Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21695 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17513 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5936 |
Bostoe | 5427 |
BrianB | 5059 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3206 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2364 |
Lennie | 2188 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1932 |
Swanie | 1846 |
Nico | 1725 |
steamer | 1681 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1658 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1440 |
George | 1194 |
Louvan | 1159 |
RichardJ | 1085 |
Gerden | 1016 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 825 |
JohanMarais | 810 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 696 |
ELU | 656 |
snys | 631 |
Benkie | 586 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Andre Smit | 414 |
Willie54 | 413 |
Rare Breed | 400 |
Nabro | 380 |
LEEN | 367 |
Global Traveller | 356 |
survivalist | 350 |
Oumens | 339 |
RD | 319 |
1Pierre2 | 312 |
Izak | 305 |
Kurper | 302 |
Herman | 299 |
captiva | 278 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
REAList | 230 |
Hennie1968 | 229 |
Robbie | 225 |
Aldam - Vrystaat
Ons kamp by Aldam die komende langnaweek in September 24.
Wie was onlangs daar wat meer kan vertel hoe die toestand van die oord is?
Die inligting op Caravanparks se forums is alles baie ou inligting. My vermoede is dat dinge nie veel verbeter het van toe tot nou.
Hooked, now we can go camping.
Ons was in Januari 22 daar en dit het gelyk asof dinge agteruit gaan. Miskien nou beter.
Groete,
Paul
Ons gebruik Aldam al sedert die 90's as een van ons gereelde oornagplekke tussen die Boland en die Laeveld. Dit was nog nooit 'n kampeerplek om oor huistoe te skryf nie en die standaarde het oor die jare maar net dieselfde gebly. Die ablusiegeriewe het al vir jare 'n goeie opknapping nodig. Terloops - hulle rondawels is netjies en lekker ingerig. Alhoewel ek nog nooit in hulle restaurant geëet het nie, reken my seun (wat ook gereeld daar oorstaan), dat dit heel goed is. Vir my is dit 'n oornagplek waar ek heel veilig voel by - maar o donkie, dit raak koud daar in die winter. As alles volgens plan verloop, staan ons weer een aand elk daar oor gedurende April en Junie volgende jaar.
Net Oornag of vir n’ lang naweek. Ek bly net oornag daar op pad WK toe of terug Pta toe.
Groete,
Paul
Ek is nie 'n varswater-hengelaar nie. Gevolglik is dit nie vir my 'n aantrekkingskrag na Aldam nie. Ek kan myself ook nie insien om vir langer (as slegs oornag) daar oor te bly nie. Maar nou ja - smaak verskil.
Aanvanklik het ons (baie jare gelede) eerder by Kroonpark oorgestaan. Maar na die laaste keer daar (op 'n Sondagaand) met 'n oord wat volgepak was met luidrugtige dagbesoekers, is ek finaal van hierdie eens puik oord "genees" (watter jammerte).
Baie jare terug daar gekamp, boot gery en vis gevang. Sy naam toe selfs op die N1 borde was Allamanskraal Dam gewees.
Het ook op 'n stadium van die Chalets gebruik gemaak. Toe was alles puik en mooi onderhou.
Jammer dat die plek net net survive.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek wonder of dit nie dieselfde eienaar as Omaramba is nie....advertensie hardloop baie keer saam. Omaramba het n baie nice gemeenskaplike area by die swembad, maar die res lyk verwaarloos....veral die kampeer staanplekke
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Aldam, of soos wat Leon tereg noem, was vroeër as Allemanskraaldam bekend (soos die dam steeds genoem word). Dit was een van die vier destydse Oranje Vrystaat Provinsiale Oorde. Die ander drie was Jim Fouché, Verwoerddam en Maselspoort. Met die "bymekaarbring" van die ander provinsies se oorde (Overvaal Oorde en die Kaapprovinsie se enigste, nl Plettenbergbaai) a.g.v. die feit dat die oorde as't ware 'n las op die skouers van die onderskeie provinsiale regerings geword het, het al die oorde onder die sambreel van Aventura ingeskuif.
Maar laasgenoemde het ook gesukkel om die mas op te kom en is daar uiteindelik besluit om al die oorde te verkoop. Forever Resorts het die meerderheid oorgeneem, maar slegs een van die vier oorde in die Vrystaat, naamlik Verwoerddam - nou bekend as Forever Gariep.
Aldam het al meer as een eienaar sedertdien gehad - en nie een het nog werklik in die kampeergedeelte belê nie. Intussen het dit stelselmatig agteruit gegaan, maar die vaste akkommodasie (wat seker maar die "money spinner" is) handhaaf nog 'n goeie standaard.
Ek weet nie wat intussen van Jim Fouché geword het nie, maar Maselspoort is klaarblyklik "down the drain". Gariep is egter 'n netjiese plek. Net soos Aldam is dit een van ons standaard oorstaanplekke op ons karavaanreise tussen die suide en die noorde.
We camped may times at Jim Fouché in the mid late 80‘s however around 2013 we drove there to have look and the resort was closed. I don‘t know what the current situation is tho and would be interested to hear if it‘s still closed.
Thank you all for the feedback and Chris for the very interesting history.
This is not our first choice of a camp site, but that was all I could found with some activities closest to Bloemfontein.
I will share an update upon our return.
Hooked, now we can go camping.
Dankie Chris. baie interresant
Ons het 3 jaar terug daar gekamp vir desember. Badkamers was so 70% maar bruikbaar maar het baie lekker gekamp. By swembad hou hulle almal besig
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
Nico, af van die topic af, as ek jou sleep goete so kyk, hoe lank is die kombinasie met die boot ook?
Ons het 3 jaar terug daar gekamp vir desember. Badkamers was so 70% maar bruikbaar maar het baie lekker gekamp. By swembad hou hulle almal besig
Hi Nico. Dis great om weer van jou te hoor. Hoop dit gaan goed.
Dankie vir die terugvoer oor Aldam.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon ek is so 18M lank en 2000KG swaar
Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble