Is daar dalk 'n lys van oorde wie se staanplekke hulle eie privaat ablusies het? (Spesifiek GP en Limpopo)
Ruah park
Almega
Dinokeng Resort
Sondela
Mbizi
Daars 4x by Dube
Monateng
Dis waaraan ek nou kan dink
Eden by Naboomspruit
Ek het by n baie bekende oord in Bela Bela geboek met privaat ablusie en eie borrelbad. Gelukkig ry ek daar verby en gaan kyk hoe lyk my stand. Borrelbad beslis n modder poel as dit gaan reen en die privaat ablusie is n sink shack worse as wat jy in n plakkerskamp kan kry
Maak seker wat jy boek !

Ek hoor jou. Wil net byvoeg, ‘n jaccuzi by jou eie huis vir jou eie gebruik is ver van veilig. Maar ‘n borrebad in ‘n oord is selfmoord. Vir mans. Vir vrouens is dit nog erger. Vermy ten alle koste!
Ek hoor jou. Wil net byvoeg, ‘n jaccuzi by jou eie huis vir jou eie gebruik is ver van veilig. Maar ‘n borrebad in ‘n oord is selfmoord. Vir mans. Vir vrouens is dit nog erger. Vermy ten alle koste!
Hoekom jy dit sê sal ek graag wil weet. Klink interessant
Ek het by n baie bekende oord in Bela Bela geboek met privaat ablusie en eie borrelbad. Gelukkig ry ek daar verby en gaan kyk hoe lyk my stand. Borrelbad beslis n modder poel as dit gaan reen en die privaat ablusie is n sink shack worse as wat jy in n plakkerskamp kan kry
Maak seker wat jy boek !
Ek het n prys gewen om n naweek by daai oord gratis deur te bring op een van daai stands met badkamer en jacuzzi. Ons het nie gebruik gemaak daarvan nie....is nie lief om in n jacuzzi te sit nie....verkies dit liewer om om n kampvuur te sit
Die warmwater is die ideale teeloord vir kieme. Al word die water gereeld vervang en met chloor behandel. Die pype van die bad word oor tyd besmet met liggaamsvet en word stelselmatig “dunner” aan die binnekant soos ‘n mense se are met cholesterol. Soos ek se, veral dames moet hulle vermy tensy jy jou eie een in jou woning het wat slegs deur jy en jou vrou gebruik word. Die wat deur vele mense gebruik word is moeilikheid soek.
Hartbeeshoek het paar stands met eie ablusiegeriewe.
So ook Kleinparadys in Brits
Een van ons favourite oorde!
Eden is good, but you pay for what you get, try stand 17 , its best (just my opion)
Weet nie van dit nie.
Is daar vir Desember.
Rhemardo het ook.
Umoya by Bela bela het 'n aantal staanplekke met eie ablusies. Baie aangenaam, netjies en goeie kwaliteit.
Ook algemene staanplekke met sentrale ablusie (uitstekend).
Daar was sprake van toemaak en agteruitgang. Ek sien egter hulle adverteer weer.

Die oord was in die mark {Was dieselfde eienaars as Mbizi gewees}....seker nuwe eienaars
Ek dink koppiesol het ook. Het gaan kyk na die privaat ablusie dit en het heel netjies gelyk
Jeff. Wou net beaam dat ek nie vol draadwerk is want ek self vind dit baie grillerig. Ek dink nie daar is n manier hoe jy van al die los velle en kieme van ander kan ontslae raak. Gross maar feite. Veral as die skoonmaak proses nie deur opgeleide persone gedoen word. Jy besef die eers as jy jou eie jacuzzi reinig
Daars nie n manier dat jy my in een van daai grillerige kieme baddens kry nie......raak al naar net om daaraan te dink om daarin te sit. Onlangs ook by Dube opgemerk.....ek sien as die een uitklim, klim die volgende lot in.
Constantia Minerale Bronne het ook mooi privaat ablusies en opwas geriewe.
Waar is hulle geleë?
Constantia is op die selfde pad buite Naboomspruit net verder in die pad af verby Eedenpark en Andante.