Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22123 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17866 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6324 |
Bostoe | 5503 |
BrianB | 5423 |
HM | 4790 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2729 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2153 |
Chris Boucher | 2014 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1875 |
Nico | 1775 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1693 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1471 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1324 |
George | 1281 |
Louvan | 1260 |
RichardJ | 1192 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 863 |
JohanMarais | 821 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 665 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Douglas Green | 578 |
Willie54 | 456 |
Platinum Member | 250 + |
1Pierre2 | 444 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 422 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 279 |
Meerkat | 271 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 199 |
BigG | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |





"New" Electric Vehicles or LDV's
Wie het al gedink aan EV as jy gaan sleep. Het iemand dalk al data oor so iets
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Ons kamp lewe is verby, maar volgens my sal ek eerder hou by "Ouderwets", petrol of diesel.
Wat gebeur as jy berg passe klim en verloor elektriese krag agv battery krag het uitgeloop??? en stel jou as gesin in gevaar???
As daar n alternatieve oorskakeling is om dan oor te skakel vanaf elektries na petrol of diesel, sou ek ondersteun, maar n GROOT NEE slegs as dit net elektries is.
Vir stedelikke en kort afstande sal dit moontlik werk?.
Ongelukkig sal dit in my opsie Negatief wees indien jy besluit op lang afstand reis.
Moontlik het ek jou vraag verkeerd geantwoord.
Ek het geensins n antwoord op jou vraag nie en ek vra verskoning daarvoor.
Feitlik was dit slegs my opinie.
Vergelyk brandstof prys teenoor Eskom prys en maak n berekening?
Meeste oorde deesdae het slegs "Pre-Paid".
Ons het tans permanent kamp na 5x jaar vaarwel geroep.
My vrou en ek het 55% elektriese krag gebruik en verder slegs gas vir kos maak, bad ens..
Ons het R500 "Pre-Paid" opgesit maandeliks en het slegs "Net, Net" gehou.
Op jou eerste vraag: ek dink ook nie op hierdie stadium is 'n vol elektriese voertuig prakties vir sleep nie. Dis egter 'n ontwikkelende tegnologie en die toekoms sal wel leer. Met sleep is 'n hibriede, hetsy sogenaamde "mild" of 'plug in' nie meer voordelig as 'n suiwer binnebrandvoertuig nie hoewel 'n 'plug in' dalk die gemiddelde sleepkoste effens kan verminder, afhangende hoe ver jy sleep. Teen 'n lang afdraende kan miskien ook heelwat krag in die battery herwin word. Maar 'Plug ins' is ook waarskynlik heeltemal te duur vir meeste kampeerders. Ek kan ook nie sien dat die tegnologie enige voordele bring as jy sleep nie.
Ek sal ook graag wil hoor wat mense wat sulke voertuie vir sleep gebruik sê maar ek twyfel sterk of daar veel indien eniges in ons land is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Kyk die krag vir sleep gaan daar verseker genoeg van wees. Dis maar die volgehoue voorsiening van elektriese toevoer wat 'n kommer sal wees.
Huidiglik kan ek my wa van Pta met 'n smile sleep tot by Gariep Dam ongeveer 700km dan is dit 15min diesel ingooi en ek is weer verder oppad. In hoeveel sessies gaan ek af ry kaap toe en hoelank is die LAAI breuke tussen die sessies.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !


Kyk die krag vir sleep gaan daar verseker genoeg van wees. Dis maar die volgehoue voorsiening van elektriese toevoer wat 'n kommer sal wees.
Huidiglik kan ek my wa van Pta met 'n smile sleep tot by Gariep Dam ongeveer 700km dan is dit 15min diesel ingooi en ek is weer verder oppad. In hoeveel sessies gaan ek af ry kaap toe en hoelank is die LAAI breuke tussen die sessies.

That is where the crux lies, planning stops to recharge along the way. And finding a charge point where you can get in and out with the caravan especially a large one :)
Right now I will stay with my Pathy, I know exactly how far I can go on a tank and easily plan ahead. Having said that I same you should be able to plan ahead for charges as well. Time will tell and looking forward to hear from someone who has actually towed with an EV and what their experience was.
I say don't push the issue for now. If you are driving a full electric vehicle, accept that is not yet the best choice for towing if you plan a longish trip. But this technology is progressing fast and in a few years the present obstacals might have been solved. I have read about several possibilities of creating batteries with a much larger capacity per weight and if successful, that alone will solve a lot of issues.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek het aan Linde Forklifts gewerk en voorwaardedelik was daar slegs probleme na probleme sonder einde.
Sit goeie batterye in en hopenlik is gestrande "B/Downs" verby, maar myself sal ek nie so iets oorweeg tensy daar nie diesel of petrol beheer op bystand is nie.

Ek het aan Linde Forklifts gewerk en voorwaardedelik was daar slegs probleme na probleme sonder einde.
Sit goeie batterye in en hopenlik is gestrande "B/Downs" verby, maar myself sal ek nie so iets oorweeg tensy daar nie diesel of petrol beheer op bystand is nie.

As ek so voertuig moet koop, sal ek n "Genie" by koop en instaleer op n sleepwa en aanskakel sodra ek sien krag begin afhardloop om "gestrand" te voorkom (LOL).
Die probleem is n mobiele generator ontwikkel maar n klein stroom en sal ure neem om die battery voldoende te laai om darem n ent te ry. n Pap battery is myns insiens nie n voorsienbare probleem nie netsoos n leë tenk nie is nie. Jy sorg net dat nie gebeur nie. Elektriese voertuie lyk dit my wys deurentyd wat die toestand van die battery is. Netsoos n binnebrand voertuig ook maar n probleem kan optel wat verdere ry onmoontlik maak, kan dit seker ook met n EV gebeur maar ek sou nie slapelose nagte daaroor hê nie. My VW kombi het tweemaal ver van die huis gaan staan beide kere agv die inspuitinrekenaar wat geblaas het. Dit is maar dinge wat kan gebeur.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Daar was program op tv laasjaar wat motor joernalis karavaan gesleep het van Pta na Buffelspoort met volle elektriese Audi.
Hy reken die kar het goed gesleep maar daar aangekom moes hy hom dadelik op charge sit.
Wat my betref....die prysverskil tussen diesel voertuig en elektries......jy sal duisende km kan sleèp voordat jy n elektriese kar se koste kan regverdig.
At last !!!!

Ek stem saam, op hierdie sradium is die hoë prys van n vol EV nie ekonomies regverdigbaar nie. Hibriedes dalk wel maar die 'plug ins' wat n redelike reikafstand het, dalk wel maar hulle is ook maar redelik duur. Ek sou wel so een oorweeg.. As jy daagliks op batterykrag werktoe en terug kan ry kan jy waarskynlik heelwat geld bespaar om die hoër koste teen te werk en nog steeds n sleepvoertuig vir lang ritte te hê. Die sogenaamde 'mild' EV's is meestal nie juis geskik vir n redelike afstand nie en die elektriese motor is net nuttig vir besonder vinnige versnelling en hulle lyk dit my meer soos n foefie wat nie die addisionele koste regverdig nie. As hulle darem sê 100kilos afstand het, klink dit al na n opsie. Maar ek dink ons moet ons maar versoen met die idee dat elektriese voertuie hier is om te bly en dat vloeistifbranders mettertyd meestal sal verdwyn.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
EV's is dalk die tyoekoms in 1ste wêreld lande. Hier by ons kan dit nog lank neem om aanvaar te word. Ek wonder altyd as 30, 40 of 50 EV's in Colesberg, Richmond, 3Susters of Harrismith en Van Reenen in Desember opdaag of hulle binne 'n redelike tyd gelaai sal word om hulle reis voort te sit. Noorweë word tans as die grootste gebruiker van EVs - sowat 85% - aangedui. Die het egter die vervoer van EVs op veerbote verbied weens die brandgevaar wat die batterye inhou.
Dit is juis ook 'n probleem in SA. Vele huise het nou son panele en battery krag. Hulle het meestal nie die brandblussers om enige lithium brande te blus nie. By vanjaar se Karavaan skou in Midrand het vele karavane lithium batterye in maar nie die korrekte brandblussers nie. Die EVs ook nie. Vir diegene wat nie weet nie - lithium batterye genereer suurstof wanneer dit brand.
Ek verkies maar my eie diesel kragbron of selfs petrol soos die geleende Nissan Patrol V8 5,8l waarmee ek in April Kgalagadi en Augrabies toe is.
Groete

Daar sal beslis nog baie ontwikkelinge moet kom voor elektrisiteit binnebrand voertuie kan vervang en ons moet nie ons blind staar teen die huidige beperkings nie. Sou ons 50 jaar gelede verwag het dat daar n groot vulstasie by Driesusters sou wees om n groot toeloop van voertuie te bedien? Soos behoeftes ontstaan is daar altyd ondernemers wat dit vul en dit sal ook ongetwyfeld gebeur met hierdie omskakeling. Niemand dink ek gaan gedwing word om EV's te aanvaar nie maar soos met alle nuwe tegnologie gaan die voordele daarvan dit maklik doen. Ek is al bietjie ouer en sal seker nie beleef dat binnebrandvoeruie nie meer op ons paaie sal wees nie maar ek is seker my drie kinders sal dit wel beleef. Ek hoop ek kan minstens iets daarvan sien en dalk gelukkig genoeg wees om darem minstens hibriede voertuig te kan besit.
Die vrees vir brand met lithiums is ietwat verouderd. Die ou lithium ioon battery is n vorige geslag terwyl die huidige lithium yster fosfaat nie meer die gevaar loop nie. Ek glo ook toekomstige nuwe ontwikkelinge op die gebied sal vry daarvan wees.
Dis vir my nogal interessant en ietwat onverstaanbaar dat sommige jong mense minder ontvanklik is vir nuwe idees as ons ouer garde. Miskien is dit omdat ons deur ons lewens gevind het niks bly staties nie en veranderinge is deel van ons lewens en jy kan dit nie wegwens nie
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
As ek reg onthou het die sleeptoetse wat in Amerika gedoen was met bakkies getoon dat die battery aangedrewe voertuie se reik afstand deur die bank na die helfte verminder het met 'n karavaan agteraan. In Engeland het hulle dieselfde gedoen met 'n Jaguar, en die resultaat was uiters onbevredigend. Baie krag, maar 'n baie kort reik afstand. Gaaan snuffel gerus op Youtube rond. Dit is waar ek dit gesien het.
It is not how old one is that matters, it is how one is old that matters. One do not stop playing because one is old, one is old because one stopped playing.
'n Maatskappy genaamd CHARGE is besig om laaistasies op al die hoofpaaie op te rig. Die eerste een by Womeranstad is reeds in werking. Julle wil een elke 150Km bou. Elkeen sal ses voertuie op 'n slag kan hanteer en die krag word verskaf deur hulle eie sonpanele met 'n diesel kragopwekker vir ondersteuning. Dit kan glo vinnig laai maar sulke syfers is vir my nog onverstaanbaar. Aangesien dit hoofsaaklik van sonkrag gebruikmaak, sal dit sekerlik moontlik wees om dit ook in die verafgeleë platteland op te rig wat moontlik dan 'n oplossing sal wees vir bv jagters in die Bosveld en Kalahari. Dit is nie die eerste nie en ek dink ons sal almeer sulke fasiliteite sien. Ek is opgewonde.
https://mybroadband.co.za/news/motoring/596197-r100-million-boost-for-electric-car-charging-stations-in-south-africa.html
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dis 'n baie interessante "topic" hierdie en ek het al 'n paar keer hieroor gewonder.
Dis na aanleiding van 'n familielid wat n' BYD Shark gekoop het. Die media sê dis die sterkste en vinnigste bakkie in SA.
Enjin kapasiteit: 1500cc 120kW 262Nm.
Batterykrag so om en by 220kW en totale wringkrag so 650Nm.
Net batterykrag. Rykafstand 85km en hy weeg 3500kg.!!
Ek kan net dink jy gaan baie frustrasie ondervind indien jy 'n 2000kg wa haak en jy moet teen 'n sterk wind deur die Karoo en Vrystaat kom tot in Gauteng.
Gebruik die helfte van die batterykrag en jy gaan na sê 300km met net 'n skamele 260Nm beskikbaar, 5.5 ton moet beweeg.? Gaan nie werk nie!!
Jare terug het ek met 'n 260 petrol Isuzu 'n 1200kg wa die roete gedoen. Hy het ook ongeveer 260Nm gehad en 3e rat het gesukkel teen 5km per liter brandstofverbruik.
Met alle respek...... Ek dink nie hierdie "kite" gaan so lekker vlieg op lang afstande nie.
Bert, alles wat jy sê is waar- op die oomblik. Maar onthou ons is in 'n oorgangstadium en dan is daar altyd tandekryprobleme. Ek weet nie wat die toekoms op hierdie gebied gaan oplewer nie, maar ek glo wel dat daar oplossings sal kom.
So 'n paar jaar gelede to LED ligte vir die huis beskikbaar geword het, was hulle maar baie flou wat mense ontmoedig het. Nou kan jy hulle met so te sê enige lumens kry en dan is hulle nog suiniger met krag as aan die begin.
Wat die sleep betref, ek ken nie hibriede voertuie nie, maar kom ek bespiegel: Die elektriese deel gaan net in kom as dit nodig is soos as jy wegtrek of 'n kwaai opdraende moet op met die wa. Dan het jy meer wringkrag nodig wat die battery verskaf. Sodra jy die kruin bereik het, skakel die elektriese motor uit en die battery begin weer laai wanneer jy waarskynlik die afdraende begin afgaan. 262 NM is op die gelykpad waarskynlik heeltemal genoeg mits jy verstandig sleep, met 'n karavaan nie meer as 100k/u nie. Ek het vir amper 30 jaar met 'n 2.1L Kombi 'n Sprite Supersport gesleep en hy het maar 172Nm gehad en 82 Kw. Hy het heel goed gesleep en vanaf Durban moes ek gewoonlik maar net van vierde na derde terugskakel teen al daardie kwaai bulte, tensy 'n vragmotor in die verkeerde baan my spoed gebreek het. Ratte is ook daar om te gebruik.
Met vol elektriese voertuie is dit 'n ander saak. Ek meen op hierdie stadium gaan hulle reikafstand kwaai krimp. Sommige plat karre se petrolverbruik verdubbel ook maar as hulle sleep.
Soos jy sê 'n interessant onderwerp en ek lees en geniet die menings, nie net hier nie maar ook op ander webbladsye.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

'n Maatskappy genaamd CHARGE is besig om laaistasies op al die hoofpaaie op te rig. Die eerste een by Womeranstad is reeds in werking. Julle wil een elke 150Km bou. Elkeen sal ses voertuie op 'n slag kan hanteer en die krag word verskaf deur hulle eie sonpanele met 'n diesel kragopwekker vir ondersteuning. Dit kan glo vinnig laai maar sulke syfers is vir my nog onverstaanbaar. Aangesien dit hoofsaaklik van sonkrag gebruikmaak, sal dit sekerlik moontlik wees om dit ook in die verafgeleë platteland op te rig wat moontlik dan 'n oplossing sal wees vir bv jagters in die Bosveld en Kalahari. Dit is nie die eerste nie en ek dink ons sal almeer sulke fasiliteite sien. Ek is opgewonde.
https://mybroadband.co.za/news/motoring/596197-r100-million-boost-for-electric-car-charging-stations-in-south-africa.html

1. Laai en reikafstand
Onthou dat as jy elke 100 km moet stop en vir ’n uur laai, dit ’n groot nadeel is vir enige praktiese toepassing — veral vir sleepvoertuie. Selfs met vinniglaaiers is dit nie altyd gerieflik nie,.
Let wel: Nuwe generasies EV’s kry beter reikafstande (soms 400–600 km sonder vrag), maar wanneer jy iets sleep, daal daardie reikafstand drasties (soms met 50% of meer)
2. Sleepvermoë en sleepstange
Baie EV’s word nie standaard met sleepstange aangebied nie, of dit is ’n opsionele bykomstigheid wat nie altyd beskikbaar is nie. Dit het ’n paar redes:
-
Batteryverhitting en kraglewering: EV’s kan wel kragtig wees (hoë wringkrag van stilstand af), maar die battery en verkoelingstelsels moet spesifiek ontwerp wees vir langtermyn kraglewering (soos met sleep).
-
Struktuurontwerp: Sommige EV-platforms is ontwerp met gewig en aërodinamika in gedagte, en nie met sleepkrag of agterste versterking nie.
-
Wetlike beperkings: In sekere markte is EV’s nie gesertifiseer vir sleep nie, selfs al is hulle tegnies in staat.
Uitsonderings sluit in:
-
Ford F-150 Lightning
-
Tesla Cybertruck
-
Mercedes EQV (sekere weergawes)
Hierdie voertuie het wel gesertifiseerde sleepvermoëns
3. EV-aandrywing vir aangepaste toepassings
Ek het elektriese motors gespesifiseer vir industriële of spesiale toepassings (soos in installasies of vir swaar toerusting in aanlegte), dan is dit heeltemal moontlik om EV-aandrywing aan te pas — maar:
-
-
Jy moet die batteryspesifikasies, koelstelsels, en vermoë vir deurlopende kraglewering in ag neem.
-
EV-motors self is uitstekend in wringkrag, beheerbaarheid, en doeltreffendheid — maar hul werkverrigting is beperk tot hoe goed die battery en beheerkring daardie krag kan hanteer.
-
As jy die "vrag na ontwerp" verander, beteken dit die voertuig sal ’n ander massa of vereiste hê — jy kan dus die EV-motors optimaliseer deur bv. ander oorbrenging of selfs verskeie motors per as te gebruik, mits jy die battery kan ondersteun
-
In kort:
-
EV’s se motors is baie geskik vir vrag en krag — jy hoef net die battery- en termiese beperkings te bestuur.
-
Sleep en vragvervoer is moontlik, maar jy moet die hele stelsel spesifiseer, nie net die motor nie.
-
Die huidige kommersiële EV’s is beperk in sleeptoepassings, maar dit is ’n tegniese en kommersiële beperking — nie ’n beperking van die motortegnologie self nie.
I see skies of blue
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
