English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 450
Total Replies: 264 911
Total Views: 83 685 642
topics: 4 555
replies: 31 643
views: 17 480 779
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:

Towerkraaltjie

replies: 9
views: 290
22 Apr, 2018 @ 08:40:13 am
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul, 2014
Experience: 67 years
Ek het probeer om Towerkraaltjie by Ladismith Kaap te rate op hierdie website maar na ek exelent gekies het word ek definisies gegee en dan niks verder nie.
Ek was daar vir 2 nagte en het dit terdee geniet. Daar is slegs 10 staanplekke en die ablusie blok is baie skoon. Daar is tot toilet papier en nie die deurskydende tipe nie.
Die eienaar hou persoonlik toesig. Die gras is weelderig. Lang termyn kampeerders word verwelkom maar om die gras te beskern word jy gevra om elke 28 dae van staanplek te verwissel.
Al die staanplekke het krag en water. Die staan plekke is ook ruim.
Ek gaanprobeer om 'n foto van die tariewe teplaas. Pensioenarisse kry 10% afslag.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr, 2018 @ 12:36:20 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May, 2007
Experience: 57 years

Mooi man dankie

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Apr, 2018 @ 20:29:30 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10881
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Sal hom gaan soek
Dankie.
Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2021 @ 13:36:23 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 506
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Ek wonder wie weet wat het van hierdie Woonwapark geword... nou met ons reis oor Ladismith wou ons daar oornag, maar ons kon op geen manier met hulle kontak maak nie.

Daar is selfs nog 'n bordjie op, in Ladismith, wat die plek aanbeveel, maar die telefoon word nie beantwoord nie...

...en so moes ons verbyry ten spyte daarvan dat ons baie graag daar wou oorbly...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2021 @ 14:16:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19040
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Die plek bestaan nog. Hierdie terugvoering was 10 dae terug en mense sê hul gaan Desember kuier. Sal loer of ek n nommer vir jou kan kry

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2021 @ 14:21:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 19040
Joined: 05 May, 2015
Experience: 9 years

Probeer hierdie een?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov, 2021 @ 15:29:51 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

Dis 'n baie oulike plek op 'n plaas.  Die eienaar dink ek, maak nie veel daaruit nie maar geniet dit net om verblyf vir mense in 'n besonder mooi omgewing te verskaf.  Ons het so 'n paar jaar gelede vir 'n paar dae daar gestaan en hy het ons sommer genooi om nog langer te staan sonder addisionele betaling!  Ons kon ongelukkig nie van sy vriendelike aanbod gebruikmaak nie. Daar is ook 'n ou mooi herstelde plaashuis wat jy kan huur, effens hoër as die kampplek geleë met 'n baie mooi uitsig op Towerberg.  Dis so jammer julle het verbygery Fanie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Dec, 2021 @ 17:39:50 pm
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 506
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

Dis 'n baie oulike plek op 'n plaas.  Die eienaar dink ek, maak nie veel daaruit nie maar geniet dit net om verblyf vir mense in 'n besonder mooi omgewing te verskaf.  Ons het so 'n paar jaar gelede vir 'n paar dae daar gestaan en hy het ons sommer genooi om nog langer te staan sonder addisionele betaling!  Ons kon ongelukkig nie van sy vriendelike aanbod gebruikmaak nie. Daar is ook 'n ou mooi herstelde plaashuis wat jy kan huur, effens hoër as die kampplek geleë met 'n baie mooi uitsig op Towerberg.  Dis so jammer julle het verbygery Fanie.

Ja ons is net so jammer - maar ek gaan die plek weer in Maart 2022 probeer... ons het baie daarna uitgesien om daar te kampeer... want die veld was geweldig vol blomme in daardie omgewing, toe ons nou daar deurgery het...

Ladismith het vir my net so 'n pragtige plek geword... en hulle het die mooiste klein onder-die-boom restourantjie waar mens op die stoepie kan sit en kuier en eet... verseker volgende keer...

Dankie Fred.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec, 2021 @ 08:06:30 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 4431
Joined: 09 Mar, 2016
Experience: 54 years

En gaan gerus na die kaas fabriekswinkel op die dorp.  As jy gelukkig is, kry jy verouderde Cheddar of Gouda met die swart was om.  Dis heerlik- as jy 'n kaasliefhebber is.  Ek het sulke kaas nog nie in winkels gesien nie- net die gewone Ladismith beleë wat baie lekker maar nie heeltemal so lekker is nie.  Seweweekspoortpas is ook naby wat beslis 'n besoek werd is.  En ry sommer die pad vanaf Ladismith terug na die R62 via Hoekoe- dis 'n heel mooi grondpad.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Dec, 2021 @ 11:24:30 am
Fanie
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 506
Joined: 27 Jan, 2012
Experience: 42 years

En gaan gerus na die kaas fabriekswinkel op die dorp.  As jy gelukkig is, kry jy verouderde Cheddar of Gouda met die swart was om.  Dis heerlik- as jy 'n kaasliefhebber is.  Ek het sulke kaas nog nie in winkels gesien nie- net die gewone Ladismith beleë wat baie lekker maar nie heeltemal so lekker is nie.  Seweweekspoortpas is ook naby wat beslis 'n besoek werd is.  En ry sommer die pad vanaf Ladismith terug na die R62 via Hoekoe- dis 'n heel mooi grondpad.

Dankie Fred, ek hou rekord van al jou aanbevelings vir ons Maart 2022 reis...

Ja, ek is juis met 'n Kaasmuis getroud... as ek haar darem moet loslaat in 'n Kaasfabriek is dit chaos! 😂

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za