English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 637
Total Replies: 236 812
Total Views: 82 683 885
topics: 4 437
replies: 30 043
views: 17 389 699
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:

El Rancho Grande onder die hamer

replies: 31
views: 532
18 Nov 2019 @ 09:26:42 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 326
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek lees in gister se Rapport dat El Rancho Grande op die 28ste November onder die hamer kom.

Wonder of die eienaars wil verkoop per veiling en of moes hulle gedwonge gaan onder veiling?

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 12:19:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ja...ek dink baie oorde trek baie swaar. Familie van ons het vroeer hierdie maand by TO Strand gekamp.....hulle was maar 4 kampeerders die hele week en dan betaal hulle maar n appel en ei om daar te staan....daai geld kan onmoontlik onkostes dek

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 13:19:47 pm

Maar ander kant....baie mense dink om net n besigheid oop te maak, gaan kliente automaties na jou stroom. Dit werk nie so nie....jy moet steeds jou besigheid bemark. Dieselfde met oorde.....jy moet bly bemark. Hoeveel oorde weet van hierdie forum....ek neem rofweg 80%....as daar 600 oorde is op hierdie website is dit 500....hoeveel van hulle neem hier deel...miskien net om bietjie hul oord te bemark. Hoeveel keer vra iemand vir n verwysing na n oord....antwoord net en nooi mense uit en sê: kom kuier gerus of kom loer in by ons....maar dit gebeur nie.....en dit is GRATIS publisiteit! Of sit n plasing hier van iets soos: Kom forum lede....kuier by ons eerskomende naweek vir spesiale forum aanbieding teen x-bedrag. Dis gratis publisiteit en jy gaan moontlik voete in jou oord kry....miskien nie teen die prys wat jy gesoek het nie, maar dis beter as n leë oord sonder enige inkomste. 

As ek so google, het bo genoemde oord nie eers n website nie.....miskien delete oor bankrotskap?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 13:26:27 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 326
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Dan kry jy n baie mooi bosveld oord waar die gasvrou jou letterlik stief behandel omdat jy daar by hulle durf bespreek het.

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 13:37:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8540
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Soos waar ons die naweek was. Met bietjie advertensie en n paar rand minder is jou oord vol.

Dan was daar nog vermaak ook saterdag by die swembad. En saam braai die aand.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2019 @ 18:46:53 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Wel ek sien baie huise wat ook nie verkoop word nie en dan skielik probeer almal 'n veiling met reserwe prys.. Haha, en dan haal hulle nie reserwe prys nie... Nou wat nou?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:29:27 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Was eenkeer by die oord net as 'n gas saam met 'n karavaan klub.  Was heel chapperig gewees maar dis soos Geert sê, jy moet maar so bietjie reklame geld spandeer as jou oord nie gewild in nie.

Dis of geld spandeer op die oord se fasiliteite dat dit so lekker daar is die oord adverteer homself, of geld spandeer sodat die mense weet van jou oord.

Vir my is die eerste opsie 'n groter uitgawe maar 'n beter belegging.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:37:05 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 833
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Maar ander kant....baie mense dink om net n besigheid oop te maak, gaan kliente automaties na jou stroom. Dit werk nie so nie....jy moet steeds jou besigheid bemark. Dieselfde met oorde.....jy moet bly bemark. Hoeveel oorde weet van hierdie forum....ek neem rofweg 80%....as daar 600 oorde is op hierdie website is dit 500....hoeveel van hulle neem hier deel...miskien net om bietjie hul oord te bemark. Hoeveel keer vra iemand vir n verwysing na n oord....antwoord net en nooi mense uit en sê: kom kuier gerus of kom loer in by ons....maar dit gebeur nie.....en dit is GRATIS publisiteit! Of sit n plasing hier van iets soos: Kom forum lede....kuier by ons eerskomende naweek vir spesiale forum aanbieding teen x-bedrag. Dis gratis publisiteit en jy gaan moontlik voete in jou oord kry....miskien nie teen die prys wat jy gesoek het nie, maar dis beter as n leë oord sonder enige inkomste. 

As ek so google, het bo genoemde oord nie eers n website nie.....miskien delete oor bankrotskap?

Die vraag is, mag hulle hier adverteer aangesien "besighede" nie toegelaat word nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:45:43 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink solank hulle deel is van die CP.com web blad kan hulle seker 'n Topic begin waarin hulle meer vertel oor 'n beplande geleentheid by die oord.

Hulle is mos klaar deel van die forum in die sin dat hulle deel is van die resort rating ens.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 06:54:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Die vraag is, mag hulle hier adverteer aangesien "besighede" nie toegelaat word nie.

Ek bedoel nie fisies n advertensie nie, maar meer saam gesels en tergelyke tyd sal jou oord ook blootstelling kry. Soos byvoorbeeld as iemand sou vra watse lekker oorde is daar naby Brits met lekker warm swembad. Ek twyfel of admin sal verban as n oord soos byvoorbeeld Drie Berge n comment sou maak soos: Hi...ons het nog oop spasie vir daai tyd, kom loer gerus by ons in, ons het warm swembad en sal lekker wees as jul kan kom kuier. 

Daar is byvoorbeeld op facebook blaaie geleenthede geskep vir oorde wat nog plek het vir Desember of ander spits tye om hul oord se naam gratis daar te plaas met kontak besonderhede sodat gebruikers weet wie om te kontak as hulle nog wil wegbreek. Bittermin van die 100'e oorde wat nog spasie het plaas hul naam daarop.....hoekom nie?....dis gratis? Ek het nog nooit hierdie bogenoemde oord se naam op daai lys gesien nie.....was hulle altyd vol bespreek gewees?....weet nie

Hier is ander mense hier op die forum wat ook hul eie besighede het wat nie fisies adverteer nie, maar net lekker saam gesels....maar tog op die ou eind as jy n sekere diens nodig gaan kry, weet mens wie om te nader.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 07:01:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit is waar wat jy noem Geert.  Betrokkenheid van 'n oord met die dag tot dag gesels hier op die forum sal ook van groot waarde wees.

Maar dan ons hier op die forum is dalk 'n 10de van die totale kamp gemeenskap daar buite.

Ek het met ons laaste kamp by Kleinparadys vir kamp bure genoem van die forum.  Hulle het nie eers 'n idee dat daar so iets bestaan nie.  Dit was die kampbure links en regs van ons.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 07:18:14 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Daar was n storie wat my altyd bybly:

n Sekere besigheids eienaar se besigheid sukkel. Mense sê hy moet adverteer, maar hy sê hy glo nie daarin nie....dis geldmors. Na dinge nie meer lekker verloop nie besluit hy dis is miskien maar beter om besigheid te verkoop. Hy ADVERTEER toe: Besigheid te koop! Mense vra hom hoekom hy adverteer....besigheids eienaar antwoord: Hoe anders gaan die mense daarvan weet?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2019 @ 07:48:52 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ek bedoel nie fisies n advertensie nie, maar meer saam gesels en tergelyke tyd sal jou oord ook blootstelling kry. Soos byvoorbeeld as iemand sou vra watse lekker oorde is daar naby Brits met lekker warm swembad. Ek twyfel of admin sal verban as n oord soos byvoorbeeld Drie Berge n comment sou maak soos: Hi...ons het nog oop spasie vir daai tyd, kom loer gerus by ons in, ons het warm swembad en sal lekker wees as jul kan kom kuier. 

Daar is byvoorbeeld op facebook blaaie geleenthede geskep vir oorde wat nog plek het vir Desember of ander spits tye om hul oord se naam gratis daar te plaas met kontak besonderhede sodat gebruikers weet wie om te kontak as hulle nog wil wegbreek. Bittermin van die 100'e oorde wat nog spasie het plaas hul naam daarop.....hoekom nie?....dis gratis? Ek het nog nooit hierdie bogenoemde oord se naam op daai lys gesien nie.....was hulle altyd vol bespreek gewees?....weet nie

Hier is ander mense hier op die forum wat ook hul eie besighede het wat nie fisies adverteer nie, maar net lekker saam gesels....maar tog op die ou eind as jy n sekere diens nodig gaan kry, weet mens wie om te nader.

Nee Geert, selfs ek wat in die kampbedryf is mag nie hier maklik my goed wys nie dan word daar ook gekla ek adverteer... Dis hoekom ek basies maar net wys wat ek doen om mense bewus te maak daar is beter as die x, y en z by Chinamall ag en omdat dit lekker is om partykeer ander dinge te sien wat nie algemeen is nie, en ek geniet ook weer as ander weer vir my iets anders kan wys. Ek gebruik nooit my besigheidsnaam nie, ek wys maar net my werk, maar ja daar is mense wat dit geniet en ander wat vinnig op en af spring daaroor.

Elkgeval, die hele ekonomie trek swaar, baie mense waai, oral om ons is selfs gastehuise te koop en gaan op veiling omdat niemand eers belangstel in die prys wat gevra word nie.

Ek sien dit oral. So dit kan selfs wees dat die eienaars dalk ook vertrek en nie die plek dalk verkoop kon kry nie, of kyk wat hul kan haal op veiling.. Ek sê nie dis is so nie, maar kanse is goed..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 07:09:30 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Daar was n storie wat my altyd bybly:

n Sekere besigheids eienaar se besigheid sukkel. Mense sê hy moet adverteer, maar hy sê hy glo nie daarin nie....dis geldmors. Na dinge nie meer lekker verloop nie besluit hy dis is miskien maar beter om besigheid te verkoop. Hy ADVERTEER toe: Besigheid te koop! Mense vra hom hoekom hy adverteer....besigheids eienaar antwoord: Hoe anders gaan die mense daarvan weet?

Admin moet my maar reg help maar soos ek dit het betaal 'n oord 'n admin fooi om deel te wees van die Resort Rating op die webblad.  Dis waarom admin hulle nader sou iemand die oord wil "rate".

So glo ek is die oord reeds deel "admin" gewys van die webblad.  Dus kan mens seker verwag dat so oord 'n "special" aan die forum lede wil bekend maak.  Gaan kyk op die "Home" bladsy van die webblad.  Daar adverteer vele oorde en besighede hulle "specials" wat sekerlik die regte manier is.  Ek dink as iets daar geadverteer word sal dit great wees as die oord detail van die "special" hier kom bespreek.

Ek as forum lid betaal nix, zultch, nil om hier deel te neem so ............ is dit dan reg dat ek die platform gebruik om my eie besigheid te bevorder? ....................

Op die ou einde is dit seker maar admin se besluit hoe dit werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 07:18:27 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek hoor wat julle sê en maak sin.....hierdie website is n inkomste vir n hele klomp mense en kan nie oral gratis gunsies toelaat nie. 

Miskien ook beter dat advertensies dan daar bly waar Leon na verwys....hoe sal forum lyk as 600+ oorde kort kort hul self wil bekendstel hier op die forum.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 07:42:59 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 833
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek hoor wat julle sê en maak sin.....hierdie website is n inkomste vir n hele klomp mense en kan nie oral gratis gunsies toelaat nie. 

Miskien ook beter dat advertensies dan daar bly waar Leon na verwys....hoe sal forum lyk as 600+ oorde kort kort hul self wil bekendstel hier op die forum.

Hier is ook dubbel standaarde aangesien sekere advertensies wel toegelaat word.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 07:46:56 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 326
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Om weer terug te kom by die hoof onderwerp "Auction", ek weet op n stadium is oordeienaars net net meer lus om die oord te besit nie weens n legio van redes.

  • Gatvol vir moangat kampers
  • Finansies
  • Naby aftrede
  • Siekte
  • Watookal

Hulle probeer dan verkoop, kry nie verkoop nie, reel dan vir n publieke veiling met n reserwe prys sso Brommer tereg opmerk.

Ek weet van n paar oorde wat in die mark was nou onlangs:

  • Waterberg Resort
  • Umoya
  • Bosfontein

En dit is maar net oorde wat naby Bella Bella is en van hulle is baie gewild.

Dalk knyp die ekonomie erg.

Dink so daaroor, as die brandstofprys skerp styg mor ons biki en gaan aan, as n oord sy pryse opsit, dan moan en beeatch ons vir n vale en in sommige gevalle boikot ons sommer die oord.

Geen wonder oorde maak toe of word verkoop nie, maybe is kampers armgatte en is al daai flashy waens en rygoed alles op skuld die dat hulle nie die verhoging in kamptariewe te goed vat nie.

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 11:44:56 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Volgens Phil Minnaar afslaers is dit n bestorwe boedel veiling

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 11:49:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Weet iemand dalk waar vind die veiling plaas.  Op die perseel dalk ander plek.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 16:06:08 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Die grys area kom in, waar mense kla oor iemand wat wys wat hy doen, gebyt word, of adverteer, gebyt word.

Vat nou maar PowrTouch Movers se draad, Conrad adverteer hul besigheid net daar. Done. Sommer telefoon nommers en works. Niemand kla nie. Ek ook nie. Inteendeel word dit verwelkom....

Maar laat EK nou iets wys wat ek doen, sonder advertensie, maar net om te wys aangesien ek maar in die bedryf is, en mense soveel nonsens hier kan praat waarvan hul niks weet nie, DAN, ja DAN spring mense en sê BROMMER adverteer!! Hy mag nie.. Hoekom mag hy adverteer? blah blah blah... Hoeveel mense op die Forum dink jy sal my ondersteun? Of wie sal jy nou dink is my teiken mark? Defnitief NIE die mense op HIERDIE forum nie. Ja hier is hier en daar baie nice mense wat wel hierso met my kontak gemaak het en na my toe kom vir hulp en klein werkies en ek help hul graag, maar my werklike teiken mark is nie die paar manne hier nie, nee my mens, daar dink ek sit jy heel die pot mis.

Ek wys my werk, sodat mense wat wel lees, kan sien hoe lyk dit, en dan vergelyk met die wat wel hul buddies ens so vrylik adverteer en so goed en die en daai, en dan daarvolgens self kan besluit.

En dit gebeur, hier is mense wat hier nie eers deelneem aan forum maar lees en my kontak vir goedte, en hulp kom kry en sê dankie dat hul dit kon kry, en dat hul dit as waarde op die forum sien. Baie van die mense vertel my ook ek moet my nie steur aan van die ouens hier nie....

Ek het destyds die issue hier opgebring oor oorde wat betaal en die antwoord van admin was daar geen oord fisies betaal het om gelys te wees nie. Of dit verander het, weet ek nie.

Hierdie is nou nie soos ander forums waar die mense so 14 op 'n slag mekaar aanlyn smeek of ander smeek om te gesels nie. Hier gebeur dinge. Ek het vir Gonnie ook genoem dat ek graag my content hier sal deel, want dit trek mense na die forum wat dalk iets in daai verband soek, en as daar iets anders is wat iemand anders nodig het, dan is daar content op die forum... So word forum ontdek ook deur kampeerders wat NIE hier deelneem of weet van die forum nie, of die website of dienste wat hier gebied word nie.

So om terug te kom na die topic, Frikadel ek stem saam, mense in SA is besig om droog te maak met die kampbedryf en almal wat so wil boikot en tekere gaan en kla met witbrood onder die arm, hulle is 'n moerse probleem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 10:18:07 am

Laat mens dink!!!!

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 10:34:42 am
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 289
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Brommer ek stem saam.  

Ek persoonlik hou om ander mense se goed en gadjets te sien.  So leer jy iets. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 14:15:49 pm
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 326
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Terug by die topic, ek dink amper dat Waterberg Resort in die mark was vir 10 Miljoen skille, praat onder korreksie.

Daai is n baie mooi oord met goeie ontwikkeling (ablusies, boskampe ens) en veiligheid om van sy bosveld nie te praat nie.

As n man so paar Madibas gehad het wat rondgele het kon jy lekker onderhandel.

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 15:34:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14686
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Terug by die topic, ek dink amper dat Waterberg Resort in die mark was vir 10 Miljoen skille, praat onder korreksie.

Daai is n baie mooi oord met goeie ontwikkeling (ablusies, boskampe ens) en veiligheid om van sy bosveld nie te praat nie.

As n man so paar Madibas gehad het wat rondgele het kon jy lekker onderhandel.

Ek het so n ruk terug ge-Google en op 8x Natalse kus oorde afgekom wat in die mark is. As jy bietjie google sal jy sien daar is heelwat meer in BelaBela omgewing. Ook in Dinokeng en Brits omgewing is daar oorde te koop. Sommiges het wilde prys tags op....as ek daai geld gehad het sou ek liewer soos n koning op rente gaan leef het...sonder stres

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 15:43:26 pm
Zack
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 289
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het so n ruk terug ge-Google en op 8x Natalse kus oorde afgekom wat in die mark is. As jy bietjie google sal jy sien daar is heelwat meer in BelaBela omgewing. Ook in Dinokeng en Brits omgewing is daar oorde te koop. Sommiges het wilde prys tags op....as ek daai geld gehad het sou ek liewer soos n koning op rente gaan leef het...sonder stres

Ek stem saam oor lewe sonder stres.

Die ander kant is ook waar dat oorde 'n goud myn is. 

Vat vir Scotties met amper 200 staanplekke oor Desember teen min R1200 per dag.   Dan kan jy maklik in genoeg geld maak in 'n maand of 3 om ook sonder stres soo 'n koning te lewe.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 17:01:28 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ek self sal nie belê in oord nie. Hel as jy hier op 'n forum so aangevat kan word oor jou diens en oor jou tariewe? Ag nee wat, ek het groot simpatie met oord eienaars.... Hulle moet sulke snert elke dag opvreet. Gelukkig is die meerderheid kampeerders nie so nie...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 17:12:38 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2829
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years

Medolina in Port Alfred is baie mooi en netjiese oord.

Elke staanplek is op dik grasperk.

 Daar is 'n seker so vyf park homes op die perseel, sowel as twee " cottages".

Daar is n klein dammetjie met baie voel lewe op die perseel.

3.5 groot blare vir die kamp. Dit raak te veel vir die tannie, wie se man 'n paar jaar terrug oorlede is...

Green Fountain, 7 km buite Port Alfred is onlangs ook verkoop. Vandag gaan sien. Plek is ook baie bullik, met privaat ablusies op elke kampplek. Alles onder groot grasperk. 5 staanplekke het plaveisel. Met bestuurderes vanoggend gepraat en sy verwag prysveranderinge vir kampeerders, in ons guns. Hulle is ook nie volbespreek vir Desember nie. Sal seker volgende jaar daar 'n maand of meer vertoef...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 19:59:22 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Medolina in Port Alfred is baie mooi en netjiese oord.

Elke staanplek is op dik grasperk.

 Daar is 'n seker so vyf park homes op die perseel, sowel as twee " cottages".

Daar is n klein dammetjie met baie voel lewe op die perseel.

3.5 groot blare vir die kamp. Dit raak te veel vir die tannie, wie se man 'n paar jaar terrug oorlede is...

Green Fountain, 7 km buite Port Alfred is onlangs ook verkoop. Vandag gaan sien. Plek is ook baie bullik, met privaat ablusies op elke kampplek. Alles onder groot grasperk. 5 staanplekke het plaveisel. Met bestuurderes vanoggend gepraat en sy verwag prysveranderinge vir kampeerders, in ons guns. Hulle is ook nie volbespreek vir Desember nie. Sal seker volgende jaar daar 'n maand of meer vertoef...

Medolino is pragtige oord ja, ons was Desember 2004 daarso, met 'n helse vloed binne 20minute..

Ek is nie seker of hul al met die stormwater probleem reggekom het nie, maar daai klein dammetjie het 'n oord van 'n dam geword in letterlik minute.. Ons was van die min gelukkiges wat nie onder water was nie.

Baie dinge sal so oord beinvloed en 3.5 is nie baie vir die oord nie... Maar ja dinge gaan swaar vir die "privaat" oorde deesdae

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2019 @ 07:21:58 am
Frikadel
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 326
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek dink om n oord te besit en te bestuur is maar presies dieselfde as om n besigheids eienaar te wees.

Jy het jou ups en downs en die ou wat die rekening betaal of by die deur instap is altyd king.

Dit is maar n stryd der stryde.

Vat vas manne!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2019 @ 09:43:45 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5242
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ek dink om n oord te besit en te bestuur is maar presies dieselfde as om n besigheids eienaar te wees.

Jy het jou ups en downs en die ou wat die rekening betaal of by die deur instap is altyd king.

Dit is maar n stryd der stryde.

Dis wel so...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2019 @ 11:53:55 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4501
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek glo n oord / oord eienaar moet sy plek bemark , sy pryse so wees dat dit vir almal pas , sorg dat jou oord se reels streng nagekom word , die oom en tannie wat gedurig kla oor alles luister na hulle en vra hulle wat sal hulle doen om reg te stel , die mens kan vir jou kla oor niks, sorg ook dat jou geriewe op standard is , jou ontvangs dame / meneer is die spieel van jou besigheid as hulle nors is sal baie mense verby hou , hou so nou en dan n bring en braai waar oord vure maak vir sy mense wat kamp hou jou vinger op jou oord

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Dec 2019 @ 12:44:31 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3795
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Goeie raad vir oordeienaars hierbo.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First