Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22121 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17866 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6324 |
Bostoe | 5503 |
BrianB | 5416 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3224 |
mulderpm | 2728 |
Saturn Member | 2000 + |
Lennie | 2195 |
Kanneman | 2153 |
Chris Boucher | 2011 |
Jupiter Member | 1450 + |
Swanie | 1874 |
Nico | 1775 |
steamer | 1703 |
Hennie Botha | 1693 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1471 |
Mars Member | 1000 + |
DK | 1322 |
George | 1281 |
Louvan | 1260 |
RichardJ | 1191 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 862 |
JohanMarais | 821 |
Fanie | 810 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 665 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Douglas Green | 577 |
Willie54 | 454 |
Platinum Member | 250 + |
1Pierre2 | 443 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 422 |
Andre Smit | 417 |
Elleebee | 388 |
LEEN | 387 |
Kamp is Koning | 372 |
Oumens | 370 |
survivalist | 356 |
Izak | 328 |
RD | 322 |
captiva | 279 |
Meerkat | 271 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
Trev1 | 199 |
BigG | 187 |
Stephan | 182 |
Maurits | 173 |
Ad Rem | 168 |





Ou lede - Kom sê hello
Daar is klomp van ons ou lede wat ek wonder wat van hul geword het....as julle nog hier lees, kom sê net hello en vertel waar julle julself bevind.
As ek so vinnig dink, kom name op soos:
HM (Hendrick)
Karoo Klong
Dansen
Snys
Douglas Green
ELU
Harv
Captiva
Survivalist
Meerkat
Elleebee
Ad Rem
Ou mens
Kamp is koning
Proffie
Leen
WJ (Willem)
Froggy
Kierie
Lonerunner
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dagsê, ELU hier.
Ek is nog steeds op die forum, lees gereeld, maar skryf nie meer so baie nie. Besig om reg te maak vir pensioen oor 'n jaar, sal dan seker meer tyd hê om betrokke te wees. Intussen kamp ons nog voort met ons Prado en Nayela Okapi!!
Groete.

Dagsê, ELU hier.
Ek is nog steeds op die forum, lees gereeld, maar skryf nie meer so baie nie. Besig om reg te maak vir pensioen oor 'n jaar, sal dan seker meer tyd hê om betrokke te wees. Intussen kamp ons nog voort met ons Prado en Nayela Okapi!!
Groete.

Ja ek stem saam kom se net hallo.
Bly jy is nog met ons Egbert. Eendag as ek groot is dan koop ek ook 'n Okapie. Ek het 'n jaar en 9 mnde dan doen ons die permanente kampeer ding.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Hi, ek nog hier. Ook intussen afgetree, so besig weet nie waar ons tyd gekry het om te werk nie. Kamp so bietjie minder, spandeer ook graag tyd in Leeupoort en Kranspoort en eggenoot op die golfbaan. Het nog 4 poot kinders by huis en 2 poot kinders skrop nou hul eie nessies, so moet maar inpas by wie ookal na honde kan omsien. Lekker kamp.
Ons is ook nog lekker besig om te kamp. Was middel Mei by Drakensville na aanleiding van gesprekke op hierdie forum. Het dit vreeslik geniet en sal graag weer daar wil kuier. Al die monumente naby oord besoek. Wat 'n voorreg. Skryf dalk nie gereeld nie, maar besoek forum weekliks.
Ja nee ook nog hier , lees gereeld maar as dit by die skryf kom ek weet nie
Ek bly maar besig met allerhande dingietjies, tyd is mos myne ek raak net bekommerd oor pensioenarisse wat kla oor die tyd PASOP DIT RAAK N TYD VERDRYF OM OOR TYD TE KLA, en tussen die kla doen jy niks nie
Groete
Hallo julle, hier van Ou Mens af.
Ja, nog steeds aanie kamp langs die Oranje rivier na twee en half jaar
Die rivier het met sy nukke en grille , my visvang met seker 6mnde uitgegooi
Ons more oppad na hin oord waar GEEN OPVANGS is nie en sal dus nie kan antwoord op vrae nie....maar nouja, ek hoop van harte dat die rivier water daardiekant skoner is(dis huidiglik nog troebel--bruin en geen vis ka enigiets voor hom sien nie)
Groetnis
One is never too old too learn

It‘s been a long time since we heard from WJ (Willem) – hope he pops in to say hi. Met him and his wife in Phalaborwa in 2012.
Also HM (Hendrik) met him on the Botswana rally.
Hello, look who is back: a Very calmed down - DK with nomore "FAAITS".
We had our time as campers as well as permanent.
The time has come and go to say G/By.

Dagsê almal. Ek is weer terug na 'n lang afwesigheid. So lank dat ek my epos adres en wagwoord moes laat verander. Die vriendelikste dame by admin het my sommer vinnig weer ingeskakel. Ook nou presies 2 jaar en 2 maande afgetree. Ons geniet die aftrede, kamp gereeld en as ons tuis is, is ek Oupi Uber. Dit is heerlik om al die gesprekke op te tel, maar daar het intussen so baie inligting bygekom dat ek weer sal moet aftree om op te vang. Groete vir eers.
'n Glimlag is gratis!
Ek sien Geert noem o.a. vir Proffie. Ek kamp tans langs hom by Eiland Spa. Hy staan hier vir 6 maande.


Ek sien Geert noem o.a. vir Proffie. Ek kamp tans langs hom by Eiland Spa. Hy staan hier vir 6 maande.

Goed om te verneem dat hy nogsteeds kamp Dit sal lekker wees om weer van hom te hoor. Hy kan gerus vir ons vertel van sy doen en late en hoekom hy so stil geraak het.
Jy kan ook gerus verslag doen oor jou jou trippie vanaf die Suidee tot waar jy nou in die Noorde kamp.
Ek het ook al gewonder wat het van Piet Ford en Jan Meyer geword.
Moeg geploeg.
Ek kan intussen noem dat Proffie (oftewel Pottie, soos ek hom ken) se vrou Heila het verlede week vir my 'n pak van haar tuisgemaakte kerriemengsel gegee. Sy maak dit self aan van 28 verskillende bestanddele. Ons het dit eergisteraand gebruik in ons kerriehoender - onverbeterlik!!! Sy kan geld maak daarmee.
Ek sal vir hom sê dat die manne verlang na hom op die forum.

Wat my eie trip aanbetref - ek doen op 'n daaglikse basis (vanaf 5 Apr toe ons by die huis weg is) verslag op Kampforum onder die gesprekslyn Ons 4-maande toer. Nogal moeilik en tydsaam om dit hier te herhaal. Geert (Relaxed Camper - wat môre wildtuin toe vertrek) gee ook by geleentheid kommentaar daarop. So ook Lennie (Len Loader).


Wat my eie trip aanbetref - ek doen op 'n daaglikse basis (vanaf 5 Apr toe ons by die huis weg is) verslag op Kampforum onder die gesprekslyn Ons 4-maande toer. Nogal moeilik en tydsaam om dit hier te herhaal. Geert (Relaxed Camper - wat môre wildtuin toe vertrek) gee ook by geleentheid kommentaar daarop. So ook Lennie (Len Loader).

Ek is siggestremd en maak gebruik van spraak op my rekenaar.
Hul uitleg op die forum is geensins blindvriendelik nie en derhalwe lees ek niks wat op die forum geplaas word nie.
Moeg geploeg.
Jan Meyer is ook nog aktief op die ander forum. Hy het intussen getrek vanaf Natal en bly nou in Sedgefield. Kamp ook nogsteeds. Miskien sal hy hier kom inloer.
Sê dankie vir wat jy in die lewe het.

Ek is siggestremd en maak gebruik van spraak op my rekenaar.
Hul uitleg op die forum is geensins blindvriendelik nie en derhalwe lees ek niks wat op die forum geplaas word nie.

Jammer om dit te lees.
We had our time as campers as well as permanent.
The time has come and go to say G/By.

Ek is in 1962 gediagnoseer met Gloukoom. Het na operasie 80% sig in linker oog en 10% sig in regter oog gehad met erge tonnelvisie.
In 1995 het my sig verder begin verswak en ek is in 1999 met mediese ongeskikheidspensioen.
Vanaf 2016 maak ek gebruik van 'n gidshond.
Moeg geploeg.
Jammer oor dit Chris.
Ek het ook +/- 2- jaar gelede 100% doofgestrem geraak in beide ore na n Pitbull aanval en deur on -seksusvolle behandeling deur Medisie.
Ek voel jou "Stress", maar wees positief.
Ek sukkel met konsentrasie en balaans beheer, maar ek dink myself net in: Om Blind te wees, moet erg wees.
Ek neem my gestrem Dag na Dag.
Sterkte Vriend.
We had our time as campers as well as permanent.
The time has come and go to say G/By.

