in 'n ry staan vir dit nie.
As jy sou belang stel....jy kan reeds vanaf vandag Black Friday specials by Makro koop
Dankie Geert.
Ek dra reeds kennis van Makro se prys. Die eenvoudiger een is R800 en die effe groter een is R1200. Game het die stoele wat ek soek so sal daar kyk wat is hulle pryse op die stoele en dan die Sodastream ook.
Black Friday hier kom ons.
BLACK FRIDAY SPECIAL!!!!
Stay at home and save 100%
Wel ek sien dit so. Moenie net winkels toe gaan om dat dit Black friday is nie. As jy regtig iets nodig het sou ek aanraai jy wag tot Black Friday.
Ek het so 3 jaar terug my self R3000 gespaar deur my drone op black Friday te koop.
Laas jaar het ek myself amper R1000 gespaar deur die Dewalt koordlose boor op Black Friday te koop.
Ek het geweet ek moet dit koop want my ou Black & Decker een se batterye wou nie meer nie en dit was al reeds die tweede stel batterye.
So spaar sal jy spaar as jy so bietjie beplanning vooraf doen.
Ek moes 2x UPS vir n stelsel koop vir werk....moet net daai klein rukkie help tussen krag af gaan en generator aanskakel. Het Maandag gaan kyk vir een by Incredible Connection.....dis n Mecer. Prys was R999. Vanoggend gaan koop en was toe reeds op Black Friday special vir R299! Dit was nou n bargain!
Shoe dis 'n moerse bargain. Veral as jy weet wat was die normale prys vooraf gewees.
Ek was vanoggend gou in by Makro. Ek het 6 minute in betaal lyn gestaan.....dis vinniger as oor gewone naweke gewees. TV afdeling was egter baie besig gewees
Ek het drie keer navraag gedoen by Makro Alberton. Niks kamp goed vir black Friday wat die moeite werd is.
The only thing we would be interested in would be a 20 / 30 liter 220v / 12 v freezer fridge at a really good price. a new high back chair for the wife might also be a good idea @ the right price.
Has anyone seen prices on these items at any of the stores?